Announcement

Collapse
No announcement yet.

Joodse fabels en gebooie van mense.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Joodse fabels en gebooie van mense.

    Tit 1:13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,
    14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.


    Hierdie bekende gedeelte van Titus gaan, soos ek dit verstaan, oor Paulus se opdrag aan Titus om ouderlinge/leiers aan te stel in die verskillende stede, en oor die eienskappe wat hierdie mense moet besit en natuurlik ook nie moet besit nie. (Interesant dat die aspirante leiers se familielewe eerste aangespreek word soos in vers 6 gesien kan word.)

    Daar word gepraat van, o.a "die wat uit die besnydenis is" , wie "se monde gestop moet word" . Ek verstaan dit as diegene wat verseg om hulle los te maak van die Ou Verbond ? In elk geval, kom Paulus dan by bogenoemde stelling : diegene wat "hulle besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense".

    Wat dink julle behels hierdie fabels en gebooie waarvan hy praat, en wat maak dit so erg ?

  • #2
    Tradisie ? Gewoonte wat geloof dood maak?
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment


    • #3
      Ek dink vers 15 ( Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.) antwoord jou vraag oor fabels en 1Tim 4:3 (wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.) antwoord gebooie van mense wat van die waarheid afwyk en wat dit so erg maak is dat dit ons weghou van die waarheid af. Soos 1Tim 1:3 se om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie. Lees 1Tim 1:5-7 dit help ook om jou vraag te antwoord.

      Comment


      • #4
        Ek dink persoonlik die Joodse fabels hou verband met die "oral lore" van die Joodse ingelyfdes / oudstes / rabbi's.

        Sien bv.

        Mat 15:2 Waarom oortree u dissipels die oorlewering [tradisie] van die ou mense [oudstes: presbuteroi]? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie. Dit verwys dan waarskynlik hier na die Joods-kabbalistiese tradisie van die oudstes.
        Baie spore van die bestaan van 'n mistiese / esoteriese tradisie onder die Joodse elite kan teruggevind word in die Ou Testamentiese apokriewe boeke. Ben Sirah s bv. "jy sal niks te doen h met geheime dinge nie." Die boek Esdras 45-46 s dat boeke met geheime oorlewering / kennis moet geheim gehou word deur die "wyse." Die boek van Jubilees verwys na die geskrifte van Jared, Kainan en Noag, en bied Abraham aan as die hernuwer en Levi as die permanente oppasser van hierdie antieke geskrifte waarin 'n kosmologie vervat is wat gebaseer is op die 22 letters van die Hebreeuse Alfabet (dit kom natuurlik ooreen met die 22 verbindinge van die Sefirot van die Kabbala). Daar is ook baie duidelike tekens dat die Essene kabbaliste was. Die Jewish Encyclopedia s ook:

        "A study of the few still existing apocryphal books discloses the fact, ignored by most modern writers on the Cabala and Essenism, that 'the mystic lore' occasionally alluded to in the Talmudic or Midrashic literature (compare Zunz, 'G. V.' 2d ed., pp. 172 et seq.; Jol, 'Religionsphilosophie des Sohar,' pp. 45-54) is not only much more systematically presented in these older writings, but gives ample evidence of a continuous cabalistic tradition." (eie aksente).

        Die Jewish Encyclopedia verwoord ook die sterk Kabbalistiese psigologie van die Talmud. Dit s:

        "Not man's intelligence, but his moral nature, determines what he is. Nor is he merely a spoke in the wheel, a small, unimportant fragment of the universe, but the center around which everything moves. Here the Jewish Cabala, in contrast to alien philosophy, tried to present the true Jewish view of life, and one that appealed to Talmudic Judaism." (eie aksente).
        http://www.jewishencyclopedia.com/vi...&search=cabala

        Vanuit hierdie laaste aanhaling uit die Talmud kan gesien word hoedat die verheerliking van die mens sentraal staan in Judasme.

        Die "Joodse fabels" en "gebooie van mense" waarvan Titus 1:14 praat, hou dus waarskynlik ook verband hiermee.

        Die kommentaar van Barnes s bv:

        "The fables here referred to were probably the idle and puerile superstitions and conceits of the Jewish rabbies. The word rendered fable (μῦθος muthos) means properly speech or discourse, and then fable or fiction, or a mystic discourse." (eie aksent)
        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

        Comment


        • #5
          Baie interresant Phillip, dit is weereens ongelooflik om te sien hoe verrykend die oorspronklike Babel se invloed nog steeds strek.

          Comment


          • #6
            Originally posted by Die Filadelfieer View Post
            Baie interresant Phillip, dit is weereens ongelooflik om te sien hoe verrykend die oorspronklike Babel se invloed nog steeds strek.

            Ja wel, die "verborgenheid van babilon"

            okkult / misties / esoteries / "hidden" = verborge
            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

            Comment


            • #7
              Thanks Phillip,

              gee nuwe insig as mens so daaraan dink..

              Ook maar soos ons moderne samelweing, self help , self improvement self self self...
              Dis alles net genade -Ma Grace
              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

              Comment

              Working...
              X