Announcement

Collapse
No announcement yet.

Geloofsekerheid

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Geloofsekerheid

    Hier is n baie interessante vraag wat gister opgekom het tydens n gesprek tuis. Hoe kry n mens geloofsekerheid?

    Ek dink dat ek geloofsekeheid het dat ek aan God behoort, want my hart oortuig my en as ek die Woord lees glo ek vas dat wat daarin staan waarheid is. Verder glo ek dat ek Jesus aangeneem het met oorgawe.

    Gister was n baie eenvoudige gesprek. Die persoon reken hy het sy lewe vir Jesus gegee, maar nie seker of hy werklik eendag sal hemel toe gaan of nie. Waarom sal dit dan wees dat hy nie geloofsekerheid het nie?

    Al wat ek dood eenvoudig kon antwoord is dat ek God glo en dat as ek na my lewe kyk dat ek kan ervaar dat Jesus werklik binne in my leef. Ek glo wat die Bybel lees is waar. Maar nou sit ek self met die vraag, of miskien eerder n effense verwarring. Dit is seker nie reg om op gevoelens te gaan nie, maar waarin le die oortuiging van geloofsekerheid dan?

    Ek het n paar maal skrifte gelees, maar kan nie so uit die vuis onthou presies wat dit was of waar dit staan nie, dat ons kinders van God genoem word. Johannes 3:16 is natuurlik een van die klassieke voorbeelde wat ek kon onthou en in die gesprek as voorbeeld kon gebruik. Is geloofsekerheid se fondament dan op die Woord gebasseer, of kan jy tog die gevoel van sekerheid in jou hart dra?

    As iemand nie oor geloofsekerheid beskik nie, is dit weens n te kort aan kennis, ervaring, ondervinding of iets van die aard? Hoe kan mens hierdie onsekerheid in sekerheid omskep? Of eerder hoe kan jy diegene met onsekerheid help of leer wat dit is om geloofsekerheid te besit?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hi MC,

    Mens het geloofsekerheid wanneer God 'n bonatuurlike werk in jou kom doen, en wanneer dit gebeur sal mens weet dit het gebeur, jy sal nie twyfel oor jou redding nie. Dus, om jou te antwoord, wanneer iemand nie geloofsekerheid het nie, is dit agv die afwesigheid van 'n ondervinding/ervaring. (Oeeee...nou is almal se o groot dat so iets uit my gereformeerde mondjie kan kom - verstaan my groot asb, ek s nie mens moet jou geloofslewe basseer op al wat 'n emosionele opswepings foefie is nie, en soos 'n golf in die see heen en weer gewaai word van die een emosionele high na die volgende, en dis al waarop jou verhouding met God gebasseer is nie.) Die groot rede hoekom soveel mense sukkel met geloofsekerheid is omdat iemand eendag vir hulle ges het, "bid agter my aan, en dan vir hulle 'n bybelversie gee en s hierdie versie bevestig nou dat jy gered is. Daar is soveel mense daar buite wat met 'n valse sekerheid rondloop oor hierdie leuen. Volgens Romeine 8 vers 16 getuig die Gees saam met ons gees dat ons kinders van God is, so van die oomblik van wedergeboorte af sal jy weet dat jy weet dat jy weet en sal jy geloofsekerheid h want die Heilige Gees sal daarvoor sorg.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment

    • #3
      Originally posted by Lanie View Post

      Ek is nie so seker of ek dit korrek verstaan nie, maw probeer jy dan s dat as jy nie geloofsekerheid het nie, dat jy nie werklik tot inkeer gekom het nie?
      Kan 'n mens ook onseker wees omdat jy nog besig is met verkeerde dinge?
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment

      • #4
        Gewoonlik wanneer mens begin twyfel en begin onseker raak .... is dit baie keer 'n teken van ongelese Bybels. Die Bybel s: Johannes 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.

        Wat beteken dit om te glo?? En die geliefde boek aan die Romeine is so sterk op wat dit dit beteken om te glo...

        Romeine 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
        Ons gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis.
        Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;

        Wanneer mens gereeld jou Bybel lees en in verhouding staan met die Gees van G_d kry jy hierdie sekereheid want jy ken jou Saligmaker en Verlosser (by Naam: YHVA Yeshi) Psalms 27:1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: (salvation/redding) vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? (The LORD is my light and my salvation; whom shall I fear? {N}
        The LORD is the stronghold of my life; of whom shall I be afraid?)

        Geloofsekerheid kan mens toets aan:
        Ken jy die Here? Hoe ken jy Hom, ken jy Sy Naam, ken jy Sy teenwoordigheid?
        Of het jy nog net van Hom gehoor?
        Hoor jy Sy stem, ervaar jy Sy liefde?
        Is jy gehoorsaam aan dit wat Hy van jou vra om te doen?
        Wat ervaar jy in Sy teenwoordigheid...
        Hoe ervaar jy Sy manifesterende teenwoordigheid??

        Geloof is nie net 'n tydelike oplossing vir 'n krisis nie, nie net 'n Band-Aid in tye van nood nie, nie net 'n 'Asseblief Here help gou nie'.... maar 'n lewende verhouding, en wanneer jy daar loop, dan kan jy seker wees van waar jy heen gaan, want die skape dan sal die stem van hulle Herder ken...

        Hoop dit help

        Wat ons moet onthou, is dat ons wie s dat ons geloof sekerheid het, ons lewens moet getuig van so 'n verhouding met ons Here.

        En wanneer ons in verhouding staan met ons Here dan sal ons weet : 1 Joh 5:15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

        Johannes10

        7 Jesus het toe weer vir hulle ges: Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, Ek is die deur van die skape.

        9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. .....

        .....27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

        28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

        29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

        30 Ek en die Vader is een.

        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor

        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment

        • #5
          Originally posted by MercyChild View Post
          Ek is nie so seker of ek dit korrek verstaan nie, maw probeer jy dan s dat as jy nie geloofsekerheid het nie, dat jy nie werklik tot inkeer gekom het nie?
          Kan 'n mens ook onseker wees omdat jy nog besig is met verkeerde dinge?
          JA, ek dink jy verstaan reg, en ek stem saam met Lanie

          Lanie verwys na 'n Damaskus ervaring soos jy vind in Handelinge 9 : 3-6 Dit vewys na 'n punt in jou lewe waar jy waaragtig tot bekering gekom het.
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor

          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment

          • #6
            Nog 'n versie wat ek gemis het... 1 Joh 5:13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

            Glo!
            Hoe glo mens? Deur Verhouding.

            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor

            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment

            • #7
              Originally posted by Ta-An View Post
              Wanneer mens gereeld jou Bybel lees en in verhouding staan met die Gees van G_d kry jy hierdie sekereheid want jy ken jou Saligmaker en Verlosser (by Naam: YHVA Yeshi) Psalms 27:1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: (salvation/redding) vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? (The LORD is my light and my salvation; whom shall I fear? {N}
              The LORD is the stronghold of my life; of whom shall I be afraid?)

              Geloofsekerheid kan mens toets aan:
              Ken jy die Here? Hoe ken jy Hom, ken jy Sy Naam, ken jy Sy teenwoordigheid?
              Of het jy nog net van Hom gehoor?
              Hoor jy Sy stem, ervaar jy Sy liefde?
              Is jy gehoorsaam aan dit wat Hy van jou vra om te doen?

              Wat ons moet onthou, is dat ons wie s dat ons geloof sekerheid het, ons lewens moet getuig van so 'n verhouding met ons Here.
              Goed ek dink ek het dit, maw gaan dit oor jou verhouding met God. So geloofsekerheid kom met 'n proses? Hoe meer jy lees en hoe meer jy groei, hoe meer sal jy die oortuiging dan h?

              Hoe antwoord ek die seun? Hy wil graag weet hoekom hy nie geloofsekerheid het nie. Stel ek dit aan hom dat hy te min Woord lees of te min bid. Ek weet ek moet met taktiek antwoord, maar is nie so seker hoe om dit te doen nie.

              Eerstens weet ek nie of hy werklik sy saak met God uitgemaak het nie. Hy reken hy het, maar ek sal regtig nie weet nie.

              Sien die rede hoekom ek dink hy nie skerheid het nie is soos volg. Ek onthou toe ek in verhouding staan nog voordat ek besluit het om te trou, dat ons op 'n staduim redelik onseker was in watter rigting ons verhouding gaan beweeg omdat ons nog nie die saak van trou uitgepraat het nie. Teen die tyd wat ons verloof was het ek ons op 'n punt gekom waar ons teen ons ou liefdes gekies het en toe dan eers het ons sekerheid gehad dat ons wel besluit het om die res van ons lewe saam te spandeer (al het my huwelik nou nie heeltamal so verloop nie)tog het ek op daardie staduim die sekerheid gehad.

              Nou nes my huwelik waar 'n party besluit het om te onttrek, kan dit dan gebeur dat 'n mens 'n besluit maak om 'n Christen te wees, jou hele lewe aan Hom wil toewei, en jouself dan later onttrek uit die geloofs verhouding?
              Miskien het hy 'n oorgawe gemaak en dalk onttrek?
              Saved by Grace!

              Praying for Mieke and Charles
              Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

              My testimony
              http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

              Comment

              • #8
                Originally posted by MercyChild View Post
                Miskien het hy 'n oorgawe gemaak en dalk onttrek?
                ...onttrek uit die relationship... Ja, onthou, G_d s: Hy sal ons nooit verlaat of versaak nie.... dit is ons wat weg beweeg

                Hebrers 13:5 ......want Hy het ges: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

                Want Hy s :Kom na my toe...... en as ons nie na Hom toe gaan nie, dan sal ons nie rus vir ons gemoed h nie
                Mattheus 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

                En wanneer ons na Hom toe kom, en in verhouding leef met Hom, dan verwag Hy dat ons gehoorsaam aan Hom sal wees, en dan kom baie op die punt van ontrekking,,,,, want om gehoorsaam te wees is harde werk, en ,,,,, dit is makliker om jou rug te draai en te onttrek, as om in gehoorsaamheid met Hom te leef
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor

                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                • #9
                  Het julle al Pilgrim's progress gelees/gekyk? Daarin beeld John Bunyan ook uit hoe mens kan afdwaal van die pad, maar dat God jou altyd weer sal terugbring. Dis belangrik om te onthou dat wanneer die Here jou gered het, jy nie daardie redding kan verloor nie,want God doen nie halwe werk nie. Dit wat Hy begin, maak Hy ook klaar. So jy kan dalk hier en daar die pad byster raak maar jy sal nie jou redding kan verloor nie.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Ta-An View Post

                    En wanneer ons na Hom toe kom, en in verhouding leef met Hom, dan verwag Hy dat ons gehoorsaam aan Hom sal wees, en dan kom baie op die punt van ontrekking,,,,, want om gehoorsaam te wees is harde werk, en ,,,,, dit is makliker om jou rug te draai en te onttrek, as om in gehoorsaamheid met Hom te leef
                    Ok, maar nou het ek 'n ander vraag wat nie meer van toepassing op die onderwerp is nie dink ek. Wat van diegene wat alles doen wat hy/sy veronderstel is om te doen. Maw hulle is gehoorsaam aan die skrif en doen wat die skrif beveel. Dit lyk met die oog af of hulle goeie voorbeeldige lewens leef, maar eintlik is daar is geesetlik eintlik morsdood. Vergewe as ek myself verkeerd uitdruk. Dis soos jy kan sien iemand is tuis maar niks ligte brand nie! Waar l die probleem dan?
                    Saved by Grace!

                    Praying for Mieke and Charles
                    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

                    My testimony
                    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by MercyChild View Post
                      Dis soos jy kan sien iemand is tuis maar niks ligte brand nie! Waar l die probleem dan?
                      Verhouding Om 'n lewende verhouding met G_d te h...
                      Jy kan Bybel lees sonder om 'n lewende verhouding met G_d te h.... om net deur die passie te gaan van lees, sonder om daardie commitment te maak....
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor

                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment

                      • #12
                        Dis vir my so ongelooflik hoe die Here mens kan voorberei vir gesprekke. Nie 'n week terug nie, het ons hierdie dinge in 'n bybelklas bespreek. Ons dominee het gevra - "hoe kry mens geloofsekerheid?" en ons 4 opsies gegee. Die opsies was:

                        1. Mens sal nooit regtig sekerheid h nie.
                        2. Deur die Woord
                        3. Deur werke
                        4. Deur 'n ervaring

                        Ons het dadelik 1 & 3 uitgekanselleer want mens kan defnitief geloofsekerheid h en die meeste weet tog dat mens nie kan seker wees van jou redding op grond van werke nie. Baie het 2 gekies, en natuurlik is dit nie totaal verkeerd nie want die Woord gee tog vir ons baie bevestiging, maar dit kan gebeur dat mens 'n valse sekerheid bou slegs op grond van dit wat in die Woord staan, terwyl daar nie 'n wedergeboorte plaasgevind het nie.

                        Ek sou dus vir jou s dat enige iemand chrisen-christen kan speel, ons ken baie sulke mense wat hulleself vreeslik heilig voorhou, alles doen wat hulle moet, maar hulle doen dit uit hulleself, dis nie die vrug van die Heilige Gees wat jy sien nie. Mens herken sulke mense nie altyd nie, maar wanneer jy die Heilige Gees in jou het tel mens dit nogals op want gees herken gees. Ons moet net altyd, altyd aanhou bid vir hulle wat valse sekerheid het sodat hulle 'n ware ontmoeting met God sal h.
                        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                        Comment

                        • #13
                          Baie mense het nie enige noemenswaardige ervaring of euforiese gevoel nie. Ek dink opregte kinders van die Here voel sommige dae nader aan die Here as ander.

                          Die belangrike ding is dat ons redding l in Christus se soenverdienste, nie in ons gevoel nie. Mens moet dit net aangryp in die geloof.

                          Dus, geloofsekerheid hou verband met jou keuse om God se verdienste te aanvaar.
                          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                          Comment

                          • #14
                            Lanie, ek hoop nie julle het nommer 2. Die Woord heeltemal uitgeskakel nie, want ek voel tog die Woord moet ons basis wees. Alles wat ons glo kom tog uit die Woord........Die Woord is tog God se woorde self vir ons geskryf?

                            Ja die verhouding en vrug van die Gees maak vir my sin. Ta-An het die al 'n paar maal vir my verduidelik en ek stem volkome hiermee saam.

                            Ek sien jy het ook sulke mense ontmoet. As ek dink aan Petrus. Hy het ges dat hy Jesus nie sal verloon nie, maar toe die haan kraai was hy die eerste een wat hardloop! Dit was eers toe hy besef het wat hy gedoen het en werklik berou gehad het daaroor dat hy daarna voluit gegaan het om te doen wat Jesus vir hom geleer het, wat hy gaan preek het en die Woord aan ander gaan leer het. Eers dan het hy die "commitment" gemaak waarna Ta-An verwys.

                            Is dit dan so dat mense soort van hulle eie godsdiens maak? Ek meen wat ek probeer s kom dalk neer op wat Ta-An bedoel met die commitment besigheid.
                            As ek 'n resep het vir koek bak, moet ek tog al die "ingredients" gebruik as ek wil h die koek moenie flop of uitkom soos die resep lees. Sou ek die eiers of bakpoeier of wat ookal uitlaat gaan die koek dalk platval of sleg smaak. As ons dan die resep wil gebruik beteken dit ons moet alles gebruik in die resep, en ons kan nie kies en keur wat ons wil gebruik of nie wil gebruik nie. Maar nou kry jy dat sommige soort van selekteer wat hulle wil neem en wat hulle voel is nie vir hulle nie. Is daar nie kanse dat ons ons godsdiens soort van self maak en kies wat ons wil of nie wil doen nie? Sal dit nie ook een van die redes wees waarom ons sommige kere nie geloofsekerheid het nie?
                            Saved by Grace!

                            Praying for Mieke and Charles
                            Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

                            My testimony
                            http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by Philip dT View Post
                              Baie mense het nie enige noemenswaardige ervaring of euforiese gevoel nie. Ek dink opregte kinders van die Here voel sommige dae nader aan die Here as ander.

                              Die belangrike ding is dat ons redding l in Christus se soenverdienste, nie in ons gevoel nie. Mens moet dit net aangryp in die geloof.

                              Dus, geloofsekerheid hou verband met jou keuse om God se verdienste te aanvaar.
                              Jy sien dit is presies wat ek nie aan die seun kan verduidlik nie. Hy reken dat God soms baie ver voel. Sien hy gaan 'n strawwe tydjie deur. Ek weet nie hoe om dit vir hom te verduidelik nie. Dit maak nie saak of dit sleg gaan nie, dit beteken nie dat God jou nie verlaat het nie.

                              Bv. Ek is bitterlik sleg met paaie. Gister het ek die padkaart gevolg huistoe van die werk en verdwaal. Die simpel rede daarvoor was omdat dit gevoel het asof ek nie op die regte pad was wyl ek die padkaart gevolg het nie, en toe my eie rigting ingeslaan. Toe ek by die huis kom moes ek sien, self al het dit gevoel of ek op die verkeerde pad was dat as ek die kaart gevolg het, sou ek my eindbestemming wel bereik het.
                              Hiermee wil ek dan met jou saamstem op die gevoel storie. As ons dan die Woord se instruksies volg, selfs al is daar onduidelikhede, sal ons dan ons eindbestemming bereik, al voel die pad hoe vreemd.

                              Ek dink ek is besig om myself hier te antwoord.........lol

                              Working...
                              X