Announcement

Collapse
No announcement yet.

Sondebeheptheid

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Sondebeheptheid

    Waarom is die mens 2000 jaar nadat Jesus met sonde afgehandel het nog so behep met sonde? Was Jesus dalk nie heeltemal suksesvol nie?

  • #2
    Jesus het nie die sondige natuur van die mens weggeneem nie. Hy het die gevolg van sonde (die dood) vir Sy kinders op Hom geneem. Daar sal solank as wat daar 'n mensdom is altyd sonde wees, omdat die mens van nature verdorwe en sondig is.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Originally posted by DanieB View Post
      Waarom is die mens 2000 jaar nadat Jesus met sonde afgehandel het nog so behep met sonde? Was Jesus dalk nie heeltemal suksesvol nie?
      Wat bedoel jy met " behep met sonde" ??
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Originally posted by DanieB View Post
        Waarom is die mens 2000 jaar nadat Jesus met sonde afgehandel het nog so behep met sonde? Was Jesus dalk nie heeltemal suksesvol nie?
        Hallo Danie,

        Ek glo persoonlik dat Jesus 100% suksesvol was om sonde te oorwin, die vraag is net, watter sonde het Hy oorwin en reggestel? Vir myself is dit duidelik dat mens 'n onderskeid moet maak tussen 'n sondige natuur en sonde wat in mens se vlees woon. Jesus het ons natuur kom herstel, maar nie ons vleeslikheid weggeneem, toe Hy dit wel gedoen het nie. Ons natuur is gekoppel aan erfsonde en ons vlees is gekoppel aan sondesmet.

        As ons natuur nie herstel kan word van 'n sondige natuur, na een van geregtigheid nie, sal ons nooit met ons vlees se swakheid kan afreken nie. Ons vlees bly daar tot by die wederkoms van die Here Jesus en eers dan sal daar weens ons verheerlikte liggaam, sonder vlees, absoluut geen sonde meer wees nie. Daar is ongelukkig in ons dag 'n siening dat Jesus ook ons vlees weggeneem het met Sy oorwinning oor sonde, maar dit is nie wat Jesus kom doen het nie. Hy het die natuur van die mens wat gevalle geraak het, weer kom lewendig maak, sodat ons kan afreken met die sonde wat in ons vlees woon. Dit was volkome, want as dit nie was nie, sou ons nooit in der ewigheid sonde kon oorwin nie en dit is 'n daaglikse ding.
        The Rapture

        My dearest friends, Im so sorry so sorry
        but I must confess, dont worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        its before Gods wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        its for all the people in the zoo
        think about it and refresh
        you will see theres no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere


        Comment


        • #5
          Originally posted by Ta-An View Post
          Wat bedoel jy met " behep met sonde" ??
          Behep met sonde Ta-An, want ons herinner mekaar gedurig hoe sondig ons is. Ons herinner mekaar nooit dat, nadat Jesus vir ons sondes gesterf het, God nooit weer aan ons sonde dink nie (Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.) Ons sal bv. Rom.3:23 aanhaal sonder om die sin te voltooi deur Rom.3:24 ook aan te haal. Kol.2:13-14 s vir my al my sondes is uitgewis deurdat dit aan die kruis vasgespyker was, maar as ek in ‘n kerk kom s hulle vir my hoe vol sonde ons is.

          In Luk.7:28 s Jesus: “Want Ek s vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie;” Jesus bestempel dus vir Johannes die Doper groter as enige profeet wat voor hom geleef het en tog het Johannes net een keer geprofeteer nl. in Joh.1:29 “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy s: Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem!” Verder s Heb.10:2 as ons regtig glo dat ons sonde vergewe is sal ons nie meer ‘n bewussyn van sonde h nie.

          Comment


          • #6
            Originally posted by DanieB View Post
            ...Joh.1:29 “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy s: Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem!” Verder s Heb.10:2 as ons regtig glo dat ons sonde vergewe is sal ons nie meer ‘n bewussyn van sonde h nie.
            Die mens is van natuur sondig. Sy vlees (wat die wreld verteenwoordig) heers oor sy gees. Wanneer jy tot wedergeboorte kom, neem jou gees beheer oor jou vlees - deur 'n gedurige proses van heiligmaking. Jy sondig steeds, maar jou gees ervaar dit as sonde, en jy kry berou. Jesus het ons sondes op Hom geneem deurdat hy die straf vir sonde - die dood - op Hom geneem het. Sy bloed is die prys. Die volle prys.

            Anton
            השייך לאלוהים דרך ישו

            Comment


            • #7
              Originally posted by Tonton View Post
              Die mens is van natuur sondig. Sy vlees (wat die wreld verteenwoordig) heers oor sy gees. Wanneer jy tot wedergeboorte kom, neem jou gees beheer oor jou vlees - deur 'n gedurige proses van heiligmaking. Jy sondig steeds, maar jou gees ervaar dit as sonde, en jy kry berou. Jesus het ons sondes op Hom geneem deurdat hy die straf vir sonde - die dood - op Hom geneem het. Sy bloed is die prys. Die volle prys.

              Anton
              Goeie plasing Anton, mens kan net saamstem....
              The Rapture

              My dearest friends, Im so sorry so sorry
              but I must confess, dont worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              its before Gods wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              its for all the people in the zoo
              think about it and refresh
              you will see theres no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhere


              Comment


              • #8
                Originally posted by Tonton View Post
                Die mens is van natuur sondig. Sy vlees (wat die wreld verteenwoordig) heers oor sy gees. Wanneer jy tot wedergeboorte kom, neem jou gees beheer oor jou vlees - deur 'n gedurige proses van heiligmaking. Jy sondig steeds, maar jou gees ervaar dit as sonde, en jy kry berou. Jesus het ons sondes op Hom geneem deurdat hy die straf vir sonde - die dood - op Hom geneem het. Sy bloed is die prys. Die volle prys.

                Anton
                Anton, die Bybel s wedergeboorte is aan ons geskenk met die opstanding van Jesus uit die dood (1Pet.1:3). Verder s die Bybel in Heb.10:10 ons is geheilig, net een maal, deur die offer van die liggaam van Jesus Christus. As ons deur 'n proses van heiligmaking moet gaan dan is dit ons eie proses en is dit niks werd nie.

                Miskien moet ons liewer dink wat is sonde. Is dit alles wat ons verkeerd doen? Volgens watter maatstaf? Die wet? Dan is ons nog onder die wet en nie onder die genade nie (Rom.6:14). Ongelukkig gee die Bybel nie 'n definisie van presies watter dade sonde is nie, hoewel 'n paar genoem word - tog dui almal daarop dat dit dade is wat 'n skeiding maak tussen ons en ons Skepper. Na Christus se dood en opstanding kan ons niks meer doen wat ons van God kan skei nie, behalwe ongeloof - die enigste sonde wat oorgebly het.

                Comment


                • #9
                  Danie , ek stem nie saam met jou nie.....
                  Ongehoorsaamheid om die Skrif na te volg is sonde....
                  Die voorsiening wat Jesus aan die kruis is gemaak het is vir die wat hulle sonde bely en nie meer sondig nie.... soos Hy aan die vrou by die waterput ges het....Gaan heen en sondig nie meer nie. Sonde, en mense wat sonde doen is nog BAIE aktief..... Sonde bestaan nog steeds...
                  Ek sal soek en kyk of ek die opsomming kry van alles wat as sonde gelys word in die NT
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment


                  • #10
                    Ons moet luister na dit wat Danie hier vir ons probeer s. Hy is besig met 'n baie groot waarheid van die Nuwe Testament wat ongelukkig deur baie min mense reg verstaan en waardeer word. Besef ons dit: Die kruis het 'n verskil gemaak, 'n geweldige groot verskil. Wat van die vrou aan wie Jesus ges het: "Gaan en sondig nie meer nie". Was dit voor of na die kruis? Ja goed, ek besef dat die effek van die soenverdienste ook terugwerkend van krag was op mense voor die kruis (Rom. 3:25), maar tog bly die feit dat die evangelie van die kruis nie openlik in alle krag en volheid voor die kruis geken en gepreek is nie.

                    Dit sou werklik 'n groot skade gewees het as ons nou, na die onomkeerbare kragtige daad van God se genade aan die kruis, die middelpunt van die ganse Bybel, nog steeds rondloop en swoeg en stry onder die las van 'n sondige natuur terwyl Christus ons daarvan verlos het (Rom. 6). Waarom het Christus dan aan die kruis gesterf? Gaan dit net daaroor om ons 'n kaartjie te gee om hemel toe te gaan, maar ons moet nog steeds self voortploeter met ons sondes? Nee, duisend maal nee! Danie het dit vir ons ges, kragtens die kruis is ons gereinig, ons is geheilig, ons word deur Christus nou reeds totaal volkome aan God voorgestel, ons is inderdaad nou reeds saam met Christus in die hemel (Ef. 2:6). Daar word geen enkele sonde in die hemel toegelaat nie, so hoe kan ons nou reeds in die hemel wees as die sonde nog aan ons kleef?

                    Die geheim is dus om, soos ons in 'n ander draad ook beskryf, te onderskei tussen status en stand. Jou status is die werklike "jy" soos wat God jou sien nadat jy die kruis-ervaring in jou lewe gehad het. Jy is rein, heilig en totaal volkome. Jy is aan die regterhand van God in die hemel saam met Christus. Het jy al hierdie status vir jouself in die geloof opgeneem, soos wat die Bybel in die nuwe bedeling onder die kruis dit vir jou aanbied? Of verkies jy om steeds gekenmerk te wees as 'n mens wat nie geheilig, nie gereinig, nie volmaak voor God is nie en nie saam met Christus aan die regterhand van God sit nie? Dit is hoe mense in die ou bedeling voor die kruis was. Verlossing was vir hulle nie 'n volkome afgehandelde werklikheid nie. Hulle moes steeds voorgaan om offers na die tempel te bring vir hulle sondes van elke dag. En tussen ons as Christene is daar ook nog baie OT gelowiges. Hulle gaan nou wel nie met offers na die tempel toe nie, maar hulle doen nog elke dag boete oor hulle sonde en onheiligheid en het nie eers begin om die status wat God in die nuwe bedeling aan hulle aanbied, met groot vreugde, opgewondenheid en dankbaarheid te aanvaar nie. God dink nie meer aan jou sondes nie, so waarom wil jy voortgaan om jouself dag vir dag daarmee te straf?

                    Ja, daar is 'n verskil tussen ons status en ons stand. In ons stand, ons praktiese ervaring elke dag, is ons nog nie volmaak nie. Daar is ons nog besig om die vlees aan die gees te onderwerp. Maar hierdie is nie 'n stryd wat ons gaan verloor nie. Ons gaan hom beslis wen en is ook besig om hom te wen (Rom. 6). Maar onthou net groot asseblief. Daar is 'n verskil tussen status en stand. God beoordeel jou op grond van die kruis van Jesus Christus. Hy beoordeel jou as volkome geheiligde wese wat nou, vandag, nie net 'n plek in die hemel het nie, maat inderdaad daar teenwoordig is in die Gees. Wie is jy dan om jouself as sondige wese te beoordeel as God jou in die hemel opgeneem het?

                    Onthou, ons wandel deur die Gees. Wat beteken dit? Ons wandel deur werklik prakties elke oomblik te glo wat God deur die Gees van my gemaak het. Leef in die Gees en in die geloof. Konsentreer dus op jou volkome status en nie op jou tydelike onvolkome aardse stand nie. Jy sal die vlees oorwin as jy wandel in die Gees. Vergeet dus van jou stand en glo en aanvaar die status wat God aan jou toegeken het. Dit is wat dit beteken om te wandel in die Gees.

                    Moet nie wandel met 'n verstand en 'n ingesteldheid wat jou gedurig herinner aan jou sonde en onvolkomenheid nie. So 'n ingesteldheid bring nie eer en roem na die kruis nie, maar misken en verydel dit. Leer jouself om te wandel in die Gees. Moet nie aan jouself dink as die dinge wat jy in eie krag bereik het en die dinge waar jy gefaal het nie. Dit is nie "jy" daardie nie. In Rom. 7 s Paulus sy mislukkings is nie "hy" nie, dit is die sonde wat in sy aardse natuur oorgebly het en waarop God hom nie meer beoordeel nie. Nee, dit is nie "hy" daardie nie, "hy" is die die een wat God na kyk en Jesus Christus sit reg langs God in die hemel en Hy maak seker dat God elke keer eers die kruis sien as Hy na ons kyk. Wat 'n wonder, wat 'n heerlike evangeliese en nuwe testamentiese wonder!

                    Wandel dus deur die Gees. Glo van jouself wat die Gees op grond van die kruis vir jou kom aanbied. So, en alleen so sal jy die vlees deur die Gees oorwin. Of wat beteken Rom. 6:10 en 11 anders?

                    6:10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

                    6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.


                    Ek het voorheen hierbo aangetoon dat baie van ons Christene sit met 'n ingesteldheidsprobleem. Ons leef in die vlees en in dit wat ons in en om ons sien, en nie in die Gees en die geloof nie. Is dit nie wat ons vers hier s nie? Jy moet "reken". Ons het hier 'n paar boekhouers nodig om ons te kom help. "Reken" is 'n boekhou term. As jy 'n armlastige mens is wat niks vir jouself kon bymekaarmaak nie en jy is gelukkig genoeg om 'n ryk oupa te h (soos wat ons in die Christendom het, net nog baie meer as dit) en die oupa laat vir jou 'n miljoen agter. Dan het jy nou 'n besluit om te maak. Jy vat dit of jy los dit. En as jy dit gevat het, s ons vers, dan moet jy "reken". Nou is dit tyd om op te hou dink aan jou sukkelaars-lewe en te reken dat jy 'n ryk man of vrou is. Is jy bereid om hierdie verstandelike aanpassing te maak en aan jouself te begin dink as dit wat iemand anders van jou gemaak het en nie meer dit wat jy van jouself gemaak het nie?
                    Last edited by David2; Jul 9th 2010, 08:00 AM.

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by DanieB View Post
                      Waarom is die mens 2000 jaar nadat Jesus met sonde afgehandel het nog so behep met sonde? Was Jesus dalk nie heeltemal suksesvol nie?
                      Jesus was suksesvol........maar die mens het gefaal! Ek is bly ek is behep met my sondige natuur. Dit hou my op my tone om Heiligmaking na te streef, waarsonder niemand die Koninkryk sal sien nie.

                      Romeine 6:19 "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking."

                      Hebreers 12:14 "Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;"

                      Comment


                      • #12
                        Johnny, wie is "jy"? Is daardie ou wat nog onvolmaak is en wat nog sonde doen werklik "jy"? Om die vraag te antwoord sal ek bly wees as jy ook die volgende twee verse kan oorweeg:

                        Rom. 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

                        1 Joh. 3:6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.


                        Johnny, dit is nie ek en jy wat sondig nie, dit is die sonde wat in ons oorgebly het en wat God aan die kruis veroordeel het. Daardie sonde wat in die vlees van 'n gewederbaarde kind van God oorgebly het, is nie werklik deel van hom nie. Hy is daarvan losgemaak. Dit word nie meer op sy rekening geplaas nie. Hy word in Rom. 6 opgeroep om te "reken" dat hy totaal daarvan verlos is.

                        Daarom is dit inderdaad moontlik vir God om in die briewe aan die gemeentes mense wat ook soos ek en jy in die vlees nog sonde gehad het, te kom aanspreek as "geheiligdes", "geliefdes", "gereinigdes", en om hulle nou reeds op te neem saam met Christus in die hemel (Ef. 2:6).

                        So, waarmee wil jy nou behep wees? Met die een wat nie werklik jy is nie en wat sonig, of met die een wat God waarlik en volkome gereinig en geheilig het?

                        Onthou: Daar is twee buldogs in jou liggaam (Gal. 5:17), die oue en die nuwe. Wie gaan wen? Natuurlik, die een vir wie jy kos gee. So gee kos vir die nuwe een. Of, in ander woorde ges, wees behep met die nuwe een en nie met die ou een nie.

                        Comment


                        • #13
                          Ek wil julle vra om die bydrae wat David2 hier bo gemaak het (veral die eerste lang gedeelte) met konsentrasie deur te gaan en as jy nie saam stem of verstaan nie dan dink jy aan Petrus se woorde in 2Pet.3:15-16 waar hy s die dinge waaroor broer Paulus skryf wat moeilik is om te verstaan - dit is moeilik om dinge soos sondeloosheid te verstaan omdat ons nog in hierdie vleeslike liggaam vasgevang is. Maar ons moet na onsself begin kyk soos wat God na ons kyk: rein, heilig en totaal volkome (soos David dit stel). Om nog vergifnis te vra vir jou sondes hou 'n paar groot gevare in:
                          (1) Jy wil God herinner aan iets waaraan Hy nie meer wil dink nie - Heb.8:12 en Heb.10:17.
                          (2) Jy konsentreer so op die verkeerde (want jy moet mos elke sonde bely) dat jy vergeet dat God se guns op jou lewe is (na dt wat Christus vir jou gedoen het) - Luk.2:14 (ISV) "Glory to God in the highest, and peace on earth to people who enjoy his favor!"
                          (3) Om vir sonde vergifnis te vra, s jy eintlik dat jy Hom nie glo dat al jou sondes reeds vergewe is nie - Kol.2:13-14.
                          (4) Sonde vergifnis kan net geskied met die vloei van bloed - dit beteken Christus moet oor en oor gekruisig word - Heb.9:25-26.
                          (5) Die ander groot gevaar is die redenasie dat jy maar kan sonde doen want jy is tog 'n sondaar en jy sal dit net later bely en om vergifnis vra.

                          Comment


                          • #14
                            Net 'n klip in die bos as ek mag. Die 1983 vertaling vertaal:

                            Kol 2:11" Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met 'n besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens."
                            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Philip dT View Post
                              Net 'n klip in die bos as ek mag. Die 1983 vertaling vertaal:

                              Kol 2:11" Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met 'n besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens."
                              Philip, ek verstaan daarmee dat van ons nou verwag word om heilig te lewe, en nie vrye toegang het om in sonde te leef nie.
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X