Announcement

Collapse
No announcement yet.

'n Kruis of 'n Paal?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking 'n Kruis of 'n Paal?

    Vir ons as christen le die krag van redding in die Kruis. Die Jehova glo dit was nie 'n kruis nie, maar 'n paal. Wie is reg en wie is verkeerd. In die Bybel lees ons die volgende:

    Ou Testament:
    Deu 21:22 En as in iemand n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan n paal ophang,
    Deu 21:23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik di dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.

    Nuwe Testament:
    Act 13:28 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.
    Act 13:29 En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in n graf neergel.

    Dit lyk amper soos 'n ooreenkoms tussen die Ou en die Nuwe Testament hierbo. Die persoon in die Ou Testament het sonde gehad en is aan 'n paal opgehang, en die persoon (Jesus) in die Nuwe Testament, wat GEEN sonde gehad het nie, is aan 'n kruis opgehang.

    Wat was die gebruik om mense te straf? (Barnes - E-Sword)

    Deu 21:22
    There were four methods of execution in use among the ancient Jews; stoning (
    Exo_17:4; Deu_13:10, etc.), burning Lev_20:14; Lev_21:9, the sword Exo_32:27, and strangulation. The latter, though not named in Scripture, is regarded by the rabbis as the most common, and the proper one to be adopted when no other is expressly enjoined by the Law. Suspension, whether from cross, stake, or gallows, was not used as a mode of taking life, but was sometimes added after death as an enhancement of punishment. Pharaohs chief baker Gen_40:19 was hanged after being put to death by the sword; and similarly Joshua appears Jos_10:26 to have dealt with the five kings who made war against Gibeon. Compare also Num_25:4.

    Die woord "paal" in die gedeelte in die Ou Testament word so vertaal:

    H6086
    עץ
    ‛êts
    ates
    From H6095; a tree (from its firmness); hence wood (plural sticks): - + carpenter, gallows, helve, + pine, plank, staff, stalk, stick, stock, timber, tree, wood.

    Is dit moontlik dat die vertaling van "paal" verkeerd is in die Ou Testament (AOV 1953)?

    H6095
    עצה
    ‛âtsâh
    aw-tsaw'
    A primitive root; properly to fasten (or make firm), that is, to close (the eyes): - shut.

    Die Romeine se gebruik in die Nuwe Testament om mense te straf was duer kruisiging!

    Hier die vertaling van "kruishout" soos in Handelinge 13:29:

    G3586
    ξύλον
    xulon
    xoo'-lon
    From another form of the base of G3582; timber (as fuel or material); by implication a stick, club or tree or other wooden article or substance: - staff, stocks, tree, wood.

  • #2
    Ek is jammer, maar ek gaan dit se: Wat op aarde maak dit saak? Hoe kan dit enigsins van belang wees hoe die kruis (of paal, of wat jy dit ookal wil noem) waaraan Jesus gesterf het, gelyk het? Hy is op een van die wreedste maniere terggestel, Sy hande en voete is deurboor, Sy bloed het gevloei ter wille van ons sondes.... DIS mos wat van belang is, of nie?

    As 'n mens gaan kyk na die geskiedenisboeke, dan sien jy dat die Romeine in daardie tyd kruisiging as teregstellingsmetode gebruik het. Dit beteken dat mense aan 'n KRUIS vasgespyker was. Waarom sou Jesus op 'n ander manier tereggestel word? Ek glo dat dit 'n kruis was, en nie bloot 'n paal nie, maar dit is uiteindelik vir my van geen belang nie. Wat daarvan as dit dalk 'n paal was? (Ek kan dit net moeilik visualiseer dat iemand aan 'n enkelpaal vasgespyker kan word)

    Natuurlik glo ek dat die kruis waarskynlik nie gelyk het soos wat ons dit meesal voorstel nie. Ek het eenmaal 'n foto gesien van 'n kruis wat dateer uit daardie tydperk. Dit was beslis nie 'n netjiese konstruksie met 'n lang vierkantige regop paal met 'n ewe netjiese vierkantige dwarsbalk nie. Dit het meer gelyk soos twee ruwe, krom en skewe stompe wat aanmekaar geheg was. Dit was ook glad nie so hoog soos wat ons meesal dink nie - die gekruisigde het maar 'n klein entjie van die grond af gehang, sodat mens hom amper in die oe kon kyk. (Miskien is dit die rede waarom Jesus se kruiswoorde, wat soms baie sag ge-uiter moes word, deur die omstanders gehoor kon word, maar dit daar gelaat) Dit maak regtig nie saak hoe Jesus se kruis gelyk het nie, maar wel wat daar met Hom gebeur het, en wat Hy daardeur bereik het.

    Comment


    • #3
      Met my plasing wou ek nie se dat ek dink daar is regtig 'n misverstand in die Bybel nie. Ons weet dit was 'n kruis.....wou net die interresantheid uitlig dat in die Ou Testament van 'n paal gepraat word en in die Nuwe Testament van 'n kruis. Niks ernstig nie. Al het Jesus in 'n Space Shuttle gesterf, solank Hy dit vir ons gedoen het! Maar ons weet die Kruis is te kosbaar om dit so goedkoop te maak.

      Comment


      • #4
        Die Hebreeus praat van aan 'n boom sterf,,, bedoelende hout.... so 'n kruis of 'n paal...... Hy wat aan 'n hout (paal/kruis) hang... is vervloek.Deuter 21:23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik di dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek.
        Galate 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word--want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang--
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Ek dink tog dat dit belangrik is. Veral as mens kyk hoedat veral binne sektes soos die Jehova getuies en die Israel Visie die idee van 'n paal baie sterk na vore kom. Ek dink nie die vorm daarvan het enige reddingswaarde vir 'n mens nie, maar dit lyk tog asof die duiwel oor die algemeen niks van die kruis hou nie. Ek dink dit herinner hom aan hoe hy oorwin is.

          Iets wat vir my as bewys dien dat dit 'n kruis was en nie 'n paal nie (behalwe vir natuurlik die historiese bewyse deur die Christendom heen) is hierdie vers:

          Joh 20:25 Die ander dissipels s toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle ges: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

          Die clue l in die meervoudsvorm van die woord "spykers"

          Pale is in die antieke tye gebruik om mense aan op te hang, maar wanneer 'n paal gebruik is, is die twee hande bo-op mekaar met EEN spyker vas gespyker.
          Wanneer 'n kruis gebruik is, is twee spykers nodig want die hande is nie bo-op mekaar nie.

          Comment


          • #6
            Goeie waarneming oor die spykers wat ek self nog nooit aan gedink het nie.......en natuurlik sal iemand nou kom en se: "Daar kon 2 spykers deur die paal gewees het om dit stewiger te maak sodat een nie dalk uit die hande skeur nie". Die ander teken wat ek glo ons kan gebruik dat dit 'n kruis is....en nou moet ek nie gestenig word nie. Vir baie is die Dawid ster okkulties. Vir my is dit deel van Israel en die Jode........en Jesus. Ons gaan juis nou Paasfees binne. Waaroor gaan Paasfees? In Egipte het die doodsengel by die deure verby gegaan waar daar bloed aan die kosyne was. Dit was die lam wat geslag was......dit vorm die eerste 3 hoek van die Dawid ster. Maar daar is ook 'n Lam geslag in die Nuwe Testament....een aan 'n kruis, en dit vorm die 2de driehoek van die Dawid ster. As jy die 2 "superimpose", vorm dit die Dawid ster.

            Comment

            Working...
            X