Announcement

Collapse
No announcement yet.

Johannes en Johannes die Doper

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Johannes en Johannes die Doper

    Was Johannes en Johannes die Doper dieselfde mens? Was "Johannes" 'n broer van Jesus? Wie was Jesus se broers en susters.

  • #2
    Originally posted by Lizzie View Post
    Was Johannes en Johannes die Doper dieselfde mens? Was "Johannes" 'n broer van Jesus? Wie was Jesus se broers en susters.
    Nee, Johannes die apostel, wie se boeke in die Bybel vervat is, is nie dieselfde as Johannes die doper nie. Johannes die doper was Jesus se --- neef? --- as ek dit nie mis het nie. Hulle moes ook met slegs 'n paar maande in ouderdom verskil het aangesien Johannes se ma reeds swanger was toe Maria hoor sy is swanger met Jesus. Herodus het die doper se kop laat afgekap, terwyl die apostel nog jare daarna Openbaring neergepen het op die eilandjie Patmos.

    Comment


    • #3
      Verskoning Lizzie, ek sien ek het nie jou hele vraag beantwoord nie :

      Wat Jesus se broers en susters betref, maak die Bybel dit duidelik dat Hy wel gehad het. Die interesantheid is natuurlik dat die Rooms-Katolieke kerk dit ontken, aangesien dit deel van hule dogma uitmaak dat Sy ma, Maria, 'n "ewige maagd" was.
      Ons lees egter tekste soos ( dankie Google !) :

      Mat 13:55 ,
      Mat 27:55 ,
      Mark 3:31,
      Mark 6 :3 ,
      Mark 15 : 40,
      Mark 16:1,

      waar dit baie duidelik gemaak word dat Jesus wel broers gehad het. ( Ek is seker daar is nog teksverse in die verband.)




      (Edit : nog 'n teks gekry : Gal 1 : 19 )

      Comment


      • #4
        Die naam Johannes beteken: die genadegawe van God. Johannes die doper het vir die mense vertel: "Die genadegawe van God is hier." Wat het Johannes die Apostel gedoen? Ek dink hy het vir die mensdom vertel dat Jesus werklik die genadegawe van God is.

        Comment


        • #5
          Originally posted by Son of the South View Post
          Die naam Johannes beteken: die genadegawe van God. Johannes die doper het vir die mense vertel: "Die genadegawe van God is hier." Wat het Johannes die Apostel gedoen? Ek dink hy het vir die mensdom vertel dat Jesus werklik die genadegawe van God is.
          Johannes moes ook op Patmos wees om Openbaring te kon skryf. Hy is ook die enigste een wat nie deur vervolging (steniging/kruisiging/warm olie) gesterf het nie, maar 'n natuurlike dood gesterf het.

          http://en.wikipedia.org/wiki/John_of_Patmos

          Comment


          • #6
            Hi Johnny,

            Ja en die openbaring is die een van ons Here Jesus self ! Dit was awesome toe ek daai een vertel was !

            Die hele hoofstuk een is net mind blowing:
            Jesus is God uitgespel in vers 17 en 18
            Ditto opgestaan het uit die dood!
            Hy het dood oorwin en sluetels van doderyk!
            Skryf wat gaan gebeur !

            Vers 4 en 5
            Genade en vrede van =>
            Jesus !
            die getrou getuie!
            eersgeborene uit die dode!
            owerste oor die konings van die aarde
            wat ons liefgehad het
            en met SY bloed gewas het !

            Dis net HY!!!!

            (ps. Johnny Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan h op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
            Rev 22:15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. .....miskien antwoord die Here self hierso my vraag .... die wat leuens ( en by implikasie die vader daarvan vs ons Hemelse Vader ( van waarheid ) ) liefhet ?)
            Dis alles net genade -Ma Grace
            "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

            Comment


            • #7
              Baie dankie almal wat so flink gereageer het. Dit maak skielik net alles sin.

              Comment

              Working...
              X