Announcement

Collapse
No announcement yet.

Liggaam gebreek, of nie??

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Liggaam gebreek, of nie??

    Met die nagmaals formulier gebruik die Ds.1 Kor 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en ges: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

    Sou dit nie beter wees om eerder een van die ander weergawes te gebruik nie??,,,, want die Here se liggaam is nie gebreek nie...??

    Mattheus 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en s: Neem, eet, dit is my liggaam.

    Markus 14:22 En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en s: Neem, eet, dit is my liggaam.

    Lukas 22:19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy ditdit aan hulle en s: dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. en gee
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Enige Dominees, Pastore hier wat dalk weet hoekom die 1 Kor 11:24 Skrif gebruik word en nie die van die Evangelies nie??

    Want eintlik is die brood simbolies van Christus se liggaam as Offer-Lam (Paas Lam) waarvan die bene nie gebreek is nie...

    Exodus 12:43 Verder het die HERE aan Moses en Aron ges: Dit is die insetting van die pasga: Gn uitlander mag daarvan eet nie.
    44 Maar elke slaaf wat 'n man met geld gekoop het, di moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
    45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
    46 In een huis moet dit geet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
    Johannes 19:36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervulsouword: Geen been van Hom sal gebreek word nie.

    Vleis skeur, dit breek nie, bene breek....




    Hoe s jy wanneer jy Nagmaal gebruik/bedien??

    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Tannie ek gebruik die een in Matt vir die nagmaal. Die liggaam van Christus is nie geskend nie, omdat dit die begin van die Sabat was, en dit sonde sou wees om die bene te breek, dit is hoekom die soldaat die spies in sy (what do you call it - Side) indedruk het.

      Ek dink dit kan wees omdat meeste kerke beheer word en gese moet word wat die mense kies, nie wat waar is nie...

      Dit is net soos die kerke wat vas glo dat die liggaam steeds in die graf was . AS IF> Jesus leef. Die graf was leeg!
      'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
      Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
      [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
      Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
      [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

      Bemidbar 6:24-26
      [Numbers 6:24-26]

      Comment


      • #4
        Tant An
        Ek het gehoop iemand anders antwoord, want hierdie is nie so 'n maklike een nie. Tog lyk dit redelik seker dat die woord "breek" kom van die brood af en dat dit dan net toegepas word op die liggaam van Christus. Soos wat die brood gebreek word, is sy liggaam ook gebreek. Dit s nie sy bene was gebreek nie, maar sy liggaam. Onthou, sy gewrigte was waarskynlik uitgerek en geskeur van die gewig van sy liggaam. Verder was die 39 houe wat Hy gehad het heeltemal te veel vir sy liggaam en dit het Hom reeds gebreek. Dus, ons breek die brood en daarom gebruik ons die woord "breek" ook vir sy liggaam want in 'n sekere sin was sy liggaam tog meer as gebreek. Aangesien die breek van die brood simbolies wys op sy liggaam, kan ons darem seker s dat sy liggaam vir ons gebreek is.

        Comment


        • #5
          Tannie ek het die in Barnes gekry (Jammer vir die Engels)

          And brake it. This breaking of the bread represented the sufferings of Jesus about to take place--his body broken or wounded for sin. Hence Paul 1Cor 11:24 adds, "This is my body, which is broken for you." That is, which is about to be broken for you by death, or wounded, pierced, bruised, to make atonement for your sins.


          'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
          Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
          [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
          Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
          [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

          Bemidbar 6:24-26
          [Numbers 6:24-26]

          Comment


          • #6
            Dankie..... maar soos ek s, vleis skeur, en die kerke wat pita bood, of heel brode gebruik, skeur dit tog ook,,,,, die OT s tog, die Lam sal nie gebreek word nie.... en toe die spies in Sy sy gesteek is was dit ook sodat Sy bene nie gebreek word nie...




            Ek vra net want dit pla my....
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by Ta-An View Post
              Dankie..... maar soos ek s, vleis skeur, en die kerke wat pita bood, of heel brode gebruik, skeur dit tog ook,,,,, die OT s tog, die Lam sal nie gebreek word nie.... en toe die spies in Sy sy gesteek is was dit ook sodat Sy bene nie gebreek word nie...




              Ek vra net want dit pla my....
              Soos ek dit verstaan gaan dit spesifiek oor die bene (skelet) wat nie gebreek is nie. Dit het niks met die vleis te make nie, want die oorspronklike lammers is tog ge-eet, nie waar nie ?

              Comment


              • #8
                Wat s jou kerk??
                Van watter denominasie is jy??
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Ek het vanoggend mooi geluister,,,ons gemeente se Ds s reg..." Take, eat this is His body GIVEN...." Ek wonder of lees hy hier
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment


                  • #10
                    Ta-An, persoonlik voel ek ons kloof onnodig hare as ons hieroor wonder. Soos David ook gese het, dui die "breek" van Sy liggaam nie noodwendig net op sy beendere nie. Die Bybel se vir ons dat Hy "onherkenbaar vermink" was - sy bloed het gevloei. Sy liggaam was werklik GEBREEK in die oortreffende trap, al was sy bene nie gebreek nie.... Dis maar hoe ek nog altyd hierdie teks verstaan het.

                    Comment


                    • #11
                      Gene, wat reg is is reg.....

                      Bene breek, die bene van die Paaslam is nie gebreek nie... te doen met vervulling van Skrif
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Ta-An View Post
                        Gene, wat reg is is reg.....

                        Bene breek, die bene van die Paaslam is nie gebreek nie... te doen met vervulling van Skrif
                        Ta-an, ek hoor wat jy se, en ek stem saam. Natuurlik is Sy bene nie gebreek nie, soos wat ook in die OT voorspel is. Die punt wat ek egter probeer maak, is dat Sy liggaam wel gebreek kon word sonder dat sy bene noodwendig ook gebreek moes wees...? 'n Liggaam bestaan tog nie net uit beendere nie. Die teks waarna jy verwys, maak geen melding van bene wat gebreek is nie, maar wel van Sy liggaam, wat flenters geslaan en vermink was, soveel so dat Hy nie eers herkenbaar was nie. Sien jy dit nie as "gebreek" nie?

                        Comment


                        • #13
                          Ja, dit is 'n taai een want miskien verstaan ons dit maar wat van die wat nie die Bybel so in diepte ken nie of nie die insig met ons deel nie? Verkondig ons nie 'n dwaalleer in hulle o nie weens 'n gebrek aan kennis (wat seker hulle skuld is...miskien)? (Hos 4:6)

                          Comment

                          Working...
                          X