Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?

    Goeiemre vriende....

    Ek weet die Heilige Gees is altyd teenwoordig in kinders van die Here maar voel julle ook soms die Heilige Gees sterker aan as ander kere, en hoe ervaar julle dit?

    Ek was eenmaal saam met my vriendin na hulle selgroep toe. Wat 'n ervaring? Ek was offisieel "uitgefreak" want ek is baie konserwatief grootgemaak wat kerk en geloof betref (dit het intussen darem verbeter) en hier begin die mense in tale bid. Maar....... ek het die hele tyd wat hulle gebid het ,gesit en bewe, so erg dat my tande opmekaar geklap het, en dit was nie eers koud nie. Was dit die Heilige Gees?

    'n Ander keer het ek en my gebedsgroep gesit en bid. Ons is 6 vriendinne wat een keer 'n week bymekaarkom en dan maak ons beurte om elkeen te vertel wat ons gebedsversoeke is en dan bid een van die ander vir haar. So kry ons elkeen 'n beurt om versoeke te rig en elkeen kry 'n beurt om te bid. In elk geval, terwyl my een vriendin vir my bid kon ek 'n verandering in haar gebed waarneem en die volgende oomblik het ek dronk in my kop gevoel. Lighoofdig. Toe sy klaar gebid het vertel sy toe dat sy die Heilge Gees sterk aangevoel het in die middel van haar gebed en dat Hy haar gebed gelei het. En sy het dieselfde lighoofdige gevoel as ek gekry.

    Soms as ek hardop bid voel ek ook hoe die woorde ewe skielik begin vloei, sonder dat ek hoef te dink daaroor.

    Het enige iemand anders ook sulke ervarings al gehad? Kan julle die Heilige Gees aanvoel in ander mense?
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Originally posted by Lanie View Post
    Goeiemre vriende....

    Ek weet die Heilige Gees is altyd teenwoordig in kinders van die Here maar voel julle ook soms die Heilige Gees sterker aan as ander kere, en hoe ervaar julle dit?

    Verseker ! Vir my is dit nog altyd asof ek toegevou word in 'n warm kombers, en 'n gevoel van absolute saligheid wat oor my spoel. Dit is moeilik om te beskryf, maar dit is omtrent die naaste wat ek daaraan kan kom.

    Comment


    • #3
      Trane en rillings

      My vrou is baie meer gevoelig vir die teenwoordigheid/werking van die Heilige Gees. Sy sal baie makliker na 'n lofprysing en aanbidding sessie getuig dat sy die Heilige Gees 'gevoel' het.

      Ek is weer baie minder 'n gevoelsmens (tot my spyt). Sien, die vrouegeslag het 'n wonderlike uitlaatklep vir emosies wat ek net glad nie het nie. Selfs op kere wat ek wou huil, soos op begrafnisse, wou die trane nie kom nie. MAAR, in die teenwoordigheid van God...

      Ek onthou een spesifieke erediens, ook nou al 'n paar jaar gelede, waar ek net 'n intense bewuswording van die verlorenheid van die ongereddes beleef het. Ek het die hele erediens deur getjank, SNOT EN TRANE . Ah, dit was hemels, om net 'n slag lekker te kan huil.

      Sedertdien het ek ook al 'n keer of wat gehuil, maar daai keer was intens. Die slag toe ek by die Oorlogmuseum en Vrouemonument lees van die kindertjies wat in die konsentrasiekampe omgekom het, kon ek ook nie die trane keer nie.

      Ek dink jy sal ook baie getuienisse hoor van hardebaard manne wat by die Mighty Men's Conference was wat tydens die lofprysing en aanbidding 'n traan of wat moes afvee. Selfs toe ek die Faith Like Potatoes film gekyk het, het my o gewater toe die reen begin val by daai deel waar die bosse gebrand het. Wel, selfs wanneer ek in 'n boek lees waar iemand getuig van die ingryping van God kry ek 'n knop in die keel. Die ander gevoel wat ek nogal gereeld kry is koue rillings teen my ruggraat af, maar 'goeie' rillings, verstaan?

      Partymaal as ek by sataniste (jy weet die katslagter tipe met net swart klere aan en so) verbyloop is dit asof my nekhare rys. Ek kan die botsing in die gees letterlik fisies waarneem.

      Dit is nie eie aan my persoonlikheids tipe om sulke fisiese gewaarwordinge te ervaar nie en dit gebeur nie in die reel nie. Dit is ook nie asof ek daarna soek nie, maar dit is nogal vir my lekker dat die Here toelaat dat dit met my gebeur.

      Comment


      • #4
        Originally posted by Son of the South View Post
        Sien, die vrouegeslag het 'n wonderlike uitlaatklep vir emosies wat ek net glad nie het nie. Selfs op kere wat ek wou huil, soos op begrafnisse, wou die trane nie kom nie. MAAR, in die teenwoordigheid van God...
        Ek het ook al baie keer in die kerk gehuil as ons sing. Ek kon nog nooit onderskei of dit die Heilige Gees is of dit maar net vroulike emosie is nie. En ek kan BAIE emosioneel raak....

        Ek dink jy sal ook baie getuienisse hoor van hardebaard manne wat by die Mighty Men's Conference was wat tydens die lofprysing en aanbidding 'n traan of wat moes afvee...
        Een van hierdie hardebaard manne is in my selgroep. Maar hy het meer as 'n traan afgevee. Hy s hy't soos 'n baba gehuil. Ek wens net my manlief wil bietjie oopmaak en my vertel hoe hy dit beleef het maar hy's nie so grootgemaak om oor sy gevoelens en geloof te praat nie.... hoekom moet mens als uit julle mans trek en dan nogsteeds eenwoord antwoorde kry. Ai---

        Selfs toe ek die Faith Like Potatoes film gekyk het, het my o gewater toe die reen begin val by daai deel waar die bosse gebrand het.
        Ek het nou weer lekker gehuil met Facing the Giants, sommer die hele fliek deur........
        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

        Comment


        • #5
          Die teenwoordigheid van die Heilige Gees is nie 'n emosie nie..... Die manifestasie mag dalk dieselfde uiterlike teken h soos trane of lag... maar ek sal dit nie as 'emosie' klassifiseer nie.

          'n mens se liggaam is bloot net te broos om die magtigheid van G_d se teenwoordigheid te kan hanteer dat die reaksie wat jy toon bloot net 'n teken is van jou menslike onvermo om Sy krag te kan hanteer.
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            As persoon wat betrokke is met die verspreiding en uitdeel van klein Bybeltjies, het die Here al baie vir my "vertel:" praat met 'n sekere persoon, baie keer wild vreemdes. 99% van die kere was die persoon nie gered nie en kon ek die Weg van Saligheid met hom/haar deel.

            As ek in 'n "geestelike situasie" (gebed, lofprysing, Evangelie deel ens) hartseer word, weet ek dat ek die Heilige Gees beleef. Dis nie die selfde as om oor 'n hartroerende fliek te huil nie, wat in elk geval my vrou se spesialiteit is.

            my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

            If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

            Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

            Comment


            • #7
              Ek ervaar die teenwoordigheid van die Heilige Gees so dat God ons beskerm teen elke aanval van die bose. Soms is daar swaarkry in die lewe maar dan is die Here altyd daar om ons te troos. Die Here is baie genadig en sal ons nooit verlaat nie. Al ons dae op aarde van die oomblik van ons geboorte tot die dag van ons dood is in die Here se hande. Omdat ons kan rus in God se teenwoordigheid hoef ons ons nie oor more te bekommer nie want die Here weet vooraf wat gaan gebeur.

              Comment


              • #8
                HI,

                here goes ne'?

                Lanie, ek het daai bewe gehad toe ek gedoop en gedoop het... vir my gebid en lang ruk die bewe gehad ( het uur plus vir doop ingefactor en dan uur vir aantrek vir verjaardagparty, maar is toe uur laat vir die ! ), maar nie koud gekry nie en regtig net tot God gebid dat as dit nie SY Gees is nie Hy my moet doodslaan... en tog het dit nie gebeur nie... het ook nog meer vrede na dit as voor dit ( daai sooort wat jy nie kan omskryf nie ) en die "broer" wat my gedoop het en die dame wat ons gelei het deur Woord het altwee gese dat dit Gees was wat gewerk het en klomp goed reggemaak het ens. Ek weet nie al die werk wat gedoen is nie, sal wel eendag in hemel weet ( as daai spieel weggevat word en ons ordintlik sien ) maar ek weet my "broer" is eerlik met Here en begin elke dag by sy werk met gebed en danksegging en dis sy besigheid en sy besluit, leef ook in alles met Here en met leiding , so ek glo hom want sy vrugte getuig namens hom. Die wat ek wel onthou wat hulle voor gebid het was God se wil, die Gees wat my sal vul, volgens Sy wil, wat Sy werk sal doen volgens Sy wil en wysheid. Maar toets hulle , as hulle nie Christus in die vlees bely nie , dan hol jy so vinnig as jou bene kan
                (1Jn 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
                1Jn 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wreld. )

                Die lighoofidigheid het ek al baie keer in kerk spesifiek ervaar, maar weet nie wat dit was nie , so kan ook nie se nie. Nog nie weer in 20 jaar nie ( gee ek nou my age weg )

                Son of the South,
                daai grens met sing is nie tot vroue beperk nie... ek kan spesifiek nie vers " I'll never know how much it cost to see my sin upon that cross" sing nie, vanaand weer gebeur en toe woorde effe stadig is , dink ekke mos ek is ok die' keer en toe kom die woorde en toe hou ek op want die stem raak weg Die SNT was die begin daarvan en dit moes maar Sy Gees gewees het wat eintlik ook God is ( man ek sukkel nog met die in my hart ek dink aan God as God en Gees as Gees, die Here sal dit ook maar moet regmaak, soos so baie anner goed ) en dit was oor ek so groot geskrik het toe ek WEET dat ek in Sy teenwoordigheid is ( nie ten volle nie, ek sou morsdood gewees het ) maar genadiglik genoeg dat ek WEET God is WAARAGTIG GOD EN REAAAAL en ek gaan hel toe want ek speel met die idee van God en glo nie regtig heeltemal nie , dis meer life insurance ? Net buite Greytown 2007 op 'n plestiek stoel en dit is die beste oomblik van my lewe. Ek kon oorgee en waaragtig bely ( so skrik help baie ) en verseker weet ek is gered.

                Dis ook die goed wat my oortuig dat Angus gebruik word as ek mense sien wat jammer se en huil en vergewe en versoen word , en mens voel so bevoorreg as jy kan sien hoe die Here werk veral omdat ek weet hoe hardegat ons suid afrikaanse mans is en hoe moeilik dit normaalweg sou wees vir dit wat ek sien ( sommer so in die skare en niemand maak fuss daaroor nie, smile net , pik ook trane weg en dan moet jy sien hoe hug die vriende mekaar )

                O en Lanie, die woorde sal kom, wag net en vertrou..hy fight losing battlehet dan vriend wat altyd net handgroet gegee het en my "bear hug" gegee het na afloop van die jaar se kamp. DIT is PRICELESS

                Ai Roelof, hoe beny ek jou nie. Dis wat ek begeer , om so te kan hoor en te gehoorsaam.. eendag as Hy wil en Hy my reggekry het vir die job .. eendag ne'
                Dis alles net genade -Ma Grace
                "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                Comment


                • #9
                  Hallo Lanie en vriende

                  Ek worstel ook met die Heilige Gees. Ek weet ek is definitief gered en sal eendag in die hemel wees.
                  Hoe weet jy wanneer jy met die Heilige Gees gedoop is? Is dit net as jy in tale kan praat? Ja ek weet daar is 9 gawes van die gees(1 Kor 12:8-10), maar as jy nie God se stem (hetsy deur drome, visioene, innerlike stem...) kan onderskei nie, is jy nie dan nog nie met die Heilige Gees gedoop nie?
                  Ek weet ook dat God Sy Gees op Sy eie tyd aan ons sal gee en dat ons niks kan doen om dit te verdien nie.
                  Ek wil so graag met mense oor God gesels, maar is bang dat ek nie genoeg kennis het nie en dat God se Gees my nie gaan lei daarin nie, omdat ek nie weet of Sy Gees al in werking is in my nie (iemand het eenkeer ges: don't talk to people about God, if You did not talk to God about people).
                  Ek het iewers gelees maar kan nie die teks onthou nie, want op daardie stadium was dit nie vir my so belangrik nie, maar nou is dit wel... As jy nie met die Gees gedoop is nie gaan jy nie in die koningkryk van God ingaan nie. Weet iemand miskien van hierdie vers?
                  Dis 'n hele mond vol ek weet, maar wat die hart van vol is loop die mond van oor...

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Hannelie Pretorius View Post
                    Hoe weet jy wanneer jy met die Heilige Gees gedoop is? Is dit net as jy in tale kan praat? Ja ek weet daar is 9 gawes van die gees(1 Kor 12:8-10), maar as jy nie God se stem (hetsy deur drome, visioene, innerlike stem...) kan onderskei nie, is jy nie dan nog nie met die Heilige Gees gedoop nie?
                    Hannelie,

                    Moet jou nooit laat oortuig dat daar "bewys" van doping met die Heilige Gees l in 'n gawe soos 'n taal nie. Dit is onbybels. Die voorbeeld wat gewoonlik hiervoor gebruik word is Handelinge 2, maar as die hele hoofstuk gelees word, is daardie taal wat daar gepraat is een wat bekend was aan mense van 'n ander nasie in die omtrek. Gawes volg wel doping, maar is nie bewys daarvan nie. D.w.s. die nie-teenwoordigheid van gawes bewys nie "nie-doping" nie.

                    Hou aan praat met die Here, en jy sal Sy stem leer ken. Dit is daardie stem wat vir jou laat s het dat jy wel hemel toe gaan...

                    Die Here praat heeltyd met jou. Soos die Herder met Sy skape - en hulle ken sy stem. Sy stem sal ALTYD in lyn wees met die Woord, en sal ALTYD die vrug van die Gees dra.

                    Originally posted by Hannelie Pretorius View Post
                    Ek weet ook dat God Sy Gees op Sy eie tyd aan ons sal gee en dat ons niks kan doen om dit te verdien nie.
                    Verseker! Hy gee wat ons benodig, en wanneer ons dit benodig.

                    Originally posted by Hannelie Pretorius View Post
                    Ek wil so graag met mense oor God gesels, maar is bang dat ek nie genoeg kennis het nie en dat God se Gees my nie gaan lei daarin nie, omdat ek nie weet of Sy Gees al in werking is in my nie (iemand het eenkeer ges: don't talk to people about God, if You did not talk to God about people).
                    Mens moet verantwoordelik wees wanneer jy getuig, en daarom moet ons gedurig die Woord lees, en aan die voete sit van mense wat die gawe het om die Woord te ontleed (dikwels pastore / predikante). Dit is reg dat ons met God moet praat oor mense, en andersom. Vra vir die Here om te beskik dat jy binne jou vermons die geleentheid kry om te getuig, die evangelie te verkondig. Die Heilige Gees sal jou herinner aan die regte skrif (wat jy gelees het). Hy sal jou bystaan. Ons is immers bloot Sy hande en voete, en al wat Hy nodig het is bereidwilligheid en gehoorsaamheid.

                    Originally posted by Hannelie Pretorius View Post
                    Ek het iewers gelees maar kan nie die teks onthou nie, want op daardie stadium was dit nie vir my so belangrik nie, maar nou is dit wel... As jy nie met die Gees gedoop is nie gaan jy nie in die koningkryk van God ingaan nie. Weet iemand miskien van hierdie vers?

                    Dis 'n hele mond vol ek weet, maar wat die hart van vol is loop die mond van oor...
                    Hand 2:38 En Petrus s vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

                    Die GAWE hier is nie die GAWES nie. Die is die Gees self.

                    Anton
                    השייך לאלוהים דרך ישו

                    Comment


                    • #11
                      Anton

                      Baie dankie. Jy het dinge net weer vir my in perspektief gestel.

                      Groete

                      Comment


                      • #12
                        Dalk sal julle my kan help....
                        So paar weke terug het ek en my niggie gaan koffie drink. Sy het nie lank voor die tyd Jesus gevra dat hulle saam kan loop.
                        Ek en sy het lekker oor geloof en ons Vader gepraat toe kry ek woord vir haar. Daai lekker hoendervleis gevoel het my oorvloei. Was stunning gewees. Na so tydjie het ek saam met ons sel groep leier en my niggie gaan koffie. Weer 'n woord gekry, maar sonder die lekker gevoel. Ek het vir bevestiging gevra omdat ek nie die Gees gevoel het nie.
                        Ek het bevestiging gekry op die woord en die sel leier het dadelik te kenne gegee dat hy moes hoor wat ek verwoord het.
                        Van daai dag af voel ek baie BAIE min die lekker hoendervleis gevoel...
                        Ek was so tydjie terug by Lewende Woord se Pinkster diens gewees. Ek het genesing gekry vir een been wat korter was as die ander een, en ook ander toestande wat aangespreek is. Daar is toe ook gevra wie weer die Heilige Gees wil voel werk. Ek het voor gaan staan met groot afwagting. Die ander mense het een na die ander langs my geval, maar ek het staande gebly. Een van die bediening span lede het met my gepraat daaroor en ges daar is niks fout dat ek nie val nie, maar dit voel of ek nie daai glorie gevoel van die Gees wat in mens vesting neem gaan voel nie.
                        Ek glo dat God in my werk ELKE dag en ek kan dit sien.
                        Maar ek kry nie daai lekker gevoel meer nie....
                        'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                        Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                        [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                        Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                        [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                        Bemidbar 6:24-26
                        [Numbers 6:24-26]

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Francois Marais View Post
                          Daar is toe ook gevra wie weer die Heilige Gees wil voel werk. Ek het voor gaan staan met groot afwagting. Die ander mense het een na die ander langs my geval, maar ek het staande gebly.
                          Francois,
                          Die Heilige Gees is nie 'n party trick nie. Hoekom sal die Gees mense laat val op aandrang van ander mense ?
                          Die Gees is wel, in die woorde van Christus, die Trooster (Joh 14) , en daar om ons toe te rus om ander na Christus te bring. (1 Kor 12)

                          Comment


                          • #14
                            Net soos party kerke die 'spreek in tale' as n bevestiging beskou van doping met Heilige die Gees ,is die 'omval in die Gees' nie die bewys dat die Heilige Gees meer teenwoordig in een persoon sou wees as in n ander Christen waar dit nie manifesteer nie. My man en ek het nog NOOIT omgeval by van sulke eredienste nie en dit maak nie van ons minderwaardige Christenne nie. Ons aanbid EEN Christus en mens kry nie beter of slegter Christenne nie.

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Francois Marais View Post
                              ...Van daai dag af voel ek baie BAIE min die lekker hoendervleis gevoel...
                              Die eerste keer wat jy enige iets doen is 'n hoendervleis-geleentheid, en ons moenie die euforia wat jy dan beleef het verwar met die gevoel wanneer die Gees in jou en deur jou werk nie.

                              Ek het gevoel ek kon drie agteroor-salto's doen toe ek die eerste keer besef ek het die Here se stem gehoor, maar later was dit heel normaal. Nie dat die nie wonderlik is om bevestiging te kry nie, maar dit word "normaal".

                              Originally posted by Francois Marais View Post
                              Daar is toe ook gevra wie weer die Heilige Gees wil voel werk. Ek het voor gaan staan met groot afwagting. Die ander mense het een na die ander langs my geval, maar ek het staande gebly.
                              My opinie is dat dit onbybels is vir mense om "aan te bied" om die Gees te laat "voel" werk, en stem met Fila saam:
                              Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                              Francois,
                              Die Heilige Gees is nie 'n party trick nie. Hoekom sal die Gees mense laat val op aandrang van ander mense ?
                              Originally posted by Francois Marais View Post
                              Een van die bediening span lede het met my gepraat daaroor en ges daar is niks fout dat ek nie val nie, maar dit voel of ek nie daai glorie gevoel van die Gees wat in mens vesting neem gaan voel nie.
                              Die een wat s dat niks verkeerd was dat jy nie geval het nie was korrek, maar ongelukkig doen hy/sy dit vanuit die veronderstelling dat die vallery van vroer wel die Gees was wat werk, daarom dat jy "gefaal" het om daardie "werking" te kon voel - dus - jy voel 'n "failure".

                              Daar is voorbeelde waas mense geval het in die teenwoordigheid van die Here, maar dit gebeur spontaan, en nie deur mense-intervensie nie. My advies is: bly weg van sulke praktyke, mense kry seer en word mislei.

                              Anton
                              השייך לאלוהים דרך ישו

                              Comment

                              Working...
                              X