Announcement

Collapse
No announcement yet.

Romeine: vers vir vers

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Romeine: vers vir vers

    Ek maak hierdie draad oop om vers vir vers in detail na hierdie Boek te kyk. Almal se insette is welkom.

  • #2
    Sjoe Henry, julle is nie bang nie...

    Miskien moet julle bietjie meer struktuur gee en dit in verskeie drade doen. Dalk kan mens begin by 'n historiese agtergrond en inleiding en vandaar dit hoofstuk vir hoofstuk hanteer. Ek het net 'n idee die hele boek van Romeine kan dalk 'n te lywige affÍre word om in een draad te hanteer...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ

    Comment

    • #3
      Originally posted by CFJ View Post
      Sjoe Henry, julle is nie bang nie...

      Miskien moet julle bietjie meer struktuur gee en dit in verskeie drade doen. Dalk kan mens begin by 'n historiese agtergrond en inleiding en vandaar dit hoofstuk vir hoofstuk hanteer. Ek het net 'n idee die hele boek van Romeine kan dalk 'n te lywige affÍre word om in een draad te hanteer...
      Ek weet. Dis een van die "moeilikste" boeke in die Bybel. Vers vir vers is dalk bietjie optimisties, maar kom ons kyk wat gebeur. Ek voorsien 'n moewiese stryery oor Rom 1:4 want die Heilige Gees se vir die een ou een ding en vir die ander ou iets anders oor daardie vers. Ek weet nie of ons daar verby sal kom nie.

      Comment

      • #4
        Sjoe Henry, ek wou eintlik eers na die Desember vakansie hierdie ding aanpak en ordentlik saam met die ander moderators dit beplan het, want soos CFJ sÍ, Romeine is nie 'n boek wat jy sommer net gryp nie....
        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

        Comment

        • #5
          Originally posted by Lanie View Post
          Romeine is nie 'n boek wat jy sommer net gryp nie....
          Waarom nie? Dis 'n heavy boek en baie goeters daarin is moeilik vir meeste mense om te glo, maar ek bang hom nie.

          Comment

          • #6
            Henry

            Dis nie soseer 'n dat dit 'n boek is met goed wat moeilik is om te glo nie, maar dit is die dogmatieste boek in die Bybel en as mens hom vers vir vers wil bespreek, dan moet jy 'n baie goeie agtergrond van die boek hÍ. Dis nie net 'n hier jy 123 bespreking nie, 'n goeie predikantsvriend van my is besig met bybelstudie oor Romeine in sy gemeente, hy is nou al vir meer as 2 jaar besig en dit is 'n uur 'n week, hy kom nou eers die einde nader, so dit is 'n intense studie.

            Romeine raak ook vir baie mense kontreversiele sake aan, hier praat ek nie net oor homoseksualiteit en dies meer nie, hier praat ek oor die soewereiniteit van God en sy uitverkiesing van sy kinders, 'n Bybelse waarheid wat min wil aanvaar en dus groot dele van Romeine probeer verdraai om hierdie dinge te probeer wegsteek, dus as jy Romeine vers vir vers wil aanpak, gaan jy moet besef, as jy wil leer uit die boek en jy wil objektief en sonder vooropgestelde idees, dan gaan jy nie ander as om te besef hierdie waarhede is die Bybelse weg nie.

            Besprekings rondom Romeine kan ook baie warm word, veral a.g.v. die uiteenlopende sienings van mense hier, party verskil hewig oor Rom 7 bv. party probeer 'n 2de genadewerk in die boek inlees ens. ens. ens. en dit sal jammer wees as dit veroorsaak dat so 'n studie in die kontroverse forum gaan beland.

            So oorweeg a.s.b. goed voor jy so 'n studie hier aanpak en wat jy doel daarmee is, hoe jy graag die gesprek sal wil voer, want daar is kans vir groot verskille.

            Groete
            Phil

            Comment

            • #7
              Originally posted by Lanie View Post
              Sjoe Henry, ek wou eintlik eers na die Desember vakansie hierdie ding aanpak en ordentlik saam met die ander moderators dit beplan het, want soos CFJ sÍ, Romeine is nie 'n boek wat jy sommer net gryp nie....
              Lanie & Co,

              Ek dink dit is juis die tipe ondernemings wat mens moet aanpak en dalk moet mens hierdie draad gebruik om voorstelle te kry van almal, dan kan ons in moderators 'n besluit maak en kyk hoe mens dit sinvol kan doen. Dink net wat dit kan beteken as mens dit van die grond af kan kry!

              Ek en twee internet-vrinne het op 'n stadium begin om die Bybel stap vir stap te begin skryf in Afrikaans en het nooit besef watter geweldige groot projek kan mens seker sÍ, dit is nie. Ek sal dit graag wil voortsit, maar dit staan nou al 'n rukkie stil, net omdat mens te groot hap in die begin en dit dan nie gekou kan kry nie. Ek sluk nou nog aan daai hap en as ek alles net ingesluk kan kry, dan gaan die hare waai...

              Nee, ek spot sommer, maar mens sal dit reg moet beplan en ek dink nie hierdie draad sal deel kan wees van die hele gedoente nie, mens moet hier gesels oor al die moontlikhede en Phil het al reeds 'n baie goeie smakie gegee, van wat wag en dan moet mens dit reg hanteer.
              The Rapture

              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
              but I must confess, donít worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              itís before Godís wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              itís for all the people in the zoo
              think about it and refreshÖ
              you will see thereís no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhereÖ

              Comment

              • #8
                Paulus was “opgelei” as 'n Fariseer aan die voete van Gamaliel. Hy het die Ou Testament “op die punte van sy vingers” geken. Dis hoekom God hom gekies het om die grootste deel van die Nuwe Testament te skryf. God kon Paulus se kennis van die wet en die profete gebruik om Sy raadsplan en dit wat Christus gedoen het aan Paulus te verduidelik sonder om hom eers die agtergrond van voor af te leer.

                Fariseer beteken afgesonder. Afgesonder vir die wet en die profete? As mens na die opleiding van die ouens gaan kyk, is dit duidelik dat dit geweldig intensiewe opleiding was. Mens doen dit nie sommer vir die lekker – soos 'n pottebakkery kursus – nie. Mens kan daaruit aflei dat Paulus uitverkoop was aan God. Kyk maar net na die ywer waarmee hy op grond van sy beperkte kennis – Ou Testament – hierdie “nuwe beweging” vervolg het. (Sien Handelinge 22) Selfs wonderwerke het hom nie oortuig nie!! Jesus het die spulletjie so gesit kyk van daar bo af en by homself gedink, Die ou is nogal gedetermineerd. Ek sal hom kan gebruik. Ek gaan gou bietjie vir vir hom kuier en beduie hoe dinge eintlik werk.

                Jesus het 'n goeie joppie gedoen, want in vers1 vertel Paulus dat hy nou afgesonder is vir die Evangelie. Skielik kon hy duidelik sien hoe die hele OT vooruitwys na Jesus. Hy sien die tipes raak en hy sien hoe die profesieŽ vervul is in Jesus se lewe, sterwe en opstanding.

                Vers 3 is nogal interessant en het my genoop om na die geslagsregisters van Jesus te gaan kyk. Die Mattheus en Lukas weergawes verskil van mekaar. Waarom? Van Abraham tot by Dawid is hulle dieselle en dan begin die verskille. Dawid het twee seuns in daardie geslagsregisters, Natan en Jonathan. Die een geslagsregister is die van Maria en die ander die een van Josef. Dawid was werklik God se oogappel!!
                Last edited by Henry; Dec 3rd 2009, 08:18 AM.

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Phil Fourie View Post
                  Henry

                  Dis nie soseer 'n dat dit 'n boek is met goed wat moeilik is om te glo nie, maar dit is die dogmatieste boek in die Bybel en as mens hom vers vir vers wil bespreek, dan moet jy 'n baie goeie agtergrond van die boek hÍ. Dis nie net 'n hier jy 123 bespreking nie, 'n goeie predikantsvriend van my is besig met bybelstudie oor Romeine in sy gemeente, hy is nou al vir meer as 2 jaar besig en dit is 'n uur 'n week, hy kom nou eers die einde nader, so dit is 'n intense studie.

                  Romeine raak ook vir baie mense kontreversiele sake aan, hier praat ek nie net oor homoseksualiteit en dies meer nie, hier praat ek oor die soewereiniteit van God en sy uitverkiesing van sy kinders, 'n Bybelse waarheid wat min wil aanvaar en dus groot dele van Romeine probeer verdraai om hierdie dinge te probeer wegsteek, dus as jy Romeine vers vir vers wil aanpak, gaan jy moet besef, as jy wil leer uit die boek en jy wil objektief en sonder vooropgestelde idees, dan gaan jy nie ander as om te besef hierdie waarhede is die Bybelse weg nie.

                  Besprekings rondom Romeine kan ook baie warm word, veral a.g.v. die uiteenlopende sienings van mense hier, party verskil hewig oor Rom 7 bv. party probeer 'n 2de genadewerk in die boek inlees ens. ens. ens. en dit sal jammer wees as dit veroorsaak dat so 'n studie in die kontroverse forum gaan beland.

                  So oorweeg a.s.b. goed voor jy so 'n studie hier aanpak en wat jy doel daarmee is, hoe jy graag die gesprek sal wil voer, want daar is kans vir groot verskille.

                  Groete
                  Phil
                  Phil, ek voorsien 'n groot stryery, maar dis nie my doel nie. Die stryery gaan bloot ontstaan agv vooropgestelde idees. Vestings wat gebou is agv dinge wat jare lank verkeerdelik aan mense voorgehou is as die waarheid. As ek een of twee mense kan kry om met nuwe oe na die Bybel te kyk, is ek gelukkig.

                  Ek is redelik leerbaar, selfs op my gevorderde ouderdom en is oop vir oortuiging, maar dan moet dit wat ek geleer word sin maak in die lig van die res van die Woord.
                  Last edited by Henry; Dec 3rd 2009, 12:39 PM.

                  Comment

                  • #10
                    Romeine 1:4 vermoed ek sal die eerste kontroversieŽle versie wees. As ons hier verby kan kom, het ek hoop vir hierdie draad.

                    Eerstens, die Gees van heiligheid is nie die Heilige Gees nie. Later meer hieroor.

                    Jesus word na Sy opstanding as Seun van God verklaar. Hoe dan nou? In 3 gevalle wat ek so vinnig aan kan dink het God verklaar dat Jesus Sy Seun is. Toe die engel vir Maria vertel dat sy sou swanger raak, met Jesus se doop en met Sy verheerliking op die berg. Waarom dan Hom na Sy opstanding weer as Seun verklaar?

                    Want daar was 'n stadium in Sy lewe toe Hy nie meer die Seun van God was nie, toe Hy sonde gemaak is vir ons. (2 Kor 5:21) Hy het nie ons sonde gedra nie, maar Hy is sonde gemaak. Dis baie erger as wat ons besef. Die 22ste Psalm profeteer hieroor. Ook HebreŽrs 1 verklaar dat Hy na Sy opstanding die Seun van God geword het.

                    Comment

                    • #11
                      Henry,

                      Soos CFJ vroeŽr in die draag gesÍ het, ons gaan nie hierdie draad gebruik om die studie en bespreking van Romeine te doen nie. Ons soek eerder idees van julle as deelnemers oor hoe ons so draad gaan maak werk. Respekteer asseblief ons besluit om hierdie studie eers ordentlik te beplan, sodat dit ordelik sal wees en almal wat daaraan deelneem sal stig. Die studie sal afskop op die 4de Januarie... Jy kan solank vir ons voorstelle op hierdie draad gee, ek is seker jy het baie.
                      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                      Comment

                      • #12

                        Ja baas, herkou die vakansie bietjie aan die dinge wat ek tot dusver hier kwytgeraak het. Wees nou 'n vrou soos die mense van Berea en ondersoek die skrifte of wat ek aan julle voorhou, sin maak.

                        Comment

                        • #13
                          Henry, dit kom voor asof jy dink ek ondersoek nie die Woord nie, of dat jy dit beter doen as diť van wie jy verskil. Dink jy nie dis effens aanmatigend nie? Jy het 'n houding dat jy hier is om die res van ons iets te leer, maar dalk het die Here jou hierheen gelei om iets by ander te leer. Net 'n gedagte....

                          Groete
                          Lanie
                          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                          Comment

                          • #14
                            Originally posted by Lanie View Post
                            Henry, dit kom voor asof jy dink ek ondersoek nie die Woord nie, of dat jy dit beter doen as diť van wie jy verskil. Dink jy nie dis effens aanmatigend nie? Jy het 'n houding dat jy hier is om die res van ons iets te leer, maar dalk het die Here jou hierheen gelei om iets by ander te leer. Net 'n gedagte....

                            Groete
                            Lanie
                            Ja baas. BÍre nou die mes asseblief. Ek bloei al erg.

                            Comment

                            • #15
                              Henry, moenie so melodramaties wees nie. Ek is glad nie lelik met jou nie, ek gesels met jou.
                              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                              Comment

                              Working...
                              X