Announcement

Collapse
No announcement yet.

Verbondsmense, Verbondskinders of wat?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Verbondsmense, Verbondskinders of wat?

    Een van die interessantste onderwerpe wat ek in my studie van die Bybel teŽgekom het, is die Verbond. Ek dink nie baie mense weet hoe die hele ding inmekaar steek nie en wil dit graag hier deel. Die probleem is dat ek stadig tik en dis 'n lang storie.

    Gaan julle omgee as ek goeters copy en paste in Ingels?

  • #2
    Originally posted by Henry View Post
    Een van die interessantste onderwerpe wat ek in my studie van die Bybel teŽgekom het, is die Verbond. Ek dink nie baie mense weet hoe die hele ding inmekaar steek nie en wil dit graag hier deel. Die probleem is dat ek stadig tik en dis 'n lang storie.

    Gaan julle omgee as ek goeters copy en paste in Ingels?
    Die forumbestuur moet hierdie call maak, maar ek stel voor dat ons die gesprek in die "Ingelse" forum hou as dit Ingels is - so kan meer deelneem?

    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

    Comment


    • #3
      Originally posted by Henry View Post
      Een van die interessantste onderwerpe wat ek in my studie van die Bybel teŽgekom het, is die Verbond. Ek dink nie baie mense weet hoe die hele ding inmekaar steek nie en wil dit graag hier deel. Die probleem is dat ek stadig tik en dis 'n lang storie.

      Gaan julle omgee as ek goeters copy en paste in Ingels?
      Hi Henry,

      Verkieslik sou mens nie elle lange plasings in Engels wil sien nie. As jy skakels plaas wat Engels is, sal dit reg wees of kort grepe en aanhalings, maar alternatiewelik kan jy aan die Engelse kant 'n draad oopmaak met hierdie inligting en dan in hierdie draad 'n skakel na daardie een plaas.
      The Rapture

      My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
      but I must confess, donít worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      itís before Godís wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      itís for all the people in the zoo
      think about it and refreshÖ
      you will see thereís no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhereÖ


      Comment


      • #4
        Originally posted by Henry View Post
        Een van die interessantste onderwerpe wat ek in my studie van die Bybel teŽgekom het, is die Verbond. Ek dink nie baie mense weet hoe die hele ding inmekaar steek nie en wil dit graag hier deel. Die probleem is dat ek stadig tik en dis 'n lang storie.

        Gaan julle omgee as ek goeters copy en paste in Ingels?

        Ingelse Hennerik ...

        ..... stuur vir my, dan help ek vertaal ..... as jy wil .... ons boere kan gerus bietjie gesels oor die verbond, dis awesome ! ..........

        ...... m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Originally posted by mari View Post
          Ingelse Hennerik ...

          ..... stuur vir my, dan help ek vertaal ..... as jy wil .... ons boere kan gerus bietjie gesels oor die verbond, dis awesome ! ..........

          ...... m
          Dankie Mari. Ek het vir jou 'n epos gestuur.

          Groetnis

          Comment


          • #6
            Originally posted by mari View Post
            Ingelse Hennerik ...

            .... ons boere kan gerus bietjie gesels oor die verbond, dis awesome ! ..........

            ...... m
            Mari, mens moet bietjie jou gewone "run of the mill" teologie laat staan as jy hierna kyk. Dis so groot dat mens dit nie dadelik begryp nie. Of jy begryp dit, maar jy glo dit moeilik.

            Ek het gisteraand 'n groot deel geskryf. Laat my weet as jy die agtergrond gedeelte vertaal het.

            Groete.

            Comment


            • #7
              So in my eie verstaan, glo ek die fout wat gemaak word wanneer mense na die verbond kyk (maar my verstaan is bepaald 'n arm uitkyk, soos meeste s'n wel is, maar hier is die deel daarvan wat ek wel glo goeie meriete het), is dat die ewige verbond wat God met die mens kom sluit het, net verskil in hoe die verbond toe (Ou Testament) gewerk het... en hoe die verbond nou (Nuwe Testament) werk. Die verbond met Abraham is ewig en vas en die wet was bygevoeg weens die oortredinge en die Ou Verbond gaan oor die wet se werking wat verander is in die Nuwe Verbond.

              Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op diť dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat hķlle verbreek het, alhoewel …k gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek nŠ diť dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sÍ: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
              (Jer 31:31-34 AOV)

              Dis duidelik die wet wat bepaal wat oud en nuut in die verbond is.
              The Rapture

              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
              but I must confess, donít worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              itís before Godís wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              itís for all the people in the zoo
              think about it and refreshÖ
              you will see thereís no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhereÖ


              Comment


              • #8
                Henry ...

                ekke het al soveel klein studies oor die verbond gedoen in Bybelskool ens, dit is absuluut awesome, en ekle keer iets nuuts ........ gister middag begin met vertaling en vanoggend ge-edit..... maar met so 'n opgewondenheid ! ...... my asem slaan steeds weg as net 'n ietsie nuuts van die detail my brains tref .... die volheid van die bloedverbond sal 'n enkel mensekind seker nooit heeltemal kan verstaan nie ........ anyway, ek stuur die eerste deel .... again : AWESOME !

                Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                Comment


                • #9
                  Agtergrond tot Tradisionele Verbondsluiting

                  Die doel van 'n verbond was die skep van 'n bindende ooreenkoms, sterker as 'n kontrak of gewone ooreenkoms. Dis moes verewig staan – die leeftyd van die deelnemers, dit moes heilig wees en om dit te breek sou die dood beteken. Die Bloed Verbond was die uiterste versekering van lojaliteit en getrouheid. Daar was variasies van rituele, maar die gewone basis was brood ( hele brood of opgebreek deur skeur ) en 'n sny-waar-bloed-vloei gewoonlik in die arms van die verbondslede en die meng van die bloed deur die snye teen mekaar te vryf. 'n Beker wyn sou onder die snye gehou word om die bloeddruppels op te vang, wat dan deur 'n amptelike priester omgeroer is. Dan sou elke verbondslid van die beker drink. In baie gevalle sou die getuies tot die verbond ook van die beker met wyn en bloed drink. Te midde van die verbondslede het hulle dan een in bloed en een in identiteit met mekaar geword. Hulle sou tot hul kinders vir mekaar kon gee om groot te maak met die volle vertroue dat die ander hul kind soos hul eie sou versorg.

                  Die terme en voorwaardes van die verbond sou vooraf deur die verbondslede ooreengekom word. Die gewone tydsduur hiervoor was 'n jaar. Die ooreenkoms om in 'n verbond te tree, sou 'n formele beplannings tyd nodig he. In moderne huwelik seremonies word hierdie tydperk die verlowing genoem, waar die twee aan mekaar beloof het om in verbond te gaan. Gedurende die beplannings tyd sou die terme en voorwaardes deur alby partye bespreek word tot 'n ooreenkoms bereik is. In seker verbonde sou die van oorgeneem word deur beide verbondslede.

                  Terme van die verbond wat tradisioneel bespreek is:
                  Oorneem van van, of saamvoeg van vanne met 'n koppelteken.
                  Bind die verbond slegs die verbondslede tot die dood, of ook hul nasate verewig ?
                  Moet vroue van elke familie gegee word om te trou met lede van die ander ?
                  Is daar 'n vereniging van identiteite ( meestal deur dieselfde van te neem ) ?
                  Is daar 'n vereniging van doel ( die een kant kon dalk handelaars wees en die ander pottebakkers of boere, of die een kant kon boere wees en die ander soldate )
                  Sou daar 'n samesmelting van bates en laste met alle besittings ( en skuld ) wees ?

                  Dit moet duidelik wees dat die terme en voorwaardes nie na die verbonds seremonie verander kon word nie. Alle terme en voorwaardes moet VOOR die verbond seremonie uitgeklaar wees.

                  Tussen die mees algemene gebruike van hierdie bloedverbond was en is steeds die samembinding van twee persone of families of stamme tot een persoon, een familie, of een stam. Albei kante verloor hul eie identiteit en word een in identiteit en doel en voornemens.

                  DOEL : Tussen die baie redes om 'n verbond aan te gaan kon wees dat een familie goeie boere is en die ander goeie soldate. Die boere kan nie hulle oeste beskerm nie en die soldate het 'n deurlopende kosvoorraad nodig. Die families gaan in verbond en die boere word beskerm en die soldate gevoed. Hoekom dan nie net 'n kontrak aangaan nie? Want in moeilike tye is dit slegs familie op wie jy regtig kan staatmaak. Toe die boere en soldate verbond gesluit het, het hulle dieselfde van aangeneem waartoe albei ingestem het.

                  Handelaars en vervaardigers sou in verbond gaan om mekaar nie in te loop nie, een sou 'n produk maak en die ander dit verkoop. Dit is belangrik om op te let dat die terme van elke verbond deur die lede gedefinieer is.

                  Die enkel mees toegepaste gebruik in hierdie verbonde was die sny-waar-bloed-vloei deur elke lid ( een van elke familie ) en die vermenging van die bloed, meestal in 'n beker met wyn, wat dan deur beide gedrink word. Elke verbondslid sal ook dan so behandel word dat die wond 'n duidelike lidteken laat waar dit genees. Die lidteken was bewys dat 'n bloedverbond gesluit is.

                  GEBRUIKE EN RITUELE : Dit sluit altyd 'n sny-waar-bloed-vloei in. Die Amerikaanse Indiane sny die duim en druk dit saam om “bloed broers” te word. In die Ooste sal die sny meestal iewers op die voorarm wees, in elke geval sal die sny op 'n plek wees waar dit maklik gesien kan word as bewys van 'n bloedverbond.

                  SNY: Die serimoniŽle sny sal behandel word dat dit 'n duidelike lidteken laat waar dit genees. Die lidteken is bewys dat 'n bloedverbond afgelÍ is. In baie gevalle, oa in die Ooste sou die bloed in 'n beker opgevang word, met wyn gemeng word en deur die verbondslede en dan ook deur die getuies, gedrink word. Meestal waar die beker gedeel is, sou 'n enkele brood voor die deelnemers geplaas word wat dan stukkies van afgebreek en eet, en die res van die brood is tussen die getuies verdeel.

                  Nie alle bloedverbonde het diere offers ingesluit nie. Sommige seremonies was kort, ander kon tot dae duur wanneer twee families saamgevoeg word. Die deelnemers sou dan 'n hele paar diere offer en die karkasse lengtewys met die rugsting langs deursny en die helftes teenoor mekaar uitlÍ, 3 voet uit mekaar uit. 'n Pad van verdeelde karkasse kan so gevorm word. Na 'n paar uur sou die 3 voet pad tussen die verdeelde karkasse dan met bloed gevul wees wat van die offers dreineer.

                  Die verbondslede sal dan teenoor mekaar staan aan die ente van die pad. Elkeen sou hul sandale uittrek en kaalvoet staan. Elkeen sou twee keer deur die pad van bloed loop. Die eerste lid loop deur die karkasse oor na die ander. Aan die ander kant maak hy 'n verklaring dat hy nou simbolies gesterf het en dat al sy ( soos ooreengekom is ) goedere soos in sy testament uiteengesit, nou aan die ander behoort. Dan loop hy terug na sy begin plek deur die bloed pad wat nou simbolies is van 'n geboorte kanaal en word nou weer gebore in sy nuwe ( ooreengekomde ) identiteit.

                  Die Bloed verbond, hoevel taamlik grusaam, het as basis die dood - wedergeboorte proses. Elke deelnemer sal simbolies sterf, en daardeur hulle voorige identiteit beeindig, hulle sal dan in die seremonie deur 'n simboliese wedergeboorte gaan. Hulle word “gebore” of “ wedergebore” tot 'n nuwe identiteit wat die lede gekies het. Elke verbondslid sou hul bydrae tot die verbond neerskryf en die geskrewe dokument sal dieselfde wees as die testament wat van krag sou wees as die skrywer sterf.

                  DOOD : Die verbondslede wat saamgevoeg is, maak dan ook elkeen 'n testament uit wat beskryf wat aan die ander sou behoort in geval van dood, die dood wat sal plaasvind met die seremonie sal simbolies wees, want diere word geoffer en die diere se dood sal die plek neem van die verbonds lede. Na die testamente opgestel is, word bespreek wat elkeen sal baat uit die verbond. Hierdie bespreking om in 'n verbond te gaan, het gewoonlik 'n jaar geduur.

                  Wanneer twee individue in verbond gaan, kan hulle kies om mekaar se vanne aan te neem om so 'n gesamentlike identiteit te wys. In amper elke geval waar twee families verbind word, kies hulle 'n gesamentlike van of hulle sit 'n vanne saam met 'n koppelteken bv Malan – du Preez.

                  Archeologists and anthropologists report that they have never found evidence of even one ancient civilization or significant tribe/cluster of humankind during any age, in any part of the world, where blood covenant was not practiced. That universality has dumfounded many and caused flimsy attempts to explain it. But Jews simply say that the reason is obvious – it was God who created the concept, even as He created the world and those who dwell in it. The Bible seems to agree.
                  Dit is noodsaaklik om hierdie beginsel van die eenwording van 2 partye te verstaan as ons die diepte van God wil peil. Deesdae is kontrakbreuk aan die orde van die dag en ons dink nie tweemaal daaroor nie. Dis waarom die regstelsel die partye se verpligtinge moet afdwing.

                  Comment


                  • #10
                    ... Iets wat ek nou eers klick ..... ons boere nasie noem die wondweefsel wat agterbly na 'n sny genees, 'n "lidteken" .......

                    die woord wat ons gebruik kom uit verbonds terme

                    teken van lidmaatskap aan verbond !!!

                    ........ m
                    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by mari View Post
                      ... Iets wat ek nou eers klick ..... ons boere nasie noem die wondweefsel wat agterbly na 'n sny genees, 'n "lidteken" .......

                      die woord wat ons gebruik kom uit verbonds terme

                      teken van lidmaatskap aan verbond !!!

                      ........ m
                      Mari, jy het nog niks gesien nie.

                      Comment


                      • #12
                        Ons kan die tradisionele verbondseremonie wat hierbo beskryf is in 'n aantal stappe opdeel ten einde dit beter te verstaan.

                        Stap 1
                        Ruil die bokleed.
                        Die bo-kleed verteenwoordig die persoon. Deur die boklede te ruil sÍ die partye vir mekaar, “Hiermee gee ek myself volkome aan jou. My hele lewe is joue.

                        Stap 2
                        Ruil die gordels
                        Die doel van die gordel is nie om die ouens se broeke op te hou nie, maar om die wapens te hou. Deur dit te ruil, sÍ hulle vir mekaar, “Hier is my vermoŽ om te veg.” Simbolies gee ek dus aan jou al my krag en my vermoŽ om te veg. “As enigiemand jou aanval, val hulle my aan. Ek sal saam met jou baklei en jou beskerm.”

                        Stap 3
                        “Sny die verbond.” (Cut the covenant)
                        In hierdie stap word 'n dier doodgemaak en langs die rugraat af in twee verdeel. Nadat die dier so verdeel is, word die twee helftes teenoor mekaar gelÍ. Die partye staan dan met hulle ruÍ na mekaar en loop in 'n figuur 8 tussen die karkas deur en kom weer tot stilstand waar hulle mekaar in die oŽ kyk. Deur dit te doen sÍ hulle twee dinge vir mekaar, “Ek sterf vir myself en begin 'n nuwe lewe saam met jou.” en “mag God met my maak soos ons met hierdie dier gemaak het as ek poog om hierdie verbond te verbreek.”

                        Stap 4
                        Lig die regterarm en vermeng die partye se bloed.
                        Hulle sny die handpalms en skud blad. Soos die bloed vermeng, glo die partye dat hulle lewens “vermeng” en een word.

                        Stap 5
                        Ruil name.
                        Ek neem bv die laaste deel van jou naam en jy neem die laaste deel van my naam.

                        Stap 6
                        Maak 'n lidteken
                        Dit wil voorkom of die partye as gebruik het om in die wond wat in stap 4 gemaak is, permanent te maak. Hierdie lidteken het dan teenoor derde partye gedien as bewys van die verbond.

                        Stap 7
                        Gee die verbondvoorwaardes.
                        Gewoonlik is dit, Wat myne is, is joue en andersom.

                        Stap 8
                        Eet 'n verbondsmaal
                        Die brood en wyn kom al 'n lang pad lyk dit my. 'n Brood word geneem en in 2 geskeur en vir mekaar gevoer. Hiermee sÍ die partye vir mekaar dat hulle liggame nou deel word van mekaar. Na die ete bedien hulle mekaar met wyn wat bloed simboliseer. “My bloed vloei nou in jou are” en andersom.

                        Stap 9
                        Rig 'n gedenkteken op
                        Dit word gedoen deur of klippe opmekaar te stapel of 'n boom te plant.

                        Op die keper beskou is dit eintlik 'n geweldige seremonie. Elke opeenvolgende stap versterk die vorige een.

                        Comment


                        • #13
                          Hou Joh 5:39 in jou agterkop as jy nou verder lees. "Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is diť wat van My getuig."

                          As ons nou na die verbond tussen Abram en God kyk, is dit interessant om daardie seremonie te ontleed aan die hand van die tradisionele verbondsluiting van daardie tyd.

                          Die Seremonie tussen God en Abram
                          Verbondsvoorwaardes
                          (Gen 12:1) En die HERE het aan Abram gesÍ: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
                          (Gen 12:2) En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seŽn en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seŽn sal wees.
                          (Gen 12:3) En Ek sal seŽn diegene wat jou seŽn, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseŽn word.

                          ...maar Abram het geen seun nie en hy vra God, “Wie gaan my erfgenaam wees?”

                          (Gen 15:4) Toe kom die woord van die HERE tot hom en sÍ: Hierdie een (EliŽser) sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
                          (Gen 15:5) Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sÍ vir hom: So sal jou nageslag wees.

                          In hierdie eerste stap verklaar God die voorwaardes van die verbond. Die vraag is nou, wat kan die skepsel sy Skepper in ruil bied? Wie gaan vir God uithelp as Hy in die moeilikheid kom? Watter mens gaan vir Hom kan veg? Daar is nie 'n manier waarop die mens God kan benader nie, want Hy is hoog verhewe!!!

                          Ruil die bokleed en die gordel
                          (Gen 15:1) NŠ hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesÍ: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.

                          Met hierdie stelling, neem God die inisiatief en sÍ inderdaad vir Abram, “Hier is My bokleed en my wapens.” Maar God het nie wapens nie, omdat Hy dit nie nodig het nie, dus bied Hy Homself aan. Hy sÍ vir Abram, “Alles wat Ek is, gee Ek aan jou. Ek is heilig, dus gee ek jou My heiligheid. Ek gee jou My geregtigheid. Abram, Ek gee jou My lewe en Ek sal dit aflÍ vir jou as jy my verbondsvennoot word!” Hy sÍ vir hom: “Abram, Ek is jou skild, nie hier is My skild nie, maar Ek is jou skild. Ek sal jou beskerm en namens jou veg. As iemand jou aanval, staan jy net opsy en watch My.”

                          God sÍ vir hom: “Abram, My vrind een ding moet jy weet, Ek sluit nie met jou hierdie verbond omdat jy dit verdien nie. Jou eie-geregtigheid is soos vuil lappe voor my. As jy begin dink jy verdien dit, gaan vra jou vrou wat sy dink!! Jy het haar mos altemit 2 maal weggegee!! Ek sluit hierdie verbond met jou net omdat Ek jou liefhet.”

                          Abram sÍ toe, “Here maar dis wonderlik en ek waardeer dit, maar hoe gaan ek weet dat U dit gaan doen? Help my om te glo.”

                          God antwoord Abram toe met iets wat hy verstaan.
                          Sny die verbond (Cut the Covenant)
                          (Gen 15:9) En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.
                          (Gen 15:10) En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelÍ; maar die voŽls het hy nie verdeel nie.

                          Abram besef nou dat God ernstig is en hy kan nou rus in God se beloftes. Hy weet dat 'n verbond die ernstigste, mees heilige ooreenkoms is wat daar is.

                          (Gen 15:11) Toe kom daar roofvoŽls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

                          In Luk 8:5 lees ons dat die voŽls van die hemel wat die saad van die Woord opeet die duiwel is. In Gen 15 probeer hy om te keer dat die verbond gesluit word, maar Abram verjaag hom.

                          Hy het toe weer 'n preek nodig. “Abram, jy verstaan nie. As Ek 'n verbond met die mens sluit, moet Ek dit alleen doen. As jy enigsins betrokke raak, gaan dit nie werk nie, want jy sal dit besoedel en dan sal dit nie vir My aanvaarbaar wees nie. Geen mens kan met My 'n verbond sluit nie. Ek is die enigste een wat met My 'n verbond kan sluit. Ek gaan by Myself sweer dat Ek hierdie verbond sal nakom en om seker te maak dat jy my nie weer gaan probeer help nie gaan jy nou bietjie slaap terwyl die seremonie aan die gang is.”

                          (Gen 15:12) En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.

                          God maak toe nog 'n paar beloftes aan Abram en vertel hom sommer wat die toekoms inhou.

                          (Gen 15:17) En nŠ sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen diť stukke vleis deur.

                          Abram sien toe iemand anders in sy plek deur die karkasse loop. Iemand anders wat sÍ, “Ek gee alle reg tot my lewe op en ek begin 'n nuwe wandel met my verbondsvennoot, Jehovah. Iemand wat in sy plek “sterf” en sÍ, “Nie my wil nie, maar U wil O God.

                          Wat/Wie het Abram gesien?
                          (Open 1:14) Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oŽ soos ‘n vuurvlam,
                          (Open 1:15) en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.

                          Jesus het gesÍ, (Joh 8:56) Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.

                          Die ewige Seun van God het in Sy glorie wat van ewigheid af bestaan in die plek van Abram die verbond met Sy Vader gesluit!!!

                          Ruil name
                          Abram neem nou die laaste deel van Jehovah se Naam en word Abraham en Sara word Sarah!!! God staan van toe af bekend as die God van Abraham. Van toe af is hulle vriende. (Jak 2:23) En die Skrif is vervul wat sÍ: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.

                          Maak 'n lidteken.
                          Abraham het toe 'n lidteken aan sy hoesenaam gekry.
                          (Gen 17:11) julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle.
                          Last edited by Henry; Jul 8th 2009, 06:45 AM.

                          Comment


                          • #14
                            Dankie vir al julle moeite, dit is regtig baie interresat!!

                            Comment


                            • #15
                              Dankie vir die draad Henry, ek het jou aanvanklike doel gemis en eintlik is my plasing hierbo bedoel vir 'n ander draad, want dit gaan nie oor die ou- versus nuwe verbond nie. Dankie dat jy en Mari dit in Afrikaans doen en die moeite wat saam met dit gaan!
                              The Rapture

                              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                              but I must confess, donít worry
                              the rapture is not before the Great Tribulation
                              itís before Godís wrath!!!

                              Because His wrath is not meant for you
                              itís for all the people in the zoo
                              think about it and refreshÖ
                              you will see thereís no way out of here, in the flesh

                              If you really believe, you will see
                              the rapture is for you and me
                              when we decide to leave from here
                              that very day, oh! God adhereÖ


                              Comment

                              Working...
                              X