Announcement

Collapse
No announcement yet.

Skei of nie?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Skei of nie?

    Vanaf draad "Egskeidings"



    Baie dankie RR en CFJ.



    Ek sit met 'n nuwe probleem. Dit gaan nou snaaks klink maar ek dink nie die mense moet meer bid vir my vrou nie. Waar gaan ek begin...
    Sy het 11 dae na haar encounter verkoue en seer keel gekry en dit is binne die 10-20 dae wat HIV as Flu like symptoms kan voorkom. Ek is regtig oortuig sy het HIV opgetel al was sy by die warmwaterbronne in Nylstroom. Die persoon sou verseker nie net haar met die trick gevang het nie en vigs is 'n werklikheid, in ons land meer as op enige ander plek. Ek het voorgestel ons wag drie en ses maande en doen toetse, maar ek kan haar tog nie skei oor sy HIV postief is nie, maar ek kan haar nou skei oor owerspel.
    Ek wil nie lelik wees nie maar as kinders die mail lees en hulle verstaan die terme, dan is hulle seker oud genoeg om te besef waaroor dit gaan. Dit gaan nou met haar soos dit daai tyd met 'n vrou gaan en in die oggend kan sy nie net o vir my he as haar man nie, en as sy wil kuier met mans gaan sy kuier, en in die aande sms sy my en s sy kan nie van my skei nie. En nee, nie ek of sy is mal nie. Ek kom mal voor omdat ek God se wil wil doen, maar eintlik is ek stil en praat nie maklik nie - Introvert. Ek observeer meestal.

    Ek vemoed dit is die gebede wat maak dat sy so drasties verander want sy sal sommer s: "...as ek dit doen laat ek jou en God in die steek." Dit was eintlik scarry. Wat ek doen as sy HIV positief is? Moet ek nou haar straf saam met my dra want ek word ook gestraf as ek by haar bly?
    Ek voel so sterk hieroor dat as God my in die hel wil gooi omdat ek skei dan moes ek maar nie in die hemel gewees het nie en wil dan ook nie daar wees as dit is hoe God met mens maak nie. Dit klink seker amper rof, maar ek wil 'n regverdige God dien en al Sy reels maak vir my 100% sin, maar om getroud te bly in die geval?

    Sy het oor 'n jaar sy tyd vier keer ges ons huwelik was 'n fout waarvan die eertse keer in 'n Word doc was wat ek nie moes sien nie. Hoekom nou nadat sy amper een keer 'n glips gehad het as ek haar nie uitgevang het nie, daarna met mans op Mxit was en toe saam met die ou in Jhb gaan slaap het, nadat ek vir haar ges het, 'n jaar voor dit gebeur het, dat hy haar net gaan gebruik en ek ges het sy gaan alleen Jhb toe om die dinge te doen, met my gestry het. Sy gaan kuier vir haar ma, wat waar is, maar dit bly nie daar nie.
    Ek gaan haar kans gee tot volgende week dat haar vlakke stabiel is en haar weer die opsie gee om van my te skei en as sy dan nie wil nie dan moet ek maar, want ek gaan nie soos 'n aasvol sit en wag nie. Sy is hier weg met trane of ons dit nie kan hou soos dit is nie, bedoelende sy bly op haar eie maar ons is getroud, waarna ek ges het ek gaan nrens. Dan kom sy terug, ek vry haar, en 'n dag later vind ek uit sy kan HIV positief wees. Ek weet deur die soen is dit nie maklik om aan te steek nie maar ek byt my wange knoppe binne van stress en die laaste week en 'n half byt ek my tong op die punt dat ek wakker word van die pyn. Hoekom dit all of a sudden gebeur weet ek nie. My nog nooit oorgekom nie. Nou, as haar keel rou gehoes was van die verkoue, het ek 'n klein probleem. Gelukkig het dit by vry gebly, dank die Vader, alhoewel ek uit my hart meer wou gee, maar dit daar gelaat.

    Dit is hoe ingewikkeld my lewe nou is. As ek moeilik met haar was het sy nie twee keer gedink om van my te skei nie maar nou bly ek rustig omdat ek so lief is vir daardie vrou dat ek haar net die heeltyd wil vergewe. My broer s natuurlik ek is siek in my kop en hy ken die naglewe. Dalk is ek tog mal....Ek verdedig haar nog dan s hy vir my wat het gebeur. In tussen gaan ek deur haar storie, tel verskille op, bevraagteken dit, en dan kom dit uit wat my broer ges het wat werklik gebeur het. Ek moes maar 'n paar keer vir hom gaan s hy was weereens reg.

    Sy s sy kan nie my bybelse vrou wees nie, bedoelende onderdanigheid is uit. Sy doen wat sy wil of ek nou saamstem of nie. Sy gaan alleen vir haar ma kuier. Hoe kan dit werk? Dit na wat gebeur het? Sy noem dit "haar spasie". Waar pas ek in in die huwelik? Ek het juis getrou omdat ek nie meer alleen wil wees nie.
    Ek weet presies wat haar spasie doen. Sy wil nie altyd saam met my wees nie. Wat help dit. Sy maak droog maar sy maak asof dit my skuld is ek vertrou haar nie. Dan vang ek haar jok, dan kraak ek haar af as ek haar daarop wys. Sy weet hoe voel ek oor leuns en dan jok sy vir my en vertel in detail hoe hulle eers proteksie gaan koop het nadat daar eers sigarette gekoop is, wat nooit die geval was nie. Ag nee, dis siek, siek. Hoe erg is dit as iemand vir jou NET jok.

    Ek is regtig lief vir my vrou maar sy jok vir my, sy luister nie as ek vir haar die rooi ligte wys nie, ons is getroud en sy laap rond en chat mans op wat my seermaak, sy s self ons huwelik is 'n fout vir 'n jaar (was by 'n Dr in April 2009 en Pastoor(FH) Oktober 2009 ek dink,maar die pastoor wil h ek moet saam met my vrou drink, jammer maar hy is laf.Ek los nie sonde om net daarmee te begin nie. Hoekom volg sy nie my voorbeeld nie? Interessant hoe die mense werk. Hulle s mens moet mekaar nie verander nie maar ek moet leer drink...ja, seker nie suip nie, maar wat as ek later nie meer kan stop nie? Is dit dan my skuld of FH sin? Lang storie eintlik)

    My hart wil haar 'n tweede kans gee maar my kop en logika s ek gaan dit berou.
    Sy wil as sy alleen is in die aande nie skei nie. Sy het vir my al 'n paar keer ges sy berou wat sy gedoen het maar tog s sy sy kan nie net o h vir my nie. Dan is dit mos uit?
    As sy alleen Jhb toe wil gaan na wat gebeur het, hoe seer gaan dit nie wees nie as ek elke keer in my gedagtes wonder waar is sy regtig? Ek is moeg vir die tipe pyn. Dit vreet aan my soos kanker. Ek het nog altyd gedink dit gaan gebeur deur dinge dop te hou en toe het dit my al gevreet, alhoewel het dit maar vir myself gehou het.
    Last edited by Forgiven Sinner; Jan 8th 2010, 07:17 PM.

  • #2
    Forgiven Sinner, Ek wil nie regtig veel praat oor die meriete van 'n egskeiding, aldan nie. Die Bybel is baie duidelik dat egskeidings wel toelaatbaar is om twee redes. Enersyds as die een party nie 'n gelowige is nie, en andersyds as daar egbreuk plaasgevind het. Uit die inligting wat jy verskaf, blyk dit dat jou vrou aan albei skuldig is, en is jy dus heelemal "geregtig" daarop om te skei. Die feit van die saak is egter dat egskeiding nooit God se eerste keuse is nie, en as dit enigsins moontlik is, moet daar gepoog word om versoening te bewerkstellig. Ek verskil dus van jou dat daar nie meer vir jou vrou gebid moet word nie - die Here is in staat om enige mens te verander, en 'n ongelukkige huwelik te omskep in 'n hemelse huwelik, mist albei partye wedergebore is en 'n begeerte het om 'n sukses daarvan te maak....... Dis nooit te laat om te bid nie. Maar of jy moet skei of nie, dis iets wat jy persoonlik met die Here moet uitmaak, niemand anders kan werklik vir jou raad gee nie.

    Maar daar is 'n ander rede waarom ek hier reageer. Dis duidelik dat jy bitter seer het, en dat jy baie verward en onseker is. En ek wil jou versker, die Here weet van jou seer en jou vrae. Glo my, al verstaan ons nie altyd waarom ons omstandighede is soos dit is nie, God is en bly in beheer, en Hy maak nooit 'n fout nie. Maar ek wil regtig 'n ernstige beroep op jou doen om hulp te kry om alles te verwerk. Jy het berading dringend nodig. Jy se in die ander draad jy was by jou pastoor, en dat jy nie tevrede is met die raad wat hy jou gegee het nie. (uit die inligting wat jy verskaf, kan ek jou nie kwalik neem nie...) Maar soek dan iemand anders. 'n Christelike berader, iemand wat self wedergebore is en wat in staat is om jou te help. Moet die saak nie net daar laat nie, asseblief! Die emosies wat jy nou ervaar, is soos 'n drukkoker wat stadig maar seker stoom opbou, en een of ander tyd gaan ontplof, as daar nie iets aan gedoen word nie. Asseblief, gee ag op wat ek vir jou se, dis belangriker as wat jy mag dink.

    Sterkte! Onthou, daar is mense wat vir jou bid.

    Comment


    • #3
      Hi Forgiven Sinner.

      Jy beleef hartseer en wroeging wat enige mens kan knak. Ek wil jou net dankie s vir jou storie. Jy besef dit dalk nie, maar jy is werklik 'n inspirasie en ek is seker ek is nie die enigste wat so dink nie. Jy stel jou Skepper eerste, Sy belange en liefde vir jou ag jy meer as jouself. Ek glo dit is 'n sterk voorbeeld waarna elkeen van ons moet streef na. Ons is geneig on so vinnig weg te hol as moontlik as dinge bietjie swaar raak.

      Dit is vir my 'n "eye opener", om iemand te sien wat deur so 'n ondraaglike pyn gaan en steeds so 'n sterk liefde het veral vir jou vrou. Jou o is waarlik gefokus op Jesus, ek kan nie sien hoe enige normale mens sonder Hom so kan wees soos jy nie.

      Ek WEET nou jy sal hiedeur kom, jy is beslis in goeie hande!

      Comment


      • #4
        Hebreers 4:15 - 16
        " Want ons het nie n hopriester wat nie met ons swakhede medelye kan h nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
        Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word."


        As 'n buitestaander wil ek jou ook bemoedig. Die groot "Ek is....", is tot alles in staat. Ek weet nie of jou vrou waarlik wedegebore is nie. As sy nie is nie, kan jy hierdie skakel volg en dit met haar deel. Ek weet nie waar jy bly nie, maar jy is welkom om met een van ons Pastore te skakel. Ek kan jou verseker hulle sal op 'n Woordgebaseerde wyse vir jul berading gee. Ons het 'n behoefte om met mense te deel wat die Here nodig het.

        Dit is NOOIT te laat nie. Die versekering wat die Woord van die Here ons gee is dat daar vergifnis is. Jy en jou vrou KAN altwee nog saam die ewige lewe ingaan.....ongeag wat die uiteinde van VIGS/AIDS is. Die dood het GEEN houvas op ons as ons waarlik wedergebore is en gereinig is van ALLE ongeregtigheid nie. Jy kan God op sy Woord neem.

        Numeri 23:19
        " God is geen man dat Hy sou lieg nie; of n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets s en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?"

        Hebreers 6:18
        "... sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan h, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorl;"


        Ek dink aan julle.

        Comment


        • #5
          Baie dankie vir die bemoedigende woorde. My woord orde laat soms veel te wense as ek my eie briewe weer lees en dan neuk die wireless keyboard ook nog rond.

          Gene, ek wil gou 'n scenario skep.
          Kom ons s ek vat 'n vet kans en skei nie, wat van die HIV? Ek is erg as dit by higine kom. Ek weier om in publieke swembaddens te swem as voorbeeld. Watter intieme verhouding sal ek met my vrou h as ek wonder of als nog reg en in plek is wat moet wees? Ek s altyd, wat is die verskil tussen my vrou en 'n vriendin? Is dit nie die seksuele nie? Ek kan my alles deel met 'n vriendin en sy kan saam met my op vakansie gaan maar die seksuele is vriendskap op steroids. Dit is die ultimate en dit hoort tussen man en vrou. Nou sit ek met 'n vriendin en ek het 21 maande gelede getrou om 'n vrou te h. Ek weet, dit klink rof om te s ek wil skei omdat my vrou HIV positief is, maar ek dink mens moet na die omstandighede kyk.
          Dis soos as jou kind geskiet word. Hy word geskiet deur die polisie omdat hy besig was om 'n moord te pleeg of hy word geskiet waar hy sy gesin verdedig. In altwee gevalle is jou seun geskiet, maar jy sterf onder verskillende omstandighede. Die een is dit sy verdiende loon en die ander geval bloei my hart vir hom. Ek het ook in my vorige brief ges dat as ons nie nou skei nie weet ek nie of ek sal kan as ons oor drie of ses maande uitvind sy is HIV positief nie, en al is sy nie, wat moet ek doen as sy nie net o vir my kan h nie? Kom ons gaan gou terug tot ongeveer Mei 2009, en julle kan al my briewe link en vrae vra, en kyk of my storie die heeltyd klop. Daar is op die engelse forum ook baie detail.
          Ek tik die minimum detail maar ek sal maar meer vleis omsit.
          In Mei rond, as ek reg onthou, die inligting is op my pc erens, was ek saam met my broer na 'n Fully For Jesus kamp wat naby Vaalwater gehou was. Merkwaardige omkeer gewees daardie. Ek was altyd bang hy gaan hel toe en vandag is hy 'n beter mens as ek. Alweer af van die punt maar ek moes spog met my broer. Tydens dit was ek voor die keuse geplaas of ek Sondae wil bystand doen of ander werk wil gaan soek waarop ek ges het ek werk nie op Sondae nie hulle moet my maar jaag. Gelukkig het die vier skofstelsel platgeval nadat ek en my vrou gebid het, en prys die Here, want ek sou 'n redelike werk moes kry om al my rekeninge te betaal. In die tyd wou ek nie my vrou s van die werksprobleme nie om haar die stres te spaar, in the mean time, back at the ranch, sien sy sy kry nie aandag nie en begin 'n ou by die werk opchat want hy lyk cool en ek is maar die gevrekte tipe. Waar sy agter my moes staan en my “hulp” wees was toe niks. Daar word kaal kaal foto's gestuur vir mekaar en sy begin vir my vertel sy het spasie nodig om haar kop straight te kry en sy sal by 'n oord in die dorp inboek. Ek vermoed iets en s sy is besig met onheiligede en daar kalf ek want ek dink sy wil net rondloop en dis nie waar nie en ek vertrou haar nie. Ek volstaan toe by my nee. Ek weet nie hoeveel dae later was dit nie maar iets s vir my ek moet op haar foon kyk. Sy bad en ek is op haar foon. Ek haat dit want sy het reg tot haar privaatheid en sy het even haar eie study gehad as sy ruimte soek. Ek maak toe of ek met die hond speel en sy wil die heeltyd weet wat maak ek. Daar vind ek toe die interessantste goed. Sy kom toe met als uit en dat sy hom wou ontmoet maar sy weet nie of sy die moed sou gehad het om saam met hom te slaap nie, wat onwaar is want sy het my gewys sy kan dit doen. Sy het so berou gehad en gehuil dat ek naderhand sleg gevoel het. Nou, as sy soveel berou gehad het, en ek het haar vergewe, en ons was vir drie maande se behandeling en vir twee ure(want ek het geweet een uur sal te min wees) by die pastoor in Kempton,en ek het die sielkundige sy 105 beeste gewet dat dit weer gaan gebeur(mind you, hy skuld my my 105 beeste), en glo my, sy berou dit, dan gaan maar net weer dieselfde gebeur. Inteendeel, die tweede keer is erger as die eerste keer. Ek het vir haar na die eerste flirt ges ek leer haar net slim en dan maak sy nie weer dieselfde foute nie en dit was die geval. Sy moes van mxit afbly en vir my vra voor sy mansvriende op Facebook add.Wat sy toe doen is om haar foon te sluit, al haar sms’e, Sent Items, Received Calls, Dailed Numbers ens. skoon te maak voor sy by die huis kom. Sy laai Mxit op haar Laptop en laai WinClear om haar spore dood te maak. En daar word vir my ges sy soek haar privaatheid (sodat ek nie op haar PC grou nie).
          Sy laat my dink aan mense wat TIK gebruik. Hulle weet dit verteer jou en jy gaan sterf, maar hulle hou net aan. Ons het elke aand op ons knee saam gebid. Een aand my beurt, een aand haar beurt om haar oefening te gee want sy het daarmee gesukkel, en elke liewe aand was ons huwelik deel van die gebed. Laat ek die goed lys want daar gaan voorstelle kom en dan gaan dit klink asof mense punte gemis het wat ek genoem het:

          1) Sy het een keer geflirt as mens dit so kan noem. Behandeling gekry en vreeslike berou was daar
          2) Vyf maande later wil sy vir haar ma gaan kuier en ek s ons kan die week na dit gaan weens goed wat gebeur het. Sy trek uit by my
          3) Twee weke later, nadat sy uitgetrek het, mail en sms sy die ou wat sy mee geflirt het in Mei, maar hy het haar nie geantwoord nie want ek het hom gaan besoek en mooi verduidelik dat ek nie weer soos ‘n Christen met hom gaan werk nie. ‘n Maand of wat later Mxit sy twee of drie ouens en sy s sy gaan my skei. Sy haal haar ring af en s op Facebook sy is nie getroud nie. Ons is getroud maar sy adverteer haarself
          4) So sewe maande na haar eerste flirt, slaap sy saam met die ou wat ek haar 'n jaar gelede gewaarsku het, wat haar vriend was op skool, wat self 'n meisie het met 'n dogtertjie,en sy is weer baie jammer.
          5) Sy wissel. Dan kan sy alleen wees maar sy soek my in haar lewe, dan kan sy nie net vir my o h nie, dan is sy spyt, dan was sy nog nooit so lief vir iemand soos vir my nie dan wil sy alleen dinge doen en dit sluit alleen kuier by haar ma in
          6) Ek het gehoop sy sal speen maar sy bel haar ma, of haar ma bel haar ten minste twee keer per dag, maar dit kan tot vyf keer wees. Dis nie normaal nie. Haar ma neem my plek in en dan sit ek en luister hoe sy en haar ma oor dinge praat wat sy nie met my gedeel het nie. Haar ma word ook redelik op hoogte gehou van wat in die slaapkamer gebeur soos ek pla nou weer en sulke goed. Niks detail soos ek op 'n sms kon aflei nie.


          Tussen punt drie en vier, net voor sy 16 Dec ‘09 Jhb toe is om vakansie saam met haar ma te hou, want sy wil nie altyd als saam met my doen nie, was sy in trane by my om te vra of ons dit nie so kan hou soos dit is nie (dit link met wat ek reeds genoem het) en ek het ges ek gaan nrens. Daarmee het sy bedoel ons altwee bly op ons eie maar ons bly getroud. Ek het haar elke liewe aand nag gesms en more gesms terwyl sy seker vir die eerste maand niks met my te doen wou gehad het nie. Daarna het ons baie by mekaar gekuier, naweke DVD’s saam gekyk. Soms het sy saam kerk toe gegaan. Soos wanneer mens mekaar date.


          Terwyl sy met verlof is maak ek planne om ons weer bymekaar te kry en ek besluit ek sal self my eie kos maak, die huis skoonmaak, sy kan drink soos sy wil, sy mag maar vloek(want ander kan sy nie haarsself wees nie en versmoor ek haar) en alleen vir haar vriendinne en ma in Jhb gaan kuier(dit was voor ek van die saam slaap op 17 Dec geweet het). Al wat ek van haar verwag het is om net een man te h en die rook te los, wat sy drie jaar gelede gelos het toe ons ontmoet het en ek moes gister uitvind dat toe ek by Angus was in KZN het sy daardie paar dae sigarette en Amarula gaan koop, gerook en gedrink. Ek haat die reuk van rook en ek sal nie kan slaap as sy by my neus asem haal nie en ek sou ges het sy kan naweke rook as sy dan drink. Ons sou ook saam gaan jol het maar dan drink ek net koeldrank want dit was een van haar redes hoekom ons uit is. Haar lewe gaan by haar verby saam met my.


          Hier is soveel goed wat die huwelik skade doen maar niks het skei regverdig nie en owerspel doen, alhoewel CFJ iets ges het wat ek mee saamstem, dat as sy bekeer moet ek haar vergewe, en sy het berou maar so het sy in trane berou gehad toe sy geflirt het. Ek weet dit gaan weer gebeur. Dit is asof my vrou uitkom as daar pyn is en as die pyn oor is dan begin die heks stadig maar seker uitkom.
          Ook het ek haar vroeg vroeg in ons verhouding laat verstaan sy "act" en toe s sy vir my: "Ek gaan nie met jou trou en dan spring die heks uit nie." Dus het sy presies geweet waarvoor ek bang is. Ek het haar gejaag op nege maande wat ons uitgegaan het oor haar houdingsprobleem en toe verander als en so het dit gebly tot omtrent agt maande na ons getroud is, plus die nege maande voor die troue wat ons nog uitgegaan het. Ek was so bang vir trou, ek het enige plan gemaak om vir tyd te speel. Eers moes sy haar diploma kry, waarvoor ek betaal het, toe moet sy haar kar en skuld klaar betaal want ek kan nie nog haar laste dra met die huis en kar wat ek gekoop het en die geld wat ek beplan het om vir haar te gee om die troue te hou wat sy begeer nie.Maar ja, ek het my hart een keer gebruik en nie my kop en logika nie en nou sit ek.


          Dis soos my gryse moeder. Nou vra sy waar is my vrou dan vertel ek haar nie al die glipse nie. Dan gee sy raad dat die kranse kan antwoord gee en ek sit daar en weet die raad wat sy gee help niks want sy ken nie die hele storie nie. So gaan dit hier ook.


          Iemand gaan nou-nou vir my s hulle kan nie vir my s om te skei nie. Dis nie wat ek wil hoor nie. Mens verloor soms perspektief omdat jy self in die probleem is en dan maak jy dom besluite. Ek probeer om die volgende redes in plek te hou vir skei:

          1) Owerspel - Het gebeur 22 dae gelede. Ek sal nie die flirt daarby sit nie alhoewel sommige mense se jy kan want haar hart was nie by jou nie, wat seker sin maak want as jy net in jou gedagtes 'n ander vrou begeer pleeg jy owerspel
          2) Sy moet van my wil skei - Vir meer as 'n jaar was ons huwelik 'n fout volgens haar,kort kort wou sy uit en is toe uit. Sondag voor ek geweet het van die owerspel het ek my plan met haar bespreek en toe was daar nie vir ons 'n toekoms nie.Maandag tot Woensdag op email wou sy skei en Donderdag en Vrydag begin dinge draai.
          3) Sy moet s sy gaan nog ander mans op chat en seksueel verkeer - Haar woorde: "Ek weet nie of ek dit sal doen nie. Ek voel ek het my les geleer"
          4) Sy kan nie my bybelse vrou wees nie - Dit kan sy nogsteeds nie vir my gee nie
          5) HIV - Groot issue as sy dit het

          Punt 3: Sy "weet nie of sy ander mans gaan op chat nie" en sy "voel" sy het haar les geleer, Bly 'n fout. As sy na als "nog nie weet nie" gaan sy nooit weet nie.

          Sy wil alleen na haar ma gaan. Net op daai punt, wat moet ek doen. Wie op die aarde sal sy vrou vertrou na wat gebeur het? Onthou, sy was net so hartseer oor die flirt en sy kon nie glo sy het my so seer gemaak nie en ek het dit nie verdien nie, maar sy het hom weer probeer op chat. Al daai mooi woordjies was in plek EN na dit als gaan doen sy iets ergers. Is ons Christene nou maar Punching Bags? Ek weet sy gaan dit weer doen maar ek moet haar maar vergewe. Dan kry ek vigs en dan vergewe ek haar. Dan loop sy weg en los my met vigs en ek moet haar vergewe. Dan het ek my vrou verloor, my geluk om ooit weer 'n gesin te kon h en ek sterf oor 8 tot 10 jaar want ek gaan NIE die pille drink nie. Lekker punching bag.....Ek verstaan ‘n Christen se eienskappe maar is daar ‘n punt waar ons ook gelukkig kan wees. Die slim antwoord is natuurlik: “As Christus in jou is dan ervaar jy werklike vreugde, nie aardse vereugde nie. Dit is die vreugde wat jy beleef al gaan dit hoe swaar.” Mooi woorde vir iemand wat klaar ‘n gesin het...

          Comment


          • #6
            Hi FS,
            Hoe gaan dit nou? Ek het eintlik nie nuwe raad vir jou nie, al wat ek vir jou kan se, is dat dit twee mense vat om 'n huwelik te laat werk. As jou vrou nog wil aangaan soos sy tot nou aangegaan het, kan jy so hard werk as jy wil, dit sal nie regkom nie. Julle sal altwee julle volle samewerking moet gee, sy sal weer jou vertroue moet wen, en soos Gene gese het, julle altwee moet vir berading gaan. Geen leuens meer, en geen "eie spasie" nie, dit is waar die onheil uitbroei. In ieder geval, dink ek jy moet vir berading gaan, wat ook al jou uiteindellike besluit is. Sou julle besluit om te probeer om die huwelik te red, het jy die volste reg om te eis dat sy vir toetse gaan om die vigs vrees uit te skakel. Sterkte!!!! en my gebede met jou.

            Comment


            • #7
              Ek wou op E-Sword gaan kyk hoeveel keer lees ons in die Bybel...."Wees getrou". 'n Huwelik gaan immers oor getrouheid. Dit is moeilik om iemand weer in jou vertroue te neem, veral herhaaldelik! Ek was verstom om die frase net EEN (1) keer in die Bybel te vind.

              Openbaring 2:10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking h. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

              Die gedeelte wat vir my uitstaan in die vers:
              "Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee."

              In 'n ander gedeelte lees ek die volgende:
              Johannes 21:21 Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?
              Johannes 21:22 Jesus antwoord hom: As Ek wil h dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.

              Daar gaan 'n tyd kom, hoe hartseer ookal, dat ons ons nie meer oor ander moet of kan kwel nie, hetsy 'n man/vrou/kind/familielid/vriend. Ons sal moet sorg dat ONS (ek en jy) gereed is as Jesus kom!

              Comment

              Working...
              X