Announcement

Collapse
No announcement yet.

Is daar "verskillende vlakke" in die hemel?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Is daar "verskillende vlakke" in die hemel?

    Ek moet erken ek het nog nie eintlik hierdie onderwerp in diepte bestudeer nie. Ek het iewers gelees dat wanneer Smith Wigglesworth vir siele gebid het, die teenwoordigheid van God so intens was dat party mense dit nie kon hanteer nie en padgegee het. Ander het dit weer met "redelike gemak" hanteer. Sal ek en jy dit kan hanteer?

    Gaan jou "mansion" langs God se troonkamer wees of effe verder of baie ver?

    Wat sÍ die Bybel hieroor?

  • #2
    Ek is bly daar is BAIE mansions in die hemel
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment

    • #3
      Wat is die Hemel presies? Bedoellende tot waar strek sy grense? As die Hemel basies die hele hemelruim is....

      Die ruimte is so groot, dat toe die hubble teleskoop 'n donker kolletjie bestudeer, hulle gesien het dat daardie donker kolletjie in werklikheid uit honderde galaksies uit bestaan!

      As dit die Hemel is, gaan dit ons 'n ewigheid vat om God se grootheid te aanskou!! Die beste van als is, as jy dit deurgewerk het, kan jy maar van voor begin, want daar waar jy begin het lyk lankal nie meer dieselfde!!

      Comment

      • #4
        Originally posted by RR van Wyk View Post

        Dit is nou wraggies een van die beste beskrywings van wat die hemel moontlik kan wees wat ek nog gelees het !

        Die Bybel praat , soos ek dit verstaan, van drie hemele (nie 7 nie !) : Die eerste is die atmosfeer van die aarde, die tweede is die hemelruim met al die planete en sonnestelsels en dinge wat ons nie eers amper kan begin verstaan nie, en die derde is die hemel waar o.a. God se troon staan.
        Klink dit min of meer reg ?

        Comment

        • #5
          Originally posted by RR van Wyk View Post
          Wat is die Hemel presies?
          Met hemel bedoel ek daar waar God bly. Ons kan nou filosofeer oor die nuwe hemel en die nuwe aarde, maar niemand weet hoe dit daar gaan lyk nie. Al wat ons het is die Bybel en die getuienisse van mense wat daar was en teruggekom het.

          Comment

          • #6
            Originally posted by Die Filadelfieer View Post
            Dit is nou wraggies een van die beste beskrywings van wat die hemel moontlik kan wees wat ek nog gelees het !

            Die Bybel praat , soos ek dit verstaan, van drie hemele (nie 7 nie !) : Die eerste is die atmosfeer van die aarde, die tweede is die hemelruim met al die planete en sonnestelsels en dinge wat ons nie eers amper kan begin verstaan nie, en die derde is die hemel waar o.a. God se troon staan.
            Klink dit min of meer reg ?

            Dis soos ek dit ook verstaan.

            Comment

            • #7
              Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesÍ het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

              Wanneer Jesus plek gaan voorberei vir ons..... amazing hoe dit gaan lyk...of dalk reeds lyk
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor

              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment

              • #8
                Originally posted by Ta-An View Post
                Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesÍ het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

                Wanneer Jesus plek gaan voorberei vir ons..... amazing hoe dit gaan lyk...of dalk reeds lyk
                Dit is interresant... Baie wonings.. Die aarde is 'n woning. Beteken dit daar is nog baie ander aardes?

                Comment

                • #9
                  Ek hoop nie ek trek nou die draad skeef nie, maar hier is iets wat ek nogal interessant gevind het. Dr. Willie Marais het eendag 'n fiktiewe verhaal oor die hemel vertel, wat basies so gegaan het.

                  Daar was 'n baie ryk en gesiene ryk vrou, wat feitlik alles besit het wat geld kan koop. Sy het 'n wonderlike bediende gehad en hulle was baie lief vir mekaar, omdat hulle persoonlikhede bepaalde raakpunte gehad het. Die bediende was baie gelowig en a.g.v. hiervan het dit die ryk vrou beÔndruk, soveel so dat sy ook haar eie saak met die Here reg gemaak het. Die bediende het gesterwe en 'n paar jaar later, die ryk vrou ook.

                  Toe die ryk vrou in die hemel kom, het hulle haar geneem tot by 'n ongelooflike imposante woning, iets wat hierdie ryk vrou geweldig beÔndruk het, want sy het in al haar glorieryke bestaan nog nooit so buitengewone indrukwekkende plek gesien nie. Sy dog eers dit is haar tuiste, toe sy meegedeel word, nee, 'dit is jou bediende se woning'. Dit het haar baie opgewonde gemaak, want as haar bediende so buitengewone plek besit, wat gaan sy nie besit nie!?

                  So beweeg hulle aan en sy druk ook sommer aan dat hulle maar vinnig moet maak, want sy kan nie wag nie. Net toe, stop hulle by so kleinerige plekkie en sy beveel hulle om eerder te ry, want sy kan werklik nie langer wag om by haar plek te kom nie. Sy word toe meegedeel dat hulle juis by haar plekkie gestop het, dit was 'n netjiese plekkie maar baie plein en niks besonders nie, volgens die ryk vrou se smaak natuurlik.

                  Die 'punch line' is, dat terwyl jy op aarde is, moet jy reeds nou al die boumateriaal opstuur waarmee jou woning gebou gaan word en hierdie ryk vrou het baie minder boumateriaal as haar geliefde bediende opgestuur...
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by CFJ View Post

                    Eish, Hoe stuur mens boumateriaal op?

                    Kyk hierdie teks. Siele lÍ God na aan die hart. Dan 12:3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

                    Sielewenners kry bietjie baie meer glorie as die plebs lyk dit my.
                    Last edited by Henry; Jun 30th 2009, 06:26 PM.

                    Comment

                    • #11
                      Nou net Demons and Angels gekyk, en saam met die draad my nogals weer net laat besef hoe GROOT G_D is en hoe klein ons is, en tog hoe hy vir ons omgee tot op die detail om te weet hoeveel hare op ons kop is
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor

                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by Henry View Post
                        Eish, Hoe stuur mens boumateriaal op?
                        Miskien moet ons so draad oopmaak Henry, maar in die oop forum. Ek dink dit kan nogal 'n interessante gesprek raak. Iemand sÍ my so rukkie terug, dat hy die Here gevra het om elke dag iemand na hom toe te stuur wat hy kan bedien. Hy sÍ dit is nogal vreesaanjaend...
                        The Rapture

                        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                        but I must confess, donít worry
                        the rapture is not before the Great Tribulation
                        itís before Godís wrath!!!

                        Because His wrath is not meant for you
                        itís for all the people in the zoo
                        think about it and refreshÖ
                        you will see thereís no way out of here, in the flesh

                        If you really believe, you will see
                        the rapture is for you and me
                        when we decide to leave from here
                        that very day, oh! God adhereÖ

                        Comment

                        • #13
                          Alhoewel die Bybel dit nie in soveel woorde uitspel nie, is daar beslis aanduidings dat almal nie oor dieselfde kam geskeer sal word in die hemel nie (sommige se loon sal groter as ander s'n wees) Maar Lukas 12:47 se: "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; 48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis."

                          Hiervolgens is dit duidelik dat daar in die hel verskillende "vlakke" sal wees - die wat nie geweet het nie, sal nie so swaar gestraf word as die wat willens en wetens gesondig het nie. Daarom is ek geneig om te glo dat dit ook in die hemel die geval sal wees. Soos die verhaal wat Ferdi vertel het, sal sommiges beslis beter daaraan toe wees as ander. Dit gaan uit en uit oor wat ons op aarde doen, hoeveel skatte ons in die hemel bymekaar maak (hoeveel boumateriaal ons opstuur)

                          1 Kor 3:15 "as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen"

                          Comment

                          • #14
                            Ek dink vandag, ek moet meer braai. Ek glo nie ons gaan dit in die hemel gedoen kry nie, want watse vleis eet mens daar? Watter diere gaan jy slag? Ons gaan almal vegetarians wees. Tot die leeus gaan seker vrugte eet.

                            Ek soek 'n lekker Afrika styl huis op 'n plot met paar leeus en so aan soos die ou.

                            Verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. , maar dit is mos die topic of hoe?
                            Last edited by Henry; Jul 1st 2009, 12:39 PM.

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by CFJ View Post
                              Iemand sÍ my so rukkie terug, dat hy die Here gevra het om elke dag iemand na hom toe te stuur wat hy kan bedien. Hy sÍ dit is nogal vreesaanjaend...
                              Vertel my meer asseblief.

                              Comment

                              Working...
                              X