Announcement

Collapse
No announcement yet.

Genade vir jou

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Genade vir jou

    Die wet was heilig en regverdig en goed (Rom. 7:12), maar enige poging om die wet te probeer onderhou om sodoende aanvaarding deur God te verkry, is onheilig, onregverdig en nie goed nie. Aanvaarding deur God was nog nooit 'n prestasiegebaseerde ideaal nie, maar alleen iets wat deur geloof aanvaar word.

    Jy gebruik 'n spieŽl om te wys of jou gesig vuil is, maar die spieŽl kan hom nie skoon kry nie. Diesefde met die wet.

    Die wet is vleeslik, maar "Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie" (Joh. 6:63). Wat ons dus nodig het is vryheid in die Gees. "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid" (2 Kor. 3:17).

    Chuck Swindol het in "Grace Awakening" die volgende definisie vir wettisisme aangebied: "Wettisisme is 'n houding of mentaliteit wat op trots gebou is. Dit is 'n obsessie om 'n kunsmatige standaard na te jaag en aldus jouself te verhoog of vir jouself punte in te samel. Wettisisme sÍ: "Ek doen dit en ek doen nie dat nie en daarom is ek vir God aanvaarbaar".

    Die wiskundige vergelyking vir verlossing sou volgens die Bybel so lyk:

    God se genade + ons geloof in Jesus se versoening aan die kruis en sy opstanding uit die dode = Verlossing

    "Geloof" beteken juis om staat te maak op iets buite jouself en dit as jou enigste hoop te aanvaar. Daarom is dit in terme reeds 'n totale onmoontlikheid om 'n vergelyking te kan hÍ van geloof + enige soort menslike standaard.

    Titus 3:4 Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het--

    3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

    3:6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

    3:7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.


    Amerika is getallegewys by verre die sterkste Christelike land in die wÍreld en hulle stuur ook nog altyd ver die meeste sendelinge uit na ander dele van die wÍreld. Tog het verskillende opnames reeds bewys dat die gemiddelde Amerikaanse Christen glo effektief dat 'n mens jou saligheid verdien. Op grond van die bevindinge glo ek dat dit waarskynlik op enige ander plek in die wÍreld ook so die geval sal wees onder Christene.

    Baie mense beskou dit as 'n edele, heroÔse en baie logiese konklusie dat mens se aanvaarding by God deur prestasie (performance) verkry moet word. Hierdie idee is ook eksplisiet of implisiet baie meer algemeen onder Christene aan die orde as wat ons dalk sal besef. Maar maak nie saak hoe oulik en logies dit klink nie, daar is net een groot probleem: Die idee is geheel en al verkeerd .... en dit is ook dodelik gevaarlik.
    Last edited by David2; Aug 31st 2010, 08:17 AM.

  • #2
    Re: Genade vir jou

    Het baie Christene hulle een voet in die ou verbond en een voet in die nuwe verbond? Hulle glo miskien nie dat hulle gered moet word deur werke nie, maar hulle poog wel om God te behaag deur goeie werke. Die probleem van die mense in GalasiŽrs is nog steeds met ons. Die GalasiŽrs het nie noodwendig gedink dat hulle gered word deur werke nie, maar wel dat hulle Christelike lewe instand gehou word deur werke. Ons leer onsself dat ons geestelik moet presteer om in genade te kan groei. Is dit waar? Hoe pas Gal. 3:3 hier in? Lees hom in die NIV:

    Gal. 3:3 Are you so foolish? After beginning with the Spirit, are you now trying to attain your goal by human effort?


    of in die 1983 vertaling:

    Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin, wil julle nou in eie krag eindig?

    Belangrike woorde in die NIV vertaling: "To attain your goal". Wat is die doel wat mense wil bereik? Is dit nie om geestelik te groei en 'n goeie Christen te wees nie? En dit wil hulle bereik deur "human effort". Is hierdie NIV vertaling nie dalk 'n goeie definisie vir wettisisme nie? Mense wil 'n geestelike doel bereik deur menslike inspanning. Hulle begin in die Gees en eindig in die vlees.

    Waar kom die krag vandaan as ek die TV aanskakel? - of as ek my kar se sleutel draai? En waar kom die krag vandaan as ek wil geestelik groei? Wie is die verantwoordelike instansie? Vir wie sal ons "dankie" sÍ? Goed, kom ons maak soos die meeste "vroom" Christene en ons sÍ vir God dankie, maar eintlik tree ons op asof .... en ons preek ook asof die eintlike groot las van verantwoordelikheid by die mens lÍ. Dit is 'n fout, 'n baie groot fout.

    Christelike wettisisme is 'n gevaarlike en dodelike kiem. Dit is hy wat die pragtige opkomende krag en opbloei van die Christendom in die laat 1800's in Engeland en Scotland binne 100 jaar totaal vernietig het. Vandag is daar net klein gemeentetjies en huiskerkies hier en daar oor. Met wettisisme van binne het die kerk nie 'n vyand van buite nodig nie. Christelike wettisisme is 'n volskaalse doodloopstraat wat geestelike lewenskrag verswelg, vreugde en blydskap van die geloof verdring en passie vir God en Jesus Christus versmoor. Dit dryf ook baie mense na depressie wanneer hulle agterkom dat hulle NIE (volgens Gal 3:3) hulle geestelike doel deur menslike inspanning kan bereik nie. Mense raak geestelik gefrustreerd en draai uiteindelik weg van Christus en die kerk. Mense is vermoeid en belas maar hulle glo nie meer die uitnodiging van Jesus in Matt. 11:28-30 nie. Hulle glo nie werklik dat jy jou totaal op Hom moet verlaat en van al jou pogings afstand moet doen nie.

    Die een Sondag word hulle geweldig opgewonde as hulle 'n suiwer preek oor Matt. 11:28-30 hoor, maar die volgende weke kom die "doen" en die "moet nie" weer, saam met die dreigemente van "kerklike tug" en dit laat die greintjie geestelike groeikrag in die kiem versmoor en soos mis voor die son verdwyn.

    Die man kom na sy predikant vir berading. Voor hy begin praat sÍ die predikant: "Vat 'n pen en papier en skryf vir my in 'n paar sinne wat is jou grootste gebed op die oomblik". Die man skryf toe: "Here, ek wil leef soos Jesus geleef het, maar ek het geld lief soos enige iemand anders. Ek weet ek moet een of ander bediening hÍ, miskien moes ek al 'n Bybelstudie groepie by die hostel gehad het, maar ek kon nog nie aan die gang kom nie. Ek het ook nie so gereeld gebid en Bybel gelees as wat ek moes nie. Ek wil gereeld elke Sondag 'n familie huiskerkie aan die gang kry, maar ook dit wou nie lekker gereeld aan die gang kom nie. Here, ek voel of ek U gefaal het."

    Hierdie lyk na 'n opregte Christen-gelowige met wie die meeste van ons of self almal van ons opreg kan simpatiseer. Hy het 'n opregte begeerte om God te behaag, het vir homself teikens gestel om na te jaag, maar raak gefrustreerd en voel nou dat hy God teleurgestel het en dat hy self 'n mislukking is. Ons kan maar net weer vra: Is 'n suksesvolle Christeleike lewe gebou op "performance" van een of ander aard?
    Last edited by David2; Sep 1st 2010, 11:23 AM.

    Comment


    • #3
      Re: Genade vir jou

      Die duiwel gooi vir ons die aas uit, vir ons almal wat Christene is: "Jy sal 'n wonderlike en hoogs aanvaarde Christen wees as jy dit doen en dat doen en ook dit doen." En binne in die aas is die hoek wat baie min raaksien. Die hoek gaan jou vang en aan jouself uitlewer vir jou Christelike vervulling en geluk en gaan dit vir jou onmoontlik maak om in die rus van Matt. 11 in te gaan.

      Hierdie is 'n vangnet van menslike prestasie. Ons hoor dit oral, by die skool, op die sportveld, by die werk, maak nie saak waar nie. Prestasie, prestasie, prestasie. Geen wonder dat die Christendon so maklik in die vangnet van die duiwel ingeloop het en nog steeds elke dag doen nie. Die prestasiegedrewe Christen sÍ: " As ek geestelik myself bewys en prestasies lewer, sal ek God se seŽn en genade ondervind". Maar die Bybel laat my sÍ: "Omdat ek reeds volkome in God se genade aanvaar is, sal God my seŽn. Ek hoef nie geestelik te presteer om dit te verkry nie, maar ek wil, ter wille van die rykdom van sy genade en liefde Hom dien sover as wat ek kan."

      Paulus het op 'n paar plekke die lewe onder die wet ("die letter") vergelyk met die lewe in die Gees. Een daarvan is 2 Kor. 3:4-8.

      3:4 So 'n vertroue het ons deur Christus by God.

      3:5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,

      3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

      3:7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oŽ kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweŽ die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,

      3:8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?


      Onder die ou verbond moes die Israeliete God behaag deur voorskrifte na te kom wat op klip gegraveer was. Maar vir ons tyd geld Hebr. 10:16

      Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,

      Dit is nie meer 'n eksterne doelwit wat deur prestasie nagejaag word nie, maar 'n splinternuwe innerlike realiteit wat reeds daar is, ten volle gerealiseer is, en wat ons sonder die vrees van mislukking, verwerping of selfverwyt met vreugde aanspoor om ons beste vir Hom te gee.

      Natuurlik probeer Christene nie meer vandag om al die voorskrifte van voedsel en tempelgebruike in die OT na te kom nie, maar tog is daar hopeloos te veel van ons wat op ons eie manier soos Moses die berg SinaÔ geestelik uitgeklim het en toe weer afgekom het met 'n stel geskrewe of ongeskrewe reels (kodes of beginsels) wat ons nou wil nakom om ons geestelike lewe daardeur te dra. Of hierdie reels nou van die huis af kom, van die kerk of van jou geestelike gemeenskap of forum af, of 'n boek of seminaar wat jy bygewoon het of sommer maar net jou eie interpretasie van die Bybel, maak nie saak nie. Onthou: Hierdie goed kan so baie maklik in wette verander, en die wet maak dood.

      Baie van die dinge wat "ons vir die Here doen", soos ons stiltetyd, opsÍ van Bybelversies, gebed, getuienis of om ongereddes met die evangelie te benader is goed en hoogs aan te beveel. Maar as dit in jou agterkop vir jou 'n rigiede voorskrif geword het waardeur jy God se goedkeuring of seŽn oor jou lewe in stand moet hou, het jy alreeds uit die genade verval in die vangnet van wettisisme.
      Last edited by David2; Sep 1st 2010, 07:41 PM.

      Comment


      • #4
        Re: Genade vir jou

        Skuldgevoelens

        Predikante doen veral twee dinge in hulle preke. Hulle wys die mense op hulle sondes en gebreke en hulle wys die weg tot vergifnis en herstel aan. Met watter een van die twee het hulle die beste gevaar? In 'n opname by Amerikaanse kolleges het hulle vir jong Christene gevra of hulle skuldgevoelens oor sondes van die verlede ervaar. 60% van hulle het gesÍ dat hulle soms, dikwels of altyd skuldgevoelens het. Net 10% het gesÍ dat hulle hoegenaamd geen oorblywende skuld met hulle saamdra nie.

        So, dit lyk of die kerke meer suksesvol was om mense te oortuig van hulle skuld, as om hulle die weg van bevryding te leer. Almal sing “genade onbeskryflik groot” met toewyding en oortuiging saam, maar min van hulle ervaar dit werklik in die praktyk.

        Brennan Manning skryf in sy boek "The Ragamuffin Gospel" die volgende:

        “The American Church today accepts grace in theory but denies it in practice. We say we believe that the fundamental structure of reality is grace, not works – but our lives refute our faith. By and large the gospel of grace is neither proclaimed, understod, nor lived. To many Christians are living in the house of fear and not in the house of love.”

        Skuldgevoelens funksioneer in die geestelike lewe soos pyn in die liggaam. As daar pyn is, is iets fout wat reggestel moet word, anders kan die liggaam skade ly. As daar skuldgevoelens is, is daar fout. Daar is Írens 'n wanpersepsie of 'n kortsluiting wat die evangelie nie toelaat om sy werk na behore te doen nie.

        Let wel: Baie predikers of beraders sal vir jou sÍ dat as jy skuldgevoelens het, dan is daar sonde wat nie bely is nie en wat nog teen jou gehou word, of daar is "innerlike reiniging" wat moet plaasvind. Hier wil ek kwalifiseer en sÍ dat dit net in die geval van onwedergebore mense waar is. Vir wedergeborenes moet die oorsaak van skuldgevoelens eerder gesoek word in die struktuur van wettisisme en prestasiegedrwenheid waaraan die persoon onderworpe is en dat hy nog nie die uitnodiging van Matt. 11:28-30 aanvaar het nie.

        Wat is skuld? 'n Krasse woord wat in woede uitgespreek is, is sonde want God is goed en geduldig met mense. Om 'n persoon met pyn in die hart te ignoreer omdat jy te besig is, is sonde want God het medelye met mense. Om in die huwelik in te breek of uit te breek is sonde want God is heilig en het sulke optrede verbied. As ons hierdie of ander dinge gedoen het, is ons skuldig aan die verbreking van God se wet, afgesien daarvan of ons dan skuldig “voel” of nie. Hoe word hierdie skuld dan reg gestel? Daar is twee moontlikhede.

        Jy kan soos die FariseŽrs en die Moslems gaan vir regverdigmaking deur werke. Doen net meer goeie werke as die slegtes wat daar was, en dan is die saak reg.

        Of so nie gaan jy vir die opsie waar werke totaal uitgesluit is. God se weg, soos in die Bybel voorgeskryf, is regverdigmaking deur geloof alleen. Nie eers gebed, beroeu, boetedoening en belydenis nie, nee, net geloof in die versoeningswerk van Jesus Christus aan die kruis het krag om ons onmiddelik en vir altyd van enige skuld los te koop.

        1 Joh. 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

        2:2 En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir diť van die hele wÍreld.


        Deur dit wat Jesus aan die kruis gedoen het en deur die feit dat ons dit in die geloof aanvaar het, kan ons nou saam met Paulus sÍ:

        Rom. 5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

        Net geloof bring vrede by God. Hierdie is menslik gesproke ongelooflike wonderlike nuus. So ongelooflik wonderlik is dit, dat volgens alle opnames die meeste Christene dit nie werklik glo nie! 60% van hulle voel nog steeds skuldig oor dinge in die verlede.

        Comment


        • #5
          Re: Genade vir jou

          Originally posted by David2 View Post
          NIV:
          Gal. 3:3 Are you so foolish? After beginning with the Spirit, are you now trying to attain your goal by human effort?

          of in die 1983 vertaling:

          Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin, wil julle nou in eie krag eindig?

          Belangrike woorde in die NIV vertaling: "To attain your goal". Wat is die doel wat mense wil bereik? Is dit nie om geestelik te groei en 'n goeie Christen te wees nie? En dit wil hulle bereik deur "human effort". Is hierdie NIV vertaling nie dalk 'n goeie definisie vir wettisisme nie? Mense wil 'n geestelike doel bereik deur menslike inspanning. Hulle begin in die Gees en eindig in die vlees.
          D2 .....

          net 'n nota ....... die griekse woord vir sonde is hamartia wat beteken missing the goal .............. miskien het hierdie vertaling iets beet wat ander misgekyk het !!!! .....



          dankie vir 'n baie insiggewende draad .......
          wonner hoekom is almal so stil om kommentaar te lewer ? ......

          shalom
          m
          Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

          Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

          Comment


          • #6
            Re: Genade vir jou

            Ek het die ander dag die boek gelees van Dr. Arnold Moll oor wat jy kan wees.(kan nie nou die titel onthou nie) Wat daar vir my interessant was, was dat hy ons atent maak dat ons heiligmaking ook 'n belofte van die Here is. Die Here wil dit ook vir ons doen. Ons moet Hom net die geleentheid gee. Dit is nie iets wat ons alleen moet doen nie. Op ons eie sal ons dit ook faal, net soos ons in alles faal wat ons in ons eie krag wil doen. Dit is hoekom dit vir ons so belangrik is om elke dag toe te laat dat die Here meer en meer in ons kan word en ons in Hom. Hoe meer Hy word en hoe minder ek word, hoe meer leef ons soos God dit wil hÍ, hoe meer word ons geseŽn en hoe meer ervaar ons Sy genade.

            Nadat die Here ons gered het, los hy ons nie oor om self te probeer om te leef soos wat Hy wil hÍ nie. Nee, Hy wil ons help om dit te kan word waarvoor ons bestem is volgens Sy wil. Hy het ook beloof om dit te doen, ons moet net uit die pad beweeg.

            Groete
            Kalahari

            Comment


            • #7
              Re: Genade vir jou

              Originally posted by mari View Post
              wonner hoekom is almal so stil om kommentaar te lewer ? ......
              Ek kon nog niks byvoeg nie, toe gee ek anderdag maar net eers 'n rep.

              Comment


              • #8
                Skuldig of vergewe?

                Dankie vir die kommentaar. Gaan gerus daarmee voort.

                Ons ken almal Rom. 8:1 "Daar is dan nou geen veroordeling ...." Ek verstaan die vers so dat dit ook sal beteken: "Daar is dan nou geen Christen wat voor God skuldig staan nie ..."

                In die ganse NT is daar net een vers wat, so lyk dit, sÍ dat 'n Christen skuldig kan wees. Die vers is 1 Kor. 11:27

                Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

                En dit lyk ook nogal of dit 'n taamlike erstige soort skuld is wat hier van gepraat word, want hulle was skuldig "aan die liggaam en die bloed van die Here". Maar nou wonder ek net: Aangesien hierdie die enigste vers is waar Christene skuldig kon wees, is dit nie dalk 'n geval dat hierdie eintlik ongelowiges was, onwedergeborenes, wat op grond van hulle ongeloof op onwaardige wyse aan die nagmaal deelgeneem het nie? Miskien moet julle my hier reghelp.

                Maar hoe dit ookal sy, dit is duidelik dat daar heeltemal geen, of dan net een vers in die NT is wat die moontlikheid van skuld vir 'n Christen voor sy Here oophou. Maar ter selfder tyd is daar talle verse wat sÍ dat kinders van die Here vir tyd en vir ewigheid vergewe is. Kan mens ter selfder tyd vergewe en ook skuldig wees? Kom ons kyk na slegs 'n paar verse uit die ryke skat wat van ons vergifnis praat:

                Ef. 1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

                1:8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,


                Kol. 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

                1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

                Kol. 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

                2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,


                Maar nie alleen is die NT stil (of byna stil) oor Christene wat skuldig sou wees nie, maar ook kan ons met stellige sekerheid sÍ dat die NT ons wat Chrstene is, nooit vra of opdrag gee om God te vra om ons te vergewe nie. Eintlik is dit heel logies. Hoe vra jy God om jou te vergewe as Hy dit reeds gedoen het? (Byna alle verwysings in die NT na God wat ons vergewe is in die verlede tyd.) Maar wat dan van 1 Joh. 1:9, sal sommige miskien vra. Kom ons gaan kyk.

                As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.


                SÍ die vers dat Christene om vergifnis moet gaan vra? Nie in die minste nie! Die woord wat hier gebruik word, is bely of saamstem. Nee, ons vra nie om vergifnis nie, ons stem saam met God oor ons sonde. Ons stem saam dat ons 'n sondige natuur het, dat ons nog sondes doen en dat dit verkeerd is. MAAR ons stem ook saam met God dat Jesus Christus reeds ten volle vir ons sondes van verlede, hede en toekoms betaal het.

                As ek 'n kras woord teenoor iemand sou uiter en ek kry kort daarna 'n hartaanval en sterf nog voor ek die persoon om verskoning gevra het en ook die Here om vergifnis gevra het, gaan ek dan hel toe? Nee, want Christus het eens en vir altyd vir ons sondes betaal.

                Goed, ek weet, hierdie is eintlik 'n kontroverse saak. Daar is baie Christene en predikers wat reken dat ons, wanneer ons tot die geloof kom, sover as moontlik elke sonde moet opnoem en vergifnis moet vra. Dan moet ons ook daarna voortgaan om elke dag vergifnis te vra vir die sondes van daardie dag, anders word dit ons nie vergewe nie.

                Maar dit is nou juis die bedoeling van hierdie draad om aan te toon dat 'n geweldige groot gros Christene nog nie die rus van Jesus ingegaan het nie (Matt. 11:28-30). Hulle het nog nie die vreugde van totale oorwinning en aanvaarding deur God ervaar nie. Hulle sit dag vir dag en jaar na jaar in die kuil van val en opstaan, val en opstaan, val en opstaan. 'n Bose kringloop van sonde en boetedoening herhaaldelik oor en oor soos in die ou bedeling. Is dit waaroor NT Christenskap gaan? Nee, lg. is eerder 'n beskrywing van die Christen onder die wet (watter wet ookal - die huis se wet, sy eie wet, die tien gebooie, maak nie saak nie). Geen oorwinning nie, slegs val en opstaan.

                Comment


                • #9
                  Re: Skuldig of vergewe?

                  Originally posted by David2 View Post

                  Maar nie alleen is die NT stil (of byna stil) oor Christene wat skuldig sou wees nie, maar ook kan ons met stellige sekerheid sÍ dat die NT ons wat Chrstene is, nooit vra of opdrag gee om God te vra om ons te vergewe nie. Eintlik is dit heel logies. Hoe vra jy God om jou te vergewe as Hy dit reeds gedoen het? (Byna alle verwysings in die NT na God wat ons vergewe is in die verlede tyd.) Maar wat dan van 1 Joh. 1:9, sal sommige miskien vra. Kom ons gaan kyk.
                  .
                  D2 ........ waar pas hierdie in ? .........

                  Matt 6:
                  9 Sů moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
                  10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
                  12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
                  13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
                  14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
                  15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

                  Luk 11 :
                  2 En Hy sÍ vir hulle: Wanneer julle bid, sÍ: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
                  3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;
                  4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
                  Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                  Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Skuldig of vergewe?

                    Mari
                    Ek was bang iemand gaan dalk die verse aanhaal. Nou sit ek met 'n moeilike een om te verduidelik.

                    Kom ons vergelyk Ef. 4:32 met die verse wat jy aangehaal het:

                    Ef. 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.


                    1. Wanneer jy die twee noukeurig vergelyk, kom jy agter dat die betekenis taamlik verskil. Die "standaard" wat in Mattheus en Lukas gebruik word, is die wyse waarop ons vergewe. In die gebed word God gevra om ons te vergewe soos ons andere vergewe. Hierdie kan dus as 'n soort "werk" van vergifnis verstaan word. In die mate wat ons ander mense vergewe, vergewe God ons.

                    2. Verder moet jy daarop let dat dit 'n redelik algemeen aanvaarde beginsel van Skrifinterpretasie is om die Bybel progressief te lees. Veral as dit by die heiswaarhede kom. Dawid het meer geweet as Moses, Jesaja het meer geweet as Dawid, Mattheus het meer geweet as Jesaja en Paulus het meer geweet as hulle almal. Paulus het self gesÍ dat die evangelie van die kruis as 'n verborgenheid aan hom bekend gemaak is. Niemand voor hom het dit geken nie. In die "onse Vader" gebed, wat seker die meeste opgesÍ word van enige deel in die Bybel, is daar niks maar niks van die evangelie van die kruis nie. En ons as Christene verstaan en interpreteer alles in die Bybel nou in die lig van die kruis. As ons dus jou verse vergelyk met Ef. 4:32, sal ons heel natuurlik en ook onmiddellik die kruis in lg. vers raaksien. Die "standaard" is nou nie meer ons nie, dit is Jesus. Ons kry nou die opdrag om mense te vergeef soos Jesus ons vergeef het.

                    Ek sal dus in hierdie geval die Bybel ook progressief lees en eerder Matt. 6 verstaan in die lig van Ef. 4 as andersom. Ek sal dus die betekenis van Ef. 4 op Matt. 6 neerlaat. Vandat die kruis bekend geraak het, is dit en net dit die standaard, en nie meer ons nie. Hierdie verse beteken dus nou vir my dat God my in Christus volkome vergeef het (verlede tyd) en dat ek nie om vergignis moet vra nie. Ek moet eerder daardie vergifnis as model vir my lewe gebruik en daarna strewe dat dit my sal inspireer om ander mense ook so te vergewe.

                    3. Maar die belangrikste verskil tussen Mattheus en EfesiŽrs het ons nog nie aangeraak nie. Die woord wat in die Bybel vir vergifnis gebruik word, verander ook met die koms van die volle openbaring van die kruisevangelie. In Mattheus en Lukas is dit nog afeemi wat 'n OT begrip is en eintlik beteken "wegstuur". Mense is, soos wat jy seker weet, nie in die OT volkome vergewe nie. Hulle sondes is bedek deur bloed, maar dit was nog daar. Dis is in die vorm van die sondebok "weggestuur", maar dit was nog daar Írens. Maar Paulus gebruik 'n ander woord, vir my een van die mooiste Griekse woorde in die NT: "garidzomai". Dit beteken om iets uit genade te skenk. Dit is ook die woord hier in Ef. 4:32 en sonder enige twyfel is hierdie ons begrip van vergifnis. Vergelyk die woorde vir vergifnis in 'n konkordansie en jy sal duidelik sien hoe afeemi afneem deur die NT en hoe garidzomai toeneem.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Skuldig of vergewe?

                      David

                      Ek dink dit is duidelik dat God al ons sondes vergewe het. Ons is dus nou sondeloos in God se boek. Jesus het dit een maal aan die kruis gedoen. Ons is dus in totaliteit gered. Die gevolg hiervan is nie dat ek nou kan leef net soos ek wil nie (eintlik kan ek want ek is vry), maar dat ek uit dankbaarheid wil lewe soos God dit behaag.

                      Ons besef nie aldag hoe vry ons is nie. Ons wil nog die heeltyd onder die Wet wees. Dank God dat Hy my vry gemaak het en dat ek Hom nou kan verheerlik en prys.

                      Groete
                      Kalahari

                      Comment


                      • #12
                        Genade vir jou

                        Vir baie mense, wanneer hulle die woord "genade" aanhoor, reageer hulle (amper op die model van Pavlov) met "lisensie vir sonde"! Maar genade was nooit bedoel om 'n lisensie vir sonde te wees nie, nie eers as jy genade oorbeklemtoon nie (as so iets moontlik so wees). Terloops, is dit moontlik om genade oor te beklemtoon? As ons werklik verstaan wat genade is?

                        Die mens was vir 1500 jaar onder die wet, met die uitgesproke doel om aan hom te bewys dat die wet vir hom niks goeds inhou nie (Nou weet ons dat alles wat die wet sÍ, hy dit sÍ vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wÍreld voor God doemwaardig kan wees, aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde). Die uiteinde van die lewe onder die wet was nie om een enkeling daardeur te regverdig nie, maar om aan hulle almal te bewys hoe doemwaardig hulle voor God was. Daardie bewys is gelewer en om toe te laat dat mense enigsins verder onder die wet moes lewe, was sinneloos. Daarom staan daar net 'n paar verse verder:

                        Rom. 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is

                        Genade is dus nie 'n metode om die wet te omseil en steeds sonde te doen nie, dit is God se ewige voorneme om iets wat die wet graag sou wou doen, maar nie kon doen nie omdat hy deur die vlees werk, tog uiteindelik te doen, maar net sonder die vlees, sonder die werke en sonder die wet. Daarom staan daar nog 'n paar verse verder:

                        Rom. 8:3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,

                        8:4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

                        8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

                        8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

                        8:7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

                        8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

                        8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, diť behoort nie aan Hom nie.


                        Daar is 'n weg wat vir die mens reg lyk, maar die uiteinde daarvan is die weŽ van die dood. Hierdie vers word deur die meeste mense soos volg interpreteer: "Ag wat, dit sal reg wees om nou een of twee drankies saam met die ouens te drink, en dan word dit vir jou die weg van die dood." Nee, nie eintlik dit nie, maar eerder soos wat Rom. 8:3-9 so mooi hierbo verduidelik. Die weg van die wet lyk vir die mens reg. Dit kan tog nie verkeerd wees nie, want dit kom van God af. Maar hoe reg die wet ookal lyk, as 'n lewensbeginsel en as 'n model om lewe volgens in te rig, is dit die weg van die dood. Ons het vandag net een weg, en dit is genade. Is dit nog steeds moontlik om genade te oorbeklemtoon? Of moet ons, soos sommige dink, 'n ballans tussen wet en genade vind?

                        Toe God 'n naam gesoek het vir sy evangelie - sy goeie nuus wat vir mense juis op daardie tydstip gegee is toe die wet uit die weg geruim is, het Hy dit "Genade" genoem:

                        Gal. 1:6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe

                        en ook:

                        Hand. 20:24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

                        Hy het so sterk daaroor gevoel dat hy daartoe bygevoeg het:

                        1:9 Soos ons vantevore gesÍ het, sÍ ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!


                        Die een enkele woord wat die vleesgeworde Woord van God beskrywe het terwyl Hy die aarde bewandel het, was "genade":

                        Joh. 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.


                        Dit is wat Jesus op aarde gemotiveer, geÔnspireer en aangevoer het om doelgerig voort te stap na die kruis - vir jou en vir my.

                        Genade is nie 'n swakheid nie! Dink daaroor na! Dit is die grootste krag wat die aarde nog geken het! Dit is ook die krag wat Christus uit die dood opgewek het. Vir die laaste 2000 jaar het dit manne en vroue, seuns en dogters by groot momente in hulle lewens aangevuur om groot dinge te dink, aan te durf en deur te voer tot die eer van God alleen. Genade is die bloed wat deur God se are vloei en wat ook my en jou lewensbeginsel totaal moet oorneem en oorspoel.

                        Is dit moontlik om genade te oorbeklemtoon?

                        Ja goed, as jy nog steeds aan genade dink as 'n lisensie om sonde te doen, dan kan dit in jou geval heel moontlik oorbeklemtoon word ...
                        Last edited by David2; Sep 11th 2010, 04:00 AM.

                        Comment


                        • #13
                          Genade vir jou

                          In sy boek vol getuienisse en ervaringe in die bediening skryf 'n predikant dat hy een dag op besoek was by 'n hospitaal. Die verpleegster aan diens vertel hom toe van 'n dame wat na verwagting binne die volgende paar uur sou sterf en of hy nie dalk ook by haar 'n draai kan maak nie. Die verpleegster stel hom voor aan Loretta, bleek en uitgeteer van die kanker. Haar gesig verraai ook tekens van vrees vir die onafwendbare.

                          "Loretta", sÍ James vir haar sag, "kan ek jou asseblief vinnig iets van die hemel vertel wat baie min mense verstaan?" "Asseblief" sÍ sy, "gaan gerus voort". "Tot 'n paar jaar gelede het ek aan die hemel gedink as 'n beloning vir goeie mense, maar my studie van die Woord het my tot 'n ander oortuiging gebring. Nou verstaan ek dat die hemel 'n genadegawe vir slegte mense is."

                          "Dominee, maak jy nou 'n grap?" het Loretta geskok gevra. "Kom ek lees vir jou Rom. 6:23, dan sal jy verstaan." het James geantwoord.

                          Rom. 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

                          "Loretta, wat is 'loon'?" vra James vir haar. "Iets wat ons verdien, iets wat ons sal kry en wat ons bewerkstellig het." "Dit is reg, Loretta, en sÍ nou vir vir my, wat is 'n genadegawe?" Loretta was vir 'n rukkie stil, toe beur sy orent met die laaste bietjie krag in haar liggaam en sÍ: "Ek sien dit!" "Ek het dit!"

                          James het saam met haar gebid, maar selfs dit was nie eers nodig nie. Sy is op daardie oomblik toe haar oŽ wyd oopgegaan het en uitgeroep het "Ek het dit!", reeds wedergebore. Haar ewige bestemming het toe vir altyd verander vanaf iets wat 'n mens kan verdien na die vrye genadegawe van God.

                          In die debat oor "eenmal gered, altyd gered" is die beswaar wat dikwels aangehoor word, dat niks onheiligs in die hemel kan inkom nie en dat mens dus jou saligheid deur sonde en ongeloof kan verloor. Het mense wat so dink al mooi die implikasies van Rom. 6:23 oorweeg? Waarheen is ons op pad? Sien jy die hemel as 'n plek van loon? As dit so was, ja, dan sal ons seker en gewis kan verloor wat ons gedink het ons s'n was. Maar as jy die Bybelse leer van God se vrye genadegawe onder die knie gekry het, soos Loretta enkele ure voor haar dood, dan sal jy nooit weer oor jou eindbestemming twyfel nie.

                          Comment


                          • #14
                            Re: Genade vir jou

                            Dit gaan mos oor die volle versekerdheid en insig van Kol2:2 dan nie?

                            Comment


                            • #15
                              Vrees en genade

                              Daar mag miskien hier en daar Christene wees wat voel dat hulle 'n goeie bydrae as Christen lewer, dat hulle so effe onmisbaar is en dat mense vir hulle moet dankie sÍ. Maar ek dink nie daar was te veel sulkes in die Bybel nie. Gaan kyk maar weer na al die redes waarom Moses, Aaron, Dawid, Jesaja en Paulus nie in die bediening moes wees nie. Maar God het besluit hulle moes daar wees omdat Hy juis mense nodig het wat self weet dat hulle totaal onwaardig is. As jy God liefhet en honger is na die geregtigheid van Jesus Christus, sal God jou gebruik, maak nie saak wie jy is, wat jy gedoen het of nie gedoen het nie.

                              Wat motiveer mense in hulle bediening? 'n Kerkleier wat leraars besoek en bedien het, het gesÍ die nommer een motivering in die bediening is vrees vir mislukking. Bedienaars bedank gewoonlik of gee moed op as daar nie meer nuwe lede by hulle aansluit nie, of as mense uit hulle gemeenskap uitbeweeg. Dit is 'n standaard waaraan jou bediening gemeet word. Jy en jou lede laat hierdie standaard vir julle welgeval. Jy moet dus in meetbare standaarde "presteer" of jy het gefaal en moes liewer nie daar gewees het nie. Jy en jou mense plaas julleself dus vrywillig onder die wet.

                              1 Joh. 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

                              4:17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hÍ in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wÍreld.

                              4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

                              4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

                              Wat is die kultuur in jou gemeente? Gaan dit oor uiterlike "aanpas by standaarde" of gaan dit oor innerlike transformasie en eenheid met Jesus Christus? Baie sal sÍ die een hoef nie ander een uit te sluit nie, maar tog sÍ die Skrif "as dit uit genade is, dan is dit nie meer uit verdienste nie". Miskien sluit die een dus tog die ander uit. Genade sluit prestasie, verdienste en 'n vrees vir mislukking totaal uit.

                              In Gal. 2:11-12 sien ons hoe Petrus se vrees vir verwerping deur sy Joodse vriende hom oortuig het om homself weer vrywillig onder die wet te plaas. Wettisisme gebruik groepsdruk om mense in 'n stelsel van "aanpas by standaarde" te laat inval. Die fokus word uiterlike aanpassing by standaarde in plaas van innerlike transformasie van jou karakter en verhouding met Christus.

                              Almal van ons vrees verwerping. Dit is een van die mees pynlike ervarings van ons menslike bestaan. Maar pasop, enige vrees en ook hierdie vrees dryf derduisende in die boesem van konformasie (aanpassing) eerder as innerlike liefde en transformasie. Net soos vrees vir verwerping 'n realiteit is waarmee ons moet reken, het ons almal ook 'n diep ingeboude behoefte aan onvoorwaardelike liefde en aanvaarding met die heel beste bedoelings. Het ons al in ons groepe en gemeentes die vrees-element oorwin en besluit om mekaar in onvoorwaardelike liefde te dra?

                              Het jou en my gemeente al daarby uitgekom om nie net die kruisevangelie te preek nie, maar om saam met Christus aan die kruis te sterf? Dit beteken om saam met Hom, met dieselfde motief as Hy, die motief van onvoorwaardelike liefde en genade, saam aan die kruis te sterf. Dit is wat die doop van Rom. 6:1-4 beteken. Dit gaan nie oor water nie. Water het geen mens nog ooit getransformeer en van hom 'n nuwe mens gemaak nie (laaste deel van Rom. 6:4). Ek en jy en ons gemeentes het hierdie transformasie dringend nodig, maar solank ons oŽ nog vol water is as ons Rom. 6 lees, gaan ons nie by hierdie dinamiese evangeliese waarheid uitkom nie.

                              Rom. 6:1 Wat sal ons dan sÍ? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

                              6:2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

                              6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

                              6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.

                              Comment

                              Working...
                              X