Announcement

Collapse
No announcement yet.

Siel en Gees

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Siel en Gees

    Verduidelik asb vir my die verskil tussen Siel en Gees

  • #2
    SIEL = LIGGAAM + GEES

    As 'n mens dood gaan, is jy dus nie meer siel nie,
    maar dan is slegs die gees oor. 'n Siel is dus die lewende
    kombinasie van die gees 'binne-in' die liggaam.

    Daar sal ook ander meer gekompliseerde antwoorde
    gegee word.

    Comment

    • #3
      Hallo Lizzie.

      liggaam:
      jou fisiese liggaam
      siel: denke, wil, emosie. Dit is wat jou jy maak, jou persoonlikheid, en unieke karakter gee. Dit leef voort in die hiernamaals terwyl ons verheerlikte liggame gaan kry.
      gees: dit is jou kern menswees, die area van jou menswees wat in kontak kom met God se Gees. Ons gees raak een met God se Gees as ons wedergebore word. As jy nog nie wedergebore is nie, word jou gees nog beheer deur vlees / liggaam / natuurlike begeertes. Wanneer ons wedergebore word, sterf ons ons ou mens af en word ons gewederbaar en skep God 'n nuwe skepping in ons. Dit alles gebeur in die dimensie van gees. Mens kan daarom ook praat van die stand of status van jou gees: of onwedergebore, of wedergebore.

      Ons moet daarom nadat ons wedergebore is, ons siel (wil, denke en emosie) in lyn kry met ons gees (ingewoon deur God se Gees), dienooreenkomstig ons nuwe identiteit in Christus.
      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

      Comment

      • #4
        Ek sien hier dat MENS en DIERE 'n lewende siel het. Sou hulle altwee ook 'n GEES he?

        Gen 1:30 Maar aan al die diere van die aarde en al die vols van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so

        Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

        Comment

        • #5
          Johnny,

          Ek vergelyk omtrent altyd verse in verskillende
          vertalings. Doen dit met die twee verse wat jy
          aangehaal het, en kyk of jy die 'fout' kan sien
          wat die vertalers hier maak.

          Comment

          • #6
            Originally posted by Johnny View Post

            Johnny, Philip s dat dit jou gees is wat met God se Gees kommunikeer..... ek weet nie so mooi van diere nie....?
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor

            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment

            • #7
              Originally posted by Paul Pienaar View Post
              Johnny,

              Ek vergelyk omtrent altyd verse in verskillende
              vertalings. Doen dit met die twee verse wat jy
              aangehaal het, en kyk of jy die 'fout' kan sien
              wat die vertalers hier maak.
              Ek het nie 'n ander vertaling nie. Maak maar staat op die 1953 vertaling. Miskien kan jy so gaaf wees om dit hier te plaas. Ta-An......dit was maar net 'n vraag. Ek weet wat die antwoord is.

              Comment

              • #8
                Originally posted by Johnny View Post
                Ek het nie 'n ander vertaling nie. Maak maar staat op die 1953 vertaling. Miskien kan jy so gaaf wees om dit hier te plaas.
                e-Sword kan gratis afgelaai word en maak dit maklik om verskeie vertalings langs mekaar te vergelyk. Ons gunsteling AOV is ook daar!

                Comment

                • #9
                  Originally posted by Son of the South View Post
                  e-Sword kan gratis afgelaai word en maak dit maklik om verskeie vertalings langs mekaar te vergelyk. Ons gunsteling AOV is ook daar!
                  SOS....ek het E-Sword met die AOV. Hoekom dink jy is ek so "clever" met my teksvers aanhalings. Ongelukkig het ek net die AOV en nie ander Afrikaans Bybels om te vergelyk nie.

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Johnny View Post
                    SOS....ek het E-Sword met die AOV. Hoekom dink jy is ek so "clever" met my teksvers aanhalings. Ongelukkig het ek net die AOV en nie ander Afrikaans Bybels om te vergelyk nie.
                    Dit weet ek teen hierdie tyd Johnny, maar ek plaas toe maar in elk geval die skakel vir ander forumgangers (deelnemers en toeskouers) se gerief.

                    Comment

                    • #11
                      Johnny,

                      Ek't ok net die AOV op e-sword. My ander vertalings is
                      almal Engelse vertalings.

                      Comment

                      Working...
                      X