Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 26

Thread: Is die "Waarheid" regtig belangrik?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628

    Is die "Waarheid" regtig belangrik?

    Op 'n ander forum lees ek hierdie plasing van 'n agnostikus raak...

    En dit laat my wonder: Hoekom is dit so belangrik dat jou denkraamwerk noodwendig die "waarheid" moet versinnebeeld?

    Watter waarheid?

    Volgens wie?

    Wie sÍ dis hoegenaamd moontlik om 'n grip op die "waarheid" te kry, whatever dit ookal mag beteken?

    Moet 'n mens nie maar eerder aanvaar dat ons inderdaad een of ander denkraamwerk nodig het, ongeag of dit noodwendig die "waarheid" is of nie, al is dit dan nou net om darem almal op min of meer dieselfde bladsy te wees sodat die samelewing kan funksioneer nie?

    En is die vraag dan nie eerder hoe gesond en toepaslik daardie denkraamwerk vir die oomblik is, as hoe "waar" dit is nie?

    Sal mens ooit enigiets meer van 'n denkraamwerk kan sÍ as: "Dit werk goed genoeg onder die omstandighede", of: "Dit *#$@!" ?


    Hoe sal jy hom antwoord?
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  2. #2
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Ferdi

    Jy sal dalk moontlik weet hoe ek hom sal antwoord, dit sal iets wees soos:

    ....Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
    Matt 3:2


    Hierdie persoon is vasgevang in die post moderne/NAM (New Age Movement), of hy homself nou wil klasifiseer as 'n agnostikus of nie, feit bly, hy deel die waardes van hierdie "geloof"-struktuur.

    Hoekom sÍ ek so?

    Want post modernisme berus daarop dat waarheid relatief is en dat wat vir jou waar is, nie noodwendig vir my waar is nie, jou morele waardes is nie noodwendig my morele waardes nie, maar nie een van ons is verkeerd nie. Nou ek en jy sal weet dat dit heeltemal teen die Woord is.

    Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
    Spr 9:10


    En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
    die Gees van die waarheid wat die wÍreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

    Joh 14: 16-17

    En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
    1 Joh 2:20


    En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos diť julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
    1 Joh 2:27


    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Joh 14:6


    Natuurlik ontken post modernisme/NAM hierdie Skrifgedeeltes rakende waarheid aangesien waarheid volgens hulle nie op een plek kan berus nie, maar ook met die ontken van hierdie Skrifgedeeltes, ontken hulle ook vir Christus as die enigste weg tot die Vader en dus ontstaan die vraag by hulle of Jesus wel die enigste weg is na die Vader.

    Dus, buite die wil van God en die kennis van God en die bekering tot God deur Jesus Christus, tesame met die ontvang van die Heilige Gees, is daar geen manier hoe jy die waarheid kan ken nie.

    Nou sal so 'n persoon seker ook iets kan vra soos:

    Nou wie dan tussen die Christen en bv. die Moslem besit die waarheid?

    Ek ken 'n ou wat al redelik met Moslems evangelisasiewerk gedoen het. Nou hierdie ou ken die Koran ook goed. Dit is amazing om te hoor hoe hy dit vir die Moslems uitlÍ.

    Hy sal bv. begin deur die vra of die persoon glo in die profete, waarop hy sal antwoord natuurlik "Holy are they".

    Dan sal hy vra of 'n profeet 'n leuen kan vertel en die Moslem sal hom antwoord dat 'n profeet nie kan nie.

    Goed, dan sal hy vir hom vra of Jesus 'n profeet was. Dan moet hy natuurlik daarop antwoord, ja, Jesus was 'n profeet, "een van die groot profete".

    Nou kom die deel in wat ek nie geweet het nie, aangesien ek nie die kennis het van die Koran wat hy het nie.

    Dan sal hy vra of die Moslem bewus is daarvan dan die Koran sÍ jy moet die Bybel lees. Hier begin die Moslem dan ongemaklik raak, want soos ek verstaan is dit inderdaad wat die Koran sÍ.

    Dan noem hy dat hierdie persoon nou beaam het dat Jesus 'n profeet is, dat 'n profeet nie 'n leuen kan vertel nie en dat die Koran sÍ hy moet die Bybel lees.

    Nou laastens neem hy die Moslem na Joh 14:6

    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

    Ja wel, wat sal Moslem se kind dan nou vir homself te sÍ hÍ?

    Hierdie persoon waarvan jy hier aangehaal het Ferdi, sal vir God moet leer ken, dit is nie goed genoeg om te sÍ, "maar ek het nie geweet nie".

    It's good to be good, but it aint good enough

    Groete
    PFM

  3. #3
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Ek het noudie dag iets gelees wat nogals baie snaaks was.

    Iets soos:

    "Vir my is groen rooi en rooi groen, wil jy dalk so 'n entjie saam met my deur die dorp gaan ry?"

    Verduidelik nogals vir my baie goed die beginsel van "waarheid is relatief"



    Groete
    Phil

  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ek het noudie dag iets gelees wat nogals baie snaaks was.

    Iets soos:

    "Vir my is groen rooi en rooi groen, wil jy dalk so 'n entjie saam met my deur die dorp gaan ry?"

    Verduidelik nogals vir my baie goed die beginsel van "waarheid is relatief"



    Groete
    Phil
    Net op die lang pad... of net as jy by die groen ligte stop en oor die rooi ligte jaag... ek hou van sports, veral as dit relatief gevaarlik is
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  5. #5
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by CFJ View Post


    Net op die lang pad... of net as jy by die groen ligte stop en oor die rooi ligte jaag... ek hou van sports, veral as dit relatief gevaarlik is
    Jy weet mos, vir my is die treinspoor relatief veilig, want die trein beweeg mos maar relatief stadig.


  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,415
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Jy weet mos, vir my is die treinspoor relatief veilig, want die trein beweeg mos maar relatief stadig.

    .... of relatief selde
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    .... of relatief selde
    In hierdie klein plekkie waar ek bly, ry hulle relatief nooit nie...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  8. #8
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Julle is relatief laf! Maar die punt is gemaak! (Ek dink dis 'n puik voorbeeld)

  9. #9
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Julle is relatief laf! Maar die punt is gemaak! (Ek dink dis 'n puik voorbeeld)
    Dit is jou persepsie, dit is nie noodwendig vir my waar nie

    OK JAMMER.

    Almal, sien julle amptelik as oor die vingers getik

    And I exit, --> stage right

  10. #10
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Ek het dit nie bedoel as 'n beskuldiging nie.....wat's fout met "laf wees"? Of RELATIEF laf dan!

  11. #11
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Dit laat my dink aan 'n ander onderwerp - ligsinnigheid! Maar ek sal 'n nuwe draad daaroor oopmaak.

  12. #12
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Ek het dit nie bedoel as 'n beskuldiging nie.....wat's fout met "laf wees"? Of RELATIEF laf dan!
    Ek weet

    Ek twyfel sterk of jy dit in jou het om gemeen te kan wees

    Groete
    Phil

  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Soms lees mens 'n ou draad raak en dan wonder mens net weer, is die WAARHEID regtig belangrik?
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  14. #14
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Soms lees mens 'n ou draad raak en dan wonder mens net weer, is die WAARHEID regtig belangrik?
    Wat is jou gevoel hieroor, Ferdi?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  15. #15
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Hi Philip,

    Ek dink die waarheid is kritiek. Die agnostikus wat die aanvanklike stelling gemaak het, sal seker nie wil hoor dat iemand wat hom wil moor die waarheid beet het nie. Nog minder sal hy wil hoor dat die voertuig wat hy besit eintlik 'n leuen is, nie aan hom behoort nie en Sipho-highjacker of Kallie-karsteler hom maar kan 'neem' nie. Die ergste gaan seker wees om te hoor, die waarheid oor sy verlore siel het saak gemaak, die dag as hy voor God se regterstoel gaan staan. Ons sal nie kan leef as daar nie 'n waarheid is nie, ongeag of mens in God glo of nie, want om darem net 'n smakie van redelikheid in die lewe te kan hÍ, moet daar 'n waarheid wees. Almal ry tog aan die linkerkant van die pad, want dit is die waarheid en bepaald betaal meeste mense darem dit wat hulle in Checkers van die rakke af neem. Ek dink as die leuen moet heers sal Checkers nie een dag oorleef nie en om op die pad te wees sal 'n absolute nagmerrie raak.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 140
    Last Post: May 5th 2018, 07:07 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •