Hebreers 6 : 4 - 6 sÍ "Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wÍreld, 6 en afvallig geword hetóom diť weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

As ek die teks reg verstaan, sÍ dit dat iemand wat eenmaal weergebore was, maar weggedwaal het en sy rug op die Here gedraai het, nie weer gered kan word nie. Maar wat dan van die gelykenis van die verlore seun? Gaan dit nie juis oor iemand wat sy rug op die Vader gedraai het en ver weggedwaal het nie?

'n Ander vraag: Is dit hoegenaamd moontlik om verlore te gaan as 'n mens eenmaal weergebore is? (Ons word tog nie gered op grond van ons dade nie)

Iemand het hierdie vrae onlangs aan my gestel en ek glo ek het 'n antwoord gevind, maar ek sal graag ander menings wil hoor