Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 21 of 21

Thread: FeŽtjies en kabouters

  1. #16
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,412
    Blog Entries
    10
    Eugene, dit gaan alles oor die oopmaak van deure in 'n mens se geestes-lewe

    Ek weet nie wat die Afrikaanse woord vir 'deception' is nie ...,,, maar dit sou nie 'deception' wees as dit met die etiket daarvan rondloop nie ,,Dwaling klink of dit kan pas..... Die persoon wat 'n dwaal leer onderskryf sal dit nooit self as 'n dwaal leer herken nie. Ja, feetjies lyk mooi, en ons kinder sprokies was vol daarvan, maar nou ja.....

    Ek sien bv. net vandag 'n advertensie oor kinderpartytjies.... met drake!! Liewe land, drake !!! Maar as kinders op jong ouderdom blootgestel word aan drake, is die drake van die Sataniese realm vir hulle geen gevaar teken nie, maar eerder 'n 'uitnodiging'
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  2. #17
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Ek wil graag iets vra wat my nogal pla die afgelope tyd, miskien het iemand meer inligting hieroor.

    Ek is nogal iemand wat voel dat 'n mens nie "die duiwel agter elke bos" moet gaan soek nie, want as jy 'n kind van die Here is, en in regtig 'n verhouding met Hom staan, is daar nie veel wat verkeerd kan gaan nie. Maar 'n mens moet ook nie jou oŽ sluit vir alles nie.

    Ek het onlangs op 'n DVD die alleraakligste goed gehoor oor beeldjies van feŽtjies en kabouters, dat dit duiwels is en dat 'n mens nie sulke goed in jou huis mag hÍ nie. Eers het ek my nie werklik daaraan gesteur nie, maar dis asof die onderwerp elke dan en wan opduik. (Die Here praat mos maar soms so met 'n mens) Sien, my vrou versamel beeldjies van feŽtjies en kabouters al vir baie jare en sy het 'n pragtige versameling, waarop sy nie bietjie trots is nie!

    Is daar dalk iemand wat eerstehandse inligting hieroor het? Is daar werklik iets verkeerd daarmee? Indien wel, sal ek graag meer detail wil hÍ.

    Groetnis!

    Eugene
    Gene,

    Waarom wys jy nie vir Jesus die beeldtjies en goeitjies nie? Nooi Hom om saam met jou te stap, en dan gee jy Hom 'n toer van die beeldjies. As Jesus nie 'n probleem daarmee het nie, dan hoef jy ook nie

    Toe ek in die Israel Visie was, het ek geleer hoedat kersbome en dies meer 'n baalse ding is... My vrou is baie lief vir die kersfees ding. Sy versier elke kersfees ons huis met klokkies en en liggies wat 'carols' speel en die plastiese kersboompie word noukeurig versier en allerhande miniatuur geskenkies en dinge. Ek dink nie daar is 'n mens op aarde wat nie 'n soort kinderlike ongewondenheid het omtrent kersfees nie.
    In elk geval...Een dag, kom ek by die huis na werk, en sy het begin om die kersboom te versier, heel opgewonde vra sy my of die boom vir my mooi lyk. Ek raak toe woedend en sÍ vir haar dit baal goeters wat op 'n heidense fees gebasseer en dat ek niks met dit te doen wil hÍ nie. Ek ken al die toepaslike bybelversies oor die onderwerp en gee haar 'n goeie Jesaja styl waarskuwing.
    Sy was sigbaar hartgebroke en het begin om die boom af te slaan, en ek was baie trots op myself dat ek opgestaan het vir dit wat REG was. "Ek is 'n goeie Jisraeliet!", het ek myself sommer namens God op die skouer geklop.

    Maar daardie aand, sit en dink ek, en ek wonder toe wat God sou dink van wat hier gebeur het, want vir net 'n oomblik was ek trots op myself, maar daardie trots het vinnig plek gemaak vir 'n enorme 'slegvoel'.

    Ek dog toe, hoe sou Jesus na die hele ding kyk, en toe besef ek. Jesus kyk na my vroutjie se sorgvuldige versiering van die boom in 'n ander lig. Sy het 'n kinderlike blydskap in haar hart: dit is die tyd wat Jesus gebore is, met die 'Joseph, Mary en baby Jesus' in die krip, tyd om saam met die familie tyd te spandeer, om die kindertjies se blye gesiggies te sien wanneer hulle hul geskenke oopmaak. ens. ens.

    My vrou het beslis nie daardie kersboom opgerig tot eer van baal nie, baal was glad nie eers in haar gedagtes nie, en wat maak dit saak as Jesus eintlik volgens die skriftuurlike bewyse in Maart of April of September gebore is?

    Ek het Jesus genooi na my huis toe, en Hy het heeltemal anders na die kersfees dinge gekyk as ek.
    Dalk sal Jesus anders kyk na die feetjies en dwergies, ek weet nie, maar nooi Hom op 'n toer en vra Hom....

    Daar is 'n versie wat sÍ, "Onthou My in alles wat jy doen, en Ek sal jou die regte pad wys"

  3. #18
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Vim

    Baie dankie vir hierdie plasing van jou, dit gee bietjie perspektief ook. Ek wil ook maar net sÍ, ek het nie probleme met die kersboom en al daai dinge nie, ek vra ook eers vir Jesus om Sy goedkeuring oor dinge te plaas, as Hy gelukkig is daarmee, is ek ook.

    Groete
    Phil

    NS! Afrika maskers is nogsteeds uit by my, Jesus het net te veel keer al vir my die gruwelike dinge agter hierdie goed gewys.

  4. #19
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    In the pressence of the Lord
    Posts
    23
    Hello Gene, ek het rond gekrap en hierdie oer oue draadwerk ontdek van feetjies en goetertjies en dit het my laat dink aan 'n keer wat daar 'n groot egiptiese kat op die voorstoep gesit en uit staar het, by die huis waar ek 'n kamer gehuur het...of altans nog steeds huur. ek het aan die eienaar van die huis probeer verduidelik dat die kat "bad news" is maar die man (nog in die wereld op daardie staduim) wou of kon dit net nie insien nie, "maar dit is net hier af in die straat by 'n concrete plek gemaak" was sy redenasie en ek kon dit soortvan insien. maar my gees was nogtans onrustig, ek het die Here gevra om dit aan my te verduidelik en dit was Sy awesome andwoord: as jy by die gang afstap en jy sien 'n deur, gaan jy uit nuuskierigheid daar deur loop. as jy by voorbeeld 'n blompot daar sien staan gaan jy nie daardie begeerte kry om daar deur te gaan nie, wel, want dit is nie 'n deur nie!! maar vir die bose magte is 'n deur soos wat ek en jy dit ken nie 'n natuurlike deur nie maar simbole en vorms soos byvoorbeeld 'n feetjie of egiptiese kat. as 'n satanis 'n pentigram teken uit watse pen, potlood of inselation tape ookal sal die simbool vir daardie magte 'n deur wees. wat doen jy as pa om jou kinders te beskerm teen gevaar. jy vertel hulle met outoriteit dat hulle nie daar mee moet peuter nie, en dit is hoekom God ons leer dat sulke goed vekeerd is. dis om ons te beskerm! daardie goed is geestelike deure.

  5. #20
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Cornelia Russell View Post
    ..... en dit is hoekom God ons leer dat sulke goed vekeerd is. dis om ons te beskerm! daardie goed is geestelike deure.
    Hi Cornelia

    Ek waardeer jou antwoord, baie dankie. Wat jy se, maak geweldig baie sin. Maar iets pla my steeds. jy se o.a. "...dis hoekom God ons leer dat sulke goed verkeerd is...." En dit is my probleem. As God dit vir my leer, dan is daar geen kwessie nie, maar op grond waarvan word daar gese dat God vir ons leer dat feetjies en kabouters verkeerd is? Is dit nie maar net mense se menings nie? Hang dit nie af van wat ek daarmee maak, of wat ek daarin sien nie?

    Feetjies en kabouters herrinner my aan my sorgvrye kinderdae. Dit het hoegnaamd GEEN bose implikasie by my nie. Dit is pragtige, onskuldige goedjies wat deel vorm van 'n droomwereld waar ek as kind gereeld vertoef het. Is dit regtig vir my verkeerd om sulke goedjies te he?

    Het 1 Korintiers 8 nie betrekking hierop ook nie? Paulus skryf daar oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is. Hy se dat hy geen probleem het om sulke vleis te eet nie, want vir hom bestaan die afgode nie. Vir hom is daar maar net een God. So wat hy eet of nie eet nie, maak geen verskil nie. Kan ek nie dieselfde se oor bv feetjies en kabouters nie? Dit het vir my geen bose beteknis nie, want vir my is daar net een God en een Here! In my huis is Hy Koning, en die bose het geen plek in my huis of houvas op my nie. Maak hierdie goed in my huis werklik 'n verskil? (Natuurlik verstaan ek ook wat Paulus verder in die gedeelte se, naamlik dat my optrede nie vir iemand anders, wat anders oortuig is, 'n struikelblok mag wees nie, maar dit is 'n ander onderwerp)

  6. #21
    Hi Gene - toe ek uit die okkulte gekom het was ek aangeraai om alle okkultiese simbole/parephenalia/boeke ens. te vernietig. Daar was o.a. 'n paar baie duur en kosbare items waarvan ek nie wou ontslae raak nie, maar my gees wou nie rustig raak totdat ek dit gedoen het nie. Ek was volkome bevry en verlos NADAT ek van alles ontslae geraak het. Sommige goed was nou sekerlik opsigself nie demonies nie (soos bv. 'n silwer 'chalice' wat ek gebruik het om met die 'water elementals' te werk), maar wat wel verkeerd was was die betekenis wat daardie items vir my gehad het. Dit het 'oop deure' in my verstand gemaak waardeur die duiwel my kon aanval.

    Nou ja: feetjies en kaboutertjies (en meerminne, liewe heksies, unicorns ens) is natuurlik maar net verbeeldingsgoedjies (oulik, mooi, cute, ens. ens.). Sekerlik nou nie 'evil' opsigself nie, en beslis nie santans-simbole soos pentagramme nie, maar ag, hoekom nou dan ook gaan staan en moeilikheid soek? Die duiwel werk mos so met enigiets - gee eers die mooi, fluffy goedjies, en dan word dit deur die jare al hoe boser. Dit gebeur met musiek, films, boeke, ens. ens. Die feetjies en kaboutertjies van 'n eeu terug het nou al gelei na bose demoniese gedrogte waarmee kinders vandag speel. Ag, dis maar net verbeeldings-goed, wat is nou daarmee verkeerd?

    Ek dink die antwoord is dat dit niks met God te doen het nie, en ons moet maar liewers ons tyd en energie gebruik om op Hom te konsentreer.

    My dogter en ek het al baie hieroor gesels. Sy was alreeds 13 toe ek 'n Christen geword het, en ek het haar natuurlik met al hierdie verbeeldings-goeters grootgemaak. Haar huis is tot vandag nog vol feetjies-beelde, unicorns, ens. ens. Dit herhinner haar aan haar 'kinderdae', en, soos ek dit sien hou dit haar beslis terug om haar hele lewe ten volle aan God te wy. Sy is 'n Christen, maar Jesus is beslis nie 'Lord of her life' nie. Sy weier botweg om te sny met daardie goed wat so 'n houvas op haar het. Dis dan tog so 'cute'. (Die ergste is dat ek weet dis my skuld: dis hoe ek haar grootgemaak het. Ek bid baie.)

    God wil he ons moet alles in ons lewens aan hom toewy (ons handel en wandel; ons huise, ens.) - kan mens dit werklik met feetjies en kaboutertjies doen?
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •