Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

    Fenris s, dat mens net 'n Jood kan wees as jou ma 'n Jodin is.... Abraham se Ma was nie 'n Jodin nie.
    Kan mens s dat Abraham tot Judaiisme ge-"convert" het, deur die besnydenis?? Maar wat dan van Ishmael, hy is ook besny?
    Die woord "Jood" kom van Juda af wat Abraham se agterkleinkind is...

    As Abraham 'n Jood was, is al die Arabiere nie dan ook Jode nie??

    Alhoewel om 'n Jood te wees verwys na 'n betrokke leefwyse en geloof.... daar word dus na Abraham as Jood verwys agv anakronisme .....

    So ???
    Hoe het Sarai 'n Jodin geword dan??


    Of mis ek die hele konsep hier??



    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

    Die volk Israel het tot stand gekom toe hulle deur die Rooisee (Rietsee) getrek het. Ek veronderstel dat die begrip Jood ook by die stigting van die volk bepaal moet word. Abraham was dus wat my betref nooit 'n Jood nie. Hy is in elk geval deur niemand 'n Jood genoem nie.

    Comment


    • #3
      Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

      The Patriarchs and the Origins of Judaism

      Level: Basic
      The history of Judaism begins with Abraham,
      who came to believe in one Supreme Being,
      his son Isaac, Isaac's son Jacob,
      and Jacob's 12 sons who founded the twelve tribes of Israel.

      Abraham, Isaac and Jacob, known as the Patriarchs, are both the physical and spiritual ancestors of Judaism. They founded the religion now known as Judaism, and their descendants are the Jewish people. Of course, technically, it is incorrect to refer to Abraham, Isaac and Jacob as Jews, because the terms "Jew" and "Judaism" were not used generally to refer to this nation until hundreds of years after their time; nevertheless, for convenience and in accordance with common practice, I will use these terms.

      The history below is derived from written Torah, Talmud, Midrash and other sources. Modern scholars question the existence of the Patriarchs and the historical accuracy of this information; however, it is worth noting that scholars also questioned the existence of Babylonia and Troy... until archaeologists found them.


      http://www.jewfaq.org/origins.htm

      Comment


      • #4
        Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

        Intertessante vraag, Ta-An ...

        Nou wonder ek ook....... soos Dawid noem word Israel 'n volk genoem na die deurtrek deur die Rooi See ..... Moses het saam deurgetrek en 40 jaar in die woestyn saam met die volk Israel geswerf ..... hy het die Pentateug met al die wette en voorskrifte geskryf ....... maar hy is nooit die beloofte land in nie .......... was Moses dus 'n " Jood " .........

        .........
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

          Originally posted by mari View Post
          .......... was Moses dus 'n " Jood " .........

          .........
          Blykbaar was Esau 'n Jood....
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

            Originally posted by mari View Post
            Intertessante vraag, Ta-An ...

            Nou wonder ek ook....... soos Dawid noem word Israel 'n volk genoem na die deurtrek deur die Rooi See ..... Moses het saam deurgetrek en 40 jaar in die woestyn saam met die volk Israel geswerf ..... hy het die Pentateug met al die wette en voorskrifte geskryf ....... maar hy is nooit die beloofte land in nie .......... was Moses dus 'n " Jood " .........

            .........

            .......hoekom is Moses nooit die beloofde land in nie? Dit het niks te doen of hy'n jood was of nie.

            Comment


            • #7
              Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

              Ek dink nie mens kan s dat Abraham noodwendig 'n "Jood" was nie, maar alle Jode is afstammelinge van Abraham. (dit is nou uitgesluit die wat die geloof aangeneem het en nie dit is vanwee geboorte nie)

              Wat ek bedoel is die volgende:

              My voorgeslagte is Franse Hugenote, ek is 'n Suid-Afrikaner maar my oer-oupa was nooit 'n Suid-Afrikaner nie (daardie tyd was daar nie so iets gewees nie). Ek kan egter s dat ek 'n Franse afstammeling is alhoewel ek nie 'n Franse burger is nie, maar Suid-Afrikaans.

              Groete

              Kalahari

              Comment


              • #8
                Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                Ek wonder net wat die rede is vir die vraag, hoekom moet Abraham 'n Jood wees?

                Abraham was nie 'n Jood nie en ons moet onthou dat na die volk oorspronklik verwys is as Israel, Jood het later ontstaan, kan iemand my reghelp hier, is dit met die skeuring van die volk? So, ons moet kyk waar kom Israel in die prentjie, wel Israel kom in die prentjie by Jakob, dus is sy kinders die volk Israel wat die beloofde nageslag van Abraham is. Uit Abraham uit ontstaan Israel vanuit die belofte, dit maak nie vir Abraham 'n Jood of 'n Israeliet nie, dit is soos om my te probeer definieer na aanleiding van my nageslag, nee, eerder sal my nageslag gedefinieer word binne die konteks van my nalatenskap en erfenis.

                Wat is volgende, gaan ons vra of Noag 'n Semiet was?

                Comment


                • #9
                  Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                  Originally posted by Phil Fourie View Post
                  Wat is volgende, gaan ons vra of Noag 'n Semiet was?
                  Daardie een kan jy maar aanvat

                  Nee, jong, myse Ds wat sulke dinge kwytraak.... en toe wil ek nou maar eintlik weet of hier van julle is wat met my saamstem, want ek het hom aangevat daaroor.....

                  Anakronisme...... dis wat Fenris s....... dit is wat wat van Abraham 'n Jood maak
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment


                  • #10
                    Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                    Vir sommige mense op die forum.....en daar blyk meer as een te wees.....bestaan die Jode net eenvoudig nie.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                      Johnny

                      Ek sien nie wat die relevansie en belangrikheid van Jode vir 'n gelowige is nie. Ons almal is verlore sonder Christus. Die beloftes wat aan die Jode gegee is, is gegee tot eer van die Here en nie die Jode nie.

                      Ons moet nie van die Jode iets maak wat hulle nie is nie.

                      Kalahari

                      Comment


                      • #12
                        Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                        Sommige mense op hierdie forum wil als ver-Joods









                        Skies mods, dit is tong in die kies, maar is net weer presies die "hit & run" waaraan ons blykbaar moet gewoond raak. Ek persoonlik verkies as ons hierdie tipe goed kan bespreek soos volwasse Christenne. Die hele saak rondom Israeliet en Jood is vir my 'n fasinerende een en ek sal graag uit hierdie draad wil leer of daar 'n onderskeid is en waar ons daardie onderskeid moet tref, ek sal byvoorbeeld nogals baie uitsien na mense soos David en Philip se skrywes op hierdie draad en hul verduideliking rondom Jood en Israeliet en die verbond met Abraham. Ek dink net plasings soos hierdie hierbo maak dit moeilik om genoemde gesprek te voer en te leer.

                        Groete
                        Phil

                        Comment


                        • #13
                          Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                          Originally posted by Phil Fourie View Post
                          Die hele saak rondom Israeliet en Jood is vir my 'n fasinerende een en ek sal graag uit hierdie draad wil leer of daar 'n onderskeid is en waar ons daardie onderskeid moet tref

                          Groete
                          Phil
                          En hierdie draad is nie die plek daarvoor nie ....

                          Hou hierdie trein op sy spoor asseblief...
                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor


                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment


                          • #14
                            Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                            Originally posted by Johnny View Post
                            Vir sommige mense op die forum.....en daar blyk meer as een te wees.....bestaan die Jode net eenvoudig nie.
                            Dit is nie waaroor hierdie draad gaan nie.....!!
                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor


                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment


                            • #15
                              Re: Wanneer het Abraham 'n Jood geword??

                              Tante A

                              Ek kan nie sien hoe nie, die blote implikasie van die vraag los dit oop vir wie is Jood en wie nie. Jy vra of ons die lyn kan trek na Abraham toe, ek vra, waar trek ons die lyn? Ek sal dit baie graag wil bespreek

                              Comment

                              Working...
                              X