Announcement

Collapse
No announcement yet.

Amazing Openbaring!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Inligting Amazing Openbaring!


    Ek het die wonderlikste openbaring in die skrif gekry, en wil dit graag met julle deel. Dit was vir my van soveel waarde, en ek kon dit met my eie lewe vergelyk. Dit was amazing om hierdie dinge daarin te kon sien............

    Lees Mark 5:21-43 Jairus en die vroutjie van bloedvloeing

    Vlogens die skrifgedeelte het daar twee gebeurtenisse plaasgevind. Die eerste gebeurtenis is waar Jairus aan Jesus smeek om sy siek dogtertjie die hande te kom oplÍ om gesond te word, en die tweede gedeelte is waar die vroutjie van bloedvloeing genees word.

    Vroutjie van bloedvloeing
    Hierdie vrou is baie siek, en elke deel van haar liggaam is seer. Haar probleem is gekompliseerd
    . Net soos hierdie vrou het ek in my ongelowige tydperk gaan soek na ander dinge en my geld verkwansel op alles behalwe God, en niks het beter geword nie, maar slegter. Ek was geestelik net so arm soos hierdie vrou.
    Dit was nie vir 'n vrou bekwaam om tydens bloedvloeing met 'n man kontak te he nie. Hierdie vrou het geen ander uitweg gehad nie, en aan Jesus se kleed geraak. Dus was sy nie net siek nie, maar eensaam en stukkend, en het geweet as sy nie genesing sou vind nie, dit tot die dood mag lei, maar sy het vasgehou aan die laaste hoop en die was om Jesus se kleed aan te raak. Net so was ek oppad na 'n ewige dood. Toe Jesus vra wie het aan my kleed geraak, se die skrif sy was vreesbevange, en dalk gedink dat sy Jesus deur haar siekte onrein kon maak. Die dag toe ek tot bekering gekom het, het ek geglo, dat ek soos die vroutjie dadelik aangeraak was, en die volle waarheid aan God vertel soos wat sy in die skrif gedoen het. Jesus het haar dogter genoem, 'n woordjie van teerheid en aanvaarding, en haar weggestuur in vrede. God het dieselfde met my gedoen.
    Jairus
    Jairus was 'n owerste van 'n sinagoge - wat beteken hy was 'n leier van 'n kerk. Aangesien hy 'n leier en 'n belangrike man was - kon hy iemand anders van die owerste afgestaan het om Jesus te laat roep. Maar die dogtertjie was Jairus se enigste kind, en het self na Jesus gegaan om Hom te laat roep. So ook moet ons in smeking voor Jesus se voete neerval vir siele waarvoor ons bid Hierdie siele waarmee ons deel moet vir ons so belangrik wees, asof dit ons enigste kind is.
    Jairus het aan Jesus gevra om Sy hande op die kind te lÍ en sy sal gesond word. Net soos die vroutjie van bloedvloeing het Jairus die geloof en die sekerheid gehad dat Jesus die werke kan doen. Die skrif sÍ Jesus het saam met hom gegaan. Met ander woorde Jesus het nie NEE gesÍ om te gaan hande op lÍ nie.
    Maar terwyl Jesus nog oppad was na die dogtertjie wat op haar sterfbed lÍ, het die vroutjie van bloedvloeing Jesus aangeraak.
    Hy het tot stilstand gekom en eers met haar gedeel.Kan jy jouself in Jairus se skoene plaas. Sy enigste kind is besig om te sterwe, en Jesus het dit meer belangrik op daardie staduim gevind om die vroutjie te help.Hy moes kwaad gevoel het, hy het dalk gevoel dat Jesus nou onregverdig optree, hy het dalk gevoel dat hy hom eerste gevra het, en nou eers iemand anders help,en wat dinge soveel erger gemaak het was toe Jesus nog met die vroutjie besig weas, was Jairus ingelig dat sy dogter reeds dood is. Kan jul indink hoe Jairus nou moes voel, dalk verbitterd en dalk gebroke omdat hy gevra het, en nie beantwoord was nie. Sommige kere bevind ons onsself in Jairus se skoene. Maar Jesus het gese Hy gaan, en as Hy iets se sal Hy dit doen.
    Toe Jesus by Jairus se huis aankom was daar mense wat geween het. In my lewe het ek ook mense gehad wat geween het, en hulle geween het soos die geklink: Jy gaan dit nie maak nie, dis te laat vir jou, jou sonde is te vuil. Klink dit dalk vir julle ook bekend.
    Vir die mense was hierdie kind dood, maar vir Jesus het sy net geslaap. Selfde was dit in my lewe, mense het nie meer hoop vir my gesien nie, en geesgtelik was ek reeds dood en sonder hoop, maar Jesus het nie uit die oe van 'n mens gekyk nie, en geweet watter planne Hy aangaande my koester. Hy het my geestelik kom wakker maak soos die dogtertjie, en daarna was daar vir my iets te gee om te eet en te drink, naamlik Sy Woord en deur gebed.

    Hoop dit was vir julle net van soveel waarde as vir my!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Lindatjie,
    Ek sit nou met trane in my oe van dankbaarheid oor jou kragtige getuienis! Daar is voorwaar geen put te diep om nie met Jesus se krag en hulp en onderskraging en genade en liefde en en... nie weer daaruit te kom nie. Hierdie gedeelte het so van die bladsy af opgespring en geroep: Lees vir my , lees vir my ,! ne? Dit was sonder twyfel vir jou bedoel en getuig van Jesus se ondeurgrondelike GENADE en LIEFDE vir n sondaarmens. Vriende en familie se gebede berei die 'grond' voor sodat sulke gedeeltes (saad) op die voorbereide grond val en die Heilie Gees die ontkieming kan gee. Ons dien n WONDERBARE KONING JESUS!
    Lawyouverylots

    Comment


    • #3
      Hi Protea,

      Ek het werklik nie al die woorde om te beksryf hoeveel waarde ek in hierdie een gedeelte gelees het nie. As ek daaroor kan gesels dink ek, ek sal instaat wees om enige iemnad op die oomblik doof te gesels!
      Dankie vir die positiewe woorde.
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment


      • #4
        Wow! Dis amazing!
        Ek is so bly dat jy hierdie openbaring gekry het. Dis so awesome as ons openbarings kry en jy kan dit met jou eie lewe vergelyk.

        Dis baie awesome en ek stem, ons loof 'n AWESOME GOD!!!!

        Comment


        • #5
          Linda,

          Ek is skoon jaloers as dink daaraan, dat toe ekself tot bekering gekom het, daar nie iets soos gespreksforums op die internet was nie. As ek jy is, sal ek elke stukkie getuienis van jou pad met die Here, wat op Bibleforums is in 'n "file save" en dit bewaar om later te kan gebruik, as jy teenoor ander mense getuig.

          Ek dank die Here dat jy so bevoorreg is en kan wees, om alles wat met jou gebeur stap vir stap te kan lees en te kan skryf. Baie mense reken dat internetforums niks beteken nie..., ek wens hulle kan kom lees wat jy skryf en hoe almal aanlyn jou storie kan volg!
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment


          • #6
            Lindakie, dankie vir die vlammetjie van hoop wat jy voor kom olie ingooi het
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by CFJ View Post
              Linda,

              Ek is skoon jaloers as dink daaraan, dat toe ekself tot bekering gekom het, daar nie iets soos gespreksforums op die internet was nie. As ek jy is, sal ek elke stukkie getuienis van jou pad met die Here, wat op Bibleforums is in 'n "file save" en dit bewaar om later te kan gebruik, as jy teenoor ander mense getuig.

              Ek dank die Here dat jy so bevoorreg is en kan wees, om alles wat met jou gebeur stap vir stap te kan lees en te kan skryf. Baie mense reken dat internetforums niks beteken nie..., ek wens hulle kan kom lees wat jy skryf en hoe almal aanlyn jou storie kan volg!

              Ek reken jy het nie 'n baie goeie idee hier beet, ek gaan besilis elke getuienis "save". Hoekom het ek nie daaraan gedink nie. Gee my nogal iets om aan vas te hou as die dae bietjie donker is. Dankie jul vir die mooi woorde wat jul gegee het, dit word werklik opreg waardeer!
              Saved by Grace!

              Praying for Mieke and Charles
              Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


              My testimony
              http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

              Comment


              • #8
                Hi Linda ,

                Baie dankie vir jou pragtige getuienis ,uit die diepte van jou hart . Geniet jou spontaniteit in Jesus se teenwoordigheid . Ja ,Hy doen voorwaar ver bo wat ons ooit kan dink of verwag .

                Comment

                Working...
                X