Announcement

Collapse
No announcement yet.

Evangelies gefokus

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    Lanie

    Ek lees jou bydares op hierdie forum vandat jy hier aangesluit het, en ek het jou hart al so bietjie leer ken. Ek het regtig nie die indruk dat jy die kerk om selfsugtige redes bywoon nie. My pos was nie bedoel as 'n teregwysing vir jou persoonlik nie, maar ek het gevoel dt dit gese moet word na aanleiding van die manier hoe jy jouself uitgedruk het.

    Ek stem heelhartig met jou saam. Die kerk is die plek waar jy geestelik gevoed moet word en moet groei, en as dit nie gebeur nie, dan hoort jy nie meer daar nie. Ek kan persoonlik daarmee identifiseer, soos ek in my vorige poste gese het, ek worstel al lank met dieselfde probleem en ek is tans ook in die proses om die kerk (na ongeveer 50 jaar) te verlaat. 'n Kerk wat nie Evangelies gefokus is nie, is 'n dooie kerk.

    Terloops, na aanleiding van wat jy se oor hierdie forum. Is die forum nie ook maar in wese "kerk" nie? Dis immers 'n plek waar broers en susters mekaar in liefde bedien, opbou, leer, bystaan, vermaan ens. Dit is 'n plek waar die Woord suiwer verkondig word, en waar almal 'n bydrae het om te lewer, na gelang van ons geestelike gawes. En ons almal se uiteindelike doel is tog om hier meer toegerus te word om ons taak in die wereld te kan uitvoer. Is dit nie presies wat kerkwees beteken nie? Al sien en ken ons mekaar nie persoonlik nie, is ons tog (myns insiens) op 'n unieke manier 'n goeie voorbeeld van die Kerk (Liggaam van Christus)

    Comment


    • #17
      Originally posted by Gene View Post
      Lanie

      Ek lees jou bydares op hierdie forum vandat jy hier aangesluit het, en ek het jou hart al so bietjie leer ken. Ek het regtig nie die indruk dat jy die kerk om selfsugtige redes bywoon nie. My pos was nie bedoel as 'n teregwysing vir jou persoonlik nie, maar ek het gevoel dt dit gese moet word na aanleiding van die manier hoe jy jouself uitgedruk het.

      Ek stem heelhartig met jou saam. Die kerk is die plek waar jy geestelik gevoed moet word en moet groei, en as dit nie gebeur nie, dan hoort jy nie meer daar nie. Ek kan persoonlik daarmee identifiseer, soos ek in my vorige poste gese het, ek worstel al lank met dieselfde probleem en ek is tans ook in die proses om die kerk (na ongeveer 50 jaar) te verlaat. 'n Kerk wat nie Evangelies gefokus is nie, is 'n dooie kerk.

      Terloops, na aanleiding van wat jy se oor hierdie forum. Is die forum nie ook maar in wese "kerk" nie? Dis immers 'n plek waar broers en susters mekaar in liefde bedien, opbou, leer, bystaan, vermaan ens. Dit is 'n plek waar die Woord suiwer verkondig word, en waar almal 'n bydrae het om te lewer, na gelang van ons geestelike gawes. En ons almal se uiteindelike doel is tog om hier meer toegerus te word om ons taak in die wereld te kan uitvoer. Is dit nie presies wat kerkwees beteken nie? Al sien en ken ons mekaar nie persoonlik nie, is ons tog (myns insiens) op 'n unieke manier 'n goeie voorbeeld van die Kerk (Liggaam van Christus)
      Dis reg, Gene. Ek sukkel baie om myself reg uit te druk en word nogal dikwels misverstaan. Ek stem saam met jou dat die forum ook 'n kerk is, met al die eienskappe van 'n kerk. Al verskil is ons gooi nie geld in 'n kollektebordjie nie. Mmmmm, daar's iets om aan te dink.........
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #18
        Goed, die kollekte sal opgeneem word by die "log out" knoppie, ons vra ook julle ekstra basaar bydraetjies vir Oktober

        Maar ernstig nou.

        Lanie

        Ek weet ek is seker nie die diplomatieste mens met die vleiendste manier om met mense te praat nie en ek kom partymaal effe kru oor en sommer soms net eenvoudig onsimpatiek en hardkoppig (), maar weet verseker, ek verstaan waardeur jy op hierdie stadium gaan en ek gaan waarlik vir jou en M bid dat julle die Here se leiding hierin sal ervaar en die regte besluit sal neem om dus uit te kom waar Hy julle wil he. En as dit dalk hier by my kerkie in Pietersburg is, dan sal ek glad nie kla nie

        Groete
        Phil

        Comment


        • #19
          Originally posted by Phil Fourie View Post
          Goed, die kollekte sal opgeneem word by die "log out" knoppie, ons vra ook julle ekstra basaar bydraetjies vir Oktober


          Originally posted by Phil Fourie View Post
          ernstig nou.

          Lanie

          Ek weet ek is seker nie die diplomatieste mens met die vleiendste manier om met mense te praat nie en ek kom partymaal effe kru oor en sommer soms net eenvoudig onsimpatiek en hardkoppig (), maar weet verseker, ek verstaan waardeur jy op hierdie stadium gaan en ek gaan waarlik vir jou en M bid dat julle die Here se leiding hierin sal ervaar en die regte besluit sal neem om dus uit te kom waar Hy julle wil he. En as dit dalk hier by my kerkie in Pietersburg is, dan sal ek glad nie kla nie

          Groete
          Phil
          Dankie vir jou gebede! Ek sal vir jou dominee moet vra of julle kommissie kry vir lidmate gewerf.... - Trek net jou been, hoor!!!!

          Lekker naweek! Ek gaan nou hier afklim en regmaak want my liefie kom oor 'n paar uur huis toe - Jippeeee!
          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

          Comment


          • #20
            Lanie, seen vir julle vir die naweek.

            Ja, ek kry 'n tiende van al die tiendes van die lidmate wat ek werf














            Net 'n grappie

            Comment


            • #21
              Originally posted by Lanie View Post
              Dis reg, Gene. Ek sukkel baie om myself reg uit te druk en word nogal dikwels misverstaan. Ek stem saam met jou dat die forum ook 'n kerk is, met al die eienskappe van 'n kerk. Al verskil is ons gooi nie geld in 'n kollektebordjie nie. Mmmmm, daar's iets om aan te dink.........
              Lanie,

              Ek het geleer dat dit 'n baie positiewe inwerking op mense se geestes-vermoë het, om te skryf wat mens dink, want soms moet mens skryf om te sien wat jy dink en ander kere dink mens weer wat jy skryf. 'n Forum soos hierdie het my al ongelooflik gehelp in die praktiese sendingveld... en dit, sonder dat mens dit noodwendig besef het. Eers na mens terug gekyk het, dan sien jy baie van die antwoorde wat mens kon gee of wat spontaan gekom het, hulle oorsprong hier of nou en dan op 'n ander forum gehad het.

              Wat Eugene sê oor Lighuis is verseker so, hierdie is niks anders as Kerk nie, niks anders as die liggaam van Christus wat funksioneer nie. Dit kan egter nie mens se enigste vorm van kerkwees raak nie, maar by my was dit al met tye die enigste plek waar ek gebou was in die Here. Bibledatabase veral, het my so van tyd tot tyd al die kos gegee, wat ek op daardie stadiums nodig gehad het.
              The Rapture

              My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
              but I must confess, don’t worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              it’s before God’s wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              it’s for all the people in the zoo
              think about it and refresh…
              you will see there’s no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhere…


              Comment


              • #22
                Originally posted by Lanie View Post

                dis vir my 'n wroeging om kerk toe te gaan.....



                Die punt waarby ek eintlik wou uitkom met my vraag is presies wat Phil ook sê, dat ek wel op my eie geestelik kan groei maar dit gaan net baie vinniger as mens in aanraking kom met mede-gelowiges wat waarlik wedergebore is en 'n lewendige verhouding het met ons Here. En bedien word met die Woord sonder dat dit gebuig word om by die wêreld aan te pas nie...deur in herder wie se lewe ook daarvan getuig.


                Baie ouens sê wees die klip in die skoen, nie die ou wat die klip na die skoen gooi nie....(ek dink hulle leer dit op universiteit) in van ons kerke vandag is daar ongelukkig 'n klomp poletiek en oorgeërfde gebruike en "nie gebruike".... Prys die Here vir herlewing ook in ons kerke!!!

                Ek glo as ons probeer sal ons in/by enige kerk foute kan vind.....maar as dit tyd is om te gaan (en die gawes van God word nie weggesteek nie) ....(en daar word nie tiende preke gehou nie)...(en waar die HG teenwoordig en welkom is).... gaan, skuif, groei, leef, en geniet wat God vir jou wil skenk!!!

                ps: Onthou net om nie op te hou bid vir jou vorige kerk en die dienare nie!
                Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
                John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"

                Comment


                • #23
                  Originally posted by Gene View Post
                  Protea

                  Ek weet almal op hierdie forum stem nie met my saam hieroor nie, maar ek glo dat as jy 'n roeping het, bly daar! Die kerke wat op 'n dwaalspoor is, het mense wat die waarheid ken en bereid is om op te staan daarvoor, nodig. Onthou dat die kerk vol lidmate sit wat nog nooit die waarheid gesnap het nie, en wat nie bewus is van die misleiding en die gevaar nie. En mense soos jy en ek kan 'n verskil maak.

                  Ek het die afgelope jare in my kerk gebly, nieteenstaande die feit dat ek lankal reeds bewus is van die probleem in die kerk, juis om dieselfde rede. Ek het van tyd tot tyd preekgeleenthede gekry in die kerk, en glo vas dat die Here my daar gehou het om 'n verskil te probeer maak, al was dit dalk net in die lewe van een enkele persoon. Maar skielik het daardie deur vir my toegegaan en dis duidelik dat die Here nou van my vra om verder te gaan. Ek is tans in die proses om die kerk te verlaat.

                  Hoor jy wat ek se? Solank as wat jy 'n roeping daar het en 'n verskil kan maak, se ek, bly daar en maak 'n verskil. Maar as jy meer nie so 'n roeping of geleentheid het nie, het jy niks daar verloor nie, Skud die stof so gou moontlik van jou voete af....
                  Baie dankie , Gene!
                  Ek en my man bly vir eers totdat ons n duidelike opdrag kry om te ry. My bedieningsveld bly : Die Markplein. My man vra al laaaankal nie meer vir my hoekom dit vir my so lank vat om n broodjie en botter te koop nie... Vir my is dit die maklikste ding om met ENIGiemand te praat: Die kassier in die groentewinkel , die bedelaar op die winkelstoep, die afgetrede teologie prof in die winkel ens. DIS my bedieningsveld en nie noodwendig in my denominasie nie. Ek glo die Here wil my op die markplein gebruik.

                  Maar nou kom ons by n behoefte om te behoort aan n gemeenskap van gelowiges waar die Evangelie suiwer verkondig word. En ook die behoefte aan n ware HERDER in die gemeente waaraan ons aan behoort. Ons dorp was so aan die brand na MMC en na Retha MacPherson se koms en baie van die gemeente en predikante se visie is opnuut op Jesus gevestig. MAAR van terugBEWEEG as reaksie op wat gepredik is , het nog min tereg gekom. En ons wil AANBEWEEG en nie stagneer saam met mense wat maar met die melkkossies tevrede is nie. Ons soek GEESTELIKE STEAKS! En as ons dit nie in prediking kry nie , gaan haal ons dit by die BRON : God se Woord!

                  Maar as die Here beveel : RY , dan ry ek gister al...



                  Comment


                  • #24
                    Originally posted by protea View Post

                    Maar as die Here beveel : RY , dan ry ek gister al...
                    protea,

                    Aan die einde van die dag is dit seker die veiligste opsie, doen wat die Here sê of beveel. In my eie logika wou ek al dinge doen, wat oënskynlik reg gelyk het, maar dan besluit die Here anders...
                    The Rapture

                    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                    but I must confess, don’t worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    it’s before God’s wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    it’s for all the people in the zoo
                    think about it and refresh…
                    you will see there’s no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhere…


                    Comment


                    • #25
                      Grace

                      Die vraag oor die Kerk en evangelisasie het my laat dink oor hoe ons as lidmate van n Kerk handel met dit wat aan ons gebring word! Dit is so moeilik om te verwoord wat ek in my hart voel. Moet ons nie maar gedurig bid vir onderskeiding om te kan weet wanneer dit wat verkondig word, waarheid of dwaling is nie? Help my asb waar ek verkeerd praat, het juis by die Forum aangesluit sodat ek met mede kinders van God kan praat en deel oor die wonderlike Liefde van Jesus Christus en so opgebou te kan word tot Sy eer. Begin evangelisasie nie by onsself nie, in die gesin, deur met ons kinders daaroor te praat nie? Is die gesin nie ook kerk in die kleine nie? Ja uit eie ervaring weet ek ook dat soms kan jy teenkanting kry selfs van die kerkleiers, wanneer jy uitreik na ander met die evangelie, net omdat jy nie eers toestemming van hulle verkry het nie! Vir wie moet ek dan gehoorsaam wees? Jesus het gese "Gaan" en daarom wil ek aan Hom gehoorsaam wees en nie aan n mens nie. Ons moet ook weet dat soms sal satan ook wil meewerk om ons van die Kerk af weg te kry en dan sal hy ook wil vertel dat die kerk waarin jy is nie reg is nie. dit mag gebeur dat ons dan van kerk tot kerk trek om later dalk kerk-loos te raak. Ek se nie dis wat altyd gebeur nie, maar ons moet pasop vir dit. Ek het ook getrek na n ander kerk waar dit baie belangrik is om die Evangelie te verkondig en nou ervaar ons weer teenkanting selfs van jou eie familie, maar dankie, Jesus het gese in hierdie wereld sal ons dit nie maklik he nie!

                      Comment


                      • #26
                        9449,
                        Baie welkom! Ons glo jy gaan ook sommer gou familie raak! Wat jy hier aanraak is baie belangrik. Ek glo daar is baie mense wat geglo het hulle doen die regte ding deur te verander van kerk en dan later teleurgesteld is . Die gawe van onderskeiding het ons in vandag se tye nodiger as ooit! Om duidelik by die Bron te hoor wat is waarheid en wat is dwaalleer. Die Gees se influisteringe en die geskrewe Woord sal mekaar nooit opponeer nie. Maar dit kos 'wandel in die Gees' om die Stem te erken wat se: DIT is die weg, wandel daarop!

                        Comment


                        • #27
                          Hallo Phil

                          Hier is my in die kollektebordjie. Dalk help dit iemand om klarigheid te kry of hy/sy moet ry of bly.

                          Toe die waarheid oor die kerk, sy leringe en struktuur tot my deurgedring het, was ek vuur en vlam om die kerk “te help” om terug op die regte pad te kom. My ywer was egter gou “gekaap” deur die kerk om weereens sy doelwitte te verwesenlik en nie God sin nie.

                          Ek wou toe die kerk verlaat, maar God het my gestop ! Hy het dit vir my duidelik gemaak dat ek in rebellie was en dit is nie Sy Wil dat ek die kerk uit rebellie moet verlaat nie.

                          In my worstel hieroor het dit oa. vir my duidelik geword dat die kerksisteem soos hy tans bestaan onbybels is. Volgens wat ek kon sien het Babilon (geld, eie gewin) in my kerk in ge-suurdeeg.

                          In my “geween en kla” hieroor by Hemel Vader, het ek by die grootste klaer van alle tye, Jeremia, uitgekom en die volgende skrif ontdek:

                          Jer 51:8 Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.
                          Jer 51:9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.

                          Ek was nogal getref oor die duidelikheid van die skrif rondom die reg stel van ‘n foutiewe “regering stelsel” (Ek het dit deurgetrek na die Kerk regering/bestuur)
                          My gevolgtrekking was dat ek kon probeer om ‘n “stem wat roep” te wees en miskien ‘n paar drenkelinge red, maar ek sal nie die kerk sisteem kan verander nie.
                          Toe word ek weer herinner aan ‘n vroeëre skrifte in Jeremia .

                          Jer 5:30 ‘n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:
                          Jer 5:31 die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?
                          Jer 6:1 Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; en blaas die basuin in Tekóa, en hef ‘n vuurteken op bo Bet-Hakkérem; want onheil dreig uit die Noorde en groot verwoesting.

                          Jer 50:6 ‘n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
                          Jer 50:7 Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die HERE.
                          Jer 50:8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!

                          Na ek die skrifte oordink het, het ek duidelikheid gekry oor my pad vorentoe. Ek moes uit die "land van die kerk" gaan omdat ek nie saamstem met die leringe en bestuur van die kerk nie, MAAR ek moet so doen dat ek hierin ‘n voorbeeld stel vir andere wat ook die paadjie gaan loop.

                          Ek het toe maar al die bedankings briefies geskryf en die Predikante “face to face” gaan sien.
                          Ek het ook gevra dat my naam van die lidmaat registers verwyder moes word.

                          Ek het regtig ‘n groot vrede en kalmte beleef in die tyd en kon baie mooi die “drade” knip. Ek is vandag nog vriende met die leraars.

                          Ek kan ook met groot blydskap getuig dat daar al ‘n hele paar “drenkelinge " vanuit die betrokke gemeente “gered” is en ware vrugte van wedergeboorte dra!

                          Prys die Here !

                          Laastens het die volgende skrif vir my ook nuwe betekenis gekry:
                          2Kor 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
                          2Kor 6:15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
                          2Kor 6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
                          2Kor 6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
                          2Kor 6:18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
                          2Kor 7:1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

                          Vrede-groete
                          2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

                          Comment


                          • #28
                            Smokkelaar,
                            Ek sit nou en giggel hier in my binneste. Al jou tekste het ons ook al onder oe geneem en al jou redenasies maak sin en alle moontlike dwaalleringe het ons al van hierdie en daardie kant beskou . Die Here ken my en Hubby se harte en daarom beweeg ons slegs as Hy die bevel gee en nie voor die tyd nie. EN daarom kan ons die VREDE he wat ons het.
                            Lawjoelots
                            Protea

                            Comment

                            Working...
                            X