Announcement

Collapse
No announcement yet.

Ware bekering

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Ware bekering

    Kom ons praat bietjie oor wat is ware bekering, hoe lyk ware bekering, wat gebeur tydens ware bekering, vind daar 'n verandering plaas na ware bekering.

    Kom ons praat oor hoe lyk bekering nie. Kom ons praat reguit oor die sg. "sinners prayers" en of dit werklik beteken dat as mens hierdie gebed opse jy nou gered is.

    Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek s vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
    Johannes 3:5

    Ek sal graag eers dat julle as julle kan hierdie video kyk:

    http://www.youtube.com/watch?v=AYsClDclvf0

    Groete
    Phil

  • #2
    Hi Phil ,

    Ware bekering kan jy net in iemand se lewe sien wanneer sy lewe daarvan getuig. Baie mense kom tot bekering, maar gaan aan met die dinge van die wreld, waar die Bybel vir ons s ons moenie die wreldse dinge aanhang nie, maar Hom voluit volg.

    Die "sinners prayers" wat jy noem - daar is nie 'n regte gebed om te bid nie. Jy moet met jou mond bely dat Jesus die Seun van God is, en dit werklik glo, en glo dat Hy vir jou sonders gesterf het, en weer uit die dood uit opgestaan het:

    Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
    Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

    Die belangrike ding is die GLO gedeelte, en dat jy dan regtig 'n ommekeer in jou lewe maak (betekenis van bekering). Mense moet dan regtig 'n verandering in jou lewe begin sien, en jy as persoon moet ook regtig 'n ware poging aanwend om te verander soos God van ons verlang.

    Ja ons is mens, en ons het ook struikel blokke in ons lewens, maar as ek na myself kyk, en hoe ek voor 14 April 2006 opgetree het, en hoe ek na dit begin optree het, en steeds probeer optree, is ek twee verskillende mense. Daar het beslis 'n ware verandering in my en my man plaasgevind, maar ons het toegelaat dat die Here ons lei deur sy Heilige Gees. Het ons gesukkel, ja ons het, maar die woord s ook ons moet volhard tot die einde toe.

    Ongelukkig is daar mense wat tot bekering kom, en dit nie ernstig opneem nie. Ek ken so persoon, maar ek glo in my hart dat die Here dit sal hanteer.

    Ek kon nou nie die video kyk nie, en miskien wou jy spesifiek oor die video gepraat het?

    Comment


    • #3
      Sonia

      Toemaar, die video se presies wat jy hier genoem het. As ek jou mag vra, wat dink jy van die toestand van die Christendom vandag aangaande hul bekering. Dink jy daar is baie mense wat daar buite rondloop met 'n valse sekuriteit oor hul bekerings, terwyl daar tydens hul bekerings nooit 'n sondebesef was nie?

      Comment


      • #4
        Ek dink daar is baie mense wat onder 'n wan-indruk is aangaande bekering - en ek s dit met baie respek - en dis skrikwekkend.

        Mense hoor al wat jy hoef te doen om in die Hemel te kom, is om tot bekering te kom - maar daar word nie verduidelik wat ware bekering is nie. Mense s 'n gebed van bekering, maar hulle verstaan nie die krag daarin nie, en in baie gevalle val die mense weer terug - dis wat met my gebeur het. Ek het tot 'n volle besef gekom wat ware bekering is, toe ek regtig verstaan wat met my gebeur, en ek geleer het wat om met dit te maak.

        Ek weet dit is nou die tyd om siele te red vir die Here, maar dis al waarop party fokus. Iemand wat tot bekering wil kom moet eers gevat word en gevra word, hoekom wil jy die Here aanneem? Verstaan jy wat dit vir jou beteken? Weet jy watse impak dit gaan h op jou lewe? En sodra dit vir die persoon duidelik is wat van hom/haar verwag word en wat gaan gebeur en die opofferings wat 'n mens moet maak, sou ek s is dit ware bekering.

        Ek glo die Heilige Gees lei 'n mens, en wanneer jy op 'n persoon afkom met so 'n valse sekuriteit, sal die Heilige Gees jou aandag daarop vestig, en wat great is daarvan is dat jy die kans sal h om so persoon, met die leiding van die Gees, te kan help.

        Comment


        • #5
          Dink julle ons kan dalk die verskil tussen ware en valse bekering sien in dievolgende Skrifgedeelte?:

          39 *En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en ges: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
          40 *Maar die ander een antwoord en bestraf hom en s: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --
          41 *ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
          42 *En hy s vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
          43 *En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek s vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
          Lukas 23:39-43

          Comment


          • #6
            Defenitief.
            Die een kwaaddoener het glad nie in Jesus as die Christus geglo nie. Hy het 'n bespotting van die hele saak gemaak en Jesus probeer uittart, maar die een wat aan die ander kruis gehang het, het besef dat hy gesondig het en hy het geweet dat Jesus onskuldig is, en hy het in sy hart geglo dat Jesus die Christus is.

            Die man het natuurlik geweet omdat hy gesondig het, dat hy nie na die koninkryk toe sal gaan nie, maar omdat hy sonde besef gehad het, en dit met sy mond bely het, en Jesus die opregtheid in hom gesien het, het hy vir die man ges hy gaan saam Paradys toe.

            Comment


            • #7
              Ek kan nie anders as om met julle saam te stem nie. Bekering en wedergeboorte is NIE maar net die opse van 'n gebedjie nie... Nadat ek die EEIII kursus gedoen het, het ons 'n EEIII aksie in ons dorp begin en weekliks uitgereik na mense in die dorp, op die EEIII manier. En alhoewel ek dink die EEIII is 'n wonderlike kursus om te doen, het ek gou van die aksie onttrek, juis om hierdie rede. Mense word in hulle huise gekonfronteer en daar word druk op hulle geplaas om die oorgawe gebed te bid. En aan die einde van die aand kom die EEIII werkers bymekaar en gee statistieke deur. Daar word met groot fanfare aangekondig hoeveel "oorgawes" elke span gehad het. Maar die meeste van daardie sogenaamde oorgawes, verdwyn binne die volgende aantal weke in die niet. Want mense het net 'n gebed opgese, sonder om die implikasies daarvan te besef.

              Hierdie is my passie - dit is die las wat die Here op my geplaas het. Om te werk met "kerkmense" Goeie mense wat opreg glo dat alles reg is en dat hulle siele gered is, omdat hulle eens op 'n tyd 'n gebed opgese het....maar hulle lewens het nooit verander nie. (En daar is letterlik duisende van hulle in Suid- Afrika) Dis 'n baie moeiliker sendingveld as om onder heidene te werk, juis omdat kerkmense glo hulle is op die regte pad, om die verkeerde redes.

              Die eerste ding wat nodig is, is dat 'n mens jou eie totale verlorendheid moet besef. Mens moet jouself sien soos wat God jou sien, en onder die besef van jou eie sondigheid en jou eie onvermoe kom. En dan, die uitreik na Jesus, die Enigste Een wat jou kan verlos van hierdie "doodsbestaan" En natuurlik, 'n totale ommekeer. Daarom die woord "wedergeboorte" Daar word as't ware 'n nuwe mens gebore!

              Comment


              • #8
                Die moordenaar aan die kruis het daar besef dat hy verlore is en dat hy op pad hel toe was. Hy het Jesus erken as die Seun van God en die enigste Een wat hom kon verlos van sy sonde. En hy het uitgereik na Jesus! Dit was inderdaad 'n ware bekering.

                Comment


                • #9
                  Baie mense kom tot 'n ware sondebesef en besef werklik dat hulle in die hel gaan brand. En hulle besef dan werklik dat Jesus vir hulle sondes gesterf het en Hy hulle so gered het en hulle neem Hom werklik aan as Verlosser.

                  Maar in die deurmekaar wereld besef nuwelinge in Jesus nie hoeveel van hulle dade deur God verwerp word nie en hulle poog om Jesus te volg tot dit wat hulle dink hul beste is. Dit is "normaal" vandag om in Jesus te glo maar te se jy is nie geroep vir evagelisasie nie. Dit is vandag "normaal" om in Jesus te glo maar weg te bly van kerke af.

                  Ek glo dat hierdie bg. mense wel hemel toe gaan want hulle het 'n persoonlike verhouding met Jesus waar hulle daagliks na Hom roep en Hom deel maak van hul besluite. Maar bekeerlinge wat hulself buite 'n christelike gemeenskap hou, groei net eenvoudig baie stadig in Die Here nie want hul reg-en-verkeerd beginsels word nie reg gestel nie.

                  Dan is daar mense in kerke met baie goeie skrif onderrig wat baie goeie redenasies daaruit kan staaf maar hulle le nie in die aande en gesels met Jesus oor die vreugdes en teleurstellings van hul dag nie. En hulle vra Hom nie om die leiding in hul besluite te neem nie. Ek dink hulle is nie werklik gered nie.

                  Wat ons baie versigtig voor moet wees- voor ek tot ware bekering gekom het was ek soos 'n Fariseer wat almal anders se foute gesoek het en uit gewys het. Ek het boksies gesoek om mense in te sit om te oordeel wie gaan Hemel toe en wie nie. Terwyl my eie redding nog 'n vraagteken was. Na my bekering het my fokus verander van ander se foute na my eie foute en ek werk nou om die balke uit my oog te haal i.p.v. om ander te analiseer.

                  Ja, mens moet elke dag 'n beter mens word onder die vuur van die Heilige Gees. Maar dit is 'n lang proses wat eers eindig die dag wat ons by ons Here is. Maar ek glo ons as mens kan nie sien wie gered is en wie nie, behalwe vir dit wat uit die mond kom. Wat die hart van vol is loop die mond van oor en 'n hart vol Jesus kan net eenvoudig nie ophou met Jesus en sy liefde nie. Maar ons gaan almal nog ons sondes he.

                  Comment


                  • #10
                    Hi SP

                    Hoe voel jy daaroor dat mens eers 'n sondebesef moet he voor wedergeboorte, dat bekering is dat jy draai vanaf die wereld na Christus toe? Voel jy mens kan wedergebore word sonder 'n sterk sondebesef?

                    Dan wil ek ook vra, wat van die ander man aan die kruis, die een wat ons glo in die hel sal wees? Is sy hart nie baie soos sommige bekeerlinge vandag wat na die kruis kom om iets van Jesus te kry nie, in hierdie geval het hierdie man 'n aardse begeerte gehad, om van die kruis af te kom?

                    Sy hart lyk wel vir my soos baie bekeerlinge wat ek vandag sien wat na Jesus kom vir die goedvoel daarvan en nie oordat hulle besef hulle is vinnig in hul sondes oppad hel toe en dat slegs Jesus hul kan verlos nie. Was hierdie man nie seker een van die wat die naaste aan die poorte van die hemel gekom het en nie daar ingegaan het nie. Ek is bekommerd vir die duisende wat soos hy tans binne kerke in dieselfde posisie staan

                    Dan terug by my openingsvraag, wat is ware bekering? Is ware bekering om na Christus te kom vir die goeie lewe wat soveel predikers verkondig? Met goeie lewe bedoel ek nie ewige lewe nie, ek praat van die hier, die nou? Kan jy net se "Jesus ek wil U in my hartjie aanneem" en dit is so? Kan dit ooit geskied sonder 'n sondebesef, 'n diepe inkeer, bekeer en omkeer van jou lewe vanaf die wereld na Christus?

                    Comment


                    • #11
                      'n Ware sondebesef is die noodsaaklike beginpunt van bekering. Waarvoor anders het ons Jesus nodig?

                      Ja, mense kom vandag en se met hul monde "Ek glo in Jesus" met die oog op die beloftes van die bybel eerder as die dankbaarheid vir wat Jesus gedoen het. Hulle stel nie belang in Jesus en wat Hy binne in hulle en deur hulle wil doen nie.

                      Maar ek het een keer deur my sondebesef gegaan en kom nou in stilte tye voor die Here vir Sy Gees om my my sondes te wys. Ek handel dit af en waneer ek vergewe is loop ek weer oor van dankbaarheid en vreugde en lewe ek in die seen en beloftes van die Woord.

                      So as jy my nou by die kerk sou sien sing en dans en "goed voel" in die teenwoordigheid van 'n Asemrowende God, sou jy se ek het nie 'n hartsbekering gehad nie?

                      Net Die Heilige Gees kan (as Hy dit goed vind) aan jou openbaar of ek 'n hartsbekering gehad het. Of, jy sal dit optel na 'n redelike lang gesprek met my. Jy sal nie na my optrede aleen kan kyk nie want ek kan dalk net 2dae gered wees en nog baie snoeiwerk he. Verstaan jy waarmee ek saamstem en waarmee ek verskil?

                      Die man aan die kruis het gese "AS.. soos in IF you are The Christ." Hy het nie geglo nie. Hy het, soos jy se die aardse prys gesoek. Die moordenaar het defnitief nie gelyk volgens sy dade of hy 'n hartsbekering gehad het nie maar uit sy woorde kon mens sien, hy glo.

                      Comment


                      • #12
                        Moet jou bekering noodwendig met 'n "big bang" gebeur? Op sus en so datum so en so laat is ek bekeer? As dit nie so gebeur het nie is jy nie regtig bekeer nie?
                        Ek ken ook arrogante christene. Ek sal nie so ver gaan om te se hulle is nie bekeer nie, of hulle speel net christen nie. My ondervinding was dat hulle alles maar alles weet, hulle ken ook al die antwoorde. Ek voel dat elke mens vir homself moet besluit of hy werklik bekeer is, sy lewe sal dit weerspieel. As iemand dan net Christen speel, sal die Heilige Gees met hom werk, juis omdat hy heeltyd in aanraking kom met Jesus Kinders.
                        As iemand homself aan die Here oorgee, het jy as die persoon se leier 'n verantwoordelikheid om saam met hom 'n pad te stap totdat hy weet wat van hom verwag word, en hy bekend is met die Here.
                        Bekering is myns insiens die eerste stap. Die man wat langs Jesus aan die kruis gesterf het, kon nie sy lewe regkry nie, daar was nie tyd vir hom nie, maar ons wat tyd het, kan die regte pad stap.

                        Comment


                        • #13
                          Hi julle
                          Baie interessante draad hierdie. Kom ek begin eers by die woord bekering. In evangeliese kringe woord hierdie woord gebruik vir die gebeurtenis waar 'n verlore sondaar 'n Christenmens word. Maar nou die vraag: Is dit in Bybelse terme reg? Ek is nie so seker nie. Ek meen dat in die meerderheid gevalle waar "bekering" in die Bybel voorkom, was dit kerkmense, geloofsmense wat teruggekom het na die Here toe en hulle verhouding met Hom herstel het. In die lig van die Bybel verkies ek om van bekering te praat en bekering te preek vir kerkmense, geloofsmense wat afgedwaal is en nie vir ongeredde buitestaanders nie.

                          Wie is die grootste evangeliste in die Bybel? Watter een van die vier Evangelies s direk dat sy Evangelie geskryf is sodat mense gered sal word? Is dit nie dalk Johannes nie? En hierdie Johannes gebruik die woord "bekering" nooit. En na Johannes, onder wie se bediening is die meeste siele ingebring onder die heidene? Was dit nie Paulus nie? Ook Paulus gebruik die woord "bekering" beswaarlik ooit.

                          Bekering is nie 'n boodskap om te preek vir ongeredde heidene nie. Bekering is bedoel vir lou of afgedwaalde kerkmense. Bekering vind ook nie net eenkeer plaas nie. Mens moet by herhaling terugkom na die Here toe en jou verhouding met Hom herstel. Ek stem dus saam: Bekering word verwaarloos in die meeste kerke. Bekering behoort die hoofboodskap van elke kerk te wees. Bekering is juis 'n boodskap vir kerkmense en geloofsmense, maar dit word tragies in die meeste gemeentes verwaarloos. Die rede hiervoor is juis omdat predikers bekering verkeerd verstaan. Hulle dink dit is 'n boodskap vir ongeredde heidene, maar dit is nie. Hulle voel dit is 'n skending van hulle lidmate se status of 'n belediging om van hulle te verwag om te bekeer, maar dit is nie. Bekering is die belangrikste boodskap van die gevestigde kerk.

                          Maar as jy met 'n ongeredde heiden te doen het, dan is jou boodskap nie bekering nie. Om vir so 'n arme drommel te s hy moet ophou om sonde te doen is totaal nutteloos en geheel en al teenproduktief. Daarom preek die Bybel se groot evangeliste, Johannes en Paulus, nie bekering aan heidene nie. Aan ongeredde heidene preek jy die kruis en die liefde van Christus. Jy preek Joh. 3:16. Jy preek die volle waarheid van die persoon van Jesus Christus. Die beginpunt van die geloofslewe is nie sonde en bekering nie, maar Jesus Christus.

                          Die fondasie onder die voete van 'n nuwe bekeerling moet nie sy besluit wees om heilig te lewe nie, nie sy berou oor sy sonde nie, nie die dag en datum waarop hy sy sonde bely het nie, nie sy voorneme en beloftes om heilig te lewe nie, maar alleen die sekere wete dat hy Jesus in sy lewe verwelkom het. Daarna moet die Christus-lewe en die realiteit van God binne is jou deur die werking van die Heilige Gees en deur die bestudering van die Woord 'n kragtige verandering in jou lewe tot stand bring. (2 Kor. 5:14 - "die liefde van Christus dring my").

                          Wee die nuwe bekeerling as dit sy berou of sy besluit of sy sondebesef of sy wat ook al is wat die fondament onder sy voete moet wees.

                          Nee, as dit nie die volle besef van die teenwoordigheid van die Seun van God is wat die verandering in my lewe moet maak nie, dan kan ons maar los. "Ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te preek nie as Jesus Christus en Hom as gekruisigde".

                          Groete
                          David

                          Comment


                          • #14
                            Hi David

                            Ek verstaan dat jy uitwys dat bekering nie deur ons reg verstaan word nie. Soos ek bekering verstaan beteken dit "Draai weg van die ou, sondige lewe en draai na Jesus toe." Nie "draai nou weg van die ou en moenie weer 'n voet verkeerd sit nie."

                            As mens in praktyk vandag net skoon die Boodskap van Jesus preek dan neem die mense wel Jesus aan met woorde en meng Hom met hulle tarotkaarte, oosterse praktyke en sterrelees. Want die geloof onder jong mense vandag is New Age wat glo alle paaie lei na God. Maar hulle sien hulleself as redelike goeie mense wat nou nie regtig sondig nie. Want wat is nou eintelik sonde?

                            Of mens sit weer met die situasie soos Gene genoem het waar EEIII tel hoeveel die regte gebed gebid het en niks verder het gebeur nie.

                            In Handelinge het die heidene die boeke van hul ou praktyke verbrand toe hulle Jesus aan geneem het. Jy gaan nie R9000 se goed eers vandag brand as jy nie deur 'n sondebesef en dankbaarheid van bevryding gegaan het nie.

                            Ek stem saam dat kerkmense hulle ook moet bekeer en moet werk aan hul verhouding met Jesus. Want hoe belanriker Jesus vir jou is, hoe meer luister jy na Sy woorde en volg jy sy voorbeeld. Daaruit verander jou optrede.

                            Comment


                            • #15
                              'n Mens wat Jesus die eerste keer in sy lewe aanneem het geweldig baie om te leer. Hy kan dit nie alles in een dag doen nie. Die boodskap vir daardie eerste dag is die totale mag en glorie van die kruis van Jesus Christus. As iemand op daardie eerste dag onder sterk sonde oortuiging is, baie goed. Eintlik is dit die normale gevolg van egte Jesus-prediking dat die lig van die evangelie die vuil kolle in die mens onmiddellik uitwys. Loof die Here as dit gebeur. Dit is wat ek bitter graag sal wil sien. Mense wat onder die lig van Jesus Christus en van die evangelie hulle rug op die sonde draai.

                              Ek wil Jesus Christus in ware opregtheid, volheid en waarheid aan mense voorhou. Daar moet 'n opregte begeerte wees na Hom. Hy moet die totale sentrum wees van wat op daardie eerste dag plaasvind, anders is alles op losse skroewe. Ek preek dus nie op daardie eerste dag bekering nie, ek preek Jesus Christus en sy kruis. Die aller noodsaaklike bekering wat dan ook so gou as moontlik moet plaasvind, moet opkom uit drang tot die reaksie uit die hart van die mens wat deur Jesus Christus aangeraak is.

                              En dan moet daardie eerste bekering wat volg op die teenwoordigheid van Jesus in mens se lewe groot asseblief nie die laaste een wees nie. En dit is my groot bekommernis. Ons sien Christene wie se lewe nie reg is nie en dan dink ons die skuld daarvoor is sy eerste bekering wat verkeerd verloop het. Nee, dit is nie die probleem nie. Die probleem is dat hy gedink het dat 'n Christen net een keer tot bekering moet kom. Die persoon wat hom na die Here toe gelei het, het waarskynlik ook die woord "bekering" gebruik asof dit iets is wat net eenmaal plaasvind wanneer jy gered word. Dit was 'n fout. Die mens moes daardie eerste dag al geleer het dat wanneer jy Jesus as Here van jou lewe aanneem, dan plaas jy jou voet permanent op die pad van herhaalde bekering. Maar nou het die mense net eenkeer tot bekering gekom en hulle sien nie die noodsaak tot herhaalde bekering nie en hulle predikante roep hulle ook nie weer en weer op tot bekering nie.


                              Hoe kom ons in die hemel? Is bekering die weg en die waarheid en die lewe? Nee, Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe. Die bekering en lewensnoodsaaklike verandering wat moet plaasvind, moet kom deur Jesus Christus want Hy is die weg. Dit kan nie andersom gebeur nie. En hierdie verandering word nie op een dag voltrek nie. Daarom hou ons aan om vir die res van sy lewe aan daardie mens Jesus Christus tot bekering voor te hou.

                              Kom ons gebruik 'n analogie. Dis is nie dieselfde ding nie, maar dit is baie naby daaraan. Luther en Calvyn se hervorming. Hulle het nogal die regte idee gehad, want hulle het ges dat 'n gereformeerde kerk alleen kan bestaan as hy voordurend reformeer. Maar in die praktyk het dit nie gebeur nie. Die gereformeerdes het toe vasgesteek by die eenmalige gereformeerde dokumente van vier eeue gelede en hulle sit vandag nog daarmee. Dit is ook waarom die meeste gereformeerde kerke vandag nie meer geskik is om kerk van Jesus Christus op aarde te wees nie, want hulle het in vier spore vasgesteek by hulle eerste "bekering".

                              En nou dink Christene vandag ook dat mens net eenkeer tot bekering moet kom en as daar dan iets fout is, dan wil hulle daardie eerste bekering blameer. Nee, jy kan nie dit doen nie. Ons het toegelaat dat hulle met dag en datum en al vassteek by hulle eerste bekering. Dit was 'n massiewe fout. Die begeerte om daagliks te reformeer en daagliks weer tot bekering te kom, bestaan by die meeste nie en hulle is nie eers bewus van die noodsaaklikheid daarvan nie.

                              Comment

                              Working...
                              X