Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 16 to 30 of 40

Thread: Die Boodskap van Kolossense

  1. #16
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916
    Ferdi
    Ek stem met jou saam. Die beeld wat ek soms gebruik is die een van die laaste soldate in die loopgraaf. Die keuse is om aan te hou veg tot die dood of om hande in die lug stadig en bewend na vore te kom en geheel en al oor te gee. Dit is die keuse. Jy is dan nie meer in 'n posisie om te onderhandel of om jou terme op die tafel te plaas nie. Maar jy het nog steeds 'n keuse. Party veg tot die dood toe en andere gee oor.
    David

  2. #17
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Ferdi
    Ek stem met jou saam. Die beeld wat ek soms gebruik is die een van die laaste soldate in die loopgraaf. Die keuse is om aan te hou veg tot die dood of om hande in die lug stadig en bewend na vore te kom en geheel en al oor te gee. Dit is die keuse. Jy is dan nie meer in 'n posisie om te onderhandel of om jou terme op die tafel te plaas nie. Maar jy het nog steeds 'n keuse. Party veg tot die dood toe en andere gee oor.
    David
    Goeie voorbeeld, ek sal hom onthou...
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere



  3. #18
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol 1:13 - S dankie want jy is deel van God se koninkryk

    Goeie dag in die blydskap van Jesus Christus

    Paulus is steeds besig om te bid dat die Christene van Kolosse die Here vir hulle groot verlossing sal dank. Waaruit is ons verlos? Uit die mag van die duisternis. (vgl. Luk. 22:53)

    "Om hulle o te open dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van Satan tot God sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang" Hand. 26:18.

    Vriende, ken ons die mag van die bose? Satan is die een wat die mensdom teen God in opstand bring. Hy verlei mense om te lieg en bedrieg, om aardse weelde na te jaag, om staat te maak op hulle eie ek en hulle eie ego en hulle eie oordeel wat altyd beter is as iemand ander s’n. Satan leer jou dat jy nie vir Christus en die Bybel nodig het nie, dat jy die mag en die reg het om self te besluit wat reg en verkeerd is en dit te doen, om te rook, te drink, te dwelm, te vloek en losse verhoudings te h. Helaas, hy leer jou ook hoe om hierdie goed met ‘n vroom gesig te doen en hoe om jouself wys te maak dat jy steeds ‘n goeie Christen is terwyl jy dit doen!

    Maak geen fout nie. Satan beskik oor ‘n mag. Hierdie mag is so groot dat jy nie jouself daaruit kan verlos nie. Ons het ‘n Groot Krygsheld nodig om sy oorlogstuig aan te trek en namens ons die slagveld te betree en ons dan te verlos uit die mag van die duisternis. Het jy al op jou knie gestaan tot hulle eelte kry en gebid vir ‘n kind wat vasgevang is in die mag van die duisternis? Vra maar rond. Daar is geweldig baie Christene wat jou baie hiervan sal kan vertel. Of erger nog, Christene wat so ms bid vir hulle kinders en dit nooit gedoen het het nie. Die beeld wat in ons vers aangebied word, is duidelik een wat jou wil oortuig van die Goddelike verlossingsmag wat net in Jesus Christus te vinde is en waarsonder geen mens gered kan wees nie.

    Ja, as jy genadig een van die is wat wel verlos is, dan moet jy maar aanhou om dankie te s. Dit is wat Paulus hier s. Verlossing is nie uit jouself nie en daar is min wat dit deelagtig word. Daar is baie wat in vroomheid dit voorgee, maar min wat werklik die stap geneem en dit as gawe van die Here in ontvangs geneem het. As jy dit seker en gewis weet, sonder ‘n greintjie twyfel in jou gemoed, dan is dit die Apostel se advies dat jy elke dag daarvoor dankie sal s.

    Dave Hunt meen dat Amerika die era van post-Christendom reeds in die 1960’s ingegaan het. Die post-Christendom het natuurlik al vroer as dit in Europa aangebreek. Dit is die tyd toe jongmense op die kampusse van die land openlik teen God, die Bybel, verlossing, die opstanding van Christus en morele rels en riglyne in opstand gekom het. Die meeste van hulle het uit Christelike huise gekom. Maar die ouers het waarskynlik self nie meer mooi besef wat die mag van die duisternis alles behels nie. Hulle het nie meer elke dag dankie ges vir hulle eie verlossing nie. Hulle het nie meer gebid vir die verlossing van hulle eie kinders nie. Of dalk was hulle deel van ‘n kerk en ‘n teologie wat glo dat mens sommer self in jou drome gered word en dat jy nie ‘n Verlosser nodig het om jou los te breek uit die mag van die duisternis nie. As dit ook in jou huis die geval is, dan is die post-Christendom die aaklige werklikheid wat vir jou kinders en jou nageslag wag.

    Ja, mens kan en moet 100% seker wees dat jy gered is. Hoe dan so? Wel, as verlossing ‘n 50-50 transaksie tussen jou en die Here was, sou jy altyd aangehou het om te twyfel. Wie is daar wat 100% kan staatmaak op sy eie betroubaarheid, heiligheid en reinheid? As daar so iemand is, dan mislei hy homself (Gal. 6:3). Nee, ons vers s dat verlossing van die Here af is. En wat meer is, kyk maar in al die vertalings. Hierdie is nie ‘n dag-vir-dag verlossing waar jy mre weer verlos moet word van mre se sondes nie. Kol. 1:13 is geheel en al in die verlede tyd. Omdat dit God se werk is en omdat dit totaal en volledig afgehandel is toe jy daarvoor gebid het en dit in die geloof aanvaar het, daarom is jy 100% seker en gewis ‘n verloste kind van God. Maar asseblief, onthou, jy moet nooit ophou om vir Hom dankie te s nie. Jy moet nooit ophou om te besef wat die gruwelike mag van die duisternis alles behels nie.

    En wat meer is, nadat die Groot Krygsheld die slag gelewer het en jou uit die mag van die duisternis verlos het, vra Hy jou om nou self die krygstuig aan te trek en verder saam te stry teen die magte van die duisternis. Nie asof jy alleen baklei nie, want dan sal jy verloor. Nee, dit is God se oorlog teen die duisternis, maar jy moet nou aansluit by sy weermag (Ef. 6:10-18).

    Ek groet weer en onthou om elke dag bly en dankbaar in die Here te wees.

  4. #19
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:14 - Verlos uit slawerny

    Ons is besig om te praat oor Paulus wat bid dat Christene sal aanhou om dankie te s vir hulle verlossing. Hy motiveer dit ook met hierdie toevoeging in vers 14. Die geestelike insig, groei en krag wat hy vir hulle toebid in ver 9 - 11, die bede dat hulle nooit die groot gawe van hulle verlossing gering moet skat nie en altyd God daarvoor moet dank, al hierdie dinge is gebou op vers 14 dit is moontlik gemaak deur die verlossing in Christus se bloed. Hierdie is n kort versie, maar dit neem regtig n sleutelposisie in Kollosense in. Kol. 1:14 vervul die funksie van Ef. 1:7; 1 Kor. 1:18 en Rom. 1:16 in daardie boeke. Dit is die begronding van al die geestelike weldade wat die apostel van praat in sy briewe.

    Waar ons in die vorige vers die beeld het van n groot krygsheld wat ons uit die mag van die duisternis verlos, is dit in hierdie vers die werk van n filantroop wat hom ontferm oor die lot van van n mens wat in slawerny vasgevang sit. Paulus word dikwels daarvan beskuldig dat hy nie in opstand gekom het teen die euwel van slawerny in sy tyd nie. Veral die liberales reken dat Paulus slawerny eintlik goedgekeur het. Dit is nie waar nie. Iemand wat soos in hierdie vers oor verlossing gepraat het, kon nie 'n voorstaander van slawerny gewees het nie, al was die een geestelik en die ander een fisies.

    Die praktyk van slawerny het vir Paulus n baie negatiewe, magtelose en verlore toestand geteken. Iets waarby hy aansluit om die verlossingsboodskap van die evangelie te verduidelik. Die Griekse woord vir verlossing is apolutrosis. Dit beteken meer as net die betaling van n losprys. Dit beteken die begelyding, herstel en tuisbring in n radikale nuwe omgewing.

    Kolossense is ook geskryf om mense teen die ontwakende false lering van die Gnostiek te waarsku. In die Gnostiek is die woord apolutrosis ook gebruik, maar met n verdwaalde idee van selektiewe toegang of inisiasie tot sekere misteries. In die evangelie beteken verlossing egter n historiese daad van Jesus aan die kruis waar Hy sy bloed gestort het en wat openlik aan alle mense verkondig word wat daarin belangstel om van die mag van die duisternis en van slawerny verlos te word. In die evangelie is verlossing n geestelike en morele begrip wat die mens nederig maak en al die eer na God laat toekom. In valse godsdienste is verlossing dinge soos emansipasie of immorele bevryding wat jou op n hor trappie plaas as ander mense en aan jou die reg gee om immoreel op te tree.

    Moderniste soos Sakkie Spangenberg en baie ander betwis die bestaan van so iets soos verlossing direk. Paulus het ons mislei, dit is die implikasie van wat hulle s. God was nooit kwaad vir ons nie. God behandel alle mense as gelykes. Al wat jy moet doen is probeer om jou te gedra en dit sal goed gaan. Duisende ander predikers sal dit nou nie so reguit soos Sakkie s nie, maar hulle glo eintlik ook nie meer aan verlossing nie. En dan natuurlik die duisende Christene wat lankal vergeet het om vir hulle verlossing dankie te s.

    Wat beteken verlossing in jou lewe? Het jy kennis geneem van die plek wat vers 14 in hierdie boek inneem? Vir ons is dit die begronding van ons geloof. Wanneer laas het jy teenoor iemand getuig en ges: Ek self is niks, maar deur sy onmeetbare genade het God my verlos en n nuwe denksisteen met n nuwe verwagting in my lewe geplaas. Die verlossing en vergifnis van sondes wat God deur sy Seun Jesus Christus vir ons beskikbaar stel is die heel hoogste uitdrukking van God se genade.

    Verlossing gaan gepaard met die vergifnis van sondes. Dit sluit in die toestand van sonde, nl. die status as ongeredde sondaar mens en ook die individuele sondes wat deur die mens begaan is. Vergifnis is afesis (loslating uit gevangenisskap) en dit kom van die woord afiĕmi wat beteken om weg te stuur. Die priester het in die OT sy hand op die sondebok se kop gel en so die sondes op hom geplaas en dan die bok in die woestyn in weggestuur. Daardie bok is nooit weer gesien nie. Jesus self is nou vir ons die Lam wat geslag is en die bok op wie se kop die sonde gelaat is. As Lam van God verander Hy ons status na verloste kind van God en as Offerdier reinig Hy ons daagliks van die smet van sondes. Volgens hierdie verse kom verlossing en vergifnis alles net van die Here.

    Gegroet in God se ryke genade
    David

  5. #20
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:15-23 - Christus as Heerser en volkome Versoener

    Goeie mre alle Lighuisers

    Paulus se groot dankgebed vir die Kolossense is nou afgehandel en nou kom ons in die tweede helfte van die hoofstuk by een van die mees aangrypende en wonderlike beskrywings van ons Verlosser, Jesus Christus. Hy is die ongeskape Skepper van die heelal, die Hoof van die Liggaam van Christus en van my en van jou, die Een wat ons met God versoen het en ook die Een wat die evangelie vir vandag, die verborgenheid, deur Paulus aan die lig gebring het.

    Op hierdie punt wil ek graag aanhaal uit 2 Tim. 3:16

    "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig to lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid"

    Hier word vier sake genoem waarvoor die Skrif nuttig is. Die laaste een, onderwysing in die geregtigheid, is die algemene een wat op alle dele en boeke van die Bybel van toepassing is. Waarmee is ons besig as ons met die Bybel omgaan, enige deel van die Bybel? Ons is besig met onderwysing in die geregtigheid. Om geregtigheid te ken, moet jy God ken, wie Hy is, wat sy plan van verlossing behels, hoe dit in die geskiedenis ontplooi is, wat Hy vandag van ons verwag. Om in geregtigheid met God te leef, moet ons Hom ken, lief h, dien en ons hoogste eer daarin stel om Hom in alles te behaag. Daarom het ons onderwysing in die geregtigheid nodig.

    Hierdie onderwys kan opgedeel word in die eerste drie aspekte wat genoem word, nl. lering, weerlegging, en teregwysing. Lering is in Engels "doctrine". As ons nou hierdie drie aspekte laat fokus op ons bedeling, "die bediening van die genade van God" (Ef. 3:2), dan val die briewe wat gerig is aan die kerk of die liggaam van Christus, baie mooi uiteen in boeke van lering, weerlegging en teregwysing. Romeine is die groot boek van lering vir ons bedeling. Daar is seker meer kommentare oor Romeine geskryf as oor enige ander boek in die Bybel. Al die basiese boustene van lering vir ons bedeling, veral die verlossingsplan, kom daarin voor. Daarna kom weerlegging (reproof). Die twee briewe aan die Korinthirs is die boeke van weerlegging. Daarin gaan die apostel uit sy pad om mense te waarsku teen praktiese dwalings en vergrype in hulle lewens wat nie te rym is met die leringe wat hulle in Romeine aangetref het nie. Daarna volg teregwysing (correction). Dit gaan oor leerstellige dwalings wat in stryd is met die waarheid van die Christelike leer vir vandag. Die boek Galasirs is die boek van teregwysing. Wettiesisme is die groot vyand van die verlossingsleer van Romeine en wettiesisme word baie doeltreffend en volledig aangespreek in Galasirs.

    Daarna word die patroon weer herhaal van Efesirs tot Kolossense. Efesirs is die boek van lering waar verdere lering na Romeine gegee word. Hier gaan dit veral oor die liggaam van Christus, ons hemelse posisie en hoop en die bedeling van genade. Na Efesirs moes Paulus weer praktiese weerlegging doen van praktyke onder Christene wat nie ooreenstem met die lering van Efesirs nie. Mense was aardsgesind en nie vasgeanker in die hoop van Jesus Christus nie. Dit is gedoen in die boek Filipense. Daarna kom Kolossense. Nou kan jy seker raai. Ja, Kolossense is die boek van teregwysing oor verkeerde leringe onder Christene - leringe wat nie ooreenstem met die leer van Efesirs nie.

    Hierdie kennis gaan ons geweldig baie help om die boek Kolossense mooi in plek te plaas. Dit gaan oor verkeerde lering onder Christene wat uit die weg geruim moet word sodat hulle waarlik in lyn kan kom met die groot hemelse lering van Efessirs. Die rede waarom ek hierdie kennis oor lering, weerlegging en teregwysing hier aanhaal by Kol. 1:15, is omdat ons moet besef dat die heel grootste fout van alle dwalinge, sektes of kultusse is dat hulle afbreek doen aan die persoon van Jesus Christus. Op een of ander manier of op verskillende maniere degradeer hulle vir Jesus Christus. Hulle erken nie sy Godheid nie of hulle doen afbreek aan sy volmaakte afgehandelde verlossingswerk, of hulle erken Hom nie as die lewende en werkende middelaar wat nou vir ons intree nie of hulle hoogste prioriteit is nie daarop ingestel om die heerlike toekoms saam met Christus te verwag nie.

    Dit is waaroor Kol. 1:15-29 gaan. Leer Jesus Christus ken in volkome waarheid en egtheid. As jy dit gedoen het, is jy gevrywaar daarvan om enige sekte of kultus of dwaling ten prooi te val. Kry nou 'n oorsigtelike beeld van alles wat in hierdie wonderlike verse van Christus ges word en berei jouself daarop voor om in die volgende weke saam met my vers vir vers weer van nuuts af jou en my Verlosser te leer ken.

    Daar bestaan op hierdie aarde geen groter vrede as die wete dat jy Jesus Christus ken en totaal en vir ewig in Hom geborge is nie.

    Hartlike groete
    David

  6. #21
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:15 - God se Beeld en sy Eersgeborene

    Goeie dag in die vrede van Jesus Christus

    Wie is Jesus?
    Die Beeld van die Onsienlike God

    Moet asseblief nie hier aan Beeld dink as so iets soos wat daar van Paul Kruger op kerkplein staan nie. As jy wil verstaan wat dit beteken dat Jesus die Beeld van die Onsienlike God is, gaan lees dan Hebr. 1:3:

    Hy wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die Woord van sy krag.

    Wat is die heerlikheid van God? Dit is tog sy ware Goddelike glorie wat alleen aan Hom behoort. Maar die heerlikheid van God is in die Ou Testament net met simbole in die tempel verduidelik of uitgebeeld. Die heerlikheid van God self is nooit gesien nie. Maar nou staan hier dat die Here Jesus Christus self die afskynsel van sy heerlikheid is. Hy is dus die eerste sigbare manifestasie van daardie heerlikheid van God. Hy is ook die afdruksel van God se wese. Hiermee word bedoel dat Hy deel in God se eie wese. As die afdruksel op net n prentjie daarvan sou dui of net soos n afdruk van n beeld op n muntstuk sou wees, dan sou dit tog nie n afdruk van sy wese kon wees nie. n Afdruk deel tog nie in die wese van die persoon wat dit verteenwoordig nie.

    Hierdie afdruksel is egter totaal anders. Afdruksel word dus hier simbolies gebruik. Jesus is baie meer as n afdruk van God. Hy is n verteenwoordiger van die wese van God. Hy is dus ook God self. Die sin wat daaraan toegevoeg word, verduidelik dit. Hy dra alle dinge deur die woord van sy krag. As Hy net n beeltenis of n prentjie van God was, sou Hy beslis nie dit kon doen nie. Joh. 14:9 s: Hy wat my gesien het, het die Vader gesien." Hy is dus ver meer as n gewone beeld, Hy is God self en deel sy wese. Joh. 1:18 s: Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar. Jesus verteenwoordig dus vir God, maak Hom sigbaar en deel sy wese.

    Ons moet die Bybel altyd in die konteks lees waarin dit geskryf is. Hier by Kol. 1:15 sou ons wel kon s dat die woord beeld nie altyd n perfekte en totale beeltenis wat ook een en dieselfde wese deel, beteken nie. Tog moet ons in hierdie verband waarin die woord gebruik word en tesame met ander verse wat ons aanhaal, tot die enigste logiese gevolgtrekking kom. In hierdie vers is Jesus nie net n afbeelding of dubbelganger van God nie. Hy dra ook al God se eienskappe, sy krag en sy hele wese. Kyk ook na Fil. 2 :6 waar die gestalte van God ter sprake kom. Jesus het nooit van daardie gestalte afstand gedoen nie, maar Hy het daarmee saam die gestalte van n mens aangeneem. Die liberales wat die gesag van die Bybel ondergrawe, is gou om vir ons te s dat Jesus maar net n gewone mens was. Maar hier staan dit in Filippense dat Hy die gestalte van n mens aangeneem het. Wat beteken dit? Wel, die liberales is reg, Hy het n ware mens geword. Maar as gestalte van n mens beteken dat Hy n ware mens geword het (vers 7), dan beteken gestalte van God in vers 6 ook dat Hy nie net n prentjie van God was nie, maar self ook God. Hierdie begrip word ook bevestig deur Fil. 2 :9-11.

    Kom ons kyk nou na die tweede deel van Kol. 1:15.
    Die eersgeborene van die hele skepping
    Die term eersgeborene kom baie in die OT voor. Ons kan nie nou in detail daarby stilstaan nie. Meestal gaan dit daar oor die eersgeboortereg, die meerdere erfporsie en die gesag of belang van die eersgeborene bo die ander in die familie. Gevolglik word die woord eersgeborene dikwels in die Bybel op simboliese wyse gebruik vir begrippe soos voorrang, gesag, eienaar, meerdere, ens. Vergelyk ook die woord eniggeborene met eersgeborene. Jesus was ook God se Eniggeborene. Nie een van die twee woorde dui op enige manier op sy geboorte of op n idee dat Hy n geskape wese mag wees nie. Hy is eenvoudig God se Eniggeborene omdat alles wat aan God behoort, ook aan Hom behoort. As God n ongeskape en ongebore ewige Goddelike wese is, dan is Jesus as Eniggeborene dit ook, want Hy erf dieselfde eienskappe as God.

    Ons leef in n wreld waar Jesus nie meer net deur die Jehova-Getuies en deur Sakkie Spangenberg nie, maar ook deur die koerante, skole, kerke, regering, universiteite en om elke hoek en draai afgetakel word. Hierdie verse in Kolossense tesame met die ander wat ons aanhaal, is vandag weer meer aktueel en belangrik as wat dit ooit was. Maak groot erns hiermee en verkondig dit met ywer.

    Die Jehovas s in hulle vertaling van die Bybel dat hierdie vers bewys dat Jesus net n geskape wese is, die eersgeborene van God. Die waarheid is egter dat Paulus hier juis die teenoorgestelde probeer bewys. Die brief aan die Kolossense is geskryf teen die dwaling van die gnostiek wat beweer het dat Jesus as geskape wese n laere manifestasie van God was. (1) Paulus skryf hier teen hulle, baie beslis nie om hulle te ondersteun nie! Hierdie feit alleen is reeds n aanduiding hoe klaaglik die Jehovas hierdie vers (moedswillig) misverstaan. (2) Die hele hoofstuk en boek beklemtoon Christus se soewereiniteit bo die ganse skepping. Dus is dit onmoontlik dat die vers kan beteken dat Hy self ook maar net n geskape wese is. (3) Vers 16 s Hy het alle dinge geskape. As dit waar is, is dit onmoontlik dat Hy self ook geskape kan wees. Hy kan tog nie Homself skape nie. Die Jehovas se Bybel s Hy het alle ander dinge geskape, maar ander staan nie in die regte Bybel nie. (4) Die eersgeborene is deur die engele aanbid (Heb. 1:6), maar n geskape wese kan nie aanbid word nie. Eersgeborene beteken dus nie dat Hy gebore of geskape is nie. (5) Die Griekse woord vir eersgeborene is prototokos. As dit eersgeskapene was, dan sou dit protoktisis moes wees en dit is nie die geval nie.

    Gaan kyk gerus in die OT reeds wat die verhewenheid en die waardigheid van die eersgeborene was (Ex. 13:2-15; Deut. 1:17). Dit is tog die gedagtes wat eintlik hier deur die woord eersgeborene uitgebeeld word.

    Die ware betekenis van eersgeborene in hierdie vers gaan eenvoudig oor verhewenheid en gesag. (1) Hy is self die Skepper van alle dinge (v. 16). (2) Hy is vr alle dinge en ver verhewe bo alles (v. 17). (3) Rabbis het God self ook die Eersgeborene genoem om sy verhewenheid bo die skepping aan te toon. (4) Paulus beklemtoon die Godheid van Christus orals (2:9; Titus :13). (5) Paulus (1:18 ) en Johannes (Openb. 1:5) praat van Jesus as die Eersgeborene van die dode. Eersgeborene beteken dus weereens nie dat Hy gebore of geskape is nie, maar dat Hy verhewe is oor alle skepsele omdat Hy die eerste een is wat skepsele se grootste vyand, nl. die dood, oorwin het. Hy is die eerste vrug uit die opstanding (1 Kor. 15:20). (6) In die OT word Israel al God se eersgeborene genoem (Ex. 4:22; Jer. 31:9). Wys dit op Israel se geboorte of hulle totstandkoming? Nee! Dit wys net dat hulle God se spesiale uitverkore volk was en dat hulle n posisie van gesag en verhewenheid gehad het wat verhewe is bo die ander volkere.

    Wat beteken dit vir jou en vir my dat Jesus die Beeld van God en die Eersgeborene van God is? Ek kan aan n hele paar implikasies dink: Eerbied en volle erkenning van sy gesag. Hy is die een wat lewe en onverganklikheid in Homself in stand hou. As ek in die ewige lewe glo, dan glo en verwag ek dit van Jesus Christus en van nrens anders nie. Sonder Jesus sou ek God nooit geken het soos ek Hom nou ken nie. Ek sou Hom nooit my Vader kon noem nie. Jesus het God aan my bekend gestel en naby my gebring. Hy het die skeiding tussen God en mens aan die kruis verwyder en die hemel vir my oopgemaak. Mag ek Hom daarvoor ewiglik prys!

    Mag die genade van God julle bewaar tot ons volgende keer weer gesels

    Groete
    David

  7. #22
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:16 - Deur Hom en tot Hom

    "Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape".

    Toe ek oor hierdie vers opgelees en nagedink het, is ek opnuut getref deur die grootse glorieryke gesag en almag van Jesus Christus, tesame met die onbegryplike groot waarheid dat dit juis Hy is wat in liefde Homself na my neergebuig het.

    By hierdie vers s sommige vertalings alles is deur Hom geskape terwyl ander s in Hom. Albei is waar, maar die idee wat waarskynlik hier na vore gebring word, is dat die skeppingsmag in Jesus Christus gesetel is. Die woord wat vir skep gebruik word is ktidz en hierdie woord word in die Bybel eksklusief van God gebruik. Niemand anders behalwe God het ooit iets geskep nie. In Afrikaans word die woord, veral in die laaste jare, ook van mense gebruik. Ons praat van n vrou as n tuisteskepper en van n digter, skrywer of kunstenaar ook as die een wat die werke geskep het. Nie so in die Bybel nie. In die Bybel is dit God alleen wat skep.

    In die hemele en op die aarde.
    Die sterrehemel en die heelal word ook in die Bybel hemel genoem, maar die woord word meer dikwels gebruik vir die woonplek van God, veral as dit soos in 2 Kor. 12:2 die derde hemel genoem word. Ook in Ef. 4:10 word ges dat Christus opgevaar het bokant al die hemele. Alles wat deur Christus geskape is, word dus hier opgedeel in twee kategori: Die hemel en die aarde, net soos in Gen. 1:1. In hierdie verband wil ek n baie belangrike vers aanhaal, Joh. 3:12:

    As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as ek julle van die hemelse vertel?

    Jesus was by uitstek die persoon om Nikodemus van die hemel te vertel want Jesus het die hemel geskep. Water en gees wat Jesus aan Nikodemus verduidelik het, was hemelse waarhede. Dit was geestelik en onsigbaar. Beteken die water van Joh. 3 die waterdoop? Ek dink nie so nie. Jesus het begin om hemelse waarhede aan mense te leer. Dit was anders as die tempel en die offerdiens wat fisies en aards was. Die bedeling van die gees het naby gekom. Later het Jesus ook die liggaam van Christus geskep, een van die heel grootste waarhede van die hemel (Ef. 2:15). Ons is deel van die liggaam van Christus as ons aan Hom behoort.

    Meeste mense wat lees dat Jesus die hemel en die aarde geskape het, dink aan die aarde en die sterrehemel daarbo. In die lig van wat ons sopas ges het, sal ek eerder so daaraan dink dat die aarde dui op alles wat fisies is en die hemel op alles wat geestelik is. Om dit te bevestig kan ons weer kyk na Kol 3:1-3 en sommer ook uit daardie verse die geestelike boodskap en betekenis kry van die feit dat Christus die hemel en die aarde geskape het. Israel was aards en met n aardse verwagting. Die liggaam van Christus in die bedeling van genade is hemels met n hemelse tuiste, belang en vooruitsig. Om dit te bevestig kyk ons na die volgende woorde in ver 16:

    Wat sienlik en onsienlik is.
    Mense wat dit moeilik vind om geestelik te dink, verstaan hierdie woorde as n verwysing na klein mikro-organismes wat mens nie met die blote oog kan sien nie. Ek stem nie saam nie. Met n mikroskoop is selfs daardie dinge ook sienlik. Die dinge wat onsienlik is, is die dinge van die hemel wat Jesus in Joh. 3 aan Nikodemus begin verduidelik en wat ten volle in die briewe van Paulus aan die gemeente uitgel word. Is daar nog n God soos ons God, Jesus Christus? Is daar nog n God wat n hermel en n aarde geskape het? Die ander sg. gode verstaan nie eers wat die hemel beteken nie, laat staan nog om so iets te kan skep.

    Trone, heerskappye, owerhede en magte.
    Hierdie is persone of ander instansies van gesag wat beide in die hemel of op aarde kan wees, goed sowel as sleg. Hierdie dinge is alles deur Christus geskape. Hy het hulle nie sleg geskape nie, maar deur die sondeval het hulle self gekies om sleg te wees. Hoewel die ongelowige owerhede van die aarde nie sy gesag erken nie en met Hom spot, sal hulle ook binnekort voor sy gesag te staan kom. Elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader" (Fil. 2:11). Ons is in hierdie bedeling aan die owerhede van hierdie wreld onderworpe en ons moet hulle gehoorsaam, maar ons is nie totaal aan hulle uitgelewer nie. As hulle van ons iets verwag wat in stryd met ons geloof is, kan ons hulle nie gehoorsaam nie en hulle daarop wys dat ons eintlike lojaliteit l by die Een wat hulle geskape het.

    Vers 16 sluit af met n geweldig belangrike stelling. Christus is nie alleen die Skepper in wie alle skeppingsmag gesetel is nie, Hy is ook self in persoon die einddoel van die hele skepping. Alles is tot Hom geskape. Jesus Christus is die rede waarom alle dinge geskape is. Goed, ons weet dit, alles wat geskape is hou Jesus nie in erkenning nie, nog minder is hulle op sy eer en sy heilige doel gerig. Maar hierdie mense of owerhede of magte sal aanstonds getoets word aan die doel waartoe hulle geskape is. As hulle nie tot sy eer en tot bevordering van sy evangelie opgetree het nie, sal hulle verdoem word. Hierdie waarheid is op ons almal van toepassing. Is jy deel van die hemel of van die aarde? Verstaan jy waarom jy geskape is? Is jy besig om jou lewensdoel uit te leef? Hoeveel van jou tyd en energie gaan vir jou eie eer? Selfs in die bediening word mense se werk so dikwels gekenmerk deur n strewe na eer, status en erkenning. Moenie jou ophou met n soort bediening waar jy vir jouself ook n staanplek inruim nie. As jy dit doen het jy vergeet dat jy tot Hom geskape is.

    O Here, gee dat die doel waartoe God my geskape het in my lewe uitgewerk sal word. Laat Christus en die hemel al meer gestalte in my vind.

  8. #23
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:17 - Die samebindende Krag van die skepping

    Garis! Ek groet julle in die genade van Jesus Christus

    Hierdie kort versie is werklik n juweel. Midde in hierdie grootse stelling wat van Jesus Christus gemaak word in Kol. 1:15-20, kom vers 17 as n kort samevatting en n verklaring van die presiese en regte betekenis van dit alles. As jy dalk n Jehova getuie of n liberalis of n koerantaanhanger of boekgeleerde is wat alles om jou op natuurlike wyse wil verklaar en nie plek het vir die ware Bybelse Jesus Christus nie, moet jy weer gaan kyk na hierdie vers. Of as daar in vers 15 en 16 sekere dinge staan wat jy dalk moedswillig so wil verklaar dat Jesus ook net n gebore en geskape wese is en maar net n afbeelding van God is, dan moet jy ook maar weer na vers 17 gaan kyk.

    Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle dinge stand..

    Christus is voor alle dinge. Die teenwoordige tyd word hier gebruik: is. Tog word die woord is verklaar deur voor. Hier kon net sowel gestaan het Hy was voor alle dinge. Dit gaan nie veel verskil maak aan die betekenis nie. Voor kan net een ding beteken: Hy het reeds bestaan voor alle dinge wat geskape is. As mense nie wil glo wat in die Bybel staan nie, dan glo hulle eenvoudig nie. Ons kan nie veel daaraan doen nie. Maar om die Bybel self te gebruik om aan te toon dat Jesus net n geskape wese is, is net nie moontlik nie. Ook Ps. 2:7 wat s U is My seun, vandag het Ek self U gegenereer. Kan op geen manier beteken dat God in tyd een of ander tyd vir Jesus geskape het nie. God se vandag is die ewigheid. Dit staan in elk geval reeds in Ps. 2:7 en daarom wys dit ook beslis nie op Jesus se geboorte in Bethlehem nie. Nee, Hy bestaan voor alle dinge.

    Tog het Adam en Abraham en andere in die Ou Testament nie oor die openbaring beskik om Christus te verstaan soos ons Hom verstaan nie. Die Bybelse openbaring ontvou progressief. Kol. 1:15-20 kon nie al in Genesis gestaan het nie. Ons sou dus ook kon praat van Jesus se geboorte of sy generering in ons hart en in ons verstand. Op die regte tyd is die volle waarheid van Jesus Christus aan die lig gebring. Juis daarom is dit tog so ironies en tragies dat juis nou dat ons oor die volle kennis van Jesus Christus beskik, is daar die grootste mate van teenkanting, apatie en ontkenning oor die ware feite in verband met Hom.

    Ja, Jesus bestaan voor alle tye, maar dit is nou, in die bedeling van genade wat ons Hom ten volle ken. Dit kan ook nie anders nie, want ons is deel van Hom en van sy liggaam. Diegene wat Kol. 1:15-20 se waarheid oor Jesus Christus verlon, kan nie deel van Hom wees nie. Jesus het God sigbaar kom maak vir ons. As lede van sy liggaam bring Hy ook wonderlike dinge in ons tot stand (20-23). Maar hoe kan Hy hierdie dinge in ons doen as Hy nie is wie Hy hier s Hy is nie?

    In Hom hou alle dinge stand

    Met hierdie tweede uitspraak in vers 17 sien ek ook n verdere verband met ons geestelike status. Ja, Hy hou alle dinge in die heelal stand deur sy krag, maar Hy hou ook die liggaam van Christus in stand, die nuwe skepping van God vir die bedeling van genade. Die woord vir hou stand is in Grieks in die perfectum tyd van die werkwoord. Dit wys dus op n werk wat aanvanklik lank gelede gedoen is, met n voortduurende effek vir elke dag. Hy het nie net aan die begin geskep en toe alles net so gelos om self aan te gaan soos in die desme geglo word nie. Wetenskaplikes het nou al met groot moeite sekere natuurwette ontrafel , maar hulle het nog nie kwartpad gekom om die orde in die natuur en die heelal ten volle te verklaar nie. Plaas dat hulle maar liewer erken: Die wonderbare groot krag en wysheid van die skepping word nou nog steeds dag vir dag ten toon gestel in die onbegryplike samehang, orde en samebindinde krag in die natuur.

    Maar as hierdie feit in die natuur vir ons wonderlik is, dan is dieselfde ook waar in die onsienlike wreld. Onthou, Hy het nie net die aarde geskape nie, maar ook die hemel; nie net die sienlike nie, maar ook die onsienlike. Hy het die liggaam van Christus geskep en vir jou en my binne in die liggaam hergebore laat word. Watter wonder is nou die grootste? Die een wat jou aanvanklik n Christen laat word het, of die een wat jou elke dag as kind van God in stand hou? Goed, daar is ook die teologie wat glo dat Christene hulleself as verlostes in stand hou. Maar dit is nou nie wat ek glo nie en dit is ook nie wat hierdie vers s nie. Presies soos wat Hy die sigbare skepping in stand hou, hou Hy ook die onsigbare een in stand. Ja, waarlik, ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my.

    Wederom tot volgende keer
    David

  9. #24
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:18 - Die Liggaam van Christus

    Baie welkom by ons bespreking van Kol. 1:18

    "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees".

    Mense wat die Bybel na willekeur lees (die meeste Christene) besluit sommer self wat hulle waar ook al uit die Bybel vir hulleself wil vat. Hulle ontken dus die orde wat in die Bybel self vir ons aangegee word en waarvolgens ons die Bybel moet verstaan, interpreteer en geniet. Kol. 1:18 is een van baie verse in die Bybel waar hierdie orde baie duidelik vir ons aangegee word. Ons is nie deel van Israel of deel van die verbond of deel van die uitverkore volk nie; ons is deel van die liggaam van Christus. En waar begin die liggaam van Christus? Jesus het as Eersgeborene uit die dode Hoof van die liggaam van Christus geword. Die liggaam van Christus begin dus eers na die opstanding en die hemelvaart. Die verhale in die vier Evangelies is wel vir ons lering, maar ons kan nie alles wat daar staan direk op onsself toepas nie. Jesus was toe nog net bestem om die Eersgeborene uit die dode te word en die Hoof van die liggaam van Christus te word. Hy was dit nog nie. Gelowiges in daardie tyd was toe nog nie lede van die liggaam van Christus nie. Hulle was eenvoudig Israeliete en verbondskinders. God het deur middel van n verbond met een volk met hulle gewerk en het ook baie tekens en seremonies aangewend wat vandag nie meer geldig is nie.

    Die feit dat Jesus die Eersgeborene uit die dode is, bring die groot waarheid tuis dat die lewe wat ons nou binne die liggaam van Christus leef, n nuwe geestelike bestaan is. Ons fisiese, liggaamlike bestaan erf ons van Adam af, maar ons geestelike bestaan kom van Christus af. Deur Jesus Christus kom n nuwe geslag geestelike wesens tot stand. Onthou: agt is die getal vir opstanding en nuwe lewe. Dit is daarom ook nie snaaks dat dit die agtste waarheid is wat in hierdie verse van Jesus vir ons geleer word nie: 1. Die beeld van die onsienlike God. 2. Hy bestaan van altyd af en was daar voor enige iets anders. 3. Alles in die heelal is deur Hom geskape. 4. Christus is die einddoel van die hele skepping. 5. Hy hou alles wat Hy geskape het, voortdurend in stand. 6. Hy is die Hoof van die liggaam, die gemeente. 7. Hy word die Eersgeborene of die Begin genoem. 8. Hy is die Skepper van n nuwe geslag geestelike wesens.

    Nou kom ons by n baie belangrike woord in hierdie vers: sodat. Hierdie is n woord wat ons eintlik self by baie verse moet byskryf. Waar die evangelie vir vandag ook al in die Bybel uitgel en geleer word, moet ons self die sodat byskryf en vir onsself s wat die doel en die betekenis vir myself is dat ek nou hierdie dinge geleer het. Maar gelukkig word die sodat somtyds wel vir ons gegee, soos in hierdie geval. Hier is nou vir julle die kans om sommer n groot preek oor een woord in n vers te maak. Sodat Hy in alles die eerste kan wees. Eers moet jy uit vers 15 tot 18 vasstel wie Jesus werklik is, tesame met die geweldige belangrike waarheid dat Jesus nou, in ons bedeling, nog meer geword het as wat Hy voorheen was. As Eersteling uit die dode het Hy nog meer geword en nog meer gedoen. Hierdie dinge moet ons alles eers onder die knie kry om by die groot sodat uit te kom. Sodat Hy in alles vir ons die eerste kan wees.

    Die Christendom van vandag gaan ontsettend mank aan diepte en kennis. Mense jaag na emosionaliteit, rels, wette en aangeplakte vroomheid. Mense hou baie van stories oor liewe Jesus, veral die wonderwerke wat Hy gedoen het tydens sy aardse bediening. Maar nou lees ons van Christus as eersteling uit die dode en Hoof van die Liggaam. n Standhoudende en grondige toewyding en verbintenis met Jesus Christus moet gebaseer wees op n grondige kennis van wie Hy is, wat die gesag is wat aan Hom toegeken is, wat Hy by die opstanding bewerkstellig het en wat Sy hemelse status en bediening aan die liggaam van Christus vandag behels. Paulus verkondig nie n soort verbintenis en toewyding met Jesus wat in onkunde gehul is nie. Hoeveel keer s Paulus nie: Broeders, ek wil nie h dat julle nie moet weet nie.

    Hierdie in-diepte-kennis van Jesus Christus is die noodsaaklike onderbou sodat mense waarlik Jesus eerste in hulle lewens sal maak. As jy Jesus werklik ken soos wat Hy nou, op die kruin van die openbaring hier in die briewe aan die gemeente Homself kenbaar gemaak het, sal jy nie anders kan as om Hom waarlik die eerste plek in jou lewe te gee nie! Jesus was die eerste in die ganse skepping, die eerste en enigste sigbaarmaking van God, die eerste om die dood te oorwin, die eerste en die Hoof van die Liggaam van Christus en nou vra Hy om ook die eerste in jou lewe te wees. Gaan jy die plek aan Hom toeken? Maar ek is bevrees dit gaan meer as net n besluit van jou vra. As Jesus werklik eerste in jou lewe is, dan gaan jy vir die wreld hierdie agt dinge moet wys wat jy van Jesus geleer het. Julle ken die storie van die drie vols op die draad. Twee besluit om weg te vlieg. Hoeveel bly daar oor? Het jy ges een? Nee, jy is verkeerd. Besluite beteken niks. Hulle het net besluit om te vlieg, maar dit toe nie gedoen nie. Al drie sit nog daar. Gaan jy net besluit of instem dat Jesus eerste is, of gaan jy prakties die eerste plek aan Hom gee?

    Ek gaan nou nie eers probeer om n lysie te maak van al die goed wat in die lewe Jesus se plek in ons lewens inneem nie. Vergeet nou maar van die eie-ek, die wreld, die ambisie, die inkomste, ens. Dink maar net binne-in die kerk en in die geloofsgemeenskappe. Selfs op hierdie terrein word dikwels vanuit geloofsoogpunt dinge aan mense voorgehou wat effektief Jesus van sy eerste plek beroof. Kerkisme en lojaliteit teenoor n denominasie, mensgemaakte vroomheid, veinsing, skynheiligheid, nakoming van tradisies, emosionaliteit, ens.

    As Johannes die Doper wat in die tyd geleef het toe Jesus nog nie die dinge deur die opstanding bereik het wat ons nou hier leer nie, tog ook al so n geweldige respek en erkenning vir Hom gehad het, hoeveel te meer moet ons dit dan nie h nie. Hy het van Jesus ges:

    Hy wat na my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as Ek.
    Dit is Hy wat na my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie
    Joh. 1:15,27.

    Hartlike groete tot die volgende aflewering.
    David

  10. #25
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:19 - Al die volheid van God

    Genade vir elkeen wat bly is in die volheid van Jesus Christus!

    Kol. 1:19
    Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon

    Die 83 vertaling s:
    God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon

    Die agt uitsprake in verband met Jesus Christus word kragtig en ondubbelsinnig in hierdie kort vers saamgevat. Die ou vettaling is n direkte weergawe van wat in die oorspronklike Grieks staan. Die 83 vertaling gee n duidelikke interpretasie van wat dit beteken. Alles wat God is, was en is teenwoordig in Jesus Christus. Ons praat altyd van God die Vader as die eerste persoon in die Goddelike drie-eenheid. Maar volgens vers 18 en 19 lyk dit tog of Jesus Christus in n sekere sin die eerste moet wees. Vers 19 s vir ons dat God die Vader nie afgunstig was dat Jesus nou die eerste sal wees nie. In teendeel, dit het Hom behaag. Dit was die vervulling van sy werklike wens dat Jesus die volle en totale wese van God-drieenig in Hom sou h en dat Hy in alles die eerste sou wees. Jesus Christus is waardig (Op. 5:9) om ten volle as God en Here aanbid en erken te word. Maar let op: Laat ons nie net korrek wees in ons denke oor Jesus en in ons belydenis nie, laat ons ook korrek wees in ons praktiese uitlewing van hierdie geweldige groot waarheid.

    Kol. 1:19 is n belangrike vers wat die onderbou verskaf om die verlossingsdaad van Jesus nog beter te verstaan (soos dit van vers 20 af verduidelik word), maar ook om die die groot waarhede van hoofstuk 2 te kan glo en verstaan, veral vers 9 en 10. Hier dink ons aan die volheid van God. Die Griekse woord is plerooma. Hierdie woord kom ook in Markus 6: 43 voor. Nadat die skare geet het, het hulle van die brostukke twaalf mandjies vol opgetel. Dit staan ook in 1 Kor. 10:26: Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, verwysende na die totale rykdom van minerale, edeldstowwe, natuurlike wondere, sy vermo om lewe van biljoene mense te onderhou, ens. En onthou, die aarde is deur Jesus Christus geskape. Dit is ook n toonbeeld van Jesus se plerooma. Gaan dink na oor wat dit beteken dat al die volheid van God in Jesus woon.

    Maar meer belangrik is die feit dat plerooma in eerste instansie as n geestelike begrip beskou moet word. Paulus kom s nou vir ons dat God die liggaam van Christus tot stand gebring het (die geestelike eenheid wat almal saambind wat versoen is met Jesus Christus) om deur hierdie liggaam al die volheid van God aan ons mee te deel (Ef. 1:23). Sy direkte gebed is ook dat ons nou vervul sal word met al die volheid van God (Ef. 3:19). Deur kennis en toewyding moet ons opgroei tot die mate van die volle grootte van Christus (Ef. 4:13). Ons ideaal en doelwit in die lewe is die volheid van Jesus Christus sy liefde, sy opsoekennde genade, sy lankmoedigheid en geduld met mense wat wederstrewig en onvolmaak is, sy onbeperkte vermo om te red en te herstel.

    Hoe het Jesus hierdie grootse volheid van God bereik? Hy het eers neergedaal in vernedering tot aan die dood van die kruis en is daarna uitermate verhoog (Fil. 2:5-9). Hy het Homself verneder en God het Hom verhoog.

    Dit is treffend dat die woord plerooma n baie prominente funksie het om die eenheid tussen God die Vader, Jesus Christus, die Heilige Gees, die liggaam van Christus en elke gelowige uit te beeld. Vergeet nou maar van die goud en die diamante, die olie en al die voedselbronne van die aarde. Die Bybel wat ek lees praat primr van die liggaam van Christus en van my en jou as lede van daardie liggaam as die uitdrukking van al die volheid van God. Wel, ek weet verseker dat ek nie met hierdie volheid gebore is nie. Daar het rens iets langs die pad gebeur wat God se volheid aan my meegedeel het. Mense, hierdie verhouding wat ons met Jesus Christus het, kan nie in woorde omgesit word nie. Dit is ver verhewe bo ons wildste verbeeldingsvlugte.

    Mag God gee, deur die werking van sy Heilige Gees, dat jy in hierdie week n nuwe begrip, aanvaarding en geloof sal aankweek vir die die volheid van Jesus Christus en dat jou gees met hierdie wonderbare geestelike waarheid versadig sal wees.

    Gegroet in die genade van Jesus Christus

  11. #26
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:20 - Versoen met God

    Hartlike goeie dag aan almal - want by God is daar ook vir jou en vir my plek ingeruim.

    n Sondaar wat Jesus aangeneem het, kan s: Dankie, my sonde is vergewe. Maar om te s: Ek is versoen met God is darem n geweldige uitspraak en n baie groot wonder van Jesus Christus. Die woord versoening dui op n verandering in staat of status. n Mens is in sonde en in vyandskap teen God gebore alhoewel jy as baie jong kind nog nie toerekeningsvatbaar daarvoor is nie. En dan, op een of ander stadium as jy tot die geloof kom en jou Christus as Verlosser aanneem, verander jy uit n staat van verlorenheid en vyandskap tot n staat van verloste en versoende kind van God. Hoe is so iets moontlik? Ons vers s dit kom deur die plaasbekledende offer van Jesus aan die kruis. Net dit. Nie deur beloftes, goeie werke, kerklidmaatskap, doop, tiendes of enige derglike nie. As die Bybel in hierdie vers en en talle ander plekke vir ons s dit is deur Hom en deur die bloed van sy kruis, dan moet ons dit so aanvaar en nie ander dinge in Jesus se plek gaan plaas nie.

    Let ook op dat by die woord vir versoening in hierdie geval ook die voorsetsel apo daaraan toegevoeg is. Die basiese betekenis van die woordjie is weg van. Die idee is duidelik. Toe Jesus jou met Homself versoen het, het Hy jou totaal uit die ou status weggeneem. Let op dat hierdie n nuwe waarheid van die huidige bedeling is. In die ou bedeling was daar ook die versoendeksel in die allerheiligste van die tabernakel. Maar die bloed van stiere en bokke moes voortdurend op daardie ark van die verbond gesprenkel word om die versoening in stand te hou en die mense se sonde te bedek. Maar in ons tyd word ons versoen totaal weg van die ou situasie waarin ons was. Die daad wat versoening bewerkstellig het, het ook net een keer plaasgevind, in teenstelling met die ou bedeling waar dit voortdurend herhaal moes word. Ons is dus inderdaad in n nuwe bedeling. Ons leef nou in die bedeling van volkome versoening. Ja, dit is ook n ander naam wat ons vir die bedeling van genade kan gee. Genade beteken volkome versoening en nie net bedekking van sondes nie.

    Daar is n hele paar redes waarom ons s dat hierdie versoening volkome is:

    1. Ons is nou versoen weg van die ou status af. Die bewyse van sonde word nie meer in die ark bewaar om later moontlik teen ons te gebruik nie. Daar word totaal daarmee weggedoen.

    2. In hierdie bedeling is ons versoen deur Jesus se bloed en sy bloed IS volkome. Ons kan nie twee of drie keer versoen word nie - net een keer en dit is totaal volkome en volmaak afgehandel (Hebr. 9:11,12).

    3. Hy het volgens die vers alles met Homself versoen. II Kor. 5:19 s God het in Christus die wreld met Homself versoen. As dit die rykwydte van hierdie versoening is, hoe kan daar dan nog iets ontglip? Hoe kan iemand wat versoen is, weer hierdie status van versoening verloor?

    4. Versoening beteken vrede, s ons vers en die vrede wat God tot stand bring, is n krag wat kan heers, n nuwe skepping en iets wat ons harte en ons sinne sal bewaar in Christus (Fil. 4:7). Mense, nee, vrede met God is nie sommer net n outjie wat besluit het nou gaan hy in vrede met God leef en dan weer mre daarvan vergeet nie. Nee, vrede met God is n bietjie baie meer as dit. Mense wat dink dat n Christen weer enige dag sy geloof en sy verlossing kan verloor, het nog nie kennis geneem van wat God se versoening en vrede in die Bybel beteken nie.

    5. Miskien is hierdie rede die heel grootste en belangrikste. Dit kom uit Kol. 1:17,19 wat ons net hierbo behandel het. Ek gaan dit nie weer herhaal nie. Kom ons lees net weer die verse en laat die verse dan toe om jou iets te leer van hoe volkome die versoening van vers 20 is: Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle ding stand. Dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dan volg vers 20 se versoening direk hierna. Miskien sal dit jou oortuig dat vers 19 dalk n hele mond vol oor vers 20 se versoening te s het.

    Miskien kan julle aan nog n paar redes dink waarom die versoening met God volkome is. Moenie huiwer nie. Kliek hieronder op post reply en laat ons daarvan hoor.

    Dit is my gebed dat Christene sal groei, juig en feesvier in die ware, egte, waarheid en kennis van Jesus Christus se versoening en vrede.

  12. #27
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:21 - Versoening: Die enigste hoop

    Ook julle wat vroer verreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen.

    Hier word die leser daaraan herinner dat hy, natuurlik, soos hy gebore is, in n staat van vreemdelingskap en vyandigheid tot God verkeer het. As jy een van die natuurlike mense op straat ontmoet, sal hy nie veel anders lyk as n Christen nie. Hy sal jou waarskynlik vriendelik groet en baie van jou belangstellings met jou deel. Jy sal heel gemaklik met so iemand vriende kan wees. Maar mag jy dit doen? Om vriendelik met iemand te wees is een ding. Dit moet ons almal teenoor vreemdelinge doen. Maar om n vriend van hom te word is n ander storie. Begin n bietjie met hom praat oor geloofsake en oor Jesus Christus. Gou sal jy uitvind dat daar in sy gemoed n keerwal teen die Naam van Jesus Christus opgebou is. Van buite kan hy heel aanvaarbaar en beskaafd voorkom, maar in sy verstand, sy gemoed, die beheersentrum van sy lewe, is daar iets waarmee jy as Christen nooit vriende kan maak nie.

    n Engelse vertaling stel dit baie duideliker: Enemies in mindset. In Afrikaans staan daar net vyandig gesind Die plek waar hierdie vervreemding en vyandigheid in die mens bestaan word duidelik in die vers beklemtoon. In die Grieks staan hier t dianoia , in die verstand. Dit is veral waar van die soort mense van wie ons dikwels so maklik s dat hulle onredbaar is. Hulle luister na geen rede nie en het vir alles n beter verklaring wat met Christus en die geloof niks te make het nie. Sulke mense sou nie gered kon word as dit nie vir die vrede en die versoening van Christus was nie. Dit is tog so belangrik dat ons sal weet wat die setel van die probleem van n ongeredde mens is sy verstand (Rom. 12:2, 2 Kor. 11:3; Ef. 4:23; 2 Tim. 3:8; Titus 3:3). Dit is ook waarom die Griekse woord vir bekering metanoia is, dit is n verandering in jou verstand. Ek en jy kan nie iemand se verstand en sy denksisteem verander nie. Slegs die krag van die evangelie van Christus, gedra deur die Heilige Gees, kan so n mens aanraak en verander. Bid vir hom en vertel hom dan van die vrede en versoening in Christus wat deur sy liggaam aan die kruis bewerkstellig is.

    Daar is n groot oorlog besig om daarbuite te woed. Dit is n oorlog om beheer oor die verstand van mense. En ongelukkig moet ons s die speelveld in hierdie oorlog is nie gelyk nie. Satan het massiewe kragte en middele tot sy beskikking om die denke van mense te beheer. Sekulre humanisme is die heel grootste godsdiens vandag. Die mens en sy vermons word aanbid selfs tot ook binne in die kerke. Sekulre humanisme is n godsdiens wat nie eintlik n naam of n kerk of n tempel het nie. Jy weet nie waar hy is nie en tog is hy orals en word deur n massiewe hoeveelheid kragtige en invloedryke instansies verkondig. Nie een van hierdie leerskole leer die mens om Jesus Christus die eerste plek in jou lewe te gee nie. Ef. 6 roep ons op om die helm van geloof op ons kop te sit. Hierdie beeld is baie betekenisvol. Ons het hierdie helm nodig om ons verstand teen vandag se godsdiens van sekurre humanisme te beskerm. Ja, selfs ons wat reeds gered en versoen is, moet onsself beskerm teen hierdie bose aanvegting van die duiwel.

    Die ongeredde mens se vyandskap kom navore in sy bose werke. Ons dink dikwels aan bose werke as moord, diefstal, roof, bedrog, verkragting ens. Let egter op dat die werke van die mens wat n vyand van Christus is, in elk geval boos is. Al sou hy dalk vroom en regverdig voorkom, lewe Hy n lewe wat die belangrikste persoon in die ganse skepping misken. Hy lewe dus n leuen, kan God nooit behaag nie en sy werke is boos. Goeie werke is buite bereik van n ongeredde mens. Dit is dan ook waarom ons in die fundamentele Christendom nog altyd daarop staan dat geen mens deur goeie werke gered kan word nie. Waarom nie? Want die sondaarmens kan met die beste bedoeling in die wreld nie goeie werke doen nie. Hy kom net een ding kort, die versoening en vrede van Jesus Christus. Mag die Here jou en my aanspoor om in hierdie oorlog met nuwe ywer n draer van die boodskap van versoening te wees.

    Identifiseer en bestraf die werke van die bose en verkondig versoening deur Jesus Christus as enigste reddingsboei.

    Verbly jou in God se versoening tot volgende keer
    David

  13. #28
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:22 - Versoening: Die daad en die gevolg

    Gegroet in die wonderbare Genade van God!

    Hoe is ons versoen? In die liggaam van sy vlees deur die dood
    Ons het tot dusver in Kolossense gesien dat die geestelike bestaansruimte van Christene baie sterk beklemtoon word. Christus het die hemel en die aarde gemaak en Hy onderhou dit dag vir dag. Hy het ook die liggaam van Christus in hierdie bedeling tot stand gebring as die nuwe geestelike bestaansruimte van Christene. Is ons dus deel van die hemel of van die aarde? Ek dink dit is duidelik. Ons is deel van die hemel (Ef. 2:6; Fil. 3:20). Tog vind ons hier in Kol. 1: 22 dat Jesus se fisiese, aardse liggaam beklemtoon word. Waarom sou dit wees? Ons moet net onthou dat op daardie stadium toe Jesus aan die kruis in Sy liggaam die versoening bewerkstellig het, het die nuwe geestelike organisme van vandag, die liggaam van Christus, nog nie bestaan nie. Die versoening was toe nog nie afgehandel nie. Ons was nog dood in ons sondes en midsade. Waar het die daad van versoening plaasgevind? In die hemel of op die aarde? Natuurlik op die aarde. Jesus het waarlik n mens geword om ons hier te kom ontmoet waar ons was. (Nie waar ons nou is nie, waar ons toe was.)

    Jesus het nie die versoening op geestelike wyse in die hemel bewerkstellig en ons toe opgeroep om onsself uit ons sonde los te wikkel en dan by sy liggaam in die hemel te gaan aansluit nie. Dit kon nie so werk nie. Geen sondaar sou dan ooit deel van die liggaam kon word nie. Nee, Hy oorbrug self die kloof tussen hemel en aarde. Hy word n mens en ontmoet ons hier in ons sondeverlore toestand. Hier op aarde bewerk Hy die versoening tussen ons in Sy liggaam aan die kruis. Hierdie feit sou ons nou as punt nr 6 by vers 20 kon byskryf. Dit is dan nog n bewys van hoe volkome en volmaak die versoening is wat Hy bewerk het. Hy het die hele pad geloop tot hier waar ons is en n volkome versoening bewerkstellig. Let op dat die woordjie apo weer hier voor aan die woord vir versoening bygevoeg is. Dit was n volkome versoening. Om ons los te ruk, weg van (apo) ons aardse bestaansruimte en van ons lede van sy geestelike liggaam te maak, vind die versoening hier op aarde in Sy vlees plaas.

    Dink weer aan die feit dat Kolossense n boek van teregwysing teen verkeerde lering is om seker te maak dat Christene die nuwe geestelike lering van die liggaam van Christus wat in Efesirs gegee is, te verstaan en uit te leef. Die Gnostiek was n dwaling wat in daadie tyd sterk aan die opkom was. Hulle het dit ontken dat Jesus waarlik n mens geword het en het ook Sy ware Godheid ontken. Ons kan dus duidelik sien hoe Kolossense hierdie valse lering weerl. I Joh. 4:2 leer ons ook dat dit gebiedend noodsaaklik is om te bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het. n Gees kan nie sterf nie en sonder dat bloed vergiet word, is daar geen vergifnis nie (Hebr. 9:22). Om mense te kon verlos, moes Jesus volkome mens wees (I Tim. 2:5; Hebr. 2:17). Jesus se werklike fisiese liggaam was die enigste middel tot ons verlossing (Rom. 7:4; Hebr. 10:10).

    Nou kom ons by punt 7 wat by vers 20 bygeskryf moet word. Hier is die sewende rede waarom Christus se daad van versoening volkome is. Kyk na die gevolge van die versoening wat in hierdie vers duidelik uitgespel word. Kan daar nog iets aan toegevoeg word? Is daar nog iets wat nie gedoen is nie en wat die mens moet help doen? ... om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel. Die woord en kom twee keer voor, maar eintlik was dit nie nodig nie. Heilig beteken alreeds sonder gebrek en onberispelik, maar vir ingeval daar dalk iemand mag wees wat sal s nee, maar die heiligheid wat ons van die versoening van Jesus af kry, is nie afgehandel nie. Dit is maar net n beginsel-verklaring van ons heiligheid. Om waarlik heilig voor die Here te kan wees, moet ons self nog n hele klomp goed daarby doen. Laat ons vers vir so n siening ruimte? Nee, hy doen nie. Hy stel dit baie, baie duidelik dat die heiligheid wat ons uit die versoening van Jesus kry, sonder gebrek, onberispelik en onaantasbaar is.

    Mense, ek hoop julle is met my. Ek is nie nou besig om my eie interpretasie aan hierdie vers te gee nie. Ek lees net verantwoordelik en gelowig wat presies hier staan. Ons is hier midde-in n geweldige groot Evangeliese waarheid wat deur bitter min Christene reg verstaan, bely, geniet en uitgeleef word. Toe die groot Amerikaanse dispensasionele prediker, MR de Haan vir die eerste keer besef het (hy was toe alreeds n hele paar jaar n predikant) dat hy nie een enkele duit, niks -maar niks - tot sy eie verlossing en heiligmaking kan bydra nie, was hy eintlik geskok. Hy s hy het hierdie groot waarheid van die suiwere genade van God vroeg in sy bediening ontdek onder die prediking van dr. WL Pettingill: First he alarmed me, then he surprised me, then he shocked me and finally he convinced me. Vandag het ek baie respek en waardering vir MR de Haan se skokervaring wat hy deurgegaan het. Ek het self ook eers heelwat later in my bediening die volle implikasies van die genadeboodskap besef en verstaan. Vandag is dit deel van my bediening om hierdie skokervaring wat MR de Haan deurgegaan het, te preek en te verkondig en te bid dat daar baie meer Christene sal wees wat met n skok sal besef dat hulle niks tot hulle saligheid en heiligmaking kan bydra nie.

    Daardeur s ek natuurlik nie dat hierdie skokervaring n soort geestelike ervaring is wat elke Christen deelagtig moet word nie. Nooit nie. Ons het net een geestelike ervaring en dit is die dag toe ons die versoening (volkome versoening wat ook heiligmaking insluit) van die Here Jesus Christus in ons lewe aanvaar het. Dit mag wees dat jy op daardie dag toe jy jou lewe aan Jesus oorgegee het, ook reeds die volle implikasies van die boodskap van God se genade verstaan het. Maar die meeste van ons het soos MR de Haan eers heelwat later met n skok besef wat die eintlike fundamentele Bybelse waarheid van die evangelie is. En dit is tog ook maar n soort geestelike ervaring, is dit nie? Ek bedoel, wat beteken die term algehele oorgawe wat dikwels deur Andrew Murray gebruik is, nou eintlik?. Wat beteken dit om alles aan die Here oor te gee? Was daardie skokervaring van MR de Haan nie dalk sy algehele oorgawe nie? Die oorgrote meerderheid Christene werk daarvoor om hulleself voor God meer aanvaarbaar te maak. Maar ons vers s dat ons heiligheid, gebrekloosheid en onberispelikheid nie dinge is waarvoor gewerk kan word nie. Dit is die vrye gawe van God se guns wat op grond van die versoening in Christus Jesus alleen kom.

    Wat nou gemaak? Christene strewe om meer aanvaarbaar voor God te wees, maar ons vers s dat ons in die versoening reeds volkome aanvaarbaar is. Dit is duidelik. Hierdie Christene moet n algehele oorgawe aan die Here doen. Gaan gee oor. Die stryd wat jy nog in jou lewe gestry het, was totaal oorbodig. Christus het die stryd aan die kruis volstry. Hou op om te stry. Gee oor. Hou op om jou Christelike lewe self te probeer leef. Sterf saam met Christus aan die kruis. Laat Christus toe om sy lewe in jou te leef. Onthou: vers 17 het reeds ges: in Hom hou alle dinge stand.

    Beteken dit nou ek kan maar sonde doen soos ek wil? Volle heiligmaking is by die versoening aan my geskenk en ek dra niks daartoe by nie. Ek kan dus maar doen wat ek wil en ek sal heilig bly. Mense, asseblief, dit is net diegene wat die genadeboodskap teenstaan wat so praat. Ek is 110% seker dat MR de Haan daardie dag toe hy al sy pogings tot heiligheid aan die Here oorgegee het, baie, baie beslis en seker dit nie verstaan het as n lisensie om sonde te doen nie. Maar goed, kom ons los dit nou eers daar. Ek dink die vers wat ons volgende keer sal behandel, gaan baie meer lig op hierdie saak laat val.

    Wederom in die ware volheid van Jesus Christus
    David

  14. #29
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:23 - Bome en vrugte

    Dra ‘n boom vrugte sodat hy ‘n vruteboom kan bly of dra hy vrugte as bewys dat hy ‘n vruteboom is? Daar is nie baie twyfel oor hierdie vraag nie, is daar? Die vrugte maak tog nie die boom nie, dit is die boom wat die vrugte maak. In die lig hiervan is dit tog so onverstaanbaar dat so baie Christene verse soos hierdie verkeerd lees en verstaan. Net so min as wat ‘n boom se vrugte die boom in stand hou, net so min kan ‘n Christen se werke sy Christenskap in stand hou.

    “As julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie ...”

    Of miskien eerder: “Soos julle ook gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie ...”

    Die vorige vers (:22) is ‘n baie sterk verklaring wat staan in eie reg. Die versoening in Jesus Christus se liggaam aan die kruis stel Christene onberispelik en heilig voor God. Niks kan hierdie stelling verder kwalifiseer of inperk of ongedaan maak nie. Baie beslis ook nie vers 23 nie. Duisende Christene lees vers 23 soos volg: “Ja maar julle moet julle gedra anders gaan julle die versoening verloor”. As so ‘n lesing van vers 23 reg en aanvaarbaar was, dan was al die sewe punte wat ons aangehaal het om aan te toon dat Jesus Christus se versoening volmaak is, nie waar nie. En dit is tog nie moontlik nie. Dit was nie ons eie sewe redes waarom ons glo dat Chrustus se versoening volmaak is nie. Al sewe redes kom almal direk en fundamenteel uit die Bybel.

    Dus: Vers 23 kan nie as ‘n inperking of ‘n voorwaarde vir vers 22 gelees word nie. Die vrugte maak nie die boom nie. Die boom maak die vrugte. So, moet dit asseblief nie verkeerd om verstaan nie. Wat die vrugte wel kan doen is om die boom te identifiseer. Dit kan wys watse boom dit is. Maar niks meer as dit nie. En dit is presies wat vers 23 wil s. Die versoening kom van Jesus af alleen, volkome afgehandel (dit is die boom). En omdat hierdie boom nou so volkome heilig en volmaak deur Christus herskep is, daarom sal hy noodwendig vrugte dra. As hy nie vrugte dra nie, dan is hy nie een van die bome waarvan daar in vers 22 gepraat is nie.

    As jy dus ook ‘n Christen wil wees, gaan dit op aarde niks help om die goed te doen wat in vers 23 staan nie. In teendeel, as jy nie ‘n Christen is nie, sal jy dit in elk geval nie kn doen nie. Wat gedoen moet word om ‘n Christen te word, kan jy nie doen nie. Dit is gedoen in Jesus se liggaam aan die kruis. Jy kan die dinge van v. 23 ook nie doen om ‘n Christen te bly nie (Vgl. v. 17). Jy kan dit alleen doen om God te verheerlik, om dankie te s en om te wys wat jy is.

    Die wat oplettend en noukeurig wil gaan lees in die oorspronklike vers 23 sal daar ook die onbetwisbare waarheid raakloop wat ons nou alreeds van hierdie vers ges het. Die woord “as” in Grieks waarmee hierdie vers begin, is nie ‘n voorwaarde nie. In Grieks is daar twee woorde vir “as”, ei en ean. Die een wat ‘n voorwaarde stel is ean. ‘n Voorbeeld hiervan is: “As jy wil deurkom sal jy nou hard moet leer. Ean gaan dus oor ‘n mootlikheid in die toekoms wat sal realiseer as ‘n voorwaarde eers nagekom word. Vers 23 het niks hiermee te doen nie. Vers 23 se woord vir “as” is “ei”. As voorbeeld hiervan kan jy vir die perskeboom s “As jy perskes dra sal ek weet dat jy ‘n perskeboom is”. Maar die boom kan tog nie dra net wat hy wil nie. Hy kan net dra wat hy gegee is om te dra. Dit is dus in hierdie geval nie werklik ‘n voorwaarde nie.

    So is dit ook by ons. Die goeie werke wat ons voortbring is nie daar om iets tot stand te bring of van ons iets te maak nie. Dit is reeds die eindproduk van iets anders wat reeds deur God in ons tot stand gebring is. Lees Ef. 2:9,10 aandagtig.

    Nie ‘n verskraling nie, maar ‘n uitbreiding.

    Moet dus asseblief nie Kol. 1:23 lees asof daar ean staan in Grieks nie. Daar staan ei. Vers 23 is dus nie ‘n inperking op vers 22 nie, maar in werklikheid ‘n uitbreiding daarop. Wat bedoel ek daarmee? Vers 22 het ges waar die versoening vandaan kom en hoe volkome dit is. Vers 23 gaan dan voort om te s: Nie alleen is jy met God versoen nie, maar ook is die vermo, die potensiaal, en die begeerte in jou hart geplaas om “gegrond en vas te bly staan in die geloof en julle nie te laat afbring van die hoop van die evangelie nie”. Soos jy ‘n boom aan sy vrugte ken, ken jy ‘n Christen aan sy geloof en sy hoop (Lees weer oor die geloof en die hoop by ons verklaring van Kol. 1: 4 en 5). ‘n Christen word nie gered deur vas te hou nie, hy word gered deur te glo in Jesus Christus en dan hou hy vas bloot as resultaat van sy ware verloste posisie in Christus. En selfs as jy moeg voel om vas te hou, kan jy maar weet: Jesus sal nie moeg word om jou vas te hou nie (v. 17). Geen ander godsdiens in die wreld het so ‘n geloof nie en dit is juis die groot waarheid wat ons aan moet vashou.

    Die Gereformeerdes glo aan “the perseverence of the saints” of die volharding van die gelowiges. Daardeur s hulle dat as jy waarlik ‘n verloste mens is, jy sal volhard in die geloof. Dit is waar, maar ons kan ook daardie sinnetjie van die Gereformeerdes so ‘n bietjie anders stel. Soos hulle dit stel klink dit amper of dit die gelowiges is wat volhard en so gered word. Nee, dit is ons Here en Verlosser wat volhard (v. 17). Hy het ‘n volmaakte versoening bewerk (v. 22). Dit is Hy wat die volharding en vashouding in ons geplant het. Ons s dus eerder: “ons glo in die volharding van die Verlosser”. Prys sy Naam daarvoor. Die daad van verlossing het nie 2000 jaar gelede by die kruis geeindig nie! Hy is nog steeds besig om te volhard met dit wat Hy in ons begin het.

    Dwarsdeur Kolossense moet ons onsself daaraan herinner dat hierdie ‘n boek van teregwysing is. Hier sien ons dit weer. Satan was deur die agente van ‘n valse godsdiens besig om die mense se geloof te ondergrawe. As teenvoeter daarteen s Paulus hier dat mens jou nie van die geloof en die hoop kan laat afbring as jy Jesus Christsus ken soos Hy in vers 15 tot 19 bekendgestel is nie; en soos wat sy volmaakte daad van versoening in vers 20 tot 22 beskryf word nie. Ek dink die boek Kolossense is nou meer aktueel as ooit. Ons moet hierdie groot waarhede deeglik onder die knie kry en gaan preek teen die bose werke van die liberale teolo, die Jehovas, die Katolieke, die Israelvisie, die voorstaanders van werke-heiligheid ens. ens. Paulus het Kolossense geskryf om die leuen te weerstaan. Ons moet dit ook vir daardie doel gebruik.

    Om saam te vat: Moet nie die dinge wat Jesus aan die kruis klaar vir jou gedoen het probeer oordoen nie. Dit is nie 'n goeie idee nie, is nie in ooreenstemming met die plan van die evangelie nie, en bring nie die lof en erkenning aan die lewende Christus soos wat dit hier in die voorafgaande verse uitgespel is nie. Moet dus nie 'n metodistiese evangelie navolg wat byna die hele "evangelie" in metodes saamvat wat deur die mens gedoen moet word nie. Bepaal jou volle aandag by die plek waar dit hoort: By die heerskappy, lof, prioriteit en werkende krag van Jesus Christus in die hemel. Laat hierdie denke en ingesteldheid dan deurwerk na jou praktiese lewe. As jou denke en lewe waarlik Jesus-gesentreerd is, sal jy ook noodwendig bewys wie jy is volgens die uitspraak van vers 23.

    “Hiervan het ek, Paulus, ‘n dienaar geword” Eintlik is die werkwoord hier in die passief. Ons sou kon s: “Hiervan is ek ‘n dienaar gemaak”. Ons ken die verhaal. Paulus het nie self gekies om ‘n dienaar van hierdie waarheid te word nie. Hy is dit gemaak op die pad na Damaskus. Maar waarom noem Paulus nou eintlik sy eie naam hier? Wel hierdie evangelie wat hy verkondig is anders as die een wat tydens Jesus se aardse bediening verkondig is. Hier is mense tot versoening gelei deur die dood van Christus (v. 22). Daar het hulle ook ‘n evangelie verkondig maar hulle het totaal nie verstaan dat Jesus sou ly en sterwe nie (Luk. 9:45, 18:34), so hoe kon hulle sy dood dan enigsins verkondig? Omdat die vrug van die kruisdood eers hier verkondig is, is die volkome versoening en heiligmaking wat uit die soendood van Christus voortvloei ook eers hier ten volle verstaan. Ja, hierdie evangelie is gans anders as die een wat met die oog op Israel se aardse koninkryk tydens Jesus se aardse bediening verkondig is. En Paulus was aangestel as die eerste verkondiger van hierdie boodskap. Net soos Moses se naam verbind is met die bekendmaking van die wet, word Paulus se naam herhaaldelik verbind met die bekendmaking van die bedeling van die genade van God. Dit is dus die rede waarom Paulus sy naam hier noem. Nie om te spog dat hy ‘n predikant is nie, maar om die evangelie duidelik te identifiseer. Paulus se naam staan vir ‘n nuwe dispensasie en evangelie.

    Groete en senwense tot volgende keer.
    David
    Last edited by David2; May 3rd 2008 at 02:31 AM.

  15. #30
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:24-2:3 - Ken jy al die Bybel se nuwe begin?

    Waarom s ons hierdie is 'n nuwe begin? Nee, ons praat nie van ‘n nuwe begin in die sin dat alles wat voor Romeine geskryf is nou skielik ongeldig geword het en dat ons Bybels nou by Romeine begin nie. Nee, nie dit nie. Daarvoor is daar te veel ewigduurende en onveranderlike waarhede van God en van die geloof in die hele Bybel opgeteken. Dit bly vir ewig van krag. Tog maak die Bybel dit ook baie duidelik dat daar verskillende bedelings is. Ons leer van geloof van Genesis tot Openbaring en daarvoor het ons amper nie bedelings nodig nie. Maar tog het die uitdrukkingswyse van daardie geloof van tyd tot tyd verander. God het van Kain en Abel gevra om op grond van die geloof ‘n offer te bring. Hy vra dit nie van ons nie. God het van Noag gevra om op grond van sy geloof ‘n ark te bou. Hy vra dit nie van ons nie. God het van Moses gevra om op grond van sy geloof ‘n tabernakel te bou en die mense te leer om op sekere tye sekere voorgeskrewe offers te bring en sekere heilige dae as feesstye aan Hom toe te wy. Nog baie ander dinge moes Moses die volk leer om as uitdrukking van die geloof te doen. Hulle moes onder andere ook die Sabbat onderhou. Maar God vra ons nie om hierdie dinge te doen en ons geloof so te demonstreer nie.

    God bly dieselfde. Die geloof bly dieselfde. Gehoorsaamheid bly dieselfde. Liefde en toewyding aan die Here bly dieselfde. Geweldig baie geestelike en praktiese waarhede bly dieselfde. Maar die wyse waarop ons bewys dat ons mense van die geloof is, bly nie dieselfde nie. Goed, sekere aspekte daarvan kan ook dieselfde bly. Ek moet nog steeds my naaste liefh soos myself. Maar die voorskrifte op grond waarvan ek in ‘n versoende verhouding met God kan bly voortleef, het drasties verander. En is hierdie laaste sin nie ‘n geweldig belangrike aspek van ons geloof nie? Is dit nie ‘n belangrike deel van ons geloofslewe om die verlossing en die versoening grondig te ken en te verstaan nie? Die sleutelwoorde is ken en verstaan. In ou Israel kon mense ook in ‘n versoende vehouding met God leef op grond van die soenverdienste van Christus, maar hulle het dit nie geweet nie. Hulle het nog nie die ware grond van ons verlossing geken en verstaan soos ons dit vandag ken en verstaan nie.

    Juis omdat hulle nog nie die versoening in Christus geken het nie, moes hulle in daardie tyd van onkunde oor hierdie aspek, hulle versoende verhouding in stand hou deur hulle geloof te bewys deur rituele in die tempel na te kom. Ons het nou net weer Kol. 1:15-23 se studie afgehandel. In hierdie paar verse word Jesus Christus aan die orde gestel en in wonderbare glorie geleer soos nooit in die tyd van Israel en die wet nie en ook nie in die tyd van die vier Evangelies nie. Hoe kan ons nou nog voortgaan om onsself te probeer reinig in ritulete wassingseremonies as die volkomenheid van Christus se versoening nou so duidelik aan ons geleer word?

    Die tyd van onkunde oor die ware gronde van verlossing en versoening het verby gegaan en die tyd van volle kennis (Grieks: epignosis) het aangebreek. Kol. 1:24-29 is ‘n direkte aankondiging van hierdie nuwe begin. Die verse kom, heel natuurlik, direk na die wonderbare aankondiging van die volle waarheid van Jesus Christus en van sy versoening (1:15-23). Dit behoort vir die leser baie duidelik te wees hoe die twee gedeeltes met mekaar in verband staan.

    ‘n Nuwe bekeerling tot die liggaam van Christus wat destyds die boek Kolossense vir die eerste keer sou lees, sou in 1:15-23 ‘n hele klomp goed raakgelees het waarvan daar in die bedeling van die wet nie ‘n woord gerep is nie. Op daardie stadium was sy Bybel nog net die Ou Tetament en die vertellinge van Jesus se aardse bediening. Nie een van daardie twee bronne het vir hom suke dinge geleer as wat hy nou hier in Kolossense van Jesus Christus geleer het nie. Hy kon dus teen die tyd wat hy by Kol. 1:23 kom ‘n hele klomp vrae in sy gemoed gehad het: Waarom het die Here Jesus dan nie self op aarde vir die mense ges dat al die offers en rituele van die tempel gaan ophou en dat Hy, Jesus self, ‘n nuwe skepping tot stand gaan bring, ‘n geestelike liggaam en dat deur sy dood en opstanding Hy ‘n volkome versoening sou bewerkstellig. Waarom het Hy dit nie ges nie?

    Wel. Hy kon nie. Dit was toe nog die bedeling van die wet. Hy kan tog nie binne in die bedeling van die wet dinge leer wat eers in ‘n nuwe bedeling daarna sou geld nie. Israel se val is eers in Hand. 13 en Rom. 11 aangekondig. Tot voor daardie tyd het hulle nog die geleentheid gehad om te bekeer en die koninkryk in ontvangs te neem. Eers vandat Israel se val aangekondig is, is die evangelie na die heidennasies geneem.

    Dit is die tipe van vrae wat daardie eerste lesers van Kolossense antwoorde op moes kry. Hier by Kol. 1:23 was dit die ideale tyd en plek om so ‘n antwoord te gee. Daarom dan die verklaring van ‘n nuwe begin wat ons aantref in Kol. 1:24-29. Kry nou eers hierdie week ‘n duidelike beeld van waaroor dit gaan in 1:24-29. Lees die verse ‘n paar keer oor. Kry ook duidelikheid oor die rede waarom hierdie verklaring kom direk na die lering van Jesus Christus as die Skepper, die Eerste en die volkome Versoener tussen God en mens. Dan begin ons volgende keer met die detail bespreking van Kol. 1:24.

    Senwense toegebid
    Last edited by David2; May 4th 2008 at 05:31 AM.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Aktiveer jou privaat boodskap funksie so
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Oct 18th 2007, 05:49 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •