Announcement

Collapse
No announcement yet.

Diere+HEMEL

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Diere+HEMEL

    Ek is 'n groot diereliefhebber en ek wil net graag asseblief weet, as daar iemand is wat die bybel BAIE goed ken, se die bybel iewers dat ons troeteldiere hemel toe gaan of nie?

  • #2
    Hi Stephan!

    Baie, baie welkom hier by Lighuis. Ek hoop jy gaan dit baie geniet saam met ons, dat jy vriende sal maak, meer sal leer omtrent God en Sy Woord en sal groei in jou verhouding met Hom.

    Wat jou vraag betref... dis moeilik, veral vir ons wat lief is vir diere, en veral ons troeteldiere, om te dink dat daar nie vir hulle ook 'n plekkie in die hemel is nie, maar die waarheid is dat die Woord stil is oor wat met diere gebeur wanneer hulle sterf. Wat ons kan doen, is om hulle te geniet en liefde te gee terwyl ons hulle het en onthou dat God vir Sy kinders iets wonderlik, so ver bo ons verwagtings voorberei en dat ons eendag sal weet dat alles perfek uitgewerk het volgens God se raadsplan.

    Nogmaals baie welkom.

    Groete
    Lanie
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Stephan, Welkom, wat moet mens doen om hemel toe te gaan??
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Originally posted by Ta-An View Post
        Stephan, Welkom, wat moet mens doen om hemel toe te gaan??
        Ek gaan nou erg moedswillig wees met 'n teenvraag : Oortree diere die Wet ?

        Comment


        • #5
          Ek stem saam met Fila. Diere het Jesus nie nodig nie, want hulle doen nie sonde nie. Die groot vraag is natuurlik, het 'n dier 'n siel? Die algemene siening is dat diere nie siele het nie.... so is ek van kliens af geleer. Maar hoe weet ons verseker? Ek het al dikwels hieroor gewonder, diere het beslis persoonlikhede....

          Ek dink Lanie slaan die spyker op die kop - die Bybel vertel vir ons niks daarvan nie. So aan die einde van die dag weet ons nie verseker wat met diere gebeur wanneer hulle sterf nie.

          (O ja, terloops, Stephan, baie welkom hier by Lighuis!)

          Comment


          • #6
            Originally posted by Die Filadelfieer View Post
            Ek gaan nou erg moedswillig wees met 'n teenvraag : Oortree diere die Wet ?
            Watter wet Fila ??
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Stephan...

              Of dit jou troeteldiere gaan wees wat in die Hemel is weet ek nie, maar die Woord s vir ons in Jesaja dat in die Nuwe hemel en die Nuwe aarde wel diere sal wees: Jes 65:17 Want kyk, Ek skep en nuwe hemele en 'n en nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. ..................................
              Jes 65:25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, s die HERE.
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Ek hoop daar is Dinosaurs!

                Comment

                Working...
                X