Announcement

Collapse
No announcement yet.

Praat in tale

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Praat in tale


    Ek lees op die engelse drade baie van spreek en self tik in tale. Is daar asb enige iemand wat my kan help of meer inligting gee rondom dit!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hi Linda,

    Ons het die hele tale-storie 'n rukkie terug breedvoering bespreek. Hier is die skakel.

    http://bibleforums.org/showthread.php?t=134274
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Dankie Lanie

      Ek sal dit so bietjie gaan deurlees. Mag ek maar vrae aan julle stel as ek nie alles verstaan nie?
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment


      • #4
        Ek seker dis ok, Linda. Moenie komkommer nie, ek verstaan ook nog steeds nie die tale ding so lekker nie.
        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

        Comment


        • #5
          Originally posted by Lanie View Post
          Ek seker dis ok, Linda. Moenie komkommer nie, ek verstaan ook nog steeds nie die tale ding so lekker nie.
          Sjoe wat 'n verligting................
          Saved by Grace!

          Praying for Mieke and Charles
          Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


          My testimony
          http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

          Comment


          • #6
            Linda

            Ons is altyd hier beskikbaar om jou tot die beste van ons vermoeens te probeer help. Ons mag dalk nie altyd saamstem oor alles nie, maar ek glo ons almal antwoord eerlik volgens ons oortuigings en dan kan jy alles opmeet wat gese word en die Heilige Gees jou laat lei en leer

            Groete
            Phil

            Comment


            • #7
              Ek skryf maar op di draad, siende dat die ander tale-draad vir een of ander rede gesluit is.

              Phil Fourie skryf op 'n ander draad

              1 Kor 14:18 menslike tale of onbekende tale Johnny?
              Vanuit die konteks van 1 Kor 14 word beslis hier gepraat van onverstaanbare tale en nie bekende wreldtale nie. Ons het al hieroor gepraat in die ander geslote tale-draad, maar ek herhaal dit hier.

              1) Die gawe van uitleg van tale (1 Kor 12:10,30; 1 Kor 14:13,27) maak nie sin as talespraak in die konteks van 1 Kor as gewone wreldtale verstaan word nie.

              2) 1 Kor 14:2 s: "Want hy wat in n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede." Hier word 3 aspekte genoem wat bevestig dat dit nie hier gaan oor bekende wreldtale nie:

              i) iemand wat in tale spreek, spreek nie tot mense nie maar tot God. Talespraak in hierdie konteks is dus iets anders as om in 'n gewone taal tot mense te spreek.
              ii) niemand verstaan dit nie. Dit spreek vanself dat dit nie kan dui op gewone wreldtale nie.
              iv) die persoon wat spreek, spreek verborgenhede. Iemand wat met sy verstand in 'n gewone taal spreek sal mos nie dinge spreek wat vir homself verborge is nie.

              3) In die gemeente-opset moet tale uitgel word om tot stigting van die gemeente te dien, want anders stig die persoon wat in tale spreek net homself (1 Kor 14:5).

              4) 1 Kor 14:14-15 s: "Want as ek in n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. (15) Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing."

              Wanneer iemand in tale spreek is sy verstand onvrugbaar, met ander woorde, hy doen dit nie met die verstand nie, maar hy bid met sy gees. Dit is dus nie 'n verstaanbare wreldtaal nie, maar 'n geestestaal wat nie verstandelik sin maak vir mense wat dit aanhoor nie.

              5) Paulus plaas talespraak indirek parallel aan engletale. Daarom s hy (1 Kor 13:1): "Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek n klinkende metaal of n luidende simbaal geword." Hy sinspeel daarop dat al het jy die gawe van spreek in tale (en "for that matter" enige gawe) en jy het nie liefde nie, is dit soos 'n klinkende metaal/simbaal.

              In hierdie konteks dui 1 Kor 14:18 beslis nie op gewone wreldtale nie.

              Groete
              Philip
              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

              Comment


              • #8
                Philip

                Hoekom word daar beslis gepraat van onbekende tale, ek het nou nodig om bewyse daarvoor te kry

                Die Griekse woord daar is: GLOSSA dit is nie 'n onverstaanbare taal nie, maar 'n aanleerbare taal, 'n natuurlike aanleerbare taal.

                Gaan kyk weer mooi na die teks, Paulus is besig om te s dat hulle die argument in vers 2 het, dat jy in 'n onbekende taal die verborgenhede spreek, maar dan weerl hy dit en s dat hy wens almal kan in 'n taal praat, maar dan s hy hy praat in meer tale as ander MENSLIKE TALE, soos ons sien in Handelinge 2, menslike tale, ja, dit is die gawe, om tale te spreek om die evangelie uit te dra na ander mense, tale wat jy nie aangeleer het nie, tale wat jy nie geken het nie.

                Die gawes van die Gees is daar om die evangelie uit te dra en die gemeente te stig, dit is wat Paulus in 1 Kor 14 s en dit beteken, bekende menslike tale, nie 'n onbekende gebrabbel nie. Onbekende gebrabbel kan nie stig nie, kan nie die evangelie uit dra na die hele wreld nie, die dissipels het hierdie gawe ontvang juis met die doel om die evangelie aan alle volke nasies en tale te verkondig, die Bybel het gekom, die Bybel is vertaal in al hierdie tale, die gawe het verbygegaan (1 Kor 13).

                Dit is wat Paulus s, hy s nie gaan in jou binnekamer in en maak snaakse klanke nie, hy s bring die evangelie, en as dit nodig is, sou die Heilige Gees jou dit in 'n taal laat bring wat jy nie kan verstaan nie, Paulus weerl hierdie binnekamer taal. Dit is tog duidelik vanuit die teks.

                Groete
                Phil

                Comment


                • #9
                  En Philip

                  1 Kor 14:18 gaan juis oor menslike tale, want Paulus het so wyd die evangelie verkondig, daarom het hy God gedank dat God hom toegerus het om in soveel tale die evangelie te kan deel, so, binne die konteks van die Woord, binne die konteks van die Nuwe Testament en die opdrag van Jesus Christus, is dit beslis gewone wreldse tale

                  Groete
                  Phil

                  Comment


                  • #10
                    Let net a.s.b. duidelik mense, vers 2 is nie Paulus se standpunt nie, dit is die argument van die gemeente in Korinte vir 'n verborge taal, Paulus weerl dit. Dit is 'n tegniek wat Paulus gereeld gebruik: Julle beweer, maar ek s..........

                    Weereens groete
                    Phil

                    Comment


                    • #11
                      Phil.....

                      In Engels word daar twee verskillende vertalings gebruik vir die woord "tale" in Afrikaans, nl : " languages " en " tongues" ....... dit sal help as jy gaan kyk hoekom dit so vertaal word......

                      .... en wat sou " engeletale" dan wees ? ....

                      ... en, nou goed, as die "tale" dan slegs wereldtale is, wat sou jy die "tongues" wat is soveel gemeentes en deur soveel opregte gelowiges gebruik word ( ja, en die wat ook oorbaard gaan daarmee, as usual ) ....... wat sou jou oordeel daaroor wees ? ......

                      .... m
                      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                      Comment


                      • #12
                        mari

                        Ek gaan eerder nie my opinie lig nie, anders is almal weer vir my kwaad Ek het dan so 'n mooi benaming daarvoor

                        mari, dit help nie ek en jy gaan kyk wat die Engels en Afrikaans is nie, jy moet gaan kyk wat die Grieks is en nrens impliseer dit iets anders as 'n menslike taal nie, wat dievolgende betref:

                        Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
                        1 Korintirs 13:1


                        Weereens, wys my dat Paulus impliseer dat daar 'n engele taal is, nee, hy s bloot al sou daar so iets gewees het (bring dit in konteks met wat ek oor 1 Kor 14 geskryf het aangaande die manier hoe Paulus hierdie engele taal gedagte van die Korinte weerl), baat dit niks nie, dit gaan oor die liefde, die ware liefde van God af, maar meeste in die tale beweging is geneig om vandag die taal bo die liefde te plaas, juis waarteen Paulus waarsku.

                        Ek gaan jou 'n voorbeeld hiervan gee, moet a.s.b. nie dink ek skeer die gek nie, ek deel hier uit 'n persoonlike gesprek (en 'n paar ander soortgelyk) wat ek met 'n dame in ons gemeente gehad het.

                        Sy bel haar suster oor 'n probleem, aanvalle van die bose op haar, mense wat haar aanval met dwalinge ens. in stede daarvan dat die suster s ek bid saam met jou, of kom ons gaan kyk na wat die Woord s, is haar antwoord: "Weet jy hoekom sukkel jy so met hierdie dinge? Want jy het nog nie jou taal gekry nie". Dit is belaglik. Dit is juis hierteen waaroor Paulus hom uitspreek, hy is besig om vir die Korinte te s hulle dwaal met hierdie tale ding, daar is nie so iets nie, kom terug tot die gesonder leer. Leer mense uit die Woord, bemoedig mekaar, bou mekaar op.

                        Comment


                        • #13
                          Ek wil dievolgende aanheg wat ek vir iemand anders () gestuur het, hoop dit verduidelik beter wat my en vele ander se standpunt aangaande die tale is:

                          Goed, daar was 'n gawe van tale. Die gawe was soos volg: Ek is Afrikaans sprekend, ek kry die gawe soos en wanneer die Heilige Gees wil om in Russies te praat. Hoekom? Soos en wanneer die Heilige Gees wil, as ek in 'n trein in Rusland sit en daar is 'n persoon wat geen woord Engels praat nie, net Russies en die Heilige Gees wil dat ek hom die evangelie deel, dan gee Hy my die gawe om Russies te praat om die evangelie te deel. Nou, ons glo die gawe het verbygegaan, soos verduidelik vanuit 1 Kor 13 met die volmaakte wat vertaal kan word as die volledige, wat beteken die voltooide Kanon. Hoekom, want die Bybel is in meer as 2,200 tale volledig en gedeeltelik vertaal, die is die hand van God om die evangelie in alle tale bring.

                          Nou, die Korinteers was 'n verdraaide klomp, vasgevang in allerhande hoerery en mistiesisme, hulle wou 'n esotieriese God dien, 'n verskuilde verborge God, so hulle het allerhande snaakse goed begin doen, een van hierdie was die verdraaiing van die gawe van tale (wat toe nog bestaan het, vir die primere doel om die evangelie uit te dra) en dit omskep in 'n esotieriese taal, 'n "taal van die engele". Nou kom Paulus vanaf hoofstuk 13 en wys hulle dwaling uit, hy wys hulle eerstens dat die klem van hulle geloof verkeerd is, dit gaan nie oor die esotieriese nie, dit gaan oor liefde, diensbaarheid, geloof, hoop, hy is besig om vir hulle te vertel om die selfsugtigheid te laat staan en die evangelie uit te dra en die gemeente op te bou. So, in teorie s hy in 13 dat selfs al sal daar 'n engele taal wees, dit werklik geen waarde het teenoor wat waarlik saakmaak nie, liefde vir God en liefde vir jou naaste. Jy moet die Here jou God liefh.... en jou naaste soos jouself. Nou kom hy in hoofstuk 14 (onthou in hoofstuk 12 het hy die ware gawes wat toe nog bestaan het verduidelik) en hy s, goed, een van hierdie dinge wat julle mee besig is is hierdie geheime taal, julle s julle spreek tot God in die verborgene, ek s vir julle, mens moet eerder profeteer (die Woord van God verkondig), hy gaan aan en wys hulle op hulle verdraaide persepsie van wat belangrik is, hy gaan aan en s vir hulle, hierdie tale wat julle praat, dit is 'n sirkus, ek het meer tale as julle almal, ek dank God daarvoor, want ek het die ware gawe, om met mense van ander tale en afkoms die evangelie te deel, dit is waarvoor die tale is. Die hele brief aan die Korinte gaan basies daaroor om hulle te vermaan en weer op die pad te kry.

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Phil Fourie View Post
                            mari

                            Ek gaan eerder nie my opinie lig nie, anders is almal weer vir my kwaad Ek het dan so 'n mooi benaming daarvoor
                            ... chicken ? .... ......



                            Originally posted by Phil Fourie View Post
                            ...... maar meeste in die tale beweging is geneig om vandag die taal bo die liefde te plaas, juis waarteen Paulus waarsku.
                            aai, Phillie....... is jy lid van 'n "dispensasie beweging" of 'n "uitverkiesing beweging" ???... ek dink nie so nie.......

                            .... se maar weer : daar gaan altyd die wees wat enige lering oorboord neem, en satan sal verdraaiings van die mees bevrydende lerings opdien, maar dit kanselleer nie die Waarheid nie ....

                            dus is daardie skrif vandag not net so van toepassing as toe..... moenie tale bo liefde sit nie......... EN .... moet ook nie tale probeer stil maak as jou motief nie liefde is nie ......

                            .... sodra 'n lering wat op genade gebasseer is, soos die Gawes van die Gees, insluitend tale ( tongues ) , in wet verander word, is ons op die verkeerde spoor.... solank satan jou kan laat skuldig voel oor iets wat jy nie in jou eie krag bereik het volgens 'n menslikke voorskrif nie, het hy 'n wapen om jou uit verhouding met die Vader te hou.......... die grootste vyande van die "kerk" is meestal pens en pootjies binne die mure ..... MAAR DIE VERDRAAIING KANSELLEER NIE DIE WAARHEID NIE ! ....



                            Originally posted by Phil Fourie View Post
                            Ek gaan jou 'n voorbeeld hiervan gee ......
                            weereens...... menslike ondervinding voorbeelde kanselleer nie Goddelikke waarheid nie .... ek kan jou ook vele voorbeelde van verdraaide idees rondom die uitverkiesings leer en soveel ander leringe gee ....... maar dit gaan jou nie anders oortuig nie......

                            ..... die leuen kan die waarheid nie stil maak nie ...


                            ... m
                            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                            Comment


                            • #15
                              Skrif mari? Ek dink tog ek probeer my bes doen om meer tafel toe te bring elke keer as hierdie gesprek op die tafel gegooi word, meer duidelikheid te probeer gee aangaande die teks, meer teksverse by verreken, ek glo darm as ons wil verder gaan met die gesprek gaan die ander kant ook meer moeite moet begin doen en die teksgedeeltes in konteks bring met die res van die Woord.

                              Ek het nog glad nie gesien waar dit gedoen is en steeds Skrifgetrou bly nie, die same old same old gaan ons nie verder kry nie

                              Comment

                              Working...
                              X