Announcement

Collapse
No announcement yet.

Kyk hoe maklik word die Bybel se geloofwaardigheid bevraagteken...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Kyk hoe maklik word die Bybel se geloofwaardigheid bevraagteken...

    (Ferdie, jy moet maar weer die draad skuif as ek al weer op die verkeerde plek is. )

    Ek het so paar dae terug my dogtertjie by 'n maatjie gaan oplaai. Ek wag toe dat hulle opruim en ek sien "The Secret" op 'n tafel lÍ. Ek vra toe die mamma of sy die boek gelees het, want so ver ek weet is dit heeltemal new age en eerder 'n boek waarvan weggebly moet word. Sy verdedig haarself toe met die stelling dat mens maar moet lees en vat wat jy voel reg is en die res ignoreer. Sy gaan toe verder deur te sÍ dat als in die Bybel ook nie die waarheid is nie. Dit uit 'n erkende Christen se mond! Net daar is ek toe half op my agterpote maar vra toe heel bedaard hoekom sy so sÍ. Sy vertel toe dat sy 'n program op die Discovery Channel gekyk het wat oor DaniŽl gehandel het en blykbaar was hy 'n erg rowwe outjie wat glad nie so vroom was as wat die Bybel voorhou nie. Volgens die program is daar 'n biblioteek boeke oor DaniŽl se lewe geskryf en die vroeŽ Christene het besluit om die slegte goed oor hom nie in die Bybel in te sluit nie omdat dit nie 'n goeie voorbeeld is vir die Christendom nie. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.

    Het enige van julle dalk hierdie program gesien? Dit krap my om dat mense so goedsmoed iets kan aanvaar as die waarheid net omdat dit op tv was en in die proses word hulle geleer om die Bybel se geloofwaardigheid te bevraagteken.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Originally posted by Lanie View Post
    (
    Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.

    Het enige van julle dalk hierdie program gesien? Dit krap my om dat mense so goedsmoed iets kan aanvaar as die waarheid net omdat dit op tv was en in die proses word hulle geleer om die Bybel se geloofwaardigheid te bevraagteken.
    Het nie meer 'n tv nie, maar ek glo Discovery Channel sal (met baie navorsing) sulke bog kan praat en vertoon ..... ek glo dis maar deel van die antichris se aanval om soos jy sÍ: die Bybel se geloofwaardigheid te bevraagteken.
    Ons sal saam met jou bid vir "die mamma"

    ns. Voor ek vergeet pas maar op vir sommige "erkende Christene" hulle praat baie keer nie van dieselfe Jesus as ons nie!!
    Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
    John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"

    Comment


    • #3
      Originally posted by Lanie View Post
      Sy vertel toe dat sy 'n program op die Discovery Channel gekyk het wat oor DaniŽl gehandel het en blykbaar was hy 'n erg rowwe outjie wat glad nie so vroom was as wat die Bybel voorhou nie. Volgens die program is daar 'n biblioteek boeke oor DaniŽl se lewe geskryf en die vroeŽ Christene het besluit om die slegte goed oor hom nie in die Bybel in te sluit nie omdat dit nie 'n goeie voorbeeld is vir die Christendom nie. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.

      Het enige van julle dalk hierdie program gesien? Dit krap my om dat mense so goedsmoed iets kan aanvaar as die waarheid net omdat dit op tv was en in die proses word hulle geleer om die Bybel se geloofwaardigheid te bevraagteken.

      JA Lanie, Discovery is ... wel bevooroordeeld BBC ook .... wereld actually nou dat mens daaraan dink.

      Iemand het hier verwys na ons mense gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis.

      EK veral het baie Discovery tipe goed vir soetkoek opgevreet en dit was LEKKER sulke nuwe en amazing goete om te leer en te lees. .... Maar feit bly ons wil nie weet nie en al wat ons kan doen is om mense te challenge of hulle wel gedink het of nie en as hulle wel het of hulle belang stel om al hulle geld na my rekening oor te plaas ? ( dis met liefde gedoen want geld is gewoonlik wanneer die brein in rat kom en ons begin dink )

      Ek is juis op oomblik besig om boek oor dieet te lees ( 40 boepie stresss worry nervous / neh wie is nou bang om huis toe te gaan?) en die detail oor wat in bybel vir dieet etc voorgehou is en wat ons nou eet plus die wetenskaplike navorsing is.... .... eina het ek sowaar my gesondheid gebaseer op wat skinnerboeke se artikels berig?
      Botter is sleg, botter is goed, vleis is sleg vleis is goed? Ek bedoel is dit 'n fashion trend? ( terloops jy het sekere voedinstowwe nodig wat jy net uit vleis kan kry , dis nou as jy wil he jou lyf moet dit actually kan gebruik ?)

      Gelukkig kan ons self besluit en kan ons mense in liefde por oor wat hulle glo en lees en of hulle wel dink.
      Dis alles net genade -Ma Grace
      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

      Comment


      • #4
        Ek het nou nie die program gesien nie, maar ek wil amper se: "So what?" Wat daarvan as Daniel nie 'n "engeltjie" was nie? Wie van ons is? Ons aanbid 'n God wat lief is juis vir mense wat geval het, kyk maar na die voorbeelde in die Bybel van mense soos Dawid, Abraham, Jona, Petrus, om maar net 'n paar te noem - almal mense wat geval het. Maar die belangrikste was dat hulle 'n verhouding met die Here gehad het, en dat hulle sondes vergewe is.

        Ek glo die Bybel vertel nie vir ons alles van almal nie. En Daniel kon dalk 'n man vol sonde wees. Maar die Bybel vertel wel vir ons wat ons nodig het om te weet, en dit is dat Daniel iemand was wat die Here geken het, en lief was vir die Here. En as daar negatiewe goed ook in sy lewe teenwoordig was, so what? Laat hy wat sonder sonde is, die eerste klip gooi.....

        Wat "The Secret" betref, ek ken meer as een "christen" wat baie beindruk was daarmee en beweer dat dit glad nie teenstrydig met die Bybel is nie. Sien, die satan doen hom voor as 'n "engel van die lig" en as mens nie die Heilige Gees het om jou te lei nie, word jy maklik mislei deur sulke goed. Dit is waarom dit so gevaarlik is....

        Comment


        • #5
          Lanie.... die grootste grap met "the secret" se idees is dat geloofs visualiseering glad nie so nuut en nog minder 'n geheim is nie..... ( dit nie gelees nie, net van hoor-se en book reveiws..... )....

          ... dis maar net 'n verdraaing ( en die duiwel is goed daarmee ) van die Goddelikke, Bybelse prinsiep van "glo is sien".... soos Abraham en soveel van ons geloofs vaders se verhale eeue gelede in die Ou Testament gedemonstreer het ..... en Paulus se lerings in die Nuwe Testament ....

          wie het nou 'n boek soos "the secret" se nuwigheid nodig as die boek van Hebrees ons dit al eeue gelede geleer het ???....
          Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

          Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

          Comment


          • #6
            Originally posted by mari View Post
            dis maar net 'n verdraaing ( en die duiwel is goed daarmee ) van die Goddelikke, Bybelse prinsiep van "glo is sien
            Hi mari

            Kan jy dalk vir my uitbrei op wat jy hier bedoel as jy nie omgee nie.

            Groete
            Phil

            Comment


            • #7
              Originally posted by Phil Fourie View Post
              Hi mari

              Kan jy dalk vir my uitbrei op wat jy hier bedoel as jy nie omgee nie.

              Groete
              Phil
              Afrikaans HebreŽrs 11

              1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

              2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.

              3 Deur die geloof verstaan ons dat die wÍreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

              4 Deur die geloof het Abel 'n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.

              5 Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

              6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

              7 Deur die geloof het Noag, toe hy 'n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wÍreld veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

              8 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.

              9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.

              10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.

              11 Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.

              12 Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit 'n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.

              13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
              Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

              Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

              Comment


              • #8
                Ek weet nie of ek reg verstaan wat jy bedoel nie mari, maar hierdie teksgedeelte dui nie op 'n "sien is glo" leer nie, dit dui juis op die teenoorgestelde

                Comment


                • #9
                  Phil.... lees weer


                  "glo is sien"

                  nie "sien is glo" nie

                  daar's 'n verskil...


                  m
                  Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                  Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                  Comment


                  • #10
                    Dis reg mari, ek gaan nou nie met 'n woordespeletjie betrokke raak nie.

                    Ek gaan glo daar is 'n miljoen rand in my bank en ek sal dit more daar sien Skies, ek het dit nou nie lelik bedoel nie, ek wou maar net 'n grappie maak

                    Comment


                    • #11
                      .... ja Phil... wens dit was so maklik !!!!....

                      laat my dink aan die " name it, claim it, frame it" van die oordrewe "prosperity" teachings van so 'n paar jaar gelede......



                      my verwysing sinspeel maar net op die sinneloosheid van "visualisering" as so 'n "geheim" vir die "secret" aanhangers........ as Christinne weet ons al vir eeue dat geloof die bewys is van dit wat ons nie sien nie ( jammer hier gaan ek alweer met die engels, maar dit se dit duideliker ) :

                      Afrikaans Hebriers 11

                      1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

                      King James Version Hebrews 11

                      1 Now faith is the substance of things hoped for, the evidence of things not seen.


                      ..... geloof is die bestandele waaruit dit gemaak word waarvoor ons hoop en die bewys van dit wat ons op hoop, maar nog nie sien nie.... en die "now" kan oor boekdele oor geskryf word.......
                      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by mari View Post
                        :laat my dink aan die " name it, claim it, frame it" van die oordrewe "prosperity" teachings van so 'n paar jaar gelede......
                        'n Paar jaar gelede? Dis nou erger as ooit! Verbeel jou......gee 'n "offergawe" van R1000 op kredietkaart en die Here sal jou 'n miljoener maak. Kan ons dit almal saam sÍ...ASSEBLIEF!!!
                        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                        Comment


                        • #13
                          'n artikel van Prof Malan oor "the secret"
                          http://bibleforums.org/showthread.php?t=137351
                          Last edited by David2; Oct 5th 2008, 05:04 AM.

                          Comment

                          Working...
                          X