Ek wil graag iets vra wat my nogal pla die afgelope tyd, miskien het iemand meer inligting hieroor.

Ek is nogal iemand wat voel dat 'n mens nie "die duiwel agter elke bos" moet gaan soek nie, want as jy 'n kind van die Here is, en in regtig 'n verhouding met Hom staan, is daar nie veel wat verkeerd kan gaan nie. Maar 'n mens moet ook nie jou oŽ sluit vir alles nie.

Ek het onlangs op 'n DVD die alleraakligste goed gehoor oor beeldjies van feŽtjies en kabouters, dat dit duiwels is en dat 'n mens nie sulke goed in jou huis mag hÍ nie. Eers het ek my nie werklik daaraan gesteur nie, maar dis asof die onderwerp elke dan en wan opduik. (Die Here praat mos maar soms so met 'n mens) Sien, my vrou versamel beeldjies van feŽtjies en kabouters al vir baie jare en sy het 'n pragtige versameling, waarop sy nie bietjie trots is nie!

Is daar dalk iemand wat eerstehandse inligting hieroor het? Is daar werklik iets verkeerd daarmee? Indien wel, sal ek graag meer detail wil hÍ.

Groetnis!

Eugene