Announcement

Collapse
No announcement yet.

vergifnis

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • vergifnis

    ...is vergifnis 'n stap van geloof?
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Originally posted by Ta-An View Post
    ...is vergifnis 'n stap van geloof?
    Om jou naaste te vergewe, bedoel jy? Ja beslis, want jy voel nie lus nie, jy's nog kwaad MAAR, jy doen wat God s. Ek sou eerder s dis 'n stap wat jy neem in die geloof. Dit gaan nie oor hoe jy voel of so-iets nie.

    Comment


    • #3
      Dit is nie asof ek 'n wrok teenoor iemand het nie, maar hierdie vergifnis ding is 'n moeilike een...

      Om 'n ware gelowige te vergewe wat sy skuld beken en 'n omkeer maak is een ding...

      Comment


      • #4
        Vergifnis is vir my n keuse wat jy maak uit GEHOORSAAMHEID aan die Here. Jy kies om vir persoon A te vergewe al voel jy nie daarna nie. Maar dan bly jy by jou keuse. Moenie more weer al jou wrewel teenoor hom van voor af troetel nie. Jesus het ons die opdrag gegee om ons naaste te vergewe soos onsself. Gaan ons aan Jesus gehoorsaam wees of ons eie wrok bly troetel ? Ek het eenkeer so n mooi definisie van vergifnis gelees: Dit is om aan die negatiewe gebeure te dink SONDER n wrok in jou hart. Om te vergeet is nie menslik moontlik nie, maar om te vergewe bly n keuse.

        Comment


        • #5
          Ons kan seker nie verwag dat God ons sondes moet vergeef as ons nie waarlik die wat teen ons skuldig is vergeef nie, of hoe?

          Dis wat die gelykenis van die dienaar mos ook probeer vertel. Kan nou net nie onthou in watter deel van die Bybel dit is nie...sal soek.

          Comment


          • #6
            Originally posted by RR van Wyk View Post
            Dit is nie asof ek 'n wrok teenoor iemand het nie, maar hierdie vergifnis ding is 'n moeilike een...

            Om 'n ware gelowige te vergewe wat sy skuld beken en 'n omkeer maak is een ding...
            RR, om nie te vergewe nie, is soos om gif te drink en te hoop die ou vir wie jy kwaad is gaan dood. Die kwessie pla hom lankal nie meer nie, maar jy loop met ongelukkigheid in jou hart rond. Ons moenie toelaat dat sulke goedjies ons vreugde steel nie. Soos ek ges het, dis 'n geloofstap. Die Here sal jou help, dan sien jy hoe maklik dit eintlik is. Dis een van die maklikste dinge om te doen, baie makliker as om te gaan ekskuus vra vir iemand wat jy te na gekom het.
            Last edited by Henry; Jul 1st 2009, 02:03 PM.

            Comment


            • #7
              Originally posted by protea View Post
              Jesus het ons die opdrag gegee om ons naaste te vergewe soos onsself.
              Matt 6:12 (1933 vertaling) " en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe "
              Is dit nie hier die geval van as jy iemand 100% vergewe sal Jesus jou 100% vergewe, maar as jy net 70% vergewe gaan jy ook net 70% vergewe word

              Comment


              • #8
                Ek raak sommer opgewonde in my binneste as ek oor vergifnis lees, want die is 'n onderwerp waarmee ek besig is die afgelope tyd.

                Vergifnis is beslis 'n noodsaaklike stap om te neem, maar vergifnis is meer as net woorde. Dit is beslis 'n stap in geloof om ander te vergewe maar ook om jouself te vergewe vir wat ons aan mekaar doen, anders kan ons vehouding met God nie vorentoe beweeg nie. Dit is tog Vader se wil dat ons mekaar moet vergewe.

                Soms vergewe ons iemand deur woorde, maar ek is van die opinie dat vergifnis selfs 'n daaglikse instelling kan word. Soos reeds genoem is kan ons dalk weer kwaad gevoelens of wraak teenoor ander ervaar wat ons reeds vergeef het, maar die Bybel lees ons moet mekaar 70 maal 7 keer vergewe. As God die moordenaar kan vergewe as hy berou het, waarom dan nie ons nie.

                Ek besef dat soms is dit moeilik vir ons om ander te vergewe, want dit voel so asof hulle lig daarvan afkom, maar dit verskoon beslis nie sy gedrag of optredes nie. Hierdie persoon moet sy eie pakkie dra en by God vergifnis vra.
                Saved by Grace!

                Praying for Mieke and Charles
                Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                My testimony
                http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                Comment


                • #9
                  Wat presies is vergifnis ? ......

                  se jy wat wie ook al aan jou gedoen het is OK en laat dit gaan ? ....

                  of is dit iets anders .... ?

                  ... m
                  Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                  Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                  Comment


                  • #10
                    mari, vergifnis is nie om te vergeet nie, maar om te vergewe soos die vergifnis wat jy ontvang het.... soos wat Matt 6 jou leer ... ek s altyd, as ons die Onse Vader bid, dan s ons, Here vergeef my net soveel soos wat ek bereid is om die wat teen my gesondig het te vergewe
                    Matt6:9 S moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
                    10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
                    11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
                    12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
                    13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
                    14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
                    15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Hi Ta-an,

                      dis beslis geloof, want wie van ons kan wel vergewe soos Christus ons vergewe het (Col 3:13) en dis wat ons moet doen menslik onmoontlik ,maar by God is NIKS onmoontlik nie

                      Ek glo Hy gee ons ook die krag om te kan vergewe... ons moet net vir Hom se dat ons nie self kan nie en dat Hy asb vir ons moet help ? genade gee om te vergewe , dit by ons moet oorneem ( in sin van dit wat ek nie kan doen nie { ALLES eintlik } doen God vir my soos ons bid en vra )

                      RR,

                      dis daai kruis opneem dink ek... dit wat ons weet reg is , maar moeilik is en wat ons nogtans moet doen.....

                      wat my gehelp het was toe ek besef het dat; my standaard van vergewe is waarvolgens ek vergewe gaan word .... en ek WEEEET voor my heilige siel ( ek is gered en dit behoort nou ook aan God ) ek kan nie vergewe en nie meer daaraan dink nie.... so hoe gaan ek ooit vergewe word ! ?

                      Waar ek by uitgekom het is om vir Here te gee en te se ek kan nie, help my asb, verander my , breek my haat, weerwraak ens, maak my dood dat Jesus kan meer word en ek minder , want sonder dat Hy dit werk in my sal ek nooit ooit kan vergewe het nie ( nie volgens God se standaard nie )

                      En Soos Henry se , dan word dit makliker , want God doen dit waar ek nie kan nie en leer my en verander my.
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment


                      • #12
                        Vergifnis is soms baie misleidend........Dis soms maklik om te s ek vergewe maar in jou hart koester jy nog 'n wrok......Vergifnis dink ek is nie net 'n een maal proses en dan is alles verby nie......Nee vergifnis is iets wat jy daagliks moet doen tot jy in jou hart oortuig is dat jy werklik vergewe het.

                        Dis soos iemand wat in 'n botsing betrokke was en dalk albei arms verloor het. Die botsing kon jare terug gebeur het maar die verlies van die arms is nog daar. Eers is daar 'n proses van gesondwording wat moet plaasvind en die senuwee waar hierdie arms geamputeer was. Na die gesondwording kom die stryd om te leer hoe om oor die weg te kom met die verlies wat plaasgevind het. Die botsing wat plaasgevind het sal altyd in jou gedagtes bly, maar die "memory" daarvan sal sekerlik afstomp, maar met die verlies sal jy altyd herhinner word dat die botsing wel plaasgevind het........

                        Miskien lyk dit onduidelik wat ek probeer s, maar met onvergewinsgesindheid het altyd te doen met verliese in ons lewens. Daar sal altyd iets wees wat ons herhinner aan ons verlies, maar as ons leer om oor die weg te kom selfs met die verliese is dit wanneer jou innerlike gesond word. Dan eers raak dit moontlik om die dronk bestuurder wat die ongeluk veroorsaak het te vergewe........ Miskien is my sienswyse nie so akkuraat nie, maar ek is van die opinie dat wanneer ons ons verliese begin aanvaar dat dit deel van vergifnis mag wees.

                        Vergewe dink ek is wanneer jy ophou kyk na jou verliese maar besef daar is ander daar buite met swaarder verliese, en dan dankbaar te toon vir dit wat jy nog het. Soms is dit moeilik om te aanvaar, maar as 'n mens na jou situasie kyk en dit opweeg is daar altyd die moontlikheid dat dinge veel erger kon wees of verloop het.

                        Vergifnis is wanneer ek nie kan vergewe nie, om God te vra om my die vermoens te gee wat my instaat sal stel om ander te vergewe.........................
                        Saved by Grace!

                        Praying for Mieke and Charles
                        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                        My testimony
                        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                        Comment

                        Working...
                        X