Announcement

Collapse
No announcement yet.

Geestelike Oorlogvoering

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Geestelike Oorlogvoering

    Ek hoop nie die besprekingspunt skep ongemak op die forum nie. Iemand het vir my 'n mail gestuur met betrekking op geestelike oorlogvoering. Ek het boeke probeer soek maar daar is gans te veel boeke oor hierdie onderwerp en almal se opinies verskil totaal en al.

    Ek het 'n paar vrae rondom dit, maar kan verseker nie 50 verskillende boeke lees nie, aangesien ek nie sterk op lees is nie.

    Kan jul my dalk help met sommige vrae?
    • Waar kry geestelike oorlogvoering sy oorsprong vandaan?
    • Waarom het ek nog nie gehoor van geestelike oorlogvoering van die kansel af nie?
    • Is dit Bybels?
    • Waarom is mense skugter om oor die onderwerp te praat?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hallo MC,
    Jy is reg, daar is nogals baie leeswerk oor die onderwerp. Ek gaan vir jou net twee skakels gee :

    Geestelike Oorlogvoering ( deur Johan Malan)

    en

    Geestelike Oorlogvoering( deur Maarten van Heerden)

    Altwee gee 'n effens anderse perspektief op die siening wat mense soos Bennie Mostert normaalweg voorhou.

    As voorbeeld, 'n aanhaling uit die tweede artikel :

    Die ware geestelike stryd is nie om die ryk van die geesteswêreld aan te val nie, maar om ten bloede toe weerstand te bied teen die sonde (Heb 12:4). Die Christen behoort self verantwoordelikheid vir sy sonde en die gevolge te aanvaar en nie die duiwel of sy voorouers daarvoor blameer nie. Geloof, bekering en die vrug wat daarby pas, is die wil van die Here.
    In die stryd teen die sonde soek die gelowige sy krag in die Here (Ef 6:10) en trek die volle wapenrusting aan wat God gegee het. In groeiende gehoorsaamheid aan sy Woord word sy kinders vervul met die Heilige Gees en word die vrug van die Gees (Gal 5:22) gedra. Gelowiges is altyd bereid om verantwoording te doen oor die hoop wat in hulle lewe (I Pet 3:15) en te volhard op die pad van heiligmaking, terwyl biddend elke geleentheid gebruik word om die evangelie van Jesus Christus uit te leef en te verkondig aan die wat Hom nie ken nie.

    Comment

    • #3
      Originally posted by MercyChild View Post
      Ek hoop nie die besprekingspunt skep ongemak op die forum nie. Iemand het vir my 'n mail gestuur met betrekking op geestelike oorlogvoering. Ek het boeke probeer soek maar daar is gans te veel boeke oor hierdie onderwerp en almal se opinies verskil totaal en al.

      Ek het 'n paar vrae rondom dit, maar kan verseker nie 50 verskillende boeke lees nie, aangesien ek nie sterk op lees is nie.

      Kan jul my dalk help met sommige vrae?
      • Waar kry geestelike oorlogvoering sy oorsprong vandaan?
      • Waarom het ek nog nie gehoor van geestelike oorlogvoering van die kansel af nie?
      • Is dit Bybels?
      • Waarom is mense skugter om oor die onderwerp te praat?
      Ek wou ook al die onderwerp geplaas het, maar is bly jy het dit gedoen MC.

      Soos in die skakel genoem is Eff 6:10 baie belangrik vir ons almal wat glo. Die kerke sal dit nie preek nie, want dit pas nie in met wat mense wil hoor nie. Daar loop mos die gevoel onder die wat nie vra, vra nie dat daar nie 'n oorlog is nie. Man oh man as hulle net weet.

      Ek dink mense praat nie maklik hieroor nie, omdat elke persoon sy eie prentjie of idee het wat bedoel word met geestelik oorlog. Dit is net soos intesessie, niemand wil regtig daaroor praat nie, want almal het hulle eie idee. Die beste raad wat ek kan gee is dat mens in gebed moet tree en Vader vir leiding vra om die regte weg te toon, as om te glo wat in boeke staan.
      'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
      Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
      [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
      Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
      [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

      Bemidbar 6:24-26
      [Numbers 6:24-26]

      Comment

      • #4
        Originally posted by Francois Marais View Post

        Dankie vir die antwoord.......Lyk my ek gaan baie moet oplees en tyd in gebed spandeer....... Dis net ek weet nie of ek alles wil lees nie, want die menings verskil hopeloos te veel, en wie is reg??

        Wat ek tot dusver gelees het sluit inligting in waarmee ek kan saamstem, inligting wat ek vir die eerste keer gehoor het, en dan inligting waarteen ek effens skop, maar selfs dit kan reg wees....

        Ek weet nie wie reg en verkeerd is nie, en kan dus nie oordeel nie, maar ek wil graag weet of van hierdie goed waarheid inhou, indien wel mis ek baie....

        Hierdie is dalk een van daardie onopgeloste sake.....Maar ek wil weet!
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment

        • #5
          MC daar is baie dinge wat mens kan se maar soos ek gese het moet mens maar op Vader, Jesus en die Heilige Gees vertrou om mens op die regte pad te hou met die.

          Daar is so baie gebede wat mens kan doen, maar daar is ook so baie dinge waarteen mens moet bid. Onthou waar ons veg teen een ding gaan daar tien teen een 'n ander ding ons aanval.

          Van Amanda Buys se petisie gebede is 'n ruglyn wat mens kan gebruik. Onthou vertrou op die Heilige Gees om jou te wys wat om voor te bid. YHHW IS GETROU!
          'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
          Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
          [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
          Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
          [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

          Bemidbar 6:24-26
          [Numbers 6:24-26]

          Comment

          • #6
            Al die mense kyk mooi wat julle bid asb veral as julle 'n gebed van papier af doen....

            Ek het nou so bietjie gebede geky en op een afgekom wat mens so diep in die katolieke kamp gaan ingooi, dat dit my naar gemaak het. Vertrou op die Heilige Gees vir die regte gebed! Moet nie gebede net recite nie. Maak asb dood seker wat julle bid!

            Ek gebruik soms musiek om te help. Veral as ek in die motor is. Ek luister baie na MorningStar se Warfare en best of Warfare and Worship.
            'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
            Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
            [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
            Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
            [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

            Bemidbar 6:24-26
            [Numbers 6:24-26]

            Comment

            • #7
              Hi Linda,

              ons veg mos nie teen bloed en vlees nie , maar teen "power and pricipalities " ( oftewel Satan en sy volgelinge )
              Eph 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
              Eph 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
              Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
              Eph 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
              Eph 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
              Eph 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
              Eph 6:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
              Eph 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
              Eph 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

              Toe lees ek ook nog Henry ( nie onse Henry nie , oom Matthew Henry van e-sword faam ) se comment oor Matt 17:21 wat vriend ons oor gevra het hoekom in '83 vertaling vermis is , en die oom se dat lewendige geloof ; d.w.s verhouding met ons Here die krag het om berge te versit, maar sommige van die vyande sterker is en bietjie moeiliker is om uit te kry , dan moet jy vas en bid .... dis toe Hy verder verduidelik dat hoe dieper jou verhouding met God raak hoe sterker jou geloof raak want jy ken God en weet Wie Hy is en hoe Almagtig Hy is , dat die pennie vir my gedrop het.

              God beskerm my met die helm en borswering en belt en skild en skoene, maar dis oor die verhouding ( lewendige elke dag verhouding met Hom ) dat dit krag het en die swaard .. he he he... die Woord , dieselfde wat ons Here Jesus self gebruik het elke keer as Hy duiwels uitgejaag of bestraf het, waarteen die duiwel en kie , geen defence het nie.... die naweek toe ek OTC bygewoon het , het die antie wat dit aangebied het gese dat dit is soos om vir die klomp in Jesus se naam te beveel om te gee pad en as hulle nie wil luister nie ( want ons het die gesag as God se kinders ) dan gaan jy na jou Hemelse Vader toe en se vir Hom die klomp wil nie luister nie en dan sal Hy hulle uitsort

              Ek weet dis baie simpel gestel , maar dis so eenvoudig , jy is Sy kind en Hy sorg vir jou maar dis nie open season om nou te gaan wil Sataniste bestraf waar hulle bymekaar kom nie, laat Hy jou lei en laat Sy Gees jou in alle waarheid leer . Hy het belowe Hy sal.
              Dis alles net genade -Ma Grace
              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

              Comment

              • #8
                Hi julle, ons kan hier in Ghanzi ook nou van Geestelike oorlogvoering praat, hier by ons is besig om GROOT, en as ek se GROOT, dan meen ek GROOT Herlewing plaas te vind, in al ons kerke. En ek het nou die dag by 1 van die pastore gehoor dat hier in Ghanzi alleen 64 kerke is, en dis baie vir ons ou klein dorpie, jy moet oppas of jy ry ons mis, so klein is ons. Small talk gelos, soos ek gese het - GROOT Herlewing - mense kom uit die Kaap om hier te kom werk, NG kerk is besig om te verander, mense ry ver om vir Angus te gaan luister ens ens. Maar nou slaan ou satan hard terug en maak baie seer, van verlede jaar Oktober het ons nou al 10 mense aan die dood afgestaan, en vir julle klink dit nie baie nie, maar soos ek al gese het is ons 'n ou klein gemeenskappie, ons was omtrent 'n 100 gesinne, maar daar het al heelwat mense van SA af by ons aangesluit. Dit voel amper as daar 'n nuwe gesin van SA af hier intrek dan sterf 1 van ons eie mense, en dis nie eers meer die ouer geslag nie, dis almal jong mense, jong kinders van 9 jaar oud, pa's van 38 jaar oud, meisies van 20 jaar oud, mans en vrouens van 50 jarige ouderdom, die laaste tyd is die sterftes 'n week uitmekaar. 'n Mens is deesdae te bang om jou tel te antwoord,
                families wat verlede jaar Des 'n broer verloor het en dan verlede week haar man. Pol wat op SA grensposte ons mense wil toesluit vir gesteelde karre, en so ry die mense al vir 2 jaar met dieselfde kar op en af deur dieselfde grens om hul seun in Kimberley te gaan haal vir skool, maar satan gaan ons nie wen nie, want hy het nooit besef ons Christene kan so bymekaar staan nie, toe ons die boodskap gekry het, het al's in werking begin tree met God se hulp, hy is vry gelaat en het sy kar terug gekry, hy het Maandag terug gekom en Dinsdag oggend weer 600km ver gery om die outjie weg te vat lughawe toe vir sy pa se roudiens, want dis 'n probleem om 'n lyk oor die grens te kry, toe moes hul hom veras. Dis hoekom ek se daar is 'n Geestelike oorlog hier in Ghanzi, maar God se Woord is deel van ons hier soos die kos wat ons elke dag eet met al Sy beloftes daarmee saam,
                "Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra." Ps. 126:5-6

                "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy voornemens geroep is" Rom 8:28 en...

                "Jesus se: Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie." Joh 10:28 so al gaan mense dood ons gaan net huis toe, na 'n beter plek toe, Halleluja...maar hul word nog gemis, en daar is ouers wat oud en sieklik is wat eintlik nie sonder hul seun kan verder boer nie, ma's wat hul 9 jarige seuns mis, pastore wat met groot werk onder die boesmans besig is, kinders wat sonder pa's moet groot word, maar...dit ken jul seker almal...dis baie hartseer.

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Willem View Post
                  Hi Linda,

                  ons veg mos nie teen bloed en vlees nie , maar teen "power and pricipalities " ( oftewel Satan en sy volgelinge )
                  Eph 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
                  Eph 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
                  Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
                  Eph 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
                  Eph 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
                  Eph 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
                  Eph 6:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
                  Eph 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
                  Eph 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

                  Toe lees ek ook nog Henry ( nie onse Henry nie , oom Matthew Henry van e-sword faam ) se comment oor Matt 17:21 wat vriend ons oor gevra het hoekom in '83 vertaling vermis is , en die oom se dat lewendige geloof ; d.w.s verhouding met ons Here die krag het om berge te versit, maar sommige van die vyande sterker is en bietjie moeiliker is om uit te kry , dan moet jy vas en bid .... dis toe Hy verder verduidelik dat hoe dieper jou verhouding met God raak hoe sterker jou geloof raak want jy ken God en weet Wie Hy is en hoe Almagtig Hy is , dat die pennie vir my gedrop het.

                  God beskerm my met die helm en borswering en belt en skild en skoene, maar dis oor die verhouding ( lewendige elke dag verhouding met Hom ) dat dit krag het en die swaard .. he he he... die Woord , dieselfde wat ons Here Jesus self gebruik het elke keer as Hy duiwels uitgejaag of bestraf het, waarteen die duiwel en kie , geen defence het nie.... die naweek toe ek OTC bygewoon het , het die antie wat dit aangebied het gese dat dit is soos om vir die klomp in Jesus se naam te beveel om te gee pad en as hulle nie wil luister nie ( want ons het die gesag as God se kinders ) dan gaan jy na jou Hemelse Vader toe en se vir Hom die klomp wil nie luister nie en dan sal Hy hulle uitsort

                  Ek weet dis baie simpel gestel , maar dis so eenvoudig , jy is Sy kind en Hy sorg vir jou maar dis nie open season om nou te gaan wil Sataniste bestraf waar hulle bymekaar kom nie, laat Hy jou lei en laat Sy Gees jou in alle waarheid leer . Hy het belowe Hy sal.
                  Dankie Willem.
                  Ja die wapenrustig is nodig vir beskerming. Maar om 'n wapenrusting aan te trek moet 'n mens tog dus in 'n geveg of 'n oorlog wees. Is geestelike oorlogvoering dan so simpel soos lees die Woord, bid en die sekerheid van 'n verhouding met Vader??
                  Saved by Grace!

                  Praying for Mieke and Charles
                  Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

                  My testimony
                  http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by MercyChild View Post
                    Dankie Willem.
                    Ja die wapenrustig is nodig vir beskerming. Maar om 'n wapenrusting aan te trek moet 'n mens tog dus in 'n geveg of 'n oorlog wees. Is geestelike oorlogvoering dan so simpel soos lees die Woord, bid en die sekerheid van 'n verhouding met Vader??
                    Mens het kennis van die woord nodig ja, en geloof in YHWH. Maar so simpel nie regtig nie. Ek was al aangeval deur 'n persoon wat astrale projeksie gebruik het om inspraak te maak... Was glad nie pret gewees nie...
                    Soos ons seen uitspreek oor mense vervloek ander mens. Veral as mens grondgebied van hulle weg neem.
                    Een ding wat mens gewoonlik Vader kan vra is vir Engele, en 'n ring van vuur van die Heilige Gees af.
                    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                    Bemidbar 6:24-26
                    [Numbers 6:24-26]

                    Comment

                    • #11

                      Oorloegvoering sluit dus vloeke in? Bid ons teen dit, is dit die aanvalle waarteen ons moet staan? Hoe neem jy grondgebeid van hulle af? Is dit waar gebed deukom? Alles word natuurlik in Jesus se Naam gedoen?

                      Hoe weet jy wat van God af is, en wat van die bose af is?
                      Saved by Grace!

                      Praying for Mieke and Charles
                      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

                      My testimony
                      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by MercyChild View Post
                        Oorloegvoering sluit dus vloeke in? Bid ons teen dit, is dit die aanvalle waarteen ons moet staan? Hoe neem jy grondgebeid van hulle af? Is dit waar gebed deukom? Alles word natuurlik in Jesus se Naam gedoen?

                        Hoe weet jy wat van God af is, en wat van die bose af is?
                        Dit wat ek al gesien het ja. Een aand het 'n persoon, hoe se mens "manifested" in 'n selgroep. Ek het net die Vader geva vir beskerming van ons almal wat daar was asook die persoon wat gemanifisteer(?) het.

                        Die vloeke vra ek gewoonlik vir Vader om weg te was, dat dit glad nie invloed op my, die naby my en my vriende sal he nie. En dat Vader die persoon sal seen wat die vloek gespreek het. Soms weet hulle nie dat wat hulle doen verkeed is nie, soms doen hulle, maar wie is ek om iemand te vervloek?

                        Astrale projeksie word deur die kinders van satan gebruik. Wat gebeur het is dat die persoon my aangeval het en probeer skade aan my maak het in 'n sessie wat ek deur gemaak het.

                        Ek is al tydens 'n bevryding sessie deur iets aangeval toe ek 'n gebed ter versoening van freemasons in my gesin gedoen het. Dit het letterlik gevoel of iets my keel toe druk. Die een stadium kon ek nie praat nie, en na 'n intersessor gebid het en vir Vader gevra het om die mag weg te neem kon ek weer verder bid.

                        Ek as mens het geen krag nie! Slegs deur die Heilige Gees se leiding kan mens werk. Mens vertrou op YHWH, Jesus en die Heilige Gees.

                        Not by might, not by power, but by the name of YHWH alone....
                        'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                        Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                        [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                        Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                        [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                        Bemidbar 6:24-26
                        [Numbers 6:24-26]

                        Comment

                        • #13
                          Originally posted by MercyChild View Post

                          Hoe weet jy wat van God af is, en wat van die bose af is?
                          Wat is die verskil tussen Lig en donker??
                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor

                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment

                          • #14
                            Die beste manier van geestelike oorlogvoering:

                            Neem Jesus aan as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker;
                            Bly in Hom; bly staande; moenie terugstaan of wankel in jou geloof of dade nie.
                            Praat/lewe die waarheid.
                            Verkondig die evangelie.
                            Bid, glo en vertrou dat die Here jou sal beskerm.
                            Bid dat die Here se Wil geskied - nie joune nie, en ook nie die satan s'n nie.

                            Dus - gee die duiwel geen opening (foothold) om jou aan te val nie.

                            Nou ja, dit is ook so dat die Here soms vir satan toestemming gee om ons te toets of om ons lesse te leer wat ons sterker sal maak (lees maar die eerste hoofstuk van die boek van Job). In so 'n geval kan mens maar bid en bind maar jy gaan niks regkry nie. Vra maar liewers net vir die Here om jou genadig te wees en krag te gee.

                            (Wanneer ek onder persoonlike aanval kom vra ek dadelik vir die Here waar ek 'n opening gegee het, of watter les ek moet leer. Hy is getrou en wys dit altyd uit as daar iets is.)

                            Dit is soms so dat die duiwel ons sonder 'wettige' redes aanval, en dan gewoonlik om een of ander werk wat die Here in ons doen, of wat ons besig is om vir die Here doen te stop. In so 'n geval is 'gebeds-oorlogsvoering' belangrik.

                            As voorbeeld wil ek die volgende noem: ek werk in 'n Christenskool en ons doen baie evangelisasie onder ons (meesal) Katolieke leerlinge. Hier teen die middel van hierdie jaar het so 7 leerlinge binne 'n tydperk van 2 weke op die mees eienaardigste maniere sleg seergekry (tande uitgeval, arms gebreek ens.). Dis ongehoord! Dit was so erg dat ek en my kollegas in gebeds-oorlogvoering oorgegaan het. Die Here het die aanvalle onmiddelik gestop.

                            In die geval van vloeke - mens erf wel famielievloeke, en die kan mens bind in Jesus se Naam (Mt 16:19 en Mt 18:18). Ek het self ondervind dat baie van die vloeke waaronder my famielielede leef (en waaronder ek ook geleef het) outomaties oor my gebreek was die dag toe ek Jesus aangeneem het. (Indien jy belangstel kan jy my 'Study on Blessings and Curses' hier lees: http://bibleforums.org/showthread.php?t=198268)

                            M.a.w.
                            Wees gered
                            Doen wat reg is
                            Bly in Hom
                            Bid
                            Vertrou op God
                            Staan vas in die geloof
                            Last edited by paidforinfull; Dec 8th 2009, 04:26 PM. Reason: Byvoegings
                            Jeremiah 29:11
                            "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                            Comment

                            • #15
                              Originally posted by paidforinfull View Post
                              Die beste manier van geestelike oorlogvoering:

                              Neem Jesus aan as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker;
                              Bly in Hom; bly staande; moenie terugstaan of wankel in jou geloof of dade nie.
                              Praat/lewe die waarheid.
                              Verkondig die evangelie.
                              Bid, glo en vertrou dat die Here jou sal beskerm.
                              Bid dat die Here se Wil geskied - nie joune nie, en ook nie die satan s'n nie.

                              Ek stem heeltemal saam hiermee. Die Bybel leer ons tog niks anders as juis dit nie !

                              Comment

                              Working...
                              X