Announcement

Collapse
No announcement yet.

Engele wat aan mense verskyn...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Engele wat aan mense verskyn...

    ..., hoe moet mens dit in lig van die Skrif beoordeel?

    Mens dink onwilleukerig aan Josehp Smith, aan wie die engel Moroni verskyn het en bepaalde openbaringe aan hom gegee het. Dan is daar baie onlangs Todd Bentley gewees, aan wie die engel Emma verskyn het. Dit laat mens skepties, juis oor die gevolg wat meermale sektariese en/of eienaardige afmetings aanneem.

    In die Bybel lees mens egter dat engele aan verskeie Bybelse karakters verskyn het, maar sou dit vandag nog gebeur?
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2
    Originally posted by CFJ View Post
    ..., hoe moet mens dit in lig van die Skrif beoordeel?

    Mens dink onwilleukerig aan Josehp Smith, aan wie die engel Moroni verskyn het en bepaalde openbaringe aan hom gegee het. Dan is daar baie onlangs Todd Bentley gewees, aan wie die engel Emma verskyn het. Dit laat mens skepties, juis oor die gevolg wat meermale sektariese en/of eienaardige afmetings aanneem.

    In die Bybel lees mens egter dat engele aan verskeie Bybelse karakters verskyn het, maar sou dit vandag nog gebeur?

    Hallo Ferdi,

    Ek het voorheen altyd gedink dat wanneer daar na die term ENGEL verwys
    word, dit van 'n geestelike wese gepraat het.

    Tot onlangs.

    Iemand het aan my uitgewys dat "malak" (H4397) in baie gevalle ook vertaal is as BOODSKAPPER.
    Nou, boodskapper klink baie anders as engel. As ek die term boodskapper
    lees, sien ek in my geestes oog 'n mens wat 'n boodskap lewer.

    Jy kan dit gerus naslaan op e-sword of elders.

    Sou ek egter alle verwysings van engele af bring tot op die vlak van
    boodskappers? Nee. Maar definitief heelwat. En ek dink nie dat deur
    dit te doen, daar enigsins weggeneem word van die boodskap nie. Inteendeel.

    Aangaande Bentley en Smith, ek dink dit is God wat hulle gebruik om ons te
    toets. Het hulle regtig engele gesien? Visioene dalk, engele, nee ek dink nie
    so nie. Was dit visioen wat waarhede oor God gebring het? Weereens, nee,
    ek dink nie so nie. Sou hulle 'n ware engel/boodskapper van God af herken?
    Ek twyfel.

    NS. Dit is snaaks dat jy Bentley hier noem. Ek het gedog hy's nie te bekend
    onder SAners nie. Dit is juis sy manewales wat gelei het tot my finale
    ontkering uit die gestruktureerde kerk.


    Groete

    Comment


    • #3
      Originally posted by CFJ View Post

      In die Bybel lees mens egter dat engele aan verskeie Bybelse karakters verskyn het, maar sou dit vandag nog gebeur?

      My vraag : Hoekom nie ? Is daar 'n rede hoekom sulke verskynings opgehef sou gewees het ?
      Ek het te veel stories gehoor, veral uit die RodesiŽ-oorlog dae, van nugter helderdenkende mense se ervaringe om te twyfel dat daar vandag nog sulke verkynings is.

      Comment


      • #4
        Fila,

        Dit is juis wat mens graag wil ondersoek. Hoe gaan mens onderskei of so verskyning van die Here is en of dit 'n manifestasie van satan is?

        Ek glo werklik dat ons hele lewe deur engele gerig word en dat hulle ook aan ons kan verskyn, soos hier aan Petrus, 'En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hom, en ‘n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sÍ: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval. En die engel sÍ vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sÍ hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my! En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ‘n gesig sien. En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat. Toe kom Petrus tot homself en sÍ: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.'
        (Hand 12:7-11 AOV)


        Tog word ons gewaarsku, om ook versigtig te wees,

        Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
        (2Kor 11:13-14 AOV)

        Ek verstaan hierdie deel in Handelinge hierbo as bystand en nie 'n nuwe openbaring nie. Die engel het wel 'n boodskap van bemoediging aan Petrus gebring, maar kan engele boodskappe van die anderkant bring wat nuwe dogma of enige dogma gaan bewerk? Soos Paul hierbo aangedui het, is engele boodskappers, maar in watter sin sou hulle boodskappers wees en waar trek mens die streep? Is engele vroulik, soos die 'Emma' wat byvoorbeeld met Todd Bentley in gesprek was?

        Hoe sou mens byvoorbeeld die volgende Skrif beoordeel, in lig van die vrae hierbo, veral oor boodskappe van nuwe openbaringe?

        Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
        (Heb 1:1 AOV)

        Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesÍ het.
        (Joh 14:25-26 AOV)
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Originally posted by CFJ View Post

          Dit is juis wat mens graag wil ondersoek. Hoe gaan mens onderskei of so verskyning van die Here is en of dit 'n manifestasie van satan is?

          Ferdi,
          Ek haal slegs bogenoemde aan, maar eintlik het jou hele skrywe toepassing. Eenvoudige antwoord vir jou vraag : Meet dit aan die Skrif !

          Is daar iets soos "nuwe openbaringe" ? Ek self glo nie so nie nee. Dit is wat Sola Scriptura vir my so so bulletproof maak.

          Comment


          • #6
            Originally posted by Paul Pienaar View Post
            As ek die term boodskapper
            lees, sien ek in my geestes oog 'n mens wat 'n boodskap lewer.
            Paul,

            Dis iets wat mens maklik kan mis lees in ons verstaan oor engele. Dat mense soos engele kan wees, is iets wat iemand so rukkie terug teenoor my getuig het. Iemand het haar besoek en na die persoon weg was, het sy haar hele lewe aan die Here begin wy, want die persoon wat haar besoek het was vir haar soos 'n engel wat God gestuur het, om lig en lewe in haar bestaan van doodsheid te kon bring.
            The Rapture

            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
            but I must confess, donít worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            itís before Godís wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            itís for all the people in the zoo
            think about it and refreshÖ
            you will see thereís no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhereÖ


            Comment


            • #7
              Op Engels praat die Bybel van "Familiar Spirits" in Afrikaans is dit :"WaarsÍr Geeste".... en ek dog 'familiar' beteken,,,'bekende' maar dan kan dit ook 'afgestorwene' beteken .... noudat ek die bobbejaan agter die berg gaan haal het..... hoe verskil hulle van 'Engele'

              Enigste antwoord wat ek kan bedink is..... verhouding.... ek glo dat mens onderskeiding sal kan maak wanneer mens in vehouding staan met die Here Wanneer die Gees van die Here die onderskeiding sal maak... 'n vrug van die Gees is Onderskeiding ...

              So wat ek eintlik wil sÍ is dat ek glo dat "Verhouding" met die Here, "Onderskeiding" van die 'geeste' sal gee..... wees dit 'n "familiar Spirit" of 'n Engel van die Lig.
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Ek het "Angels on Assignment" deur Charles en Francis Hunter gelees. Het van julle al die boek gelees, die hele boek is ook beskikbaar op die net. Ek kon die boek nie neersit nie.

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                  Ferdi,
                  Ek haal slegs bogenoemde aan, maar eintlik het jou hele skrywe toepassing. Eenvoudige antwoord vir jou vraag : Meet dit aan die Skrif !

                  Is daar iets soos "nuwe openbaringe" ? Ek self glo nie so nie nee. Dit is wat Sola Scriptura vir my so so bulletproof maak.
                  Fila..... net die naweek toe maak ek die skrif oop..... gaan lees Johannes 15 en 16.....
                  Johannes 16:12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sÍ, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

                  Sola Scripture: Die Gees sal ons in die waarheid lei oor die dinge van die toekoms waarvan Jesus ons nie vertel het nie...
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment


                  • #10
                    Dus verstaan ek die volgende oor Sola Scripture: Jesus self het gesÍ dat Hy nie alles openbaar gemaak het nie, en dat die Heilige Gees aan ons die toekoms sal openbaar maak. .... = Sola Scripture....
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Hallo Ta-an,

                      Toe Jesus daardie woorde gespreek het, het die wÍreld nog nie
                      die Woord, oftewel die Bybel van vandag, gehad nie. Na Christus
                      se dood, het die Heilige Gees die outeurs van die verskillende boeke
                      geinspireer om te geskryf het wat hulle geskryf het.

                      Daardie inspirasie van die Heilige Gees, die verdere woorde van Christus
                      wat Hy nie toe kon spreek nie, waarna Joh. 16 verwys, is mos vir ons
                      gegee in die vorm van die NT, na Christus se dood.

                      Groete

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Paul Pienaar View Post
                        Hallo Ta-an,
                        Hallo Paul

                        Toe Jesus daardie woorde gespreek het, het die wÍreld nog nie
                        die Woord, oftewel die Bybel van vandag, gehad nie. Na Christus
                        se dood, het die Heilige Gees die outeurs van die verskillende boeke
                        geinspireer om te geskryf het wat hulle geskryf het.

                        Daardie inspirasie van die Heilige Gees, die verdere woorde van Christus
                        wat Hy nie toe kon spreek nie, waarna Joh. 16 verwys, is mos vir ons
                        gegee in die vorm van die NT, na Christus se dood.

                        Groete
                        ...en toe die Bybel klaar geskryf is, het die Heilige Gees stil geword?
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Hallo Ta-an,

                          Ek dink die Heilige Gees het wel stil geword in terme van dit wat
                          vir ons gegee is in die vorm van Sy Woord.

                          Maar dit impliseer nie dat die Heilige Gees nou stil is nie.


                          Groete

                          Comment


                          • #14
                            My kennis van die Woord is maar soos die van 'n kind. Ek glo wat ek lees. Punt.

                            Ek kan egter net vir julle vertel wat eendag met my gebeur het. Dit is vir my heerlik om nog op my ouderdom 'n brander in die see te ry op 'n 'lylo.' Heerlik!!! Mense kyk geskok na die ou tannietjie wat so vinnig tussen hulle deurry op die kruin van 'n g r o o t golf.

                            Die betrokke dag was die see baie kalm, maar my gemoed was baie bedruk. Ek het op die lylo gele en na agter gekyk om te sien wanneer die volgende groot golf kom. Sonder dat ek dit besef het 'n systroom my geleidelik al dieper die see ingeneem. Toe ek weer vorentoe kyk, was die strand baie baie ver. Ek was alleen en ek is gladnie 'n sterk swemmer nie. Ek het geweet ek is in groot moeilikheid. My gebed aan my Vader was dat as dit my tyd is, ek is gereed, maar Hy moet my net asseblief nie stadig laat doodgaan nie of dat 'n haai my moet verskeur nie.

                            Die volgende oomblik was daar 'n vrou langs my. Kalm het sy vir my gevra of ek alleen sal kan uitswem en ek het gese ek kannie. Sy het haar hand deur my lylo se tou gesteek (wat aan my arm vas was) en met my begin uitswem. Ek het veilig op die lylo gele en sy het geswem. Daar was 'n groot kalmte oor my. Die oomblik wat my voete grond geraak het, wou ek haar bedank, maar sy was weg. Was dit 'n engel??? Vir my was dit. My Vader het iemand gestuur om een van sy stofmensies op aarde se lewe te gaan red, ... dan kan dit mos net 'n engel wees.

                            Comment


                            • #15
                              Ferdi,

                              ek het iewers gelees of gehoor dat engele altyd 2saam verskyn.

                              En die beste toets, is buig voor hulle, as hulle jou oombliklik stop sou ek luister, as hulle jou nie stop nie, jaag hulle weg en bestraf hulle , want daar staan geskryf " Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen."

                              Verder, stem ek saam met Fila, mens hoor te veel stories waar mense in situasies gehelp word , dat daar nie engele is wat nog steeds ons te hulp staan en moontlik boodskappe ook bring nie.

                              O en vra enige pa of ma...... kinners HET beskerm engele...of dit selfde engele is wat vir God gaan se alles wat met die kinders gebeur, weet ek nie, maar dis onmoontlik vir kinners om so glad groot te word soos wat elke dag gebeur.
                              Dis alles net genade -Ma Grace
                              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                              Comment

                              Working...
                              X