Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 21

Thread: FeŽtjies en kabouters

  1. #1
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614

    FeŽtjies en kabouters

    Ek wil graag iets vra wat my nogal pla die afgelope tyd, miskien het iemand meer inligting hieroor.

    Ek is nogal iemand wat voel dat 'n mens nie "die duiwel agter elke bos" moet gaan soek nie, want as jy 'n kind van die Here is, en in regtig 'n verhouding met Hom staan, is daar nie veel wat verkeerd kan gaan nie. Maar 'n mens moet ook nie jou oŽ sluit vir alles nie.

    Ek het onlangs op 'n DVD die alleraakligste goed gehoor oor beeldjies van feŽtjies en kabouters, dat dit duiwels is en dat 'n mens nie sulke goed in jou huis mag hÍ nie. Eers het ek my nie werklik daaraan gesteur nie, maar dis asof die onderwerp elke dan en wan opduik. (Die Here praat mos maar soms so met 'n mens) Sien, my vrou versamel beeldjies van feŽtjies en kabouters al vir baie jare en sy het 'n pragtige versameling, waarop sy nie bietjie trots is nie!

    Is daar dalk iemand wat eerstehandse inligting hieroor het? Is daar werklik iets verkeerd daarmee? Indien wel, sal ek graag meer detail wil hÍ.

    Groetnis!

    Eugene

  2. #2
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Eugene

    Dit is nou 'n moeilike situasie.

    Eerstens, jy weet nie waarvandaan daardie beeldjies kom en wat die doel is waarvoor dit gemaak is nie.

    Kom ek praat sommer so oor iets wat nie heeltemal feetjies en sulke dinge is nie. Hier gaan ek dit nou sekere hoor van party mense, but here goes.

    Afrika maskers byvoorbeeld.

    Baie van daardie maskers is gemaak met net 1 doel. Voorvadergeeste. Hierdie goed word gemaak en dan in baie gevalle "geseŽn" deur 'n Sangoma. Daar word magte en kragte aan hierdie maskers gekoppel wat jy beslus nie in jou huis wil hÍ nie, hierdie maskers is deel van 'n kultuur wat vieslik beinvloed word deur hulle gelowe en veral die geloof in voorvadergeeste wat niks anders as demone is nie, dus as jy so 'n "geseŽnde" ding in jou huis toelaat, maak jy 'n deur oop in jou huis vir demoniese aktiwiteite. Probleem is weer in die geval, jy weet nie waar daardie ding vandaan kom nie en die beste is om dan maar eerder geen van hierdie maskers in jou huis in te bring nie.

    Ek was al na mense se huise waar hulle my gevra het wat ek van sekere beeldjies en goed dink, ek vra dan vir die Here dat Hy my oŽ sal open en as dit sleg is, sÍ ek hulle moet dit maar eerder verwyder. Dit is nie my huis nie, ek het geen reg om daardie goed te verwyder nie, slegs die persoon wie se huis dit is het die reg om dit te doen. Ek kan vir julle dalk ander dag 'n storie vertel van 'n laaitie wat my hulp gevra het met van hierdie kaarte waarmee hulle so speel.

    Nou ek weet nie of jy dit van toepassing wil maak op die feetjies en goed nie, hier sal jy voorwaar die Here moet vra om dit vir jou uit te wys. Ek persoonlik sal nie sulke goed in my huis aanhou nie.

    Moeilik ek weet, veral oordat dit jou vrou se versameling is.

    Jammer ek is so reguit hieroor.

    Groete
    Phil

  3. #3
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Phil

    Ja, ek weet waarvan jy praat. Maar weet jy, ek het nog altyd gevoel dat as 'n mens regtig 'n sterk verhouding met die Here het, en jy sulke goed (selfs Afrika maskers) vir die regte redes aanhou, kan daardie kragte en magte niks beteken nie. Ons God is tog sterker as enige afgod! Paulus skryf in 1 KorintiŽrs 8:4 oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is : Wat nou betref die eet van vleis wat aan ín afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wÍreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een. 5En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat "God" en baie wat "Here" genoem word, 6is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe..... Kan 'n mens dit nie ook hier van toepassing maak nie?

    Nogtans sal ek nie graag iets wil aanhou terwyl ek weet dat daar sulke goed aan gekoppel is nie. Maar 'n mens kan ook nie van al jou besittings ontslae raak net omdat daar 'n moontlikheid bestaan nie. Ek het al gehoor dat sataniste dikwels juweliersware op 'n manier "vevloek" of dat daar onder die lagie goud of silwer iets geskryf word wat nie met die blote oog waarneembaar is nie. Beteken dit nou dat 'n christen van ALLE juwele ontslae moet raak net vir ingeval een van jou juwele dalk in daardie kategorie val?

    Hoor jy wat ek sÍ? Dis waarom ek gesÍ het ek voel 'n mens moenie die baba saam met die badwater uitgooi en dinge soek waar dit nie is nie. Maar ek sal graag wil weet waar die besware oor feetjies en kabouters spesifiek vandaan kom, want dan kan 'n mens 'n ingeligte besluit neem.

  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Eugene

    Dit is hoekom ek sÍ dit reg sal wees om jou vraag na God te neem en vir Hom vra om vir jou enige slegte dinge hieromtrent te openbaar, as Hy wel vir nou slegte goed in die feetjies openbaar, dan moet jy besluit hoe jy daarmee te werk gaan. Onthou ook net hierdie vers:

    mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien diť dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
    Rom 1:32


    My vraag is nou net of mens nie deur jou blind te hou teen dit wat God jou openbaar het (in die geval die praktyke wat saam met die beelde gaan), jou goedkeuring verleen aan diegene wat duistere praktyke aan hierdie beelde gekoppel het nie.

    Ook rakende jou voorbeeld van die afgodsoffers. Ander gode bestaan nie, dus praat Paulus hier van die vleis eet wat daarvoor bestem was, dit was dus bestem vir niks nie, maar nou moet ons onsself ook vra of hierdie beeldjies wel 'n "niks" aan dit gekoppel het en of dit nie juis oorspronklik gemaak is met die doel om bindings van die Satan daarop te plaas nie.

    Maar na dit als gesÍ wil ek weer noem dat ek oortuig is dat dit 'n saak is wat jy voor God moet bring en Sy leiding in die verband vra.

    Groete
    Phil

  5. #5
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Eugene

    Maar na dit als gesÍ wil ek weer noem dat ek oortuig is dat dit 'n saak is wat jy voor God moet bring en Sy leiding in die verband vra.
    Phil

    Dankie vir jou terugvoer, aan die einde van die dag is dit tog maar waar 'n mens antwoorde kry. Maar weet jy, as ek mooi dink daaroor, dan het ek al reeds 'n antwoord gekry (dalk wou ek dit nie raaksien nie). Die blote feit dat ek nie vrede hireoor kan kry nie, spreek boekdele. Ek glo 'n mens moet wegbly van grys gebiede en as daar twyfel is, los dit uit!

    SeŽn

    Eugene

  6. #6
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    En nou moet jy dit net so ook gaan noem aan vroulief

    Sjoe, dit gaan seker nie 'n maklike enetjie wees nie

  7. #7
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Weet jy, ek is nogal bevoorreg. Sy is nie net my vrou nie - ook my "sussie in Christus" Ons dink baie eenders. En om die waarheid te sÍ, dit was sy wat voorgestel het dat ek die onderwerp hier aanroer.

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Ek wil graag iets vra wat my nogal pla die afgelope tyd, miskien het iemand meer inligting hieroor.

    Ek is nogal iemand wat voel dat 'n mens nie "die duiwel agter elke bos" moet gaan soek nie, want as jy 'n kind van die Here is, en in regtig 'n verhouding met Hom staan, is daar nie veel wat verkeerd kan gaan nie. Maar 'n mens moet ook nie jou oŽ sluit vir alles nie.

    Ek het onlangs op 'n DVD die alleraakligste goed gehoor oor beeldjies van feŽtjies en kabouters, dat dit duiwels is en dat 'n mens nie sulke goed in jou huis mag hÍ nie. Eers het ek my nie werklik daaraan gesteur nie, maar dis asof die onderwerp elke dan en wan opduik. (Die Here praat mos maar soms so met 'n mens) Sien, my vrou versamel beeldjies van feŽtjies en kabouters al vir baie jare en sy het 'n pragtige versameling, waarop sy nie bietjie trots is nie!

    Is daar dalk iemand wat eerstehandse inligting hieroor het? Is daar werklik iets verkeerd daarmee? Indien wel, sal ek graag meer detail wil hÍ.

    Groetnis!

    Eugene
    Gene,

    Dit is soos Kersvader, dit kan inderwaarheid nie direk mens se saligheid affekteer nie, maar miskien is dit in dinge soos hierdie, waar een van die moeilikste beginsels in die Christendom relevant raak, ons vryheid in Christus.

    In mens se eie dorp waar baie jou ken, sal dit nogal vreemd lyk as jy gereeld in 'n kroeg gesien word. Net so vreemd sal dit lyk as mense jou daar in die rooilig area moet sien. Dit kan natuurlik 'n totaal ander beginsel wees as jy jouself tydelik in 'n plek soos Alaska bevind en dit so uitloop dat jy in jou bediening in 'n kroeg of 'n rooilig area beland. Jou vryheid in Christus legitimeer dit, maar jy kan jou vryheid misbruik en die Here se koninkryk skade aandoen, sou dit in jou eie dorp wees. Hierdie vryheid kan maklik skynheilig wees, maar dit is maar 'n toets dat mens altyd versigtig en opreg moet wees op dieselfde tyd.

    Feetjies en sulke dinge kan op dieselfde neerkom. As jy 'n vrou bedien wat fortuin vertel en wat tien teen een ook sulke beeldjies kan versamel, dan spreek dit vanself hoe versigtig en opreg jou bediening gaan wees, afhangende die omstandighede. Ek het al 'n goeie artikel oor hierdie onderwerp gelees en sal kyk of mens dit kan opspoor en die skakel hier plaas.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  9. #9
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Weet jy, ek is nogal bevoorreg. Sy is nie net my vrou nie - ook my "sussie in Christus" Ons dink baie eenders. En om die waarheid te sÍ, dit was sy wat voorgestel het dat ek die onderwerp hier aanroer.
    Voorwaar 'n gelukkige man jy nť.

    Jou vrou klink vir my na 'n Spreuke 31 vrou

    Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
    Spr 31:11


    Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
    Spr 31:12


    Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
    Spr 31:23
    (Jy sit mos hier by die poorte en gesels saam met ons)

    Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.
    Spr 31:26


    Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:
    Spr 31:28


    Dit is die maatstaf waaraan ek 'n toekomstig huweliksmaat vir my sal meet. Ek soek 'n Spreuke 31 vrou

    Groete
    Phil

  10. #10
    Ons glo almal aan die onderskeid van geeste as 'n geestelike gawe. Ek dink dat , as 'n Christen, jy jouself kan beroep hierop met vrae soos hierdie.
    Die vraag is natuurlik ook of hierdie beeldjies 'n oog is wat uitgeruk moet word, of 'n hand wat afgekap moet word.
    As dit pla, dan is daar moontlik 'n goeie rede daarvoor......



    (NS : Ek dink ek het ook daardie DVD gekyk, en ek stem verseker nie saam met alles wat die man kwytraak nie. Sy eksegese van "hÍ nie" met betrekking tot die Wet is toetentaal verkeerd....dit is glad nie wat in die oorspronklike Hebreeus staan nie.)

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Cape Town
    Posts
    13
    Sekere goed is duidelik boos (soos die maskers vir voorvaderaanbidding of die "geliefde" Budha beeldjies wat baie mense so graag oorsee koop). Ander goed is egter weer heel onskuldig, maar word wel deur sekere mense uitgebuit. Hier tel kabouters en feetjies bv. vir my. As jy niks daarby bedoel nie, is dit tog OK. As daar mense is wat werklik glo sulke goed bestaan en is deel van Gaya (die aard-god) se koninkryk, is dit tog duidelik verkeerd. Daar is tog mense wat in die Bybel vleis ge-offer het vir afgode, en Jesus het bepaal dat dit nie eens verkeerd is om daarvan te eet nie!

    My dogtertjie het 'n Bionicle figuur gehad toe sy 5 was (dis basies 'n figuur wat jy self uit stukke bou en eintlik baie goeie speelgoed is). Deel van die bemarking was 'n film oor die figure, wat iewers op 'n eiland bly soos tipiese eiland primitiewe volk. Volgens die Christelike voorbereidingskool se juffrou, was die goed uit die bose en sou dit allerhande bindings te weeg bring. Ons het aan my dogtertjie ons siening verduidelik en haar die keuse gestel. Sy het besluit om dit weg te gooi (al was dit haar beste speelding)! Vir haar eie geloof en gehoorsaamheid het dit baie beteken, al het ek niks daarmee fout gevind nie.

  12. #12
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Hi Cobus

    Ek stem nogal saam met jou. As 'n mens iets met die regte gesindheid besit, en jy leef in 'n verhouding met die Here, behoort dit nie 'n probleem te wees nie, mits dit nie iets is wat jy voor jou siel weet, het 'n bose konnotasie (soos budha beeldjies). Maar 'n mens wil tog nie graag iets behou as dit jou onrustig maak, of as daar twyfel is nie.

    Paulus skryf dat hy liewer sonder 'n oog of hand die ewige lewe wil ingaan, as met al sy ledemate die verderf in. Ek weet hy praat eintlik van 'n heel ander situasie, maar persoonlik voel ek om dit ook hier van toepassing te maak. Ek raak liewer ontslae van iets waaroor ek nie 100% vrede het nie. Dis in elke geval aardse goed wat ek eendag gaan moet agterlaat... (En soos jy sÍ, 'n mens se geloof kan net daarby baat)

  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    Gene,

    Iets wat myself al geruime tyd pla, is van die produkte wat ons vervaardig. Ek het groot geword in Owamboland in die ou SWA en die kavango kerfkuns was ons huis vol gewees, veral die beelde wat hulle maak. Na die beste van my wete is hierdie beelde 'n konnektasie met die voorvaders en ons het ontwerpe wat van hierdie beelde in het, in van hierdie produkte. Omdat mens nie pertinent die sonde daarin kan sien nie, los mens dit maar... en tog pla dit my al 'n hele paar jaar, veral met hierdie gedeelte in gedagte...

    2Tim 2:20-21 Maar in Ďn groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer. (21) As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy Ďn voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.

    Hierdie produkte verkoop ook nie eintlik goed nie en dit is miskien tyd dat ek bloot doen wat die Woord my wys. Omdat jyself twyfel en ek ook al vir geruime tyd hieroor twyfel, het daar skielik net 'n lig vir my opgegaan hieroor...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  14. #14
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    South Africa
    Posts
    94
    Gene

    CFJ het nogals 'n goeie punt gemaak met betrekking tot you vryheid in Christus. Die bybel se in Romeine 8v2 "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood". Jy is dus nou nie meer onder 'n wet van reels en regulasies in Christus nie, maar onder 'n nuwe wet, die engels noem dit mooi 'the law of life in Christ Jesus'.

    So, ek herinner jou dus hiermee, die wet waaronder jy is, en daardie wet is dat Sy Gees jou sal lei, dat dit geskryf is in jou hart, en dat jy Hom moet erken in alles, en Hy sal jou pad gelykmaak. So my antwoord dus : bid daaroor, dra dit op aan Hom, vra Hom om jou te wys as jy hierdie goed moet uitgooi of nie, en wees gehoorsaam hoe Hy jou lei

    Met betrekking tot die bestaan van feetjies en kabouters...ek wil jou vra om asseblief te lees wat ek geskryf het onder die draad 'Verborge geheimenisse...'. Ek kan ook ter byvoeging vir jou noem dat die okkultiese boeke wat ek gelees het wel daaroor praat en dat New Agers gewoonlik almal daaraan glo en hulle ook dikwels self sien en beleef.

    Hoop dit help.

    Liefde

  15. #15
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Kaalvoetkind View Post
    Gene

    CFJ het nogals 'n goeie punt gemaak met betrekking tot you vryheid in Christus. Die bybel se in Romeine 8v2 "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood". Jy is dus nou nie meer onder 'n wet van reels en regulasies in Christus nie, maar onder 'n nuwe wet, die engels noem dit mooi 'the law of life in Christ Jesus'.

    So, ek herinner jou dus hiermee, die wet waaronder jy is, en daardie wet is dat Sy Gees jou sal lei, dat dit geskryf is in jou hart, en dat jy Hom moet erken in alles, en Hy sal jou pad gelykmaak. So my antwoord dus : bid daaroor, dra dit op aan Hom, vra Hom om jou te wys as jy hierdie goed moet uitgooi of nie, en wees gehoorsaam hoe Hy jou lei

    Met betrekking tot die bestaan van feetjies en kabouters...ek wil jou vra om asseblief te lees wat ek geskryf het onder die draad 'Verborge geheimenisse...'. Ek kan ook ter byvoeging vir jou noem dat die okkultiese boeke wat ek gelees het wel daaroor praat en dat New Agers gewoonlik almal daaraan glo en hulle ook dikwels self sien en beleef.
    Kaalvoetkind,

    Dankie vir jou bydrae. Ek het lankal reeds presies gedoen wat jy voorstel, en ek het volkome vrede met my besluit. Dis maar aan die einde van die dag net by Hom waar ons regtig leiding en antwoorde op ons vrae kan kry. Ek weet dit lankal, en dis maar net weer eens aan my bewys.

    Terloops, nie ek of my vrou glo (of het ooit geglo) aan die bestaan van goed soos feetjies en kabouters nie. Dit is vir ons niks anders as mooi ornamente nie.

    Groetnis!

    Eugene

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •