Announcement

Collapse
No announcement yet.

nagmaal

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • nagmaal

    Is daar skrif verwysing oor hoe gereeld die Nagmaal bedien/gebruik word??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Sovr ek weet, nee !
    Daar word wel vertel hoe die apostels van huis tot huis gegaan het en nagmaal bedien het, so ek gaan my nek uitsteek en s dat mens sekerlik soveel nagmaal kan gebruik soos wat jy wil. Ek weet van mense wat BAIE nagmaal gebruik, veral tydens tye van intense verootmoediging.

    Comment


    • #3
      1Co 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
      1Co 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en ges: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
      1Co 11:25 Net so ook die beker n die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
      1Co 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
      1Co 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

      Let ook op dat dit op n' waardige manier gedoen moet word.....sekerlik nie met elke ete en 'n glas Creamsoda nie?

      WESTLEY
      1Co 11:25 After supper - Therefore ye ought not to confound this with a common meal. Do this in remembrance of me - The ancient sacrifices were in remembrance of sin: this sacrifice, once offered, is still represented in remembrance of the remission of sins.

      Mat 26:27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en s: Drink almal daaruit.
      Mat 26:28 Want ditismybloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

      En beslis nie soos die RKK elke oggend waar hulle Jesus oor en oor kruisig nie!

      Comment


      • #4
        Ek het die Ingilse ouens ok biki gaan vra.....

        ... en nogals 'n ander versie daar raak geloop.
        Hulle verwys na Handelinge 20:7 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

        Ja Fila..... ek het geen probleem om meer gereeld voor die Here te staan en my belydenis van geloof af te l en 'n stukkie brood saam met Hom te breek nie.



        Dus het hulle elke Sondag nagmaal gebruik
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Ek stem saam, wat meer is, ek is van mening dat ons so dikwels moontlik nagmaal moet gebruik. (1 Kor 11:25 & 26 "... Net so ook die beker n die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. )

          Ek weet nie waar die gedagte ontstaan het om slegs een maal per kwartaal nagmaal te gebruik nie, maar ek vermoed dat dit iets te doen gehad het met die feit dat mense vroeer jare so ver moes reis (per ossewa) om 'n kerkdiens by te woon. Tydens sulke naweke het lidmate vir die hele naweek by die kerk saamghetrek en dan sommer alles gedoen - nagmaal, doop, belydenisaflegging ens.

          Iets anders, (dis dalk 'n heel ander onderwerp) waar kom die gedagte vandaan dat nagmaal net deur 'n predikant bedien mag word? Ek en my gesin doen dit van tyd tot tyd, en so ook ons selgroep. Maar dit word eintlik deur die "kerk" verbied....

          Comment


          • #6
            Ta-An, sien jy dat hulle dit die dag NA die Sabbat gebruik het....die eerste dag.....of agste dag. Ons bedien op Sondae en in ons gemeente een keer 'n maand, met Paasfees en dan Ou jaarsaand net so voor die nuwejaar om 24h00.

            Comment


            • #7
              Wie hier is ook met broodbreek en 'n glas deel getroud ? .......

              Die gebruik dat 'n huwelikspaartjie nagmaal gebruik as deel van die seremonie, is vir my nogal kosbaar ....... die eerste taak as "priester" van sy huis vir die man .......

              voel nog soos nou die dag ! ....
              m ...
              Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

              Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

              Comment


              • #8
                Gene, die spyker op sy kop..... ek het eendag aan 'n klompie vrouens namaal bedien,,,, toe raak die Ds skrikkerig om my in die kerk toe te laat!!

                mari.... you are so blessed !!
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  "Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom". Ek verstaan dit as elke ete. "Hierdie brood" dink ek nie is net brood nie, maar enige kos, so ook die beker, is enige iets wat ons drink. Hy wil tog h ons moet altyd, heeltyd, oral aan Hom dink. "Waardige wyse" is waneer ons dankbaar is vir wat Hy vir ons gedoen het.

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by DanieB View Post
                    "Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom". Ek verstaan dit as elke ete. "Hierdie brood" dink ek nie is net brood nie, maar enige kos, so ook die beker, is enige iets wat ons drink. Hy wil tog h ons moet altyd, heeltyd, oral aan Hom dink. "Waardige wyse" is waneer ons dankbaar is vir wat Hy vir ons gedoen het.
                    Danie ek wil met jou verskil. Die brood verwys na die liggaam van Jesus en die beker na Sy bloed. Ek glo dit is te kosbaar om dit deel te maak van ons daaglikse kos of koeldrank wat ons inneem.

                    Comment


                    • #11
                      Ek het gewoonlik die Matt teks gebruik as ek en my vriende, en gesin nagmaal gehou het.

                      Ons het Woensdag aand na my berading sessie saam met die berader tannie, haar man en een van die intersessors nagmaal gehou. Was iets besonder. Ek het wel iets gebid wat die mense laat dink het. Y'shua het die tempel vir ons oopgestel sodat ek en jy in die teenwoordigheid van Vader mag gaan.

                      Geseende dag vir almal
                      'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                      Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                      [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                      Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                      [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                      Bemidbar 6:24-26
                      [Numbers 6:24-26]

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by DanieB View Post
                        "Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom". Ek verstaan dit as elke ete. "Hierdie brood" dink ek nie is net brood nie, maar enige kos, so ook die beker, is enige iets wat ons drink. Hy wil tog h ons moet altyd, heeltyd, oral aan Hom dink. "Waardige wyse" is waneer ons dankbaar is vir wat Hy vir ons gedoen het.
                        Ja, Danie ...

                        soos enige "ritueel" is die presiese serimoniele "props" nie die krag nie, maar die geloof en geestelike waarheid daaragter ..... natuurlik is dit beter om die oorspronklike manier na te volg soos deur Christus self ingestel .... ( het iemand al gewonder hoekom Jesus nie vleis gebruik het om te breek nie, maar brood is dit dalk al wat op die tafel oor was ) ..........


                        .... soms is omstandihede egter bietjie anders ..... as die Gees beweeg is ons nie altyd so "voorberei" met uiterlike fisiese dinge soos ons innerlikke gees nie ..... een van my kosbaarste herinneringe van bybelskool was juis 'n "nagmaal" bo-op Tafelberg ........ met 'n pakkie Niknaks en blik coke ...........

                        .....
                        m
                        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                        Comment


                        • #13
                          ....of met druiwesap in n boksie en Eet Som More koekies in die volmaan tydens Paasnaweek langs die Oranjerivier..... Een van my mooiste herinneringe!

                          Comment


                          • #14
                            ........ met 'n pakkie Niknaks en blik coke ...........

                            Comment


                            • #15
                              Mat 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die "niknaks", en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en s: Neem, eet, dit is my liggaam.
                              Mat 26:27 Toe neem Hy die "blikkie coke", en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en s: Drink almal daaruit.
                              Mat 26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
                              Mat 26:29 Maar Ek s vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, (daar is seker nie coke en niknaks in die hemel nie) tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.
                              Mat 26:30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.

                              Klink nie reg vir my nie......goedkoop.....sonder respek.......! Geen wonder die kerk is vandag in die toestand wat hy is nie.

                              Comment

                              Working...
                              X