Announcement

Collapse
No announcement yet.

Waaroor gaan die Evangelie?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Waaroor gaan die Evangelie?

    Wat is die wese van die Evangelie, waaroor handel dit in kort?

    Hoe belangrik is die Evangelie gemeet teenoor enige ander dogma in die Skrif?
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2
    Originally posted by CFJ View Post
    Wat is die wese van die Evangelie, waaroor handel dit in kort?

    Hoe belangrik is die Evangelie gemeet teenoor enige ander dogma in die Skrif?
    Die woord "Evangelie" beteken "Goeie Nuus" Die goeie nuus is natuurlik dat God se liefde vir die mensdom, wat teen Hom gedraai het en sonde gedoen het, en daarom die dood verdien, so groot is dat Hy die grootste prys denkbaar (Sy eniggebore Seun) geoffer het om sodoende die straf van die mensdom te dra, sodat elkeen wat dit aanvaar, en Jesus aanneem as Verlosser en Saligmaker, skoongewas en gereining word van sonde, sodat hulle die ewige lewe kan ontvang - gratis en verniet! (mooi saamgevat in Joh 3:16)

    Hierdie "Goeie Nuus" loop soos 'n draad deur die hele Bybel, en is myns insiens die kruks van alles wat ons glo. Alle ander dogma in die Skrif is ondergeskik aan die Evangelie. Die Evangelie is waaroor die Skrif handel.

    Of hoe?

    Comment


    • #3
      Goed saamgevat Gene. Die Evangelie is SO kragtig juis in sy eenvoud. Dit benodig nie byvoegings nie en daarom kan ek nie mense se motivering verstaan om dinge by te las en te 'verfraai' nie. Net soos met Solus Scriptura , kan ek ook verklaar Solus Evangelie.

      Comment


      • #4
        Blye boodskap

        Wat leer ons uit die feit dat die evangelie "goeie nuus" beteken?
        Gaan dink maar in die alledaagse lewe wat is goeie nuus. Dit gaan oor iets wonderlik, opbeurend, oorwinnend wat gebeur het. So, as jy die goeie nuus aan iemand wil gaan meedeel, moet dit werklik as "goeie nuus" oorgedra word. Iets wonderlik "het gebeur". Wat is dit? Natuurlik, Jesus het aan die kruis vir die sonde van die ganse mensdom gesterf (nie net vir sommige soos die streng Calvinisme sÍ nie, maar vir almal). As dit net vir sommige was, dan sou ons dit nie as goeie nuus aan enige mens kon oordra nie.

        Dit is goeie nuus, dus, dit het klaar gebeur. God het homself met die wÍreld versoen. Die evangelie is dus nie 'n "doen dit en jy sal lewe" boodskap nie, maar 'n "God het dit klaar gedoen, glo dit en jy sal lewe" boodskap. Alle mense op aarde, gered of ongered, is in 'n sekere opsig eintlik reeds in 'n versoende posisie ten opsigte van God. Die massiewe struikelblok van sonde is oorbrug. Of jy nou gered is of nie, die kloof is reeds oorbrug. Wat moes gebeur om van jou 'n Christen te maak, het reeds gebeur. Dit is hoe kragtig hierdie goeie nuus boodskap eintlik is. Die vraag is nou net of die sondaar dit gaan glo en Jesus tot verlossing gaan aanneem.
        Hoe belangrik is die Evangelie gemeet teenoor enige ander dogma in die Skrif?
        Geen ander lering kan daarmee vergelyk word nie. Sonder die evangelie het ons niks. Dit is waar dit alles begin. Ons kan praat van oorwinning oor die sonde en die duiwel in ons lewe, van ons hoop op die toekoms bv. die wegraping. Hierdie is alles wonderlike leringe van die Woord, maar sonder die evangelie is dit niks.

        Comment


        • #5
          As slegs die kruisdood van Christus en ons gevolglike versoening met God die Evangelie is, waarom is so baie bladsye nodig om dit te verduidelik? Ek kan dit baie korter doen as die 1000 + bladsye waaruit my Bybel bestaan. As die Bybel korter was, sou daar ook nie ruimte vir misinterpretasie wees nie, of hoe?

          Comment


          • #6
            Originally posted by Henry View Post
            As slegs die kruisdood van Christus en ons gevolglike versoening met God die Evangelie is, waarom is so baie bladsye nodig om dit te verduidelik? Ek kan dit baie korter doen as die 1000 + bladsye waaruit my Bybel bestaan. As die Bybel korter was, sou daar ook nie ruimte vir misinterpretasie wees nie, of hoe?
            So wat sÍ jy nou eintlik Henry? Dat jy dit beter kon doen?????
            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

            Comment


            • #7
              Originally posted by Lanie View Post
              So wat sÍ jy nou eintlik Henry? Dat jy dit beter kon doen?????
              Of dit of die evangelie het baie meer om die lyf as wat ons met die eerste oogopslag raaksien. Kies jy.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Henry View Post
                Of dit of die evangelie het baie meer om die lyf as wat ons met die eerste oogopslag raaksien. Kies jy.
                So wat sien jy raak?
                The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                Comment


                • #9
                  Die kern , waarna verwys word is soos die pit en die res van die bybel is soos die vrug wat groei en groter word soos ons leer , wie kry nie verse wat hulle nooit ooit voorheen eers raakgesien het nie en skielik "kliek goed net nie... dis dalk die begin van die reis die kern, maar as ons dit eers besef het ( hoe sondig ons is en hoe nodig ons God het en hoe lief Hy ons het ) dan begin mens eers die pad stap ...

                  Dis soos die uitverkiesing en vrye wil een..... wil nie ontspoor nie ,maar nou die dag spring , "baie is geroep ,maar min uitverkies".. so uit vir my ... toe besef ek net hoe hartseer dit gaan wees oor almal wat uitgenooi was en nie wou gaan nie ! ons almal dink ek was / is genooi , maar niemand wou gaan nie, toe word die uitgeworpenes genooi.... net soos die vers wat se as jy fees hou, nooi die wat jy nie ken nie, wat dit sal waardeer uit !
                  Dis alles net genade -Ma Grace
                  "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Lanie View Post
                    So wat sien jy raak?

                    Soos jy weet is my sienings gewoonlik kontroversieel en ek is nie nou lus vir 'n stryery nie. Dit sal interessant wees om die menings van die teoloe te sien. Baie woorde (1000 bladsye plus, klein gedruk nogal) vir so 'n eenvoudige kort boodskappie, soos "Bekeer julle". Waarom?

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Willem View Post
                      Die kern , waarna verwys word is soos die pit en die res van die bybel is soos die vrug wat groei en groter word soos ons leer , wie kry nie verse wat hulle nooit ooit voorheen eers raakgesien het nie en skielik "kliek goed net nie... dis dalk die begin van die reis die kern, maar as ons dit eers besef het ( hoe sondig ons is en hoe nodig ons God het en hoe lief Hy ons het ) dan begin mens eers die pad stap ...
                      Watse pad is dit Willem?

                      Comment


                      • #12
                        Henry, daar is dinge wat verskil in die Bybel. Alles is nie dieselfde nie.
                        Daar is Israel en daar is die kerk uit al die nasie (nie dieselfde nie).
                        Daar is 'n mens se eerste geboorte en jou wedergeboorte.
                        Jou eerste dood en jou tweede dood
                        Jou fisiese lewe en jou geestelike lewe
                        Jou status en jou stand

                        Neem nou maar hierdie laaste twee, jou status en jou stand. Die eerste gaan oor wat jy is ('n kind van God) en die tweede een gaan oor die vraag of jy 'n soet kind of 'n stout kind is. Hoe naby leef jy aan die Here. Hierdie twee begrippe verskil en dit moet nie verwar word nie, maar ongelukkig is baie Christene verward tussen die twee.

                        Die eerste een, ons status as Christen, is te kry, soos hierbo bespreek, enkel deur geloof in die evangelie, genade alleen. Die tweede een vat gebed, lering, oefening, toewyding, die gemeenskap van die heiliges ens. om ons stand nader en nader te kry aan dit wat die Here vir ons bedoel het. Daar word baie meer in die Bybel gesÍ oor ons stand as Christene as oor ons status (hoe ons Christene kan word). Die twee mag nie verwar word nie. As jy nie die duidelike skeidslyn tussen die twee in stand hou nie, dan lees jy stand-gedeeltes in die Bybel asof dit die weg tot saligheid is.

                        En as jy hierdie verwarring tot sy logiese konklusie voer, dan gaan ons almal hel toe, want nie een van ons gaan die volkome stand met Christus bereik wat die Bybel eintlik van ons verwag nie. So, kom ons hou die twee uit mekaar uit. Daar is 'n boodskap aan ongereddes wat hulle moet doen om gered te word (net glo) en dan is daar 'n ander boodskap aan Christene oor baie dinge wat hulle kan doen om hulle stand met die Here te verbeter.

                        Dit sou dus my belangrikste antwoord wees van hoekom die Bybel so dik is. Daar is nog ander antwoorde ook, maar hierdie is vir eers voldoende. Daar is in die Bybel 'n baie eenvoudige en verstaanbare evangelie, of weg tot saligheid, maar daarna, nadat jy gered is, is daar baie, baie dinge om te leer. Nie om hemel toe te kan gaan nie, want daar is jy al klaar, maar om 'n beter dienskneg vir jou Here te wees.

                        Groete
                        David

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Henry View Post
                          Soos jy weet is my sienings gewoonlik kontroversieel en ek is nie nou lus vir 'n stryery nie. Dit sal interessant wees om die menings van die teoloe te sien. Baie woorde (1000 bladsye plus, klein gedruk nogal) vir so 'n eenvoudige kort boodskappie, soos "Bekeer julle". Waarom?
                          Ag kom nou, wie't enige iets gesÍ van stry?

                          Om jou te antwoord, Henry, die Bybel sÍ baie meer as net "Bekeer julle". Dit is 'n riglyn vir 'n kind van die Here se lewe, daar is lering daarbinne van hoe ons ons moet gedra en hoe ons met ons medemens moet omgaan, hoe ons verhouding met God moet lyk en nog baie meer. Dis vertel ons Wie God is, van Sy karakter. Dis vertel ons van die mensdom se verlede en ons toekoms.
                          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Lanie View Post
                            Ag kom nou, wie't enige iets gesÍ van stry?
                            Ag ou Lanie, dis maar net my ervaring hier.

                            Comment


                            • #15
                              Dit is so ja, maar dalk moet mens mense ook kans gee om te groei en te leer. Ek weet dat ek spesifiek deur Bibleforums en sy deelnemers gedwing is om introspeksie te doen oor hoe ek my oortuigings moet kommunikeer..

                              Maar hoekom sÍ jy niks van die res van my plasing nie?
                              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                              Comment

                              Working...
                              X