Announcement

Collapse
No announcement yet.

Nuwe Studie Bybel Sien die Lig

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Nuwe Studie Bybel Sien die Lig

    Daar is 'n nuwe studie Bybel wat die lig sien - 10 Oktober 2008

    Dit beloof om 'n uitstekende stuk te wees, dit is veral gerustellend dat daar etelike baie konserwatiewe akademia wat dit saamgestel het.



    Gaan besoek http://www.esvstudybible.org/#formats




    In 'n neute dop (jammer vir Engels)
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  • #2
    Dankie Anton, ek gaan definitief 'n kopie in die hande probeer kry. Is die ESV 'n vertaling op sy eie, of is dit gebaseer op 'n ander bestaande vertaling ?

    Comment


    • #3
      ESV is die English Standard Version as ek myself nou nie misgis nie

      Comment


      • #4
        Esv

        ESV is 'n baie goeie Engelse vertaling - dis 'n moderne Engelse vertaling maar is uit goeie grond tekste gedoen.

        Die vetalings span wat relatief konserwatief.
        Anton VS

        Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

        -- Abraham Kuyper --


        www.collegia.blogspot.com

        Comment


        • #5
          Beste Antonvs, Phil Fourie, Die Filadelfieër en kie.

          Ek gebruik die English Standard Version verskriklik baie. Dit staan in die KJV- RSV-NRSV tradisie en is dus 'n woord vir woord vertaling. Daar is ook nie gevoelige gender-aanpassings nie. Die vertaling is op die Nestlé-Aland Novum Testamentum Graece (27e uitgawe) en die Biblia Hebraica Stuttgartensia gebaseer - dus kritiese uitgawes, maar daar is heelwat voetnotas vir dié wat die meerderheidsteks van die NT verkies. Al wat somtyds hinderlik is, is party onnatuurlike voorsetsels en tussenwerpsels wat nie goed op die Engelse oor klink nie. My gewone kopie van die Bybel bevat ook 'n bondige konkordansie van meer as 2 600 woord-inskrywings as 'n adendum. Ek het self al baie waarde daaruit geput. Klik op http://www.esv.org/ vir meer inligting.

          Daar is reeds 'n Reformation Study Bible (red. RC Sproul, 2005 Ligonier Ministries) wat op die ESV-teks gebaseer is. Ek vind dié betrokke Bybel bietjie eensydig, maar ek dink daar sal baie wees wat dit geniet.

          Die ESV Study Bible lyk baie belowend. Waarvan ek hou in die PDF-proewe, is die kaarte wat maak dat jy dadelik jouself in jou gedagtes kan orïenteer en die tydlyne. (Ek hoop net nie dat daar 'n Genesis-tydlyn gaan wees nie .) As die illustrasie van Salomo se tempel 'n aanduiding is van wat verwag kan word, is ek baie-baie opgewonde. Ek het bietjie gevluglees. In die proewe is daar dele wat "konserwatief" oorkom, maar nie so veel soos die Refomation Study Bible nie. Dit is moeilik om tans te sê hoe gebalanseerd dit is.

          Dit ESV Study Bible hou baie belofte in. Die naaste teks in Afrikaans wat hiermee vergelyk is die Bybellenium Eenvolumekommentaar van CUM (1999). Hoewel laasgenoemde dalk meer inligting bevat, is die ESV Study Bible op die oog af visueel meer aantreklik en bevat dit die volledige Bybelteks.

          Ek vermoed die Bybel in Praktyk (ook van CUM, 1993) mag dalk 'n bietjie afgewater voorkom teen die ESV Study Bible. Die Verklarende Bybel (Lux Verbi, 1989) - hoewel ietwat verouderd - kan dalk ook in dieselfde kader as die ESV Study Bible val.

          Sal die Bybel in Suid-Afrika beskikbaar wees? Ek raak saam met jou opgewonde Antonvs.

          Groete


          Elimelek

          Comment


          • #6
            Dankie vir die skakel Elimelek. Jy weet nie dalk waar mens die ESV kan aflaai nie.
            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

            Comment


            • #7
              Ouens - Goeie Nuus

              Ek kan julle ouens dalk help om hierdie Bybel te kry

              Ek kan dit vir julle kry vir US$ 40.00 dalk minder, ek weet nie hoeveel
              dit in SA kos nie, maar ons kan dit dalk na 'n sentrale punt in SA aflewer.
              Anton VS

              Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

              -- Abraham Kuyper --


              www.collegia.blogspot.com

              Comment


              • #8
                Beste Lanie en Antonvs

                Die ESV is beskikbaar as 'n module van e-Sword. Die gewone ESV is by die Bybelgenootskap vir R38 beskikbaar. Die ESV is ook beskikbaar is CUM en Gospel Direct. Antonvs, is die ESV Bybel waarvan jy praat dan die ESV Study Bible?

                Vriendelike groete


                Elimelek

                Comment


                • #9
                  Korrek sien my eerste plasing
                  Anton VS

                  Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

                  -- Abraham Kuyper --


                  www.collegia.blogspot.com

                  Comment


                  • #10
                    Beste Antonvs en andere

                    Die ESV Study Bible is tans by CUM Boeke (in SA) teen 'n allemintige R600 beskikbaar. Soos ek voorheen geskryf het, is die Bybel in Praktyk en die Verklarende Bybel Afrikaanse ewenknieë.

                    Wat maak die Bybel die moeite werd om te koop?

                    1. Sy kleur kaarte en illustrasies.

                    • Die kaarte van belangrike veldslae, waar die rigters opgetree het en hoe Palestina daarna uitgesien het word handig op plekke geplaas waar dit nodig is om die teks te verhelder. (Daar is ook kaarte agterin die Bybel om vinnig na te slaan)
                    • Die illustrasies van die tabernakel (en al sy toebehore), die tempel (Salomo se tempel, Nehemia se tempel, Herodus se tempel ens.) en van 'n sinagoge breek die Bybelteks sommer onmiddelik oop.
                    • Tydlyne en dinastie organogramme help jou om vinnig boeke in hulle groter geheel te plaas en mense tot verhouding met mekaar en ander te verstaan.
                    • Prente van 'n stad se uitleg. Stede soos Jerusalem (in verskillende tye), Jerigo, Effesiërs ens. se stadplanne word gegee. Dit oriënteer jou dadelik en maak die Bybelverhale wat jy lees meer werklik.

                    1. Sy teksnotas (veral op die Nuwe Testament)

                    • Dit is interessant dat die Nuwe Testament so 'n bietjie dikker voorkom as gewoonlik die geval in 'n Bybel is. Die soms uitgebreide teksnotas is hiervoor te danke/wyte (afhangende van jou perspektief). Die notas is versigtig geskryf en probeer om die verskillende moontlike interpretasies van belang uit te wys. Gewoonlik seevier 'n Evangelies-behoudende standpunt in die verklarings en inleidings van die boeke. Ek dink die inleidings is 'n sterkpunt van die Bybel.

                    1. Relevante Artikels aan die einde van die Bybel

                    • Aan die einde van die Bybel is daar 'n hele paar kort artikels onder die volgende groot hoofde geskryf:
                      • Biblical Doctrine: An Overview
                        • True Theology: Knowing and Loving God
                        • The Bible and Revelation
                        • What it means to know God
                        • The Character of God
                        • The Trinity
                        • The Person of Christ
                        • The Holy Spirit
                        • The Work of Christ
                        • Mankind
                        • God's Relationship with Creation
                        • Sin
                        • Salvation
                        • The Church
                        • Last Things

                      • Biblical Ethics: An Overview
                        • Biblical Ethics: An Introduction
                        • The Beginning of Life and Abortion
                        • Bioethics
                        • The End of Life
                        • Marriage and Sexual Morality
                        • Divorce and Remarriage
                        • Homosexuality
                        • Civil Government
                        • Capital Punishment
                        • War
                        • Lying and Telling the Truth
                        • Racial Discrimination
                        • Sterwardship

                      • Interpreting the Bible
                        • Interpreting the Bible: An Introduction
                        • Interpreting the Bible: An Historical Overview

                      • Reading the Bible
                      • The Canon of Scripture
                      • The Reliability of Bible Manuscripts
                      • Archaeology and the Bible
                      • The Original Languages of the Bible
                      • The Septuagint
                      • How the New Testament Quotes and Interprets the Old Testament
                      • The Bible in Christianity
                      • The Bible and World Religions
                      • The Bible and Religious Cults
                      • History of Salvation in the Old Testament: Preparing the way for Christ.

                    Ek het nie al die opskrifte geplaas nie, maar ek dink dat dit die onvattendheid van die ESV Study Bible belig.

                    Nog 'n belangrike sterk punt van die Bybel is dat as jy die Bybel gekoop het jy volledige toegang tot die ESV Study Bible (notas, prente en al) aanlyn het. Ek dink dat dit maak dat die ESV Study Bible kop en skouers bo ander studiebybels uittroon.
                    Ek het nog nie genoeg in die Bybel gelees nie, maar tot op hede is ek baie beïndruk. Die notas is redelik gebalanseerd, hoewel ek soms met van die artikels aan die einde van die Bybel verskil - van dit smaak te veel Amerikaans. Tog dink ek dat hierdie Bybel 'n nodige en waardevolle bydrae lewer om gesprek in die Christendom aan te wakker.

                    Antonvs, jy't seker nou al 'n rukkie jou kopie van die ESV Study Bible. Hoe vind jy dit? Is hier iemand anders wat iets oor dié Bybel te sê het?

                    Vriendelike groete


                    Elimelek

                    Comment

                    Working...
                    X