Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wat is wedergeboorte?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Wat is wedergeboorte?

    Ek het in my soeke die Nuwe Testament seker al 10 keer deurgelees en party boeke meer kere as dit - alles behalwe Openbaring en ek begin wonder waaroor dit presies gaan. Wat is dit? 'n Ontmoeting met Jesus?? Daardie antwoord maak nie sin nie, want Jesus is in die hemel en ons is hier op aarde. Daar is wel mense wat getuig dat hulle hom in lewende lywe ontmoet het, maar ek dink dis die uitsondering.

    Waarom is dit nodig om wedergebore te word voordat mens hemel toe kan gaan? Ek het 'n paar dinge raakgesien in die NT, maar dan lees mens op 'n forum soos hierdie, ander dinge? Ek dink dis veiliger om die Bybel te glo as die menings van mense, maar is daar dalk iemand wat my presies kan vertel wat met my gaan gebeur as ek wedergebore word? Hoekom is die mense in die Ou Testament nie wedergebore nie?

    Ek het tydens my lesery 'n klomp dinge raakgelees wat ek nog nie in enige kerk waar ek was gehoor het nie nie 'n susterskerk of in die charismatiese kerke nie en dit skep vir my 'n probleem. Ek het 'n rukkie lank hier rondgedwaal en kon ook nie hier 'n antwoord kry wat sin maak nie.

  • #2
    Hallo Freek en baie welkom by ons! Vir eers net eers die volgende. Die feit dat Jesus in die hemel is en ons op die aarde, verander nie die feit dat mens Hom werklik persoonlik kan ontmoet nie. Hy is eerstens alomteenwoordig en dan s Hy die volgende,

    Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.
    (Joh 15:26-27 AOV)

    Ek kan getuig dat ek Hom persoonlik ontmoet het in 1987 en my hele wese het verander. Ek was werklik 'n nuwe mens en die Skrif het my baie gehelp om te verstaan wat met my gebeur het...

    Daarom, as iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
    (2Kor 5:17 AOV)

    dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet afl wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
    (Efe 4:22-24 AOV)
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere


    Comment


    • #3
      Hi Freek en welkom hier.

      Ja dis maar moeilik, want almal is 'n kenner en op die internet is dit so maklik om as gesaghebbend oor te kom. Jy is heeltemal reg, die Bybel is al wat gaan uithelp. Kom ons begin by 'n punt, 'n plek waar Jesus begin het, wil jy nie vir eers Johannes 3 lees nie, dan praat ons verder.

      Ek sal binnekort huistoe gaan, maar sal later weer loer of jy iets hier geskryf het.

      Groete
      Phil

      Comment


      • #4
        Freek,
        Jy weet seker van Joh. 3 se bespreking oor wedergeboorte. Wedergeboorte is die inplanting van die lewe van God in die mens (Joh. 3:6). Soos ons gebore is, het ons net deel aan die gevalle natuur van Adam af. Dit is wat ons ook die erfsonde noem. 'n Mens is nie in die eerste plek verlore op grond van sy eie sondes of afvalligheid nie, maar eintlik omdat hy in sonde gebore is soos wat die meeste evangeliese belydenisse ook leer. In ons natuurlike staat is ons "dood" (Ef. 2:1). Wanneer mens wedergebore word, gaan jy oor uit die dood in die lewe (Joh. 5:24).

        By jou eerste geboorte is jy gebore uit twee kragte, 23 van die pa en 23 van die ma wat 46 uitmaak vir die unieke nuwe skepsel. By die tweede geboorte ook, die Woord en die Gees het saamgespan om 'n nuwe skepsel in jou tot stand te bring, 'n geestelike wese wat instaat is om die ewige lewe saam met God te kan deel.

        Alle mense wil, wanneer hulle tot hulle verstand gekom het, gewoonlik weet: "Wie is ek en waar kom ek vandaan? Mense gaan soms ook na heeltemal verkeerde plekke om antwoorde op die vrae te kry. Maar kom ons glo wat die Bybel hieroor te s het. Mens kom direk van jou ouers af, maar indirek van Adam af, en hy kan net volgens sy eie aard mense voortbring (Gen 5:3). Die gevalle Adam kon net gevalle wesens tot gevolg h (Rom. 5:12). Ek en jy het dus ons lewe hier op aarde begin as gevalle, sonige aardse wesens wat nie geskik is vir die hemel nie. Dit is die slegte nuus. Die goeie nuus is dat, toe jy en ek tot die saligheid in Jesus Christus geglo het (Hand. 16:31), het God die tweede geboorte (van bo af) in ons hart laat plaasvind. Daardeur het ek en jy (as jy ook wedergebore is) 'n nuwe natuur ontvang, van God in die Hemel, sondeloos en nie instaat om ooit iets anders as sondeloos te wees nie!. (1 Joh. 3:9).

        Daar is ons nou as Christene, heeltemal anderse wesens! Ons is een persoon met twee nature, twee geneigdhede, twee moontlikhede en twee stelle voorkeure en afkeure. So, ja, ons probleme is na wedergeboorte nie heeltemal verby nie! In teendeel, in 'n sekere sin het ons probleme nou maar eers begin. Maar, by dit alles moet ons nooit vergeet nie dat ons, in ons Adamise natuur alleen, totaal hopelose sondaars was, op pad na die hel. Maar nou, as wedergeborenes, is ons sonder enige twyfel op pad na ons wonderbare hemelse bestemming. Ons was op pad hel toe, maar God het ons losgekoop met 'n gawe wat sy Seun aan die kruis ten volle betaal het. Moet nooit vergeet waarvandaan God ons gaan haal het, en waarheen Hy ons gebring het nie. Hierdie kennis is die petrol wat ons aan die gang hou en tot sy diens inspireer. Onthou hoe 'n genadige God jou lot totaal omgekeer het!

        Goed, daar is nog 'n paar probleempies, klein probleempies as hulle vergelyk word met die oorheersende gawe wat ons reeds ontvang het. En die probleme wat daar nog is, word duidelik in die Woord aangespreek en die oplossing word aangebied.

        LS Chafer het ons probleem so gestel:

        Twee nature woon in my liggaam
        Een is vervloek en die een gesen
        Die een sal ek bemin en die een verag
        Die een wat ek koester sal die wenpaal haal!

        Dus, gee kos aan die nuwe natuur en laat die oue verhonger. Gal. 5 s hierdie twee nature stry teen mekaar, maar ons is nie net passiewe toeskouers in die geveg nie. Die een vir wie ons kos gee, gaan sterker wees en gaan die oorhand kry.

        Maar daar is na wedergeboorte nog iets wat ons van moet kennis neem. Die persoon wat ek was voor wedergeboorte, het wettiglik eintlik by wedergeboorte gesterf (Rom. 6:6). God kyk na ons asof daardie persoon met alles wat hy was en wat hy gedoen het, nie meer bestaan nie. Nou verwag God van ons om self ook so na die ou mens te kyk. Ag hom as dood en gee al die aandag en erkenning aan die nuwe een wat in sy plek opgestaan het. Moet dus nie daardie ou mens probeer rehabiliteer en mooier maak nie. Vergeet van hom! God het van hom vergeet en wil h dat jy dit ook moet doen.

        Die ou natuur en die ou geneigdhede is nog daar, soos ons hierbo gesien het, maar die werklike ou persoon is deur God uit die geskiedenisboeke uit verwyder. Ek is dus nie meer die ou veroordeelde David nie, maar 'n nuwe geregverdigde David. Niemand kan ter selfder tyd veroordeeld en geregverdig wees nie (Rom. 8:33-34). Ek het wel die probleem dat ek 'n geredde persoon is wat woon in 'n liggaam met sondige geneigdhede ('n sondige natuur), maar ek het nie die probleem van ander mense wat as veroordeeldes voor God staan nie en sal dit ook nooit weer h nie!
        Last edited by David2; Jan 22nd 2010, 05:26 PM.

        Comment


        • #5
          Originally posted by David2 View Post
          Freek,
          Die ou natuur en die ou geneigdhede is nog daar, soos ons hierbo gesien het, maar die werklike ou persoon is deur God uit die geskiedenisboeke uit verwyder. Ek is dus nie meer die ou veroordeelde David nie, maar 'n nuwe geregverdigde David. Niemand kan ter selfder tyd veroordeeld en geregverdig wees nie (Rom. 8:33-34). Ek het wel die probleem dat ek 'n geredde persoon is wat woon in 'n liggaam met sondige geneigdhede ('n sondige natuur), maar ek het nie die probleem van ander mense wat as veroordeeldes voor God staan nie en sal dit ook nooit weer h nie!
          David, Hier het ek in my omswerwinge 'n probleem opgetel met die verskillende vertalings. Die NAV vertaal vlees met sondige natuur, maar dan is 2 Kor 5:21 verkeerd en 2 Petrus 1:4 ook. Daar is dan verskeie ander tekste wat ook nie reg kan wees nie. Ek wonder ook al 'n ruk oor die konsep van tegelyk veroordeeld en regverdig wees, soos jy tereg op wys. Dis nie logies nie, soos George Cl@@sen sou s. Iewers mis ek iets, maar wat?

          Comment


          • #6
            Net 'n bietjie agtergrond:

            Ek het 'n paar jaar gelede besef dat ek 'n onsterflike wese is en dit het my aan die soek gesit. Ek kon nie aanvaar dat ons net 80 jaar of so hier is en dan vergaan soos 'n dier nie. Die Koran beweer dat 'n man redelik sinlike plesiertjies in die hiernamaals gaan h. Toe wonder ek, Wat van my vrou? Wat van my dogter? Hoekom word 'n man so hoog geag deur Islam en vroue so laag? Ek moet erken dat ek nie die Koran in diepte bestudeer het nie - hoofsaaklik omdat dit kultuurvreemd vir my was.

            Die Book of Mormon was nie geredelik beskikbaar nie en toe takel en op aandrang van 'n vriend maar die Bybel. Hy het intussen die tydelike met die ewige verwissel, maar hy het my een ding vertel wat ek tot vandag toe toepas. "Moet nooit, maar nooit, dit beteken geensins onder geen omstandighede nie, 'n versie uit sy konteks neem en dit probeer ontleed nie, want dan kan jy enigiets regverdig uit die Bybel. Lees ten minste die hoofstuk voor, die hoofstuk waarin die versie voorkom en die hoofstuk daarna. 99% van die kere sal jy die antwoord daar kry."

            Dit het baie vrae laat ontstaan oor wat ek van die kansel af gehoor het. Voorbeeld: Almal gebruik Lukas 6:38 voor kollektetyd, maar as jy die konteks lees het daardie teks niks met kollektes te doen nie.

            In Genesis s God, “Laat Ons mense maak na ons beeld, na Ons gelykenis en laat hulle heers...”

            Die voordeel daarvan om elke Bybelboek so klomp kere deur deur te lees, is dat dinge begin vassteek en as jy iets in een boek opmerk, onthou jy iets in 'n ander boek wat relevant is tot 'n spesifieke teksvers. Dit was hier met my die geval.

            Joh 4:24 vertel dat God Gees is. As ons na Sy gelykenis gemaak is, moet ons dus ook gees wees. In die gelykenis van die ryk man en Lasarus is die ryk man na sy dood begrawe en het sy o in die hel oopgemaak. Ek weet dat my liggaam begrawe gaan word as ek die dag doodgaan, maar my gees waar gaan hy opeindig? Dis my probleem....

            1 Thes 5:23 s ek het 'n siel en 'n gees en 'n liggaam. Die liggaam weet ek van, want ek kyk elke dag in hom vas, maar waar sit die ander twee? Het wedergeboorte iets hiermee te doen?

            Comment


            • #7
              Freek
              Ek is nie heeltemal seker waarna jy verwys as jy s dat 2 Kor. 5:21 verkeerd is nie. Verduidelik verder asb. Intussen wil ek net oor die vers opmerk dat ons hier 'n kragtige uitspraak het oor hoe ver God bereid was om te gaan om mense van sy goeie bedoelings te oortuig. In ver 20 noem Paulus homself 'n ambassadeur van Christus (in 'n land wat teen God in opstand gekom het). Soos wat Jesus eers in Paulus (en ons) plek aan die kruis sonde vir ons geword het (5:21) was Paulus (en ons) Jesus se verteenwoordigers om in Sy plek by mense te kom pleit om daardie versoening aan te neem. Dit is wel ten volle betaal en volbring aan die kruis, maar dit word nie vanself in elke mens toegepas nie. Ons is bedienaars van die versoening en moet by mense gaan pleit om met God versoen te raak deur Christus in die geloof aan te neem.

              Comment


              • #8
                Originally posted by David2 View Post
                Ek is nie heeltemal seker waarna jy verwys as jy s dat 2 Kor. 5:21 verkeerd is nie. Verduidelik verder asb. Intussen wil ek net oor die vers opmerk dat ons hier 'n kragtige uitspraak het oor hoe ver God bereid was om te gaan om mense van sy goeie bedoelings te oortuig. In ver 20 noem Paulus homself 'n ambassadeur van Christus (in 'n land wat teen God in opstand gekom het). Soos wat Jesus eers in Paulus (en ons) plek aan die kruis sonde vir ons geword het (5:21) was Paulus (en ons) Jesus se verteenwoordigers om in Sy plek by mense te kom pleit om daardie versoening aan te neem. Dit is wel ten volle betaal en volbring aan die kruis, maar dit word nie vanself in elke mens toegepas nie. Ons is bedienaars van die versoening en moet by mense gaan pleit om met God versoen te raak deur Christus in die geloof aan te neem.
                Dit gaan oor God se natuur wat in mens "ingeplant" word. As mens Sy geregtigheid kry, hoe kan mens dan nog 'n sondige natuur ook h? Duisternis wyk mos voor Lig??? As mens deur "Sy onverganklike saad - 1 Petrus 1:23" wedergebore word, behoort mens iets van Hom (Sy natuur???) te kry. My logiese brein s so. My hond het so ruk gelede hondbabas gekry en ek en my vrou laaank gelede mensebabas. Werk dit dan anders met God en die wedergeboorte? Wat is geestelike babas dan?

                Die ambassadeursteks wat jy aanhaal het my laat dink aan "...ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus..." Is mens dan na wedergeboorte 'n Alien van 'n ander planeet af? ...wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"

                Begin jy sien wat my vrae is?

                Comment


                • #9
                  Hi Freek
                  Baie welkom hier by Lighuis. Ek is seker jy gaan baie lekker met ons kuier en gesels.

                  Vir my beteken wedergeboorte om in jou gees" weer gebore" te word. Nuut te word. 'n Heel nuwe lewe te he. Dit kannie uit jouself geskied nie, maar slegs deur die inwerking van die Heilige Gees. Jy het reeds begin besef jy is nie net vlees nie, maar ook gees. 'n Wonderlike ding is besig om met jou te gebeur. Dit is 'n kosbare skat wat jy ten alle koste moet najaag. Vind uit soveel jy kan en lees jou Bybel tydig en ontydig totdat jy die Vrede van God wat alle verstand te bowe gaan sal ondervind.

                  In Rom. 9 vers 9: " As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek en met die mond bely ons, en ons word gered." So word jy vernuwe met 'n nuwe gees. Die onverganklike saad is geestelike saad. Tog bly ons nog volledig mens tot ons sterf waarna ons na ons regte Vaderhuis sal gaan en daar sal ons van ons menslike natuur en die natuurlike neiging tot sonde vir ewig en altyd bevry wees. Met ons wedergeboorte begin ons heiligmaking en as ons dit najaag dan word ons meer soos Jesus. Die Goddelikke wat in ons ingeplant is met ons wedergeboorte, verdryf wel die duisternis in ons, maar ons teenstander die Duiwel is nog op vrye voet en sal alles in sy vermoee doen om jou weer te laat struikel. God het egter vir jou Sy Gees gegee wat jou sal lei en help en hoe meer jy jou Bybel lees en met mense gesels wat jou met al jou vrae kan help, hoe meer sal jy groei en die wonder van Geestelike wedergeboorte verstaan.

                  Eintlik is ons as mense hier op aarde Aliens, ons eintlike woonplek is in die Hemel by ons Vader wat ons so liefgehad het, dat Hy Sy Enigste Seun gestuur het sodat die wat in Hom glo, nooit verlore sal gaan, maar die ewige Lewe sal he. Joh. 3 vers 16.

                  Ek is bly jy het by Lighuis uitgekom. Hier is werklik begaafde manne en vroue wat jou sal kan help en lei. Ek bid vir jou!
                  Groete
                  Mia

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Freek View Post
                    Dit gaan oor God se natuur wat in mens "ingeplant" word. As mens Sy geregtigheid kry, hoe kan mens dan nog 'n sondige natuur ook h? Duisternis wyk mos voor Lig??? As mens deur "Sy onverganklike saad - 1 Petrus 1:23" wedergebore word, behoort mens iets van Hom (Sy natuur???) te kry. My logiese brein s so. My hond het so ruk gelede hondbabas gekry en ek en my vrou laaank gelede mensebabas. Werk dit dan anders met God en die wedergeboorte? Wat is geestelike babas dan?
                    Hallo Freek,

                    Daar is verskillende menings oor sonde, maar al wat vir my sin maak om hierdie toestand waarin die mens is te verstaan, is toe ek tot die besef gekom het dat daar twee soorte sondes is. Daar is erfsonde (wat van Adam kom en dit gee jou 'n sondige natuur) en sondesmet (wat in jou vlees woon en dit is die sondes wat jyself doen). Omdat die mens gebore word met 'n sondige natuur, sal mens weens hierdie feit oor die algemeen van sonde hou. Mense wat die Here nie ken nie is lief vir die wreld oor die algemeen (wedergeboorte kruisig hierdie liefde vir die wreld, sien Gal 6) - is ongelowiges lief vir partytjies en lief vir losbandigheid en veral lief vir die eie belang en so kan mens aangaan. Dit wissel van mens tot mens, maar in wese is daar 'n verhouding met sonde op een of ander wyse wat mens 'n slaaf van jou sondige toestand maak en ook meer en meer kan maak, want die graad gaan verskil van mens tot mens en van tyd tot tyd. Enkeles gaan van moord hou en tog s die Here as jy liefdeloos optree, moor jy jou broer.

                    Jesus het ons kom verlos van ons sondige natuur en by wedergeboorte word jou natuur verander na 'n natuur van geregtigheid. Ongelukkig is jy nog steeds 'n vleeslike wese en in jou vlees woon sonde. Die krag wat mens egter nou besit, is 'n nuwe natuur van geregtigheid wat nie meer van sonde hou nie... en daarom kan hierdie nuwe natuur van jou afreken met die sonde wat in jou vlees woon. Na wedergeboorte is dit nie meer mens se sondige natuur wat sondig nie, maar die feit dat sonde in jou vlees woon (kyk Rom 7). Om gered te word is 'n drie-ledige beginsel, want mens word eerstens geregverdig by wedergeboorte en dan word heiligmaking deel van jou, wanneer jy afreken met sonde in jou lewe (jy het dalk nog gerook of baie gevloek weens gewoontes wat jy aangeleer het en dit moet jy afsterf) en laastens sal ons by die verskyning van ons Verlosser met die wederkoms verheerlik word. Wanneer ons verheerlik word kry ons 'n nuwe liggaam waar geen sonde in woon nie.

                    Dit is heiligmaking wat mens meer en meer volwasse in die Here maak, wanneer mens meer en meer met sonde afreken. By wedergeboorte is ons babas in die Here en ons moet groei, deur af te reken met alles wat ons swak maak in die Here.
                    The Rapture

                    My dearest friends, Im so sorry so sorry
                    but I must confess, dont worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    its before Gods wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    its for all the people in the zoo
                    think about it and refresh
                    you will see theres no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhere


                    Comment


                    • #11
                      Freek, ek het 'n verkorte weergawe op die forum geplaas van hoe ek Jesus aanneem.

                      http://bibleforums.org/showthread.ph...m-ek-Jesus-aan

                      Jy kan dit ook meer breedvoering op my webblad volg onder "Bekering".

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Phil Fourie View Post
                        ...wil jy nie vir eers Johannes 3 lees nie, dan praat ons verder.
                        Hi Phil
                        Ek het Johannes 3 nou so paar maal deurgelees.

                        Groete

                        Comment


                        • #13
                          Hallo Freek. Daar is verskil van standpunt oor wat presies wedergeboorte behels. Ek sien dit as 'n afsterwe van die vlees, wat in die konteks van Rom 6-8 dui op die ou, sondige natuur en bestaanswyse ("vlees" het nie altyd in die NT presies dieselfde betekenis nie). En dit dui op geboorte uit onverganklike saad (1 Pet 1:23), die opstanding in die nuwe lewe saam met Christus (Rom 6:1-4). Dit is trouens ook waarop die doop met water dui. Die onderdompeling dui op jou sterwe saam met Christus, en die opkom uit die water dui op die opstanding in die nuwe lewe. Paulus noem dit in 2 Kor 5:17 'n nuwe skepsel. Die ou sondige "jy" leef dan nie meer nie, maar Christus leef in jou (Gal 2:20). Jy kry deur wedergeboorte deel aan die goddelike natuur (2 Pet 1:4). Dit is jou geestelike geboorte (Joh 3:3-5). Miskien mag hierdie oor wederbeboorte van hulp wees.
                          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                          Comment


                          • #14
                            Dankie Philip,
                            Dis 'n klomp inligting daardie. Ek sal gou so uurtjie daar spandeer. 'n Teks waarop ek afgekom het is, 1 Kor 2:14. Dit blyk hieruit dat 'n mens bittermin van die Bybel gaan verstaan as jy nie wedergebore is nie. Vroer in die hoofstuk s Paulus dat hy aan hulle slegs Christus en Hom as gekruisigde aan hulle verkondig het. Is dit dalk al wat 'n "onwedergebore" persoon kan verstaan??

                            Comment


                            • #15
                              Hallo Freek. Dis 'n baie interessante punt wat jy daar noem. Sonder die Gees bly die bybel 'n menslike of akademiese boek. Maar ek dink tog dat die Gees reeds die Woord kan oopbreek vir iemand al is hy/sy nog nie wedergebore nie. Maar daar is inderdaad 'n dieper dimensie aan die skrif as net die teks self. Soveel so dat bv. die dissipels nie vanuit die Skrif verstaan het dat Christus uit die dood moes opgewek word nie, al was dit daar (Joh 20:9)
                              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                              Comment

                              Working...
                              X