Announcement

Collapse
No announcement yet.

New Thread?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking New Thread?

    Dit lyk vir my ons Suid Afrikaners is maar bietjie bang vir hierdie post. Ek wil enige van julle nooi om deel te neem aan 'n algemene bespreking in Afrikaans. Omtrent so vier maande terug het ek 'n groep gestig met die naam van GPS. GroePSbespreking.
    Dit het onder my aandag gekom dat ons nog steeds in die groef vasgevang is dat ons net in die kerk en in selgroepe onsself as Christene kan uitleef.
    Maar toe ek mooi daaroor dink, was my slotsom die volgende:
    In die kerk kry ons 'n boodskap, meeste van die tyd 'n goeie boodskap, maar ons as gemeentelede het geen interaksie daarmee nie.
    In 'n selgroep het 'n mens nou wel 'n se, maar dit bly nog steeds 'n les wat jy van die kerk via jou selgroepleier ontvang.
    Dit is waar die GPS verskil, jy kan jou vrae, insette, gedagtes en idees vrymoediglik deel.
    Amper soos wat hierdie web - site bedoel is om te wees. Maar dit lyk vir my die idee sukkel bietjie om van die grond af te kom.
    So hier's my idee...
    Kom ek gee vir julle 'n paar voorbeelde wat ons al wel bespreek het en nog gaan bespreek, dan sien julle of julle aanvang vind daarby. Indien wel, sal enige insette waardeer word.
    Ons hou ons GPS samekomste elke tweede Donderdag aand, dit gee ons genoeg tyd om na te vors oor die onderwerpe wat gelig word.
    Wat so lekker is van die ding is dat, die een ou weet dit en die ander ou weet dat. Iemand het dalk die antwoord op iets waaroor ek nog altyd gewonder het, of hy kom met 'n ander oogpunt na die saak toe wat 'n mens weer nuwe insigte gee oor 'n spesifieke saak. Ek het gedink dis 'n uitgemaakte saak dat 'n ding so en so werk, maar jou oogpunt kan dalk my siening laat verander, en soveel te beter dan. Neem wel in ag, dit help nie jy kom met 'n stelling wat bv. se dat 'al die engele is pienk, het julle dit geweet?' en jy het nie darem konkrete bewyse daarvoor nie.
    Sake wat ons al bespreek het was:
    Geloof
    Situasie Etiek
    Die doop - groot, onderdompeling of as 'n baba
    Nagmaal - verbonds ete
    Salwing
    Hoe verskil die Joodse geloof van ons s'n
    Wat en hoekom is die Apokriewe daar
    Is daar 'n verskil tussen die Koningkryk van die hemel en die Koninkryk van God
    Wat nog gaan bespreek word is:
    Evolusie teenoor Skepping
    Wat is naasteliefde werklik
    Watson se teorie
    Is ons werklik in die Eindtyd
    Moet ons nog vas
    Moet ons tiendes betaal
    Hoekom hou ons Sondag kerk as die Sabbat Saterdag is
    Mag ons lotto speel
    Hoekom val mense om in die Charismatiese kerke
    Is dit nodig om in tale te praat
    Mag ons varkvleis eet
    Waar pas engele in
    Het Jona werklik drie dae in die walvis se maag deurgebring
    Is die vloed 'n werklikheid

    Ensovoorts...

    Ons het al antwoorde op 'n paar van hierdie vrae en ek sal jou dit vertel, dit is baie keer buite on spektrum van hoe ons oor 'n ding dink, veral as jy die Bybel as riglyn gebruik. Baie van hierdie dinge weet mens van, maar wat beteken dit regtig?

    Neem maar net in ag, ek werk wel heeldag en het net saans tyd om die besprekings na te gaan. Maar ook, mens moenie te gejaagd wees nie, soos julle kan sien is hierdie proses maar nog in sy infant stadium, maar met tyd glo ek ons kan indrukwekkende insette bereik.

    (Ps. as iemand my dalk kan se hoe om die kappies en deeltekens op die 'e's in hierdie bladsy te sit, sal ek so dankbaar wees!)

    Wees geseend...en hou vas aan die geloof.

  • #2
    Alt+137 = Ž
    ALT+136=Í
    Alt+147=Ű
    Hoop dit help.

    Een ding in jou pos wat ek raak gelees het is die ding oor kerk. Waar in die woord staan dat Jesus net in 'n gebou gepreek het? Het Paulus net in gebou beweeg of het hy die gospel elke plek oor gepraat en die goeie nuus van Jesus vertel?
    Mense ons raak te gemaklik. Kerk is nie net beperk tot Sondag nie. Dit kan elke dag gehou word, maar nie nnodwendig by 'n ou dood gebou wat geen betekenis het nie (sÍ nou een van julle 'n gebou is heilig....) Ons as mens is kerk. Omdat YHWH in ons werk ek leef is ons heilig. Daar is geen heilige gabou nie (en as jy so dink is jy of NG of Katokliek)
    Ek het my lewe verander om te gospel te preek, en as ek moet, sal ek woorde gebruik.

    Onthou 'n aksie spreek meer as woorde!

    Mag julle 'n geseŽnde dag by die Vader se voete vandag ervaar.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

    Comment


    • #3
      Ek dink nie hierdie draad is in die regte kamer nie, ek skuif hom gou dan gesels ons verder ....

      Comment


      • #4
        Hallo Jabba,
        As jy so bietjie rondloer sal jy sien dat meeste van jou onderwerpe al bespreek is op Lighuis.
        Jy is natuurlik meer as welkom om op enige plek in te spring , of, as jy dink die vorige gesprek het bietjie oud geraak, 'n nuwe een te begin. "Hierdie idee" gaan eintlik goed aan hoor !

        Comment


        • #5
          Hallo Jabba,

          Ek hou nogal van die onderwerpe wat jy daar gelys het en glo dat dit gebalanseerd is en 'n wye spektrum dek. Dit is basies wat ons op Lighuis wil bereik en met tye is ons geweldig besig, maar dit raak ook weer stiller en dan waardeer mens dit sommer as dit weer besig raak.

          Hopenlik kan jyself of ook van die mense wat saam met jou is, Lighuis tot voordeel hiervan aanwend.
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment


          • #6
            Jabba

            Ek stem heelhartig met jou saam, so 'n groepsbespreking het groot waarde. Dit is ook hoe ek hierdie forum sien. Wat die forum vir my nog waardevoller maak, is die feit dat ons hier 'n groep mense uit bykans alle spektrums van die christelike geloof bymekaar is. 'n Mens hoor dus menings van mense in ander denominasies, wat 'n ander perspektief op die besprekings plaas. So leer 'n mens geweldig, want nie een van ons kan werklik se dat "ek" of my "denominasie" alleen die volle waarheid ken nie. En deur te luister na mekaar (ek bedoel, retig met 'n oop gemoed en biddend te LUISTER...) kan 'n mens baie leer. (Ongelukkig is nie almal "oop" vir ander se standpunte nie)

            Maar ek wil graag ook vir jou se dat jou siening van "kerk" totaal verkeerd is. Ongelukkig het die kerk vandag in 'n groot mate ontaard in juis dit waarvan jy praat. Maar die kerk was nooit bedoel om 'n plek te wees waar jy net gaan om 'n boodskap te kry nie. (Gaan lees gerus hoe die kerk in Handelinge gefunksioneer het.) "Kerk" is die gemeenskap van gelowiges. Dit is die plek waar jy en jou mede broers en susters byeenkom om mekaar te onderskraag, op te bou, te bemoedig, in nood by te staan, en laastens, om meer te leer van die Here en die Woord. En dit gebeur nie net deur prediking nie, maar deur saam te kuier en te gesels rondom die Woord van die Here. Dit is presies wat jy beskryf. Maar onthou, die leraar het baie kennis, en verskaf lerng wat ook baie waardevol behoort te wees. Om dus prediking af te maak, kan fataal wees. Dit het regtig groot waarde (natuurlik moet jy seker maak dat jy in 'n gemeente is waar die leraar werklik wedergebore en deur God geroep is vir die taak, want dit is vandag ongelukkig nie oral die geval nie) En wat selgemeentes betref, ek weet nie in watter selgemeente jy was nie, maar die selgemeentes waarvan ek oor die jare deel was, was beslis nie plekke waar net die leier inligting deurgegee het nie, maar waar besprekings op presies dieselfde wyse as wat jy beskryf, plaasgevind het.

            Die feit is egter dat ons mekaar nodig het - dis waarom die kerk van Christus bestaan. Geen christen kan in isolasie werklik geestelik groei nie. Daarom sal ek nooit 'n voorstander wees daarvan om heeltemal buite 'n gemeente te funksioneer nie (al hoef dit nie noodwendig 'n amptelike denominale gemeente te wees nie...)

            Originally posted by Francois Marais View Post
            Alt+137 = Ž
            ALT+136=Í
            Alt+147=Ű
            Hoop dit help.
            Terloops Francois, my rekenaar by die huis (en alle ander rekenaars waarop ek al gewerk het,) werk soos jy hier beskryf, maar die een waarop ek hier tik, glad nie. Niks gebeur as ek die sleutels (bv Alt + 136) druk nie. Weet jy dalk wat ek kan doen?

            Comment


            • #7
              Jabba, jou Num-Lock moet aan wees.
              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

              Comment


              • #8
                Ek glo nie Jabba het bedoel om die kerk af te kraak nie, soos wat ek verstaan het bedoel hy net met kerk kan jy na die preek miskien lekker kuier, maar met die groepbespreking kan jy deel neem van die begin af, met die kerk is dit tog 'n pastoor of ds. wat 'n preek lewer, en in sommige kerke word daar in die begin of na die preek kans gegee vir 'n getuienis, maar nie in alle kerke nie. En almal weet die kerk is eintlik ons God se liggaam.

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Francois Marais View Post
                  Alt+137 = Ž
                  ALT+136=Í
                  Alt+147=Ű
                  Hoop dit help.

                  Een ding in jou pos wat ek raak gelees het is die ding oor kerk. Waar in die woord staan dat Jesus net in 'n gebou gepreek het? Het Paulus net in gebou beweeg of het hy die gospel elke plek oor gepraat en die goeie nuus van Jesus vertel?
                  Mense ons raak te gemaklik. Kerk is nie net beperk tot Sondag nie. Dit kan elke dag gehou word, maar nie nnodwendig by 'n ou dood gebou wat geen betekenis het nie (sÍ nou een van julle 'n gebou is heilig....) Ons as mens is kerk. Omdat YHWH in ons werk ek leef is ons heilig. Daar is geen heilige gabou nie (en as jy so dink is jy of NG of Katokliek)
                  Ek het my lewe verander om te gospel te preek, en as ek moet, sal ek woorde gebruik.

                  Onthou 'n aksie spreek meer as woorde!

                  Mag julle 'n geseŽnde dag by die Vader se voete vandag ervaar.
                  Liewe Vriend
                  Dit is met hartseer in my hart dat ek leŽs wat jy van onder andere die NG Kerk sÍ. Ek het grootgeword as lid van die NG Kerk. Daar het ek van Jesus se liefde vir my geleer is ek aangeneem, getroud die lot. Die NG Kerk soos alle ander denomisasies en kerke bestaan uit mense en waar mense betrokke is, is niks volmaak nie. Daarom laat ons met liefde en nie veroordeling en uit hoogmoed ander afkraak nie. Ek kan nie sien dat daar uit so 'n bespreking enige groei of respek kan wees nie. Laat ons liewers bid dat die NG Kerk hulle foute raaksien en die leiers van enige instansie wat Gods woord verkondig wysheid sal afbid en met verantwoordelikheid die Kerk van Jesus (wat uit mense bestaan) sal lei en nie hulle eie idees sal verkondig of hulle eie eer sal soek nie.

                  Dankie Gene vir die wyse woorde wat jy gesÍ het. Ek pleit dat ons sal bid vir leraars wat nie werklik bekeer is nie, want hulle weet regtig nie wat hulle doen nie, en al die skade wat hulle as herders aan Sy kudde doen nie.
                  Groete,
                  Mia

                  Comment


                  • #10
                    Mia, persoonlik dink ek jy wil te veel inlees in wat Francois sÍ. Ek kan verstaan dat jy nie hou van sy verwysing na die NG en Katolieke kerk in een asem nie, en ek stem met jou saam dat mens nie kerke by die naam moet diskrediteer nie. Ek vermoed hy noem dit bietjie tong in die kies.

                    Maar m.b.t. die onderliggende punt wat hy maak, daarmee stem ek saam. Dit is belangrik dat ons as gelowiges moet besin oor die begrip "kerk-wees." Die woord "kerk" kom bv. nie in die Ou Vertaling eers voor nie. Die Griekse woord wat sommige vertalings met "kerk/church" vertaal is "ekklesia" en dit verwys na die bymekaarkoms van gelowiges. Kerkwees is nie primÍr verbonde aan 'n instansie, organisasie of gebou nie. Maar almal wat in 'n geloofs-verhouding met Christus staan, is deel van die ekklesia van Christus.

                    Ek het so rukkie terug ook iets daaroor geskryf.
                    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Francois Marais View Post

                      Onthou 'n aksie spreek meer as woorde!
                      Dis is so waar.... dit is nie wat ek sÍ ek doen wat tel nie, dit is wat ek doen wat tel...
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Hi Philip,
                        Ek en Francois het die saak opgelos.

                        My punt was en is net dat nie alle NG Kerke die spoor byster is nie en omdat my herinneringe van die betrokke kerk mooi is, moes ek maar bietjie vir ons almal wat deel uitmaak daarvan, in die bresse tree.

                        Ek hou Sondae vir die klompie hier op die plaas 'n diensie en hulle vra baie gou vir my gaan ons weer 'kerkhou' hierdie Sondag. Daarom is die gebou nie vir my belangrik nie, maar die mense wat saamkom vir lofprysing en aanbidding.

                        Dankie ook vir jou inligting.

                        Comment

                        Working...
                        X