Announcement

Collapse
No announcement yet.

Long suffering

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Long suffering

    Liewe ligvriende
    Ek weet nie of ek nou dom klink nie, maak ooknie saak nie, maar is daar iemand wat my meer kan vertel oor "long suffering". Is dit 'n gawe van die Gees. Iemand wat gister gekom het vir 'n onderhoud het so-iets genoem, tog is dit iets wat my die laaste tyd nogal op die hart le en hoor ek graag julle mening.

    Liefde
    Mia

  • #2
    Hallo Mia,
    Ek het 1 Kor 12 goed gaan deurlees en toe n Engelse pastoorsvrou gebel en sy stem saam dat 'longsuffering' beteken om aan Jesus vas te hou en nie moed op te gee tydens n lang periode van trauma nie. Hier word dus van geestelike uithouvermoe gepraat. Dis hoe ons dit verstaan . Nerens lees ek egter dit raak dat dit n geestelike gawe is nie. Wat was jou informant se bron?
    Liefde
    Protea
    Last edited by protea; Feb 7 2010, 11:32 AM. Reason: invoeging

    Comment


    • #3
      Liewe Mia ...

      Party mense het 'n "gawe" ( soos in talent of sterk karraktertrek) om ander te kan bystaan in instaan vir ander se swakheid deur diken dun ..... mense wat werk met dwelmverslaafdes ens.

      Ouers en helpers van autistiese kinders kan vir jou boekdele vertel van "langsuffering' want party dae kan dit maar tanne klap en vasbyt gaan ......... nie almal is "uitgeknip" daarvoor nie ...... as mens nou 'n label aan so 'n karraktertrek moet sit, kan dit seker 'n "gawe" genoem word ...

      as daar so iets is ken ek defnitief iemand daarmee .... my kleinding se juffrou .......... opgee is net nie in haar woordeskat nie, en wat sy met haar klassie regkry is net uit krag van bo ......

      moenie bang wees vir labels soos "gawes" nie, soms raak ons net verstrengel in spesifieke woorde en gaan die blessing skoon verlore in 'n taal debat
      talent / gawe / sterk karraktertrek / aanvoeling / watookal ..... alles in in elk geval van God .......
      ..... elkeen van ons word met talente en strek punte gebore .... gawes van die Vader uis Sy genade om Sy plan op aarde te vervul .......

      sommiges het 'n talent vir vasbyt terwyl ander se vermoee om te "laat gaan" weer goed is in ander omstandighede .....

      hoop dit help ....
      m
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment


      • #4
        Originally posted by protea View Post
        Hallo Mia,
        Ek het 1 Kor 12 goed gaan deurlees en toe n Engelse pastoorsvrou gebel en sy stem saam dat 'longsuffering' beteken om aan Jesus vas te hou en nie moed op te gee tydens n lang periode van trauma nie. Hier word dus van geestelike uithouvermoe gepraat. Dis hoe ons dit verstaan . Nerens lees ek egter dit raak dat dit n geestelike gawe is nie. Wat was jou informant se bron?
        Liefde
        Protea

        Dis 'n vrug van die gees. Gal 5:22

        Comment


        • #5
          Dankie Freek . Ek het gou my Amplified weer gaan nadertrek . Die woord 'longsuffering' kom nie daarin voor nie ,maar woorde soos 'patience' en baie van die ander gawes van die gees bevat bestanddele van 'longsuffering'. En soos Mari dit so mooi stel : Laat ons ons nie verstrengel in woorde nie sodat ons die seen wat 'longsuffering' inhou heeltemal miskyk nie. En soos jy ook opmerk : Hierdie goeie karaktereienskappe is tog maar komende uit God se genade-hand.

          Comment


          • #6
            Baie dankie Protea, Mari en Freek vir julle antwoorde.
            Terwyl ek gewag het op 'n antwoord van my ligvriende het ek bietjie op Internet gekyk en daar gesien dat dit 'n vrug van die Gees is.

            Bietjie agtergrond wat tot hierdie vraag aanleiding gegee het is soos ek genoem het 'n persoon wat 'n week of wat gelede kom aansoek doen het vir sy seun vir blyplek. Hy is 'n pastoor. Weet regtig nie van watter denominasie nie - maak ook nie saak nie. Hy en sy vrou het 'n vreeslike lewe met die kind. Alhoewel hy al byna dertig is, het hy weens dwelmmisbruik en oordosis breinskade opgedoen. Die pastoor het die opmerking gemaak van 'longsuffering'.

            Ek en my kind het egter ook 'n tyd gelede hieroor gepraat. Dit het my nooit gepla nie, tot sy vir my genoem het dat iemand by haar selgoep genoem het dat 'longsuffering' 'n gawe van die Gees is. Ek het nie saamgestem nie. Arina se lewe is die laaste twee jaar alles behalwe maklik. Haar man se beroerte, die feit dat sy ook na sy bejaarde ouers kyk wat diep in die 90 is (haar skoonmoeder is egter 'n paar maande gelede oorlede) die feit dat sy feitlik alleen-ouer is vir haar seun en haar pogings om van hulle besigheid 'n sukses te maak was met respek gese 'longsuffering'. Sy wou nie so 'n gawe meer he nie. Ek kon dit verstaan en deur rustig met haar te gesels is en bly haar vertroue steeds op die Een wat in alles voorsien op Sy eie tyd.

            Maar is dit nie wonderlik dat 'n mens, wanneer jy aan die Here behoort, longsuffering met blymoedigheid kan dra. Hierdie vrug kan hoegenaam nie uit eie krag voortspruit nie. Net deur genade en die liefdevolle inwerking van Sy Gees kan mens na 'n tydperk van uiterse beproewing terugkyk en sien hoe ons Heer jou gedra en verdra het. Ek het ook gedink die feit dat Hy ons na Funny Farm laat kom het, is en was in 'n sekere sin longsuffering. Vandag kan ek begin om terug te kyk en bietjie vir bietjie die doel agter ons koms hierheen te sien. Ek het so baie baie stories om vir julle te vertel van die plaas. Moet nog vir julle van ons ongelooflike Kersopvoering vertel. Dit gaan egter dol, maar ek sal verseker 'n plan maak. Ek het ook die mooiste foto's om vir julle te wys.

            Nogmaals dankie vir julle moeite om my te antwoord.
            Liefde
            Mia

            Comment


            • #7
              Hallo Mia, jy dink nie daaraan om n nuwe draad oop te maak oor funny Farm nie? Alles wat daar gebeur, die konsert veral en ook hoe die Here mense oor julle pad plaas vir julle om aan te raak in Sy liefde. Dink sterk daaraan? Toe?

              Comment


              • #8
                Originally posted by Mia Ashton View Post
                Dit het my nooit gepla nie, tot sy vir my genoem het dat iemand by haar selgoep genoem het dat 'longsuffering' 'n gawe van die Gees is. Ek het nie saamgestem nie.
                Mens kan net saamstem met jou Mia, dat lankmoedigheid (longsuffering) nie 'n gawe is, maar eerder 'n voorwaarde, van deel van die vrug van die Gees wat in elke wedergebore kind móét wees.
                The Rapture

                My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                but I must confess, don’t worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                it’s before God’s wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                it’s for all the people in the zoo
                think about it and refresh…
                you will see there’s no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhere…


                Comment

                Working...
                X