Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wees heilig!!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Wees heilig!!

    Liviti 11:44 Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. 45 Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is


    In Eng se ons, "to be holy means to be set apart.....
    "
    Hoe sal ons dit in Afrikaans doen, en wat beteken dit vir jou om "to be set apart" te wees??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Ek dink nie heiligmaking is iets wat ons uit onsself kan regkry nie. Die "lig" van God moet jou binneste verlig en alle sonde blootl. Dan eers is daar sprake van heilig wees. Jesus s tog, Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Ek wil byvoeg, in hierdie lewe. Nie in die hiernamaals nie.

    As mens gaan kyk na die getuienisse van God se generaals, is die doping met Heilige Gees, 'n moet. Ek dink selfs as ons die Skrifte ondersoek, sal ons agterkom dis nodig.

    Comment


    • #3
      Originally posted by Ta-An View Post
      Liviti 11:44 Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. 45 Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is


      In Eng se ons, "to be holy means to be set apart.....
      "
      Hoe sal ons dit in Afrikaans doen, en wat beteken dit vir jou om "to be set apart" te wees??
      Ek dink die regte woord is "afgesonder." Om heilig te wees, beteken om vir God afgesonder te wees, opsy gesit, anders as die wreld - om te leef soos iemand wat aan die Here behoort, en vir Hom opsy gesit is.

      Comment


      • #4
        Originally posted by Gene View Post
        Ek dink die regte woord is "afgesonder." Om heilig te wees, beteken om vir God afgesonder te wees, opsy gesit, anders as die wreld - om te leef soos iemand wat aan die Here behoort, en vir Hom opsy gesit is.
        Gene, dis maar een aspek van heilig wees.

        hagios
        (physically pure, morally blameless or religious, ceremonially consecrated): - (most) holy (one, thing), saint.

        Dit is die 3de ene. Ceremonially consecrated. Physically pure en morally blameless is net so belangrik.

        Comment


        • #5
          In die Nuwe Testament word ons volkome geheilig in en deur Christus.

          Heb 9:13-14 "Want as die bloed van stiere en bokke en die as van n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, (14) hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien."

          Kol 1:21-22 "Ook julle wat vroer vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen (22) in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;"

          Let op die teenswoordige tyd: "nou versoen"

          Die gelowiges word daarom ook telkens in die NT "heiliges" genoem:

          bv.

          1 Kor 1:2 "aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:"

          Ef 1:1 "Paulus, n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in fese is, en die gelowiges in Christus Jesus:"



          Soos ek dit verstaan het het ons "heiliging" te doen met ons nuwe stand in Christus. Christus kom bewerkstellig dit volkome in ons by wedergeboorte.

          Ons moet wel vernuwe word in denke (bv. Rom 12:1-2), maar ons kan nie meer heilig word nie.

          Heiliging het dus te doen met die stand / status van ons gees -

          of ongeregtig / in sonde / onwedergebore

          of in Christus / in geregtigheid / geheilig / van bo gebore.
          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

          Comment


          • #6
            Originally posted by Philip dT View Post
            In die Nuwe Testament word ons volkome geheilig in en deur Christus.
            Philip, dis die teorie, of moet ek s teologie, maar die praktyk is iets anders.

            Comment


            • #7
              Originally posted by Henry View Post
              Philip, dis die teorie, of moet ek s teologie, maar die praktyk is iets anders.
              Hi Henry. Hoe verstaan jy dit?
              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

              Comment


              • #8
                Originally posted by Philip dT View Post
                Hi Henry. Hoe verstaan jy dit?
                Philip, gee my bietjie kans om te dink hieroor. Een ding weet ek, God is heilig en daardie heiligheid is "anders" as wat jy hier uit die Woord aanhaal. Hy is sondeloos en suiwer, maar ons nog nie. Tog s Hy drie maal in die Bybel, "Wees heilig, want Ek is heilig." Hy wil dus h ons moet wees soos Hy is. Lyk my dis 'n proses en nie 'n eenmalige gebeurtenis nie.

                Comment


                • #9
                  Ons begin vandag in kerk met reeks oor pinkster waarna ek en vroulief nogals uitsien, en toe begin ek wonder oor denke vernuwe om kwaliteit lewe te lei ( vanoggend se preek )
                  { denke volgens woord, want slegs as ons ons gedagtes gevange neem en na God se wil rig en ons denke vernuwe deur Woord en Jesus te volg deur kruis op te neem , gaan ons waarlike kwaliteti lewe he ... maar net oor topic want kan na welvaarts teologie begin klink.. maar die preek het my baie laat dink... }

                  Ewenwel ( nooit gedink sal die in sin kan gebruik nie he he ! ) toe kom die wees heilig ook voor my op en wonder daaroor en wat dit spesifiek beteken om daagliks kruis op te neem.... metanoia ( ? stam van denke en nuwe as reg onthou af ? ook in preek ) is mos ook bekeer ? so is nuwe denke, bekering , heilig making vervleg en hoe doen mens die prakties.....

                  Die ds het bv gese neem gedagtes gevange ... voor jy jou ... mon verbypraat of iets doen , dink eers of dit in lyn met Woord is en of dit Jesus se woorde / aksies sou wees... as voorbeeld ...

                  Enige ander idees..
                  Dis alles net genade -Ma Grace
                  "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                  Comment


                  • #10
                    Die ds het bv gese neem gedagtes gevange ... voor jy jou ... mon verbypraat of iets doen , dink eers of dit in lyn met Woord is en of dit Jesus se woorde / aksies sou wees... as voorbeeld ...

                    Enige ander idees..
                    Guilty as charged!

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Henry View Post
                      Philip, dis die teorie, of moet ek s teologie, maar die praktyk is iets anders.
                      Ek stem saam met Henry. Ons moet nie te gemaklik raak met die idiee dat Jesus ons "Heiligmaker" is nie. Teoreties ja. As ons in Hom glo EN Sy voorbeeld volg en strewe na heiligheid, ja. Maar as ons Jesus juis as 'n verskoning gebruik om te maak soos ons wil? As ons 'n "laid back" Christenskap beoefen?

                      Om mens te wees is nie maklik nie. In hierdie gebroke wereld waarin ons leef vat dit juis ekstra moeite om te streef na heiligheid. Ons moet ons sondes belei. In vandag se sameleweing raak die skeidslyn tussen 'n Christen en ongelowige al meer duideliker. Daar is waarlik Baie voordeel en goeie vrug in die lewe om Jesus te volg, maar dis nie maklik nie.

                      Heiligmaking kom dalk van bo af op die einde van die dag, maar ons moet steeds strewe daarna, op 'n daaglikse basis. Heiligheid meng juis nie met baie aardse dinge nie, dit is soos olie en water... Ons kan nie beide nastreef nie..

                      Comment


                      • #12
                        WEES HEILIG:
                        (Lev 11:44) Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
                        (1Pe 1:16) omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

                        HEILIGMAKING:
                        (Rom 6:19) Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
                        (Rom 6:22) Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
                        (1Co 1:30) Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
                        (2Co 7:1) Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
                        (1Th 4:3) Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
                        (1Th 4:7) Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
                        (2Th 2:13) Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
                        (1Ti 2:15) Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetonheid.
                        (Heb 12:14) Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
                        (1Pe 1:2) uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

                        Comment


                        • #13
                          Dankie Johnny, niks s dit beter as die woord uit die Bybel nie!. Ek dink wat jy aanhaal som dit baie mooi op...

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Philip dT View Post
                            In die Nuwe Testament word ons volkome geheilig in en deur Christus.

                            Heb 9:13-14 "Want as die bloed van stiere en bokke en die as van n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, (14) hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien."
                            Stem saam met Philip - m.a.w. heiliger as wat jy vandag is kan jy nooit word nie. Nie omdat jy so goed is nie, maar omdat Christus jou geheilig het. Soos wat Johnny ook aanhaal uit 1Kor.1:30 "Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing." Die Engelse vertalings s dit duideliker (BBE) "But God has given you a place in Christ Jesus, through whom God has given us wisdom and righteousness and salvation, and made us holy"

                            Comment


                            • #15
                              1Gedagtes : verse : Rom 12:2 , spreuke 27:9 , Fill 4:8 , 2 kor 10:5 - Sondag oggend
                              2Geloof : Verse : Heb 11:1 , Markus 9:23 -- gemis ?
                              3Gesindheid: Fil 2:5 , Hand 20:35 , luk 6: 38 Maandagaand

                              Vanaand 3 --- gesindheid van dien, nie kry nie.... selfde as Jesus..... dis gesindheid om beter kwaliteit lewe te kry... word soos Jesus en lewe tot die volheid van lewe wat die Here belowe... dis beter om te gee ....soos ons gee sal ook ons ontvang....

                              More 4
                              Gerigtheid : Fil3 :13, deut 8:17,18 , 1 kor 9:26, 1 tim 6 :17 sien uit daarna
                              Dis alles net genade -Ma Grace
                              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                              Comment

                              Working...
                              X