Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Heilige Gees

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Die Heilige Gees

    Ek wou oorspronklik hierdie draad op die engelse kant plaas, maar jong om boer te wees, maak die engels nie altyd maklik nie.

    Ek wil graag meer weet oor die Heilige Gees.

    Reg in Genises1 word daar gepraat van die Gees van God wat oor die waters gesweef het. Intressant dat dit betrokke was by die skepping. Dan weer in die begin van die Nuwe Testament in Matt 1:18-20 was die Gees betrokke by die koms van Christus. (weereens nuwe lewe) En dan in die laaste deel van die Bybel in Openbaring 22:17 bid die Heilige gees om die weerderkoms van Christus.

    Dit was vir my interessant dat die Gees genoem word in die begin van Genesis, begin van Matt, en afsluit in Openbaring. Elke keer voor nuwe lewe geskep was, was die Gees betrokke. Was die Gees dan betrokke by my ook, voor my bekering, verstaan ek dit reg?

    Ek is so seker daarvan dat daar tussen in 'n goudmyn van kennis moet le wat die Heilige Gees betref. Ek het nie veel kennis oor die Heilige Gees nie, en het 'n brandende begeerte om meer te weet.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Originally posted by Linda Steyn View Post
    Was die Gees dan betrokke by my ook, voor my bekering, verstaan ek dit reg?
    Linda

    Dit is vir my wonderlik hoe jy begin erns maak met die Woord van God, waarlik kosbaar.

    Ja, jy is reg, voor jou bekering was die Heilige Gees reeds besig om jou hart voor te berei, om jou ontvanklik te maak tot die Woord van God, om jou ontvanklik te maak om Christus aan te neem as jou Verlosser. Jy sien, geen mens het hierdie geloof uit homself nie, dit word hom gegee deur die Heilige Gees.

    Jou waarneming oor die Heilige Gees aan die begin van hierdie belangrike tye is baie goed, maar dit gaan nog verder, jy sien, die Heilige Gees het 'n baie pertinente rol in al die dispensasies. Nou dispensasies is net 'n groot woord vir die tye van God. (Sorry vir die geleerde ouens as ek dit nou oorvereenvoudig). Jy sien, in die OT was die Heilige Gees se werking in mense se lewens wat ons noem sporadies en insedenteel. Dit beteken dat Hy nie permanenet in mense se lewens gewerk het soos Hy vandag in kinders van God werk nie. Ek noem 'n voorbeeld of twee as ek mag

    Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelÍ. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
    Numeri 11:25


    En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy diť woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.
    1 Samuel 11:6


    Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.
    1 Samuel 16:14


    Jy kan maar net gaan soek, dan sal jy sien hoe dit gewerk het in die Ou Testament. Maar dan kom ons by die Nuwe Testament, spesifiek Handelinge 2, waar die Gees van God soos geprofeteer in Joel 2:28 oor die mense uitgestort is.

    En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
    JoŽl 2:28


    En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
    Handelinge 2:4

    Jy sien, in die Nuwe Testament, of altans die Genade Dispensasie, kom die Heilige Gees inwonend en verseelend bly in die mense wat Jesus as hul persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem het, dit sien ons hier:

    Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
    Romeine 8:16

    En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseŽl is tot die dag van verlossing.
    EfesiŽrs 4:30

    Dan kom ons by die wegraping net voor die groot verdrukking, waar die Heilige Gees wat inwonend en verselend in die harte van die kerk (die ligaam van Christus) woon saam met die ligaam van Christus opgeneem sal word. Wat ek bedoel is dat die kerk, die ligaam van Christus dan nie meer hier sal wees nie, soos ons lees hier:

    En nou, julle weet wat hom teŽhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
    2 Tessalonisense 2:6

    Nou hierdie praat van die openbaring van die Anti-chris, en die teehouer is die ligaam van Christus deur die krag van die Heilige Gees. Sodra die teehouer weggeneem word (wegraping), dan sal die Anti-chris openbaar word en die 7 jaar verdrukking kom, waar die Heilige Gees weer insedenteel en sporadies sal werk soos in die Ou Testament en ons sien dit in die 144,000. Hierdie 144,000 is nie die kerk van vandag nie, dit is nie 'n geestelike Israel nie, maar dit is ware Jode wat God sal oproep om in hierdie tyd die evangelie uit te dra na die ongereddenes, maar die Heilige Gees sal diegene wat in hierdie tyd gered word nie soos in die tyd waarin ons nou leef verseel tot die einde toe nie.

    En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seŽl van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
    en gesÍ: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseŽl het nie.
    En ek het die getal van die verseŽldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseŽldes uit al die stamme van die kinders van Israel
    uit die stam van Juda twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseŽldes;
    uit die stam van Aser twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van NŠftali twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseŽldes;
    uit die stam van SŪmeon twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseŽldes;
    uit die stam van Sťbulon twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseŽldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseŽldes.
    NŠ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
    Openbaring 7:2-9


    Nou as jy kyk hierna, sal jy sien dat Johannes praat van 2 verskillende plekke, die eerste is op die aarde, waar die 144,000 verseel word, die tweede plek is voor die troon en voor die Lam, wat in die hemel is. Kyk mooi, die eerste op die aarde is kinders van Israel (nie ons nie), die tweede in die hemel is die kerk, die liggaam van Christus, die groot menigte, uit al die nasies en stamme en volke en tale (dit is ons wat Jesus aangeneem het as persoonlike Verlosser en Saligmaker)

    Skies vir al die inligting Linda, ek het maar net probeer vir jou so 'n vinnige oorsig te gee, gaan jy en gaan beoordeel die teksgedeeltes wat ek jou gegee het asook die uitleg daarvan en laat die Heilige Gees jou daarin lei soos ek reeds sien Hy jou tans lei.

    Groete
    Phil

    Comment


    • #3
      Linda, ek glo dat die Heilige Gees beheer wil hÍ oor elke faset van 'n mens se menswees. God wil hÍ ons moet die krag van sy Gees ervaar sodat ons sy getuies kan wees (Hand 1:8). Terme soos "doop met die Heilige Gees" en "vervulling met die Heilige Gees" word hiermee in verband gebring. Andrew Murray het ook daaroor geskryf. As jy wil kan jy hier loer.

      Groete
      Philip
      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

      Comment


      • #4
        Phillip: En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseŽl is tot die dag van verlossing.
        EfesiŽrs 4:30


        Ek is te dankbaar vir al die inligting, en het sommige dae baie tyd op hande.

        Een vinnige vragie, die skrif wat jy geplaas het, hoe bedroef mens die Heilige Gees?
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Hallo Linda, dit is Phil Fourie wat daardie teks geplaas het (hier is 'n Phil Fourie en 'n Philip du Toit).

          Ek dink dit het te doen daarmee as jy die Gees se werking teenstaan. Dit kan of wees dat jy nie sy bonatuurlike werking of gawes erken nie, of dat jy ongehoorsaam is aan sy leiding in jou lewe.

          Groete
          Philip du Toit
          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

          Comment


          • #6
            Hi Linda,

            Baie keer gee die Heer ons opdrag om seker take te doen, bv om vir iemand te bid, ens. Die boodskap word aan ons oorgedra deur die Heilige Gees.

            Jy mag nooit 'n opdrag wat die Hielige Gees op jou hart lÍ verontagsaam nie. As die Heer wil hÍ jy moet jou skoen uitskop vir 'n ander, dan moet jy dit doen. Ons as mens is nogal geneig om die Heilige Gees anders te oortuig en baie verskonings te hÍ, soos bv ons is te skaam of wat sal ander van my dink, ens.

            'n Baie oulike storie wat ek eendag gehoor het, 'n man het in die kerk gesit, was nog nie wedergebore nie, en het vir God gesÍ, as Jy regtig bestaan sal 'n man nou opstaan sy hemp uittrek en wawiele voor in die kerk doen. Wel net so anderkant die man spring daar toe 'n man op, trek sy hemp uit en draai wawiele voor in die kerk dat die spoeg eintlik spat! Net daar en dan het die man sy hart vir Jesus gegee, net omdat iemand gehoorsaam was aan die Heilige Gees...

            Comment


            • #7
              Hi Linda

              Om jou op jou vraag te antwoord, gaan ek dit tot die beste van my vermoe volgens my verstaan doen.

              Jy sien, soos ek reeds vir jou gese het is jy reg, dit is die Heilige Gees wat 'n mens dring na God, dit is die Heilige Gees wat jou hart voorberei vir die evangelie, indien jy die evangelie dan sal verwerp en nie tot inkeer en bekering kom nie, verwerp jy die primere werking van die Heilige Gees (om jou tot inkeer te dring), jy bly voorleef in die wereld en jy word nie verlos nie, jy beland in die hel. Dus volgens my, enigeen wat nie tot inkeer kom en Jesus as sy Verlosser aanneem onder die oortuiging van die Heilige Gees nie, bedroef die Heilige Gees en dit sal veroorsaak dat hy in die poel van vuur gewepr word weens sy verset teen God.

              Ek hoop dit maak sin en verwar niemand te veel nie

              Comment


              • #8
                Ag jammer dat ek die name verwar het, baie dankie vir al die insettinge oor die Heilige Gees.

                Dit beteken dus dat die Heilige Gees woonagtig is binne in my die oomblik toe ek my hart vir die Here gegee het, en Jesus aanvaar het as persoonlike saligmaker, en geglo het dat Hy vir my aan die kruis gesterf het vir my sondes.
                En nou getuig Sy Gees saam met my gees dat ek wel 'n kind van God is. Amazing.............................
                Saved by Grace!

                Praying for Mieke and Charles
                Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                My testimony
                http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                Comment


                • #9
                  Ok, hier is nog een, maar wees gewaarsku!
                  Maak vas julle sitplekgordels, hierdie een het my uit my stoel laat val!

                  Vandag tydens Bybelstudie, het die Amerikaner my probeer verduidelik hoe God 3 in een is, sy het vir my verduidelik dat dit soos 'n eier is. Die Vader, Seun en Heilige Gees, drie aparte dele, maar tog een. Ek het dit verstaan!

                  Ek het by die huis gekom en Johannes gelees, waar hy Jesus gedoop het.

                  Die ontdekking was toe Jesus gedoop was, het die Heilige Gees in die vorm van 'n duif op Jesus neergedaal.

                  Ek verstaan hierdeur die drie eenheid. Tydens Jesus se doop, was Jesus teenwoordig, God het uit die hemele gespreek, en die Heilige Gees het op Jesus gedaal. Dus was al drie teenwoordig.

                  A M A Z I N G !!!!!!!!!!!
                  Saved by Grace!

                  Praying for Mieke and Charles
                  Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                  My testimony
                  http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Linda Steyn View Post
                    En nou getuig Sy Gees saam met my gees dat ek wel 'n kind van God is. Amazing.............................

                    Dit is erg amazing Linda, en 'n wonderlike deel van die goeie-nuus evangelie wat al God se kinders aan mekaar bind.

                    Lyk my die Amerikaner is goed vir jou ? Ek hou nogals van die eier vergelyking met die beskrywing van die 3-eenheid, wat opsigself glad nie 'n maklike begrip is om te snap nie.
                    Ek is self nie aldag seker ek verstaan dit mooi nie, maar soos daardie dominee van Phil op 'n keer gesÍ het : " hoe meer mens die Bybel bestudeer, hoe meer kom jy agter hoe min jy eintlik verstaan van die Drie-eenheid " .

                    Dit is natuurlik hope pret om op 'n soektog te gaan en die verskillende fassette van God raak te lees in die Bybel.
                    Kom ek vra jou 'n vragie wat jou miskien verder gaan prikkel : Wie dink jy het met Moses uit die brandende bos gepraat ?

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                      Kom ek vra jou 'n vragie wat jou miskien verder gaan prikkel : Wie dink jy het met Moses uit die brandende bos gepraat ?
                      Ek sal gou moet gaan opsoek en lees, en sodra ek dink ek het die antwoord, pos ek dit!
                      Saved by Grace!

                      Praying for Mieke and Charles
                      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                      My testimony
                      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                      Comment


                      • #12
                        Ag help my tog asb, waar in die Bybel kan ek lees van Moses en die brandende bos, ek soek 'n antwoord op Fila se vraag. Asb, asb, asb................
                        Saved by Grace!

                        Praying for Mieke and Charles
                        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                        My testimony
                        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                        Comment


                        • #13
                          Ek het dit. Eksodus 3:2 se: Toe verskyn die engel van die Here aan hom in 'n vlam binne in 'n doringbos..................

                          Eksodus 3:5: Die Here se toe vir hom: Moenie nog nader kom nie, trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan is gewiede grond.


                          Ag nee, nou is ek skoon verwar, was dit nou 'n Engel of was die Here God wat hier met Moses gespreek het.....................ek weet regtig nie.
                          Saved by Grace!

                          Praying for Mieke and Charles
                          Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                          My testimony
                          http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Linda Steyn View Post
                            Ag help my tog asb, waar in die Bybel kan ek lees van Moses en die brandende bos, ek soek 'n antwoord op Fila se vraag. Asb, asb, asb................
                            Gaan kyk by Eksodus 3.
                            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Linda Steyn View Post
                              Ek het dit. Eksodus 3:2 se: Toe verskyn die engel van die Here aan hom in 'n vlam binne in 'n doringbos..................

                              Eksodus 3:5: Die Here se toe vir hom: Moenie nog nader kom nie, trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan is gewiede grond.


                              Ag nee, nou is ek skoon verwar, was dit nou 'n Engel of was die Here God wat hier met Moses gespreek het.....................ek weet regtig nie.
                              Hi Linda, ek raak sommer opgewonde saam met jou.

                              Nou sal jy begin verstaan hoekom ons ouens hier maar so baie lief is vir die Ou Afrikaanse Vertaling en nie baie ag slaan op die Nuwe Afrikaanse Vertaling nie, want jy sien, in die Nuwe Afrikaanse Vertaling word Jesus uit die Ou Testament uitvertaal, soveel nog meer met die beplande vertaling vir 2016.

                              Nou aangaande jou vraag, kom ons gaan terug na die Ou Afrikaanse Vertaling (1933/53) om die vir jou op te los:

                              Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
                              Ekodus 3:2


                              Sien jy hier word Engel met 'n hoofletter vertaal. Hoekom? Want dit is Jesus

                              Jy sien, in die begin was die Woord daar, leer Johannes 1:1 vir ons, die Woord is Jesus, so, selfs wanneer God in die Ou Testament gepraat het met die profete, met Moses ens., was dit deur Jesus, want Jesus is die Woord van God en dus is dit Jesus wat met Moses gepraat het in die brandende bos, Jesus is die Woord van God, Jesus was van die begin af daar, die Woord is self God, dus is dit God self wat met Moses praat (deur Jesus) in die brandende bos. Sien, hierdie is ook 'n duidelike illistrasie van die Drie-Eenheid

                              Ek hoop dit maak sin vir jou

                              Comment

                              Working...
                              X