Announcement

Collapse
No announcement yet.

Rein van hande en suiwer van hart

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Rein van hande en suiwer van hart

    Ek is tans besig om werklik refleksie op myself te doen en veral die manier hoe ek God aanbid.

    Almal se jy moet in jou binnekamer met God wees, jy moet Sy aangesig soek, maar min mense is bereid om vir jong gelowiges te verduidelik hoe jy God se aangesig soek en wat jy nou eintlik daar in jou binnekamer moet doen.

    Ek is tans besig om hierdie pad te stap met 2 jong gelowiges en huidiglik is ons baie intens besig om hierna te kyk.

    Nou wil ek graag julle insette kry oor wat is rein van hande en suiwer van hart.

    Hoe lyk iemand wat rein van hande en suiwer van hart is en hoekom se die Woord dat mens rein van hande en suiwer van hart moet wees as jy wil klim op die berg van die Here.

    Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
    Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
    Ps 24:3-4

    Kom ons kyk bietjie dieper hierna as die gewone antwoorde wat jy in Sondagskool sal kry. Daarmee probeer ek niks lelik se of Sondagskool sleg praat nie, ek weet net dat hier iets diepers hierin le, veral as ons dievolgende teksgedeeltes ook in ag neem:

    Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
    Mat 5:8

    God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
    Joh 4:24

    Ek sien uit daarna om saam met julle oor hierdie onderwerp die Woord te ondersoek

    Groete
    Phil

  • #2
    Persoonlik dink ek dat dit te doen het met die wyse waarop ons met die sonde in ons lewens handel. Om rein van hande en suiwer van hart te wees, beteken tog om vlekkeloos (sonder sonde) te wees. En dit is 'n vereiste om voor God te verskyn, en om Hom in "gees en waarheid" te aanbid. Tog weet ons, niemand is sonder sonde nie, en dit mag dalk klink asof die Bybel hier 'n onmoontlike vereiste stel... Maar ek voel dat dit in die eerste plek beteken dat 'n mens nie ligtelik met die sonde in jou lewe mag omgaan en verwag om 'n diep binnekamerverhouding met God te he nie. Want daardie sonde vorm 'n muur tussen jou en God (Jesaja 59:1-2)

    God vergewe sonde, omdat Christus reeds die straf daarvoor gedra het, en ons vrygemaak is van die sondelas. Maar baie mense gebruik daardie vryheid om aan te hou om sonde te doen, en dit dan bloot met die volgende gebed so in die verbygaan te bely, dan is alles weer reg en dan kan ek maar weer voortgaan soos vroeer..... Maar sonde is baie ernstiger as dit, en dit moet so hanteer word. Wanneer 'n mens verstan hoe God or sonde voel, sal 'n mens nie ligtelik daarme kan omgaan nie. Sonde is iets wat nie in die lewe van 'n weergeborene hoort nie, en wanneer dit gebeur moet dit met opregte berou na God toe gebring word en vergifnis daarvoor moet verkry word. Dawid stel die voorbeeld in Psalm 51 van hoe ware berou en skuldbelydenis moet lyk. In vers 12 se hy : Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Slegs wanneer daar behoorlik met sonde gehandel is, en die sonde wat skeiding tussen my en God bring, verwyder is, kan ek met rein hande en 'n suiwer hart voor God verskyn. Ons moet besef, God is heilig, Hy is nie ons speelmaat nie. En dikwels vergeet mense dit, en dis dan wanneer die binnekamerverhouding nie op dreef wil kom nie. En dan kan ons nie verstaan waarom nie.

    So wat ek wil se, is, handel met die sonde in jou lewe, sodat jy rein van hande en suiwer van hart kan wees, want alleen dan sal jy God in gees en waarheid kan aanbid.

    Comment

    • #3
      Eugene

      Ek kry hoendervleis as ek hierdie plasing van jou lees, jy verstaan lyk my presies wat op hierdie huidige stadium in my hart aangaan

      Jy kan nie verwag om na die troon van God te kom sonder dat jy geheilig word deur die bloed van Christus nie en dit bedoel ek vir al jou sondes, ek is eerlik hier en ek praat uit persoonlike ondervinding. Moenie vir God vra hoekom voel dinge so dood en dan loop jy uit die binnekamer en steek weer die volgende sigaret op nie, want jy is nie besig om met sonde in jou lewe te handel nie.

      Ons moet begin besef God is 'n heilige God en dat ons moet begin ag gee op harte en offers (soos Rom 12:1 stipuleer) van ons liggame wat vir Hom aanneemlik is.

      Kyk na Ester byvoorbeeld, gaan ondersoek die boek en kyk deur watter voorbereiding sy byvoorbeeld moes gaan net om 1 aand voor 'n aardse koning te verskyn, hierdie dui vir my baie daarop dat ons ook ons harte moet voorberei en ons hande reining om voor die Koning van konings te verskyn. Gaan lees gerus die verhaal van Ester, dit het my nogals baie geruk, daar is ook 'n film hieroor gemaak wat ek sterk kan aanbeveel, die film se naam is "One Night With The King".

      God het nie verander nie, Hy is dieselfde God waarvan Josua se:

      Maar Josua het vir die volk ges: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
      Josua 24:19

      Ja Eugene, ons moet met sonde handel in ons lewens, ons moet die vleeslike by die voet van die berg los en ons harte ondersoek voor ons op die berg van die Here gaan, na Sy heilige plek, wat vir my en jou vandag daar is waar ons die aangesig van God soek. Ons kan nie net God se heiligste instorm nie, ons moet nederig by Hom ingaan nie met 'n hart vol van wat ek wil he nie, maar met 'n hart wat daarna smag om God te behaag.

      Kom ons kyk weer na Ester:

      Toe die beurt van Ester, die dogter van Abgail, die oom van Mrdegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, ges het; en Ester het guns gevind in die o van almal wat haar gesien het.
      Ester 2:15

      Ester het verlang om na die koning te vat dit wat Hegai gese het, want Hegai het die koning geken en geweet wat hom sal behaag, net so moet ons net dit verlang om na die Koning te vat wat die Heilige Gees se.

      God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
      Johannes 4:24

      Ons moet besef, dit gaan nie oor wat ons wil he nie, dit gaan oor wat God wil he, ons moet ophou met 'n mensgesentreerde aanbidding, ons moet 'n Godgesentreerde aanbidding he.

      Hoe voel julle hieroor, of dink julle ek verstaan nie lekker nie

      Comment

      • #4
        Originally posted by Phil Fourie View Post

        Die vraag is : Gaan ons maar weer met ons gebruiklike versoekskriffie na God omdat ons iets van Hom verlang of gaan ons in ootmoed en in erkentlikheid vir sy genadegawe op Golgota om net by Sy voete te sit , Hom te vertel hoe lief ons Hom het sodat ons wanneer ons daar opstaan , totaal deurweek is van die Heilige Gees. God toets die harte van mense en Hy weet wie het die sondes van die wereld afgele en wie nie. Iemand het eenkeer gese dat hy op daardie stadium 4 jr vantevore laas iets van God gevra het omdat ons Vader weet wat ons nodig het. God soek harte wat totaal geledig is van die wereld sodat Hy ons kan vul met Sy Gees.

        Comment

        • #5
          Originally posted by Phil Fourie View Post
          Ek is tans besig om werklik refleksie op myself te doen en veral die manier hoe ek God aanbid.

          Ek is tans besig om hierdie pad te stap met 2 jong gelowiges en huidiglik is ons baie intens besig om hierna te kyk.

          Hoe lyk iemand wat rein van hande en suiwer van hart is en hoekom se die Woord dat mens rein van hande en suiwer van hart moet wees as jy wil klim op die berg van die Here.

          Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
          Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
          Ps 24:3-4

          Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
          Mat 5:8

          God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
          Joh 4:24

          Phil
          Sjoe! Slaan jy my wind nou uit! Is dit hoekom ek voel dat ek iets verloor het?

          Soos Gene se "ons vergeet Hy is heilig.", dan storm ons sommer net in en dink die skietgebede en dagstukkie en lees en bid so deur die dag is TYD saam met Hom...

          Laaste vers wat ek WEET ek gekry het was Ps 46:10"Laat staan en en weet dat ek GOD is" en ek wonder nou of die skoon hande en hart verlore geraak het .....basies oor te besig wees?

          Dan kan ek nie luister na Gees nie en nie oortuig word of "onthou" van die sondes wat ek moet bely nie, waarvoor ek vergifnis moet vra nie en dan is daai muur daar...want die waarheid wat die Gees aan my moet openbaar het ek nie tyd /kans gegee nie?

          Phil ek dink jy verstaan mooi en stap moontlik met meer as 2 jonges ( my ook gehelp(Hy laat nie die werk onaangedaan nie , ne' (waar is die dankie se gebed gesiggie?)
          Dis alles net genade -Ma Grace
          "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

          Comment

          • #6
            Willem

            Ek was werklik gelei om hierdie onderwerp hier na Lighuis te bring en as ek kyk wat dit vir jou beteken, dan loof en prys ek die Here daarvoor, maar weet verseker, die Here is besig om my lewe ook te skud met hierdie waarhede.

            Ek het dit moontlik al hierbo gese, maar ek verstout my om dit weer te noem. Wanneer ons die aangesig van God soek, kan en mag dit nie gaan oor my nie, dit mag slegs gaan oor God en Sy perfekte wil vir my lewe. Daarmee se ek nie dat jy nie na God kan gaan vir jou daaglikse behoeftes en sorge nie, want Hy is jou Vader wat vir jou wil uitkoms gee, maar dit KAN en dit MAG NIE gaan oor my begeertes nie, dit MOET gaan oor wat vir God aanneemlik is, wat Hom sal behaag en wat Hom behaag in aanbidding is rein hande en 'n suiwer hart. Laat ons dan die troonkamer van die Koning nader deur die reddende genade wat ons ontvang het in Christus Jesus, onder die absolute leiding van die Heilige Gees. Laat ons nie met 'n wereldse persepsie na die troonkamer gaan nie, maar volkome onder leiding van die Heilige Gees.

            Ek dink David se gebed is die perfekte plek vir ons om ook te begin wanneer ons waarlik die aangesig van God soek:

            Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
            en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
            Psalm 139:23-24

            Verskoon die Ingels, maar die KJV stel dit baie goed

            Search me, O God, and know my heart: try me, and know my thoughts:
            And see if there be any wicked way in me, and lead me in the way everlasting.
            Psalm 139:23-24 (KJV 1611)

            Comment

            • #7
              daar is ook 'n film hieroor gemaak wat ek sterk kan aanbeveel, die film se naam is "One Night With The King".
              Phil.... Askies, dis nou heeltemal van die punt af maar het die laaste deel van die fliek waar Esther saam met die koning en Haman geet het jou nie gepla nie? Ek praat spesifiek van die deel met haar halsnoer.
              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

              Comment

              • #8
                Nee nie regtig nie Lanie, daar is as jy mooi gaan kyk 'n paar dinge in die film wat nie 100% korrek is nie, maar onthou dit is ook nie wat die film "claim" om te wees nie, tog glo ek die boodskap van die Bybel kom baie sterk deur in hierdie film en dit is hoekom ek dit so baie geniet het en dit skets vir mens 'n redelike prentjie van hoe dinge daardie tyd gelyk en gewerk het, as jy dan Ester in die Bybel gaan bestudeer, word Ester vir jou net soveel ryker. Nie dat ek se 'n film kan die Bybel verryk nie, inteendeel, ek sal eerder se die Bybel het hierdie film verryk. Tog die boodskap in die film is baie suiwer

                Groete
                Phil

                Comment

                • #9
                  Phil,

                  Ek het ook van die fliek gehou. Wat my nou nog bybly is haar opmerking van Dawid se geloof (because he believed well). Mag ons almal daardie geloof h!

                  Mag hulle 'n bybelverhaal vat en sekere elemente verander om dit beter kykstof te maak? Is dit nie ook verdraaiing van die Woord nie?

                  Ek het 'n probleem gehad met die halsnoer wat sy teen die lig gehou het. Ek weet nie.....dit het my ongemaklik laat voel. My dogtertjie het ook die opmerking gemaak dat sy 'n "magic hangertjie" het. Ons moes mooi verduidelik.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Phil Fourie View Post
                    Ek dink David se gebed is die perfekte plek vir ons om ook te begin wanneer ons waarlik die aangesig van God soek:

                    Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
                    en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
                    Psalm 139:23-24

                    Verskoon die Ingels, maar die KJV stel dit baie goed

                    Search me, O God, and know my heart: try me, and know my thoughts:
                    And see if there be any wicked way in me, and lead me in the way everlasting.
                    Psalm 139:23-24 (KJV 1611)
                    Soek en jy sal vind ne' ?

                    Ek dink jy slaan die spyker op sy kop met die vers, dis hoe ons moet negin en dan still word en luister na jou hart waar Sy Gees woon en jou lei oor jou sondes wat jy moet bely.

                    Dan dink ek kan mens hart oopmaak oor alles, want dis beide God en Aanbidder en Hemelse Vader en Kind en die Gees sal ons "screw-ups " in ons gebed reg "vertaal" .. ek vra spesifiek daarvoor dat die Gees namens my vra en bid vir God se wil waar ek nie weet of kan hoor nie. God ken ons, soos David se , Hy deurgrond ons, so ek vertrou maar en glo dat Sy Gees beter as ek weet wat ek wil he en nodig het en vir my sal intree in gebed soos wat Jesus ook vir ons by God intree? Enige kommentaar uit woord of regte rigting is?
                    Dis alles net genade -Ma Grace
                    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                    Comment

                    • #11
                      Wel Willem

                      Die Woord antwoord ons wel hierop

                      26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
                      27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
                      Rom 8:26-27

                      Vers 26 beskryf die rol van die Heilige Gees tydens gebed en vers 27 beskryf die rol van Jesus tydens gebed.

                      Ek hoop dit help

                      Comment

                      • #12
                        Dankie vir hierdie draad en almal se bydraes. Ek dink hierdie worsteling hang baie saam met hoe ons ons posisie in Christus verstaan en daaruit lewe.

                        Aan die een kant weet ons dat ons in Christus heilig gemaak is:

                        Kol 1:21-22 "Ook julle wat vroer vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen (22) in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel."

                        Let op die tydsaanduiding: "nou"

                        Die waarheid van die evangelie s vir my dat ek nooit goed genoeg kan wees vir God uit myself nie. Ek kan selfs nie nederig of gebroke genoeg wees nie. Ek kan bloot die Heilige Gees toelaat om daardie werk in my te doen. Ek dink dit is in die natuurlike denke van enige mens om op een of ander manier God se guns te probeer verdien, al is dit selfs deur ons "vlak van nederigheid"

                        Alle pogings vanuit myself of my eie krag is in elk geval 'n gemors voor die Here. En juis daarin l vir my die wonderlike troos van die evangelie. Ek kan selgs "inplug" by my Here - in Hom bly.

                        Amy Grant sing die ou hymn: "Rock of Ages" so mooi (op 4 tyd in plaas van 3 tyd). Die woorde s so raak:

                        "Nothing in my hand I bring. Simply to the cross I cling."

                        En bloot net daardie besef is miskien wat God nie net met 'n rein hart bedoel nie, maar ook met 'n gebrokene van gees. En ek kry elke keer trane van diepe vreugde en dankbaarheid as ek daaraan dink.

                        ...hier is die hele hymn:

                        Rock of Ages, cleft for me,
                        Let me hide myself in Thee;
                        Let the water and the blood,
                        From Thy wounded side which flowed,
                        Be of sin the double cure;
                        Save from wrath and make me pure.

                        Not the labor of my hands
                        Can fulfill Thy law’s demands;
                        Could my zeal no respite know,
                        Could my tears forever flow,
                        All for sin could not atone;
                        Thou must save, and Thou alone.

                        Nothing in my hand I bring,
                        Simply to the cross I cling;
                        Naked, come to Thee for dress;
                        Helpless look to Thee for grace;
                        Foul, I to the fountain fly;
                        Wash me, Savior, or I die.
                        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                        Comment

                        • #13
                          Ek is voorlopig klaar met my studie oor hierdie onderwerp. Ek se voorlopig, want hierdie is een van daardie waarhede in die Woord wat mens lank aan sal kan leer.

                          Ek heg hierby aan 'n Word dokument wat ek geskryf het, die meer geleerdes en beter skrywers hier moet tog maar verskoon as ek soms lomp oorkom met my woorde, maar ek glo werklik dat die Heilige Gees my gelei het hierdeur. Hierdie studie het my soms lou gebedslewe kom ruk en daarom as dit vir enigiemand anders tot seen kan wees, heg ek dit graag hier aan om te lees.

                          Groete
                          Phil
                          Last edited by Phil Fourie; Jun 1 2009, 12:08 PM.

                          Comment

                          • #14
                            Phil jy sal nie Glo nie

                            Jy sal nie glo Phil ek het verlede week uit Psalm 24 gepreek net 'n Wonderlike Psalm. Jy is welkom as jy my eksegese van die Hebreeuse teks wil bekom - dit is amazing wat ek daarin ontdek het.
                            Anton VS

                            Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

                            -- Abraham Kuyper --

                            www.collegia.blogspot.com

                            Comment

                            • #15
                              Dankie Phil,

                              dis die wat ek iewers gelees het/ gehoor het, maar nie verstaan dat vers 27 na Jesus verwys nie.

                              Dan volg vers 28 wat ek wel ken, vir hulle waGod Liefhet werk alles ten goedemee.
                              Dis alles net genade -Ma Grace
                              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                              Comment

                              Working...
                              X