Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Volmaakte

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #31
    Christus is die Volmaakte en ons verlossing is geestelik volmaak in Hom, korrek,
    Dus is ons as geestelik volwasse mense baie beslis nie nou onvolmaakte kinders tot die wederkoms nie. Ons gaan tog nie beoordeel word op ons dade en gedagtes (stand) nie maar op ons geestelike status. Die fase van 'n kind het verby gegaan en so ook die fase van onvolkome tydelike openbaringe en bo natuurlike tekens.

    die genadegawes is nog net so aktief in Christen groepe en individue wat dit aanvaar vir wat dit is
    Nog net so aktief soos wat? Soos in die tyd van die Bybel? Dit betwyfel ek nie net nie, dit is verseker 'n onwaar uitgangspunt. Waar is die Petrusse en Johannesse wat vir die kreupeles s staan op en loop? Hulle bestaan nie eers amper nie.

    'n deel van die kerk het dit vir eeue onderdruk met "streep teologie"
    Van hierdie uitspraak verskil ek ook radikaal. Dit is baie beslis nie die kerk se streepteologie wat dit onderdruk nie, dit is gewoon net die bedeling van die volheid wat ons ingegaan het waarin tekens nie meer opereer soos in die tyd van die Bybel nie. As jy dit ontken, bring dan die mense wat kreupeles kan oprig en ledemate kan laat aangroei en dooies kan opwek. In die Bybel het hulle dit gedoen sonder een enkele mishap. 100% sukses, maar nou vind dit nrens plaas nie, in elk geval beslis nie soos dit in die Bybel voorkom nie. Om dit nou aan "streepteologie" toe te skryf, .... wel ....

    soos die eindtye nader kom gaan hierdie gawes posvat waar dit verban is
    S jy dit of s die Bybel dit? Dit is onverantwoordelik om sulke voorspellings te maak wat nie in die Bybel voorkom nie. Waar is wonderwerke verban? Dit is weer 'n baie snaakse uitspraak wat jy hier maak. Ek weet nie van 'n kerk wat dit verban het nie en ek het ook nie. En in elk geval, al was dit ook so, dan sou God se Gees Hom tog nie aan bande laat l het deur 'n mens se verbanning nie. Waar God se Gees werk kan niemand dit keer nie.

    Comment


    • #32
      Originally posted by David2 View Post
      Waar God se Gees werk kan niemand dit keer nie.
      EXACTLY !!
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment

      Working...
      X