Announcement

Collapse
No announcement yet.

1844 wederkoms?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • 1844 wederkoms?

    November 18, 1844, Miller se ervaring en sogenaamde goddelike inspiraie wat uiting gee tot voorspelling van n datum. Wat sou hierdie man lei om homself bo Christus te verhef, en n datum van die wederkoms vd Seun proklameer? Watter fondasie was hier opgerig? Is dit die fondasie van die Apostels en profete of het hy die fondasie van Satan opgerig?
    To God be the Glory

  • #2
    Dit is verseker geen Bybelse fondasie nie Mike. Die kommerwekkende is dat byvoorbeeld die 7de dag adventiste op genoemde fondasie gebou is.
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…

    Comment

    • #3
      Originally posted by CFJ View Post
      Dit is verseker geen Bybelse fondasie nie Mike. Die kommerwekkende is dat byvoorbeeld die 7de dag adventiste op genoemde fondasie gebou is.
      Ek dink hulle bou op die wet van Moses.
      To God be the Glory

      Comment

      • #4
        Mike, hier is my verstaan. Die SDA is gebou op Miller se valse voorspelling dat Christus se wederkoms in 1844 sou wees. Hulle het dit gebruik om leringe en spesifiek "God se ondersoekende Oordele" en "Die Reiniging van die Heiligdom" gebou op 1844 se vals wederkoms verwagting, te bekragtig, soos aangedui in hierdie bondige opsomming hieronder. Dit was suiwer opportunisme...,

        Originally posted by CFJ
        God se ondersoekende oordele
        1. Christus het van die Heilige Plek na die Aller Heiligste Plek beweeg in die hemelse heiligdom op die 22ste Oktober 1844 en 'n nuwe fase van Sy bediening begin. Hierdie bediening is 'n voorafskadu van die Levitiese Dag van Versoening (Lev 16:16-33).

        2. Die eeste fase van die "Dag van Versoening" is genoem die "reiniging van die Heiligdom". Dit behels 'n pre-wederkoms ondersoek en oordeel van God se kinders om te bepaal wie se sondes verwyder sal word uit die Heiligdom. Christus het hierdie oordele begin in 1844, beginnende met Adam en Eva en dan proggressief kronologies deur die eeue, om alle dooie gelowiges te oordeel. By 'n sekere punt, naby aan die einde van die tye, sal Christus begin om die lewende gelowiges te oordeel. Tydens hierdie 'Ondersoekende Oordele van God", sal Hy enersyds die sondes van gelowiges uitwis of andersyds die name van gelowiges verwyder uit die Boek van die Lewe.
        Soos met die tipiese Dag van Versoening, met die reiniging van die aardse heiligdom, word die sondes daar verwyder en net so sal dit dan gedoen word in die hemelse heiligdom. Voordat die rekords finaal skoongemaak word, word hulle ondersoek om te bepaal wie deur bekering en geloof, geregverdig sal wees om Sy ewige koninkryk in te gaan. Die reiniging van die hemelse heiligdom behels gevolglik 'n werk van ondersoekende oordeel, wat die aard van die Dag van Versoening reflekteer. Hierdie oordeel, bekragtig derhalwe die besluit van wie gered word en wie verlore gaan..

        3. Wanneer een van God se volgelinge 'n sonde pleeg en Hom om vergifnis vra, dan word daardie sonde verplaas na die Allerheiligste Plek in die hemelse Heiligdom. Die sonde bly dan daar, in die Heiligdom, todat die Ondersoekoende Oordele afgehandel is. Aan die einde van die tyd, sal al die sondes van die regverdiges verplaas word van die Heiligdom, na die Sondebok, dit is Satan. Satan ly dan die finale straf vir al sy sondes en ook vir die sondes van die regverdiges.

        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…

        Comment

        • #5
          Originally posted by CFJ View Post
          Mike, hier is my verstaan. Die SDA is gebou op Miller se valse voorspelling dat Christus se wederkoms in 1844 sou wees. Hulle het dit gebruik om leringe en spesifiek "God se ondersoekende Oordele" en "Die Reiniging van die Heiligdom" gebou op 1844 se vals wederkoms verwagting, te bekragtig, soos aangedui in hierdie bondige opsomming hieronder. Dit was suiwer opportunisme...,

          Die vraag is, waar kry hulle hierdie kennis wat nerens in die skrifte voorkom nie. Hoe is dit moontlik dat elke ou die Bybel interpeteer soos hy wil en bylas, woorde wat Christus nie aan ons oorgedra het nie.

          Ek kom agter ons afrikaners praat nie graag op die forum nie. Nou wonder ek wie of wat jaag hulle weg
          To God be the Glory

          Comment

          • #6
            Originally posted by angelmike View Post

            Hi Mike. Daar was so paar jaar gelede, waar ons Afrikaanse forum baie besig was. Een van die redes was dat hierdie soort gespreksforums een van die min plekke was waar mense kon gesels oor geloof. Sedertdien het Facebook as voorbeeld, die nuwe podium geword vir hierdie soort gesprekke.

            Dit is nie net Bibleforums se verkeer wat minder is nie, al die ander is ook minder. Tog is dit waar en moes ek leer dat oor die algemeen Afrikaners nie so maklik gesels op forums soos byvoorbeeld Engelse en meer spesifiek Amerikaners nie.

            Dit is jammer, maar as jy kyk hoeveel besoekers hier kom lees (hier is meesal tussen 20 en 60 mense aanlyn), dan moet mens besef dat dit so ongeveer 3000 tot 10000 unieke besoekers per maand is.

            Dit gee dan 'n perspektief wat steeds wys dat almal wat wel nog hier deelneem, verantwoordelik moet optree, ten spyte van die lae getal aktiewe deelnemers.
            The Rapture

            My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
            but I must confess, don’t worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            it’s before God’s wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            it’s for all the people in the zoo
            think about it and refresh…
            you will see there’s no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhere…

            Comment

            • #7
              Originally posted by angelmike View Post

              Die vraag is, waar kry hulle hierdie kennis wat nerens in die skrifte voorkom nie. Hoe is dit moontlik dat elke ou die Bybel interpeteer soos hy wil en bylas, woorde wat Christus nie aan ons oorgedra het
              Dis presies soos jy hier noem. Dis 'n denkwyse wat totaal afwesig is en was in Kerkgeskiedenis en dit opsigself gee die antwoord oor hoe eg en legitiem 'n denominasie soos die SDA is.

              Vergelyk ook die Charismatiese beweging, die Jehovah Getuies, Mormone, Dispensasionalisme, "British Israelism" en al haar kleintjies soos die Israelvisie en die Shembes, die "Hebrews Root Movement, as van die bekendste sektes wat almal hulle ontstaan in die 1800's het. Dit opsigself, dat dit in dieselfde tydvak ontstaan het, spreek boekdele!

              The Rapture

              My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
              but I must confess, don’t worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              it’s before God’s wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              it’s for all the people in the zoo
              think about it and refresh…
              you will see there’s no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhere…

              Comment

              • #8
                Originally posted by CFJ View Post

                Dis presies soos jy hier noem. Dis 'n denkwyse wat totaal afwesig is en was in Kerkgeskiedenis en dit opsigself gee die antwoord oor hoe eg en legitiem 'n denominasie soos die SDA is.

                Vergelyk ook die Charismatiese beweging, die Jehovah Getuies, Mormone, Dispensasionalisme, "British Israelism" en al haar kleintjies soos die Israelvisie en die Shembes, die "Hebrews Root Movement, as van die bekendste sektes wat almal hulle ontstaan in die 1800's het. Dit opsigself, dat dit in dieselfde tydvak ontstaan het, spreek boekdele!
                Jy is reg my ou maat, tog is al hierdie dinge die aanhitsing van die Satan om die mens ten laaste van God afvallig te maak.
                To God be the Glory

                Comment

                • #9
                  Ek het myself vir lank hard probeer weerhou om geen kommentaar hier te lewer nie, maar vandag swig ek...

                  Originally posted by CFJ View Post
                  Die SDA is gebou op Miller se valse voorspelling dat Christus se wederkoms in 1844 sou wees.
                  Valse voorspelling Ferdi? Of foutiewe interpretasie van profesie? Daar is ‘n baie baie groot verskil.

                  Originally posted by CFJ View Post
                  Mike, hier is my verstaan.
                  Net soos jy hier jou verstaan predik het Miller sy verstaan gepredik Ferdi! Hy het gewis nie “voorspel” soos jy dit probeer afmaak nie. Moet asseblief nie oneerlik hierna kyk nie, Ferdi. Ons het al hierdie gesprek gehad. Farriseers het woordspeletjies gespeel en dubbel standaarde gehad. Moet asseblief nie in daardie versoekings in verval nie, my vriend. Verhef jouself in konsikwentheid.

                  Originally posted by CFJ View Post
                  Dit is verseker geen Bybelse fondasie nie Mike. Die kommerwekkende is dat byvoorbeeld die 7de dag adventiste op genoemde fondasie gebou is.
                  Dit behoort dan net so kommerwekkend vir jou te wees dat die hele Christendom OOK gebou is op die foutiewe verstaan van Bybel profesie (Bv. deel oor die Emmaus-gangers...). Selfs Jesus se eie dissipels het tot aan die einde geglo hy het gekom om Israel van sy fisiese vyande te verlos!

                  Ek glo dat, omdat jy 'n konsikwente persoon is, gaan jy in jou volgende plasing ook net so hard teen die Christendom te velde trek as wat jy teen die SDA doen op hierdie kriterium? Jy is immers mos nie 'n huigelaar nie. En iets wat verkeerd is, is immers deur die bank verkeerd, reg?

                  Originally posted by angelmike View Post
                  Die vraag is, waar kry hulle hierdie kennis wat nerens in die skrifte voorkom nie.
                  Miskien is dit tyd om weer jou Bybel te bestudeer, my vriend Mike. Of gaan volg my uitnodiging hierso:

                  Originally posted by Ben Cronje
                  Ek stel voor jy lees EERS die hele draad deur Mike, en vra dan sulke vrae. Anders raak alles net weer 'n herhaling.
                  As mens iets eerlik wil ondersoek, doen dit in eerlikheid, opregtheid en konsikwentheid. Nie met dubbele standaarde en vooraf bepaalde gevolgtrekkings en agenda’s nie.

                  Groete in Christus

                  Ben

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Ben Cronje View Post
                    Ek het myself vir lank hard probeer weerhou om geen kommentaar hier te lewer nie, maar vandag swig ek...

                    Valse voorspelling Ferdi? Of foutiewe interpretasie van profesie? Daar is ‘n baie baie groot verskil.

                    Net soos jy hier jou verstaan predik het Miller sy verstaan gepredik Ferdi! Hy het gewis nie “voorspel” soos jy dit probeer afmaak nie. Moet asseblief nie oneerlik hierna kyk nie, Ferdi. Ons het al hierdie gesprek gehad. Farriseers het woordspeletjies gespeel en dubbel standaarde gehad. Moet asseblief nie in daardie versoekings in verval nie, my vriend. Verhef jouself in konsikwentheid.

                    Dit behoort dan net so kommerwekkend vir jou te wees dat die hele Christendom OOK gebou is op die foutiewe verstaan van Bybel profesie (Bv. deel oor die Emmaus-gangers...). Selfs Jesus se eie dissipels het tot aan die einde geglo hy het gekom om Israel van sy fisiese vyande te verlos!

                    Ek glo dat, omdat jy 'n konsikwente persoon is, gaan jy in jou volgende plasing ook net so hard teen die Christendom te velde trek as wat jy teen die SDA doen op hierdie kriterium? Jy is immers mos nie 'n huigelaar nie. En iets wat verkeerd is, is immers deur die bank verkeerd, reg?

                    Miskien is dit tyd om weer jou Bybel te bestudeer, my vriend Mike. Of gaan volg my uitnodiging hierso:

                    As mens iets eerlik wil ondersoek, doen dit in eerlikheid, opregtheid en konsikwentheid. Nie met dubbele standaarde en vooraf bepaalde gevolgtrekkings en agenda’s nie.

                    Groete in Christus

                    Ben
                    As ek navorsing doen, glo ek verseker om nie ander se sienswyse aan te neem en as kanoniek te aanvaar nie. Die Bybel is die enigste bron van kennis met betrekking tot die skepping, heelal, God se doen en late met sy volk en ten laaste die openbaring van Sy onuitspreekbare liefde wat Hy deur sy Seun geopenbaar het. Ek dink SDA en ander gelowe wat graag opmerkings wil maak ivm die eskatologie, moet verseker God nader en nie hul eie siening probeer implementeer nie. Spreek uit die Woord Ben, nie julle eie idees en opinies wat nie geld nie. Die woord behels nie aardse geleerdheid nie, maar Goddelike openbaring van die Heilige Gees.
                    To God be the Glory

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by angelmike View Post
                      As ek navorsing doen, glo ek verseker om nie ander se sienswyse aan te neem en as kanoniek te aanvaar nie.
                      Sê jy vir my terwyl jy wetende dog blindelings die onBybelse Futerisme-leer aanhang?

                      Originally posted by angelmike View Post
                      Die Bybel is die enigste bron van kennis met betrekking tot die skepping, heelal, God se doen en late met sy volk en ten laaste die openbaring van Sy onuitspreekbare liefde wat Hy deur sy Seun geopenbaar het.
                      Hoekom volg jy dan enigsens nog Futerisme leer?

                      Originally posted by angelmike View Post
                      Ek dink SDA en ander gelowe wat graag opmerkings wil maak ivm die eskatologie, moet verseker God nader en nie hul eie siening probeer implementeer nie.
                      Luk 6:41-42 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie? 42 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by Ben Cronje View Post
                        Sê jy vir my terwyl jy wetende dog blindelings die onBybelse Futerisme-leer aanhang?

                        Hoekom volg jy dan enigsens nog Futerisme leer?

                        Kom ons klaar die probleem op deur die waarheid voor te le. Elkeen wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God. Ons kan almal bybelkennis neerpen en stories opdis wat vir ons smaaklik en aanvaarbaar voorkom. Is dit nie wat die skrif se wat in die laaste dae sal gebeur nie. Leringe van duiwels en die menigte leraars wat die volk versamel om hulle oor te streel.

                        Die kurks van die saak is, dat SDA gebou is op n fondasie van sand, en nie op die rots nie. Jy praat van Jesuiete, maar jy vergeet dat sovele kerke is betrokke met vrymesselary. Dink aan Trump die President van Amerika, 33 graad vrymesselary, wat nie as President kan optree as hy nie deur die vrymesselaars ingesweer word nie, dan is hy nog ook n SDA gelowige. Kom nou Ben, vir wie wil jy bluf! Dink jy ons loop blind rond omdat ons nie altyd oor hierdie dinge praat nie. Dit is nie vir ons belangrik om gedurig my besig te hou oor dinge wat in die duister gebeur nie-ek is geroep vir die dinge van die lig-en die openbarings wat God ons gee is voldoende.

                        Dit maak nie regtig saak wat jy van ons dink nie, want ons sal bly wag vir die vervulling van die profesie. Huidiglik dink ek nie dit gaan oor enige splinter wat in iemand se oe is nie, maar die verstaanbaarheid van die eskatalogie. As dit nie aan jou geopenbaar is nie, los dit eerder as wat julle voor God moet staan en verantwoord oor slegte uitsprake. Ek wil nie met jou twis nie Ben. Ek skryf nie om vyande te maak nie, maar om die waarheid te deel aan hulle wat gehoorsaam is aan God.
                        To God be the Glory

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by angelmike View Post
                          Kom ons klaar die probleem op deur die waarheid voor te le.
                          Dit is wat ek nog heeltyd gedoen het met die herkoms van Futerisme-leer; ek het vir jou die waarheid voorgelê. Tog verhard jy jou hart en verkies om die waarheid daarvan te ignoreer? Ala Rom 1:25 (hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen...).

                          Maar OK, kom ons kyk wat is nog “jou waarheid”.

                          Originally posted by angelmike View Post
                          Die kurks van die saak is, dat SDA gebou is op n fondasie van sand, en nie op die rots nie. Jy praat van Jesuiete, maar jy vergeet dat sovele kerke is betrokke met vrymesselary. Dink aan Trump die President van Amerika, 33 graad vrymesselary, wat nie as President kan optree as hy nie deur die vrymesselaars ingesweer word nie, dan is hy nog ook n SDA gelowige.
                          Jy maak ‘n paar aantuigings hier:
                          1. SDA gebou is op n fondasie van sand, en nie op die rots nie.
                          2. sovele kerke is betrokke met vrymesselary.
                          3. Dink aan Trump die President van Amerika, 33 graad vrymesselary, wat nie as President kan optree as hy nie deur die vrymesselaars ingesweer word nie,
                          4. dan is hy nog ook n SDA gelowige.

                          Oor punt 2, indien dit in die algemeen bedoel is, stem ek ongelukkig mee saam. Wat jou ander stelleings betref:
                          1. Die SDA is gebou op sand
                          2. Trump is ‘n 33° Vrymesselaar
                          3. Trump is lid van die SDA

                          Kan jy asseblief vir my bogenoemde 3 punte bewys? Ek weet jy glo nie meer in die 10 Gebooie soos die SDA nie, maar onthou tog die onderstaande in gedagte terwyl jy jou stellings bewys:
                          Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
                          Originally posted by angelmike View Post
                          Dit is nie vir ons belangrik om gedurig my besig te hou oor dinge wat in die duister gebeur nie.
                          En tog, weereens teenstrydig met jou filosofie, lees ek:
                          Originally posted by angelmike View Post
                          Eff 5:11 Have nothing to do with the fruitless deeds of darkness, but rather expose them...
                          Originally posted by angelmike View Post
                          Ek skryf nie om vyande te maak nie, maar om die waarheid te deel aan hulle wat gehoorsaam is aan God.
                          As jy die waarheid wil deel, maak dan ten minstens seker jy het die waarheid. Futerisme-leer is vir seker nie die waarheid nie. Dit kom direk van Satan af via die Jesuiete. Hoekom bly jy dan hierdie bewysde waarheid ignoreer?

                          Comment

                          Working...
                          X