Results 1 to 9 of 9

Thread: Die krag van die Kruis

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634

    Thumbsup Die krag van die Kruis

    Daar sal nooit vanuit die intellek, 'n wenner in geloof kan wees nie. Oorwinning kom in die dood en die dood kom in verskillende vorme. Die grootste oorwinning kom wanneer die mens die minste kan wees. Daar is geen groter oorwinning, as wanneer 'n bloedige oorlog tot 'n einde kom nie. Selfs die sogenaamde wenner in 'n oorlog, kom 'n verloorder daaruit, vir solank die oorlog woed. Die moment wat die oorlog sterf, begin die ellende sterf en sodoende word mense verlos van die wreedheid en pyniging wat daarmee saamgaan.

    Dit werk dieselfde met 'n egskeiding wat lelik uitdraai. Die oorwinning kom net wanneer die betrokke partye se begeerte van selfregverdiging, tot sterwe kom. Eers dan kom die oorwinnings en eers dan is dit tot voordeel, van byvoorbeeld die kinders en ander mense wat ook betrokke is.

    Die enigste geloof-sisteem wat oorwinning kan bring, is een wat vra dat die mens sal sterf in sy verwoestende self. Daar is net een geloof waar die voorbeeld van hierdie oorwinning deur die Eienaar van daardie geloof, dit self kom illustreer het. Dit bring versoening en hierdie versoening is absoluut, absoluut...

    Iets kan net versoenend wees, as dit onvoorwaardelik vir almal beskikbaar is en dit sluit juis almal in en is nou beskikbaar, maar net as jy sou belangstel. Die ego's in ons dag, wys maar net hoe verwoestend die eie-ek is. Daar word geswets en beledig en aangeval, sonder 'n sweempie versoening. Die eienaardige is, dat die hoofdoel van mense se lewe, juis daaroor gaan om een of ander versoening te bewerk en vrede na te jaag wat daarmee saamgaan. Mens wil dit kategories stel, dat daar net een versoening is wat werk en dit is die enigste praktiese bewysbare versoening, dit wat op die kruis van Golgota gebeur het.

    Kruisig jouself en daar sal versoening en bevryding kom. Regverdig jouself en daar sal bindings wees en oorlog woed!
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    South Africa
    Posts
    94
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Daar sal nooit vanuit die intellek, 'n wenner in geloof kan wees nie...Mens wil dit kategories stel, dat daar net een versoening is wat werk en dit is die enigste praktiese bewysbare versoening, dit wat op die kruis van Golgota gebeur het. !
    Dit is baie waar Ferdi!

    Die verlossingsboodskap van die kruis is so geweldig!

    Johannes 16:8-11 som die evangelie vir my so mooi op:

    Die Heilige Gees deur die Woord oortuig ons "van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wereld geoordeel is"

    Sonder die Heilige Gees wat ons deur die Woord oortuig, kan die beste intellek ons nerens bring nie.

    Hy oortuig ons van
    1) God se oordeel : Ons is kinders van Satan, en is daarom verdoem tot 'n ewige oordeel in die hel. Ons 'eenheid' met Satan, (en elke mens word so gebore) maak ons verdienstig van God se ewige straf
    2) Geregtigheid : Ons kan egter deur te glo in Jesus, en Sy verlossingswerk aan die kruis vir ons, "die Geregtigheid van God word in Christus". Ons kan dus totaal geregverdig staan voor God, nie gebasseer op ons eie self-geregtigheid nie, maar gebasseer bloot op die geregtigheid van Jesus Christus, wat nou genadiglik ons s'n word, deur die geloof
    3) Sonde : Ons enigste sonde wat ons dus hel toe kan neem, is om hierdie genadegawe van geregtigheid in Christus te verwerp, deur nie in Hom te glo nie, deur Hom nie aan te neem as verlosser deur Sy versoeningswerk aan die kruis nie.

    Deur die kruis, kan ons totaal regverdig staan voor God. Ons beste pogings om God in eie krag te behaag is soos 'n wegwerplike kleed. Daarom het ons niks om op trots te wees nie. Net 'n diepe dankbaarheid, vir die voltooide werk van Jesus Christus aan die kruis van Golgota vir my en jou. En dit is die enigste plek in die heelal waar ons kan ontglip van die ewige oordeel wat alle mense te beurt sal val, wat nie die bloed van Jesus op die deurkoesyne van hulle harte het nie.

    Mag ons nooit so 'gewoond' raak aan die kragtige evangelieboodskap wat deur Paulus aan ons gebring is, dat ons dit nie meer waardeer nie, en elke dag dankbaar staan vir die ontsettende genade wat God met ons gehad het om ons te gered het.

    Want selfs die feit dat die Heilige Gees ons oortuig het van sonde, geregtigheid en oordeel en ons wederbaar het as kinders van God, selfs dit is 'n werk van God, selfs ons geloof, is 'n gawe van God.

    Daarom, ons wat so baie ontvang het, het oor genoeg rede, om elke dag, genadig te wees met ander...want was dit nie vir Sy groot genade met ons nie, waar sou ons vandag gewees het!

  3. #3
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Yolande

    Baie waar woorde. Baie mense sukkel ook om aan die volgende te voldoen:

    Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. (Eph 4:32)

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    South Africa
    Posts
    94
    Quote Originally Posted by Roelof View Post
    Yolande

    Baie waar woorde. Baie mense sukkel ook om aan die volgende te voldoen:

    Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. (Eph 4:32)
    Dit is waar Roelof.

    Mense besef nie aldag hoe baie hulle vergewe is nie, hoe baie genade hulle ontvang het nie...as hulle net daarop sal mediteer sal hulle besef hoe on van pas dit is vir hulle om nie ook genade met ander te he en hulle ook te vergewe nie.

    Vir diegene wat sukkel om te vergewe : Neem die eerste tree, bid vir God om jou ten minste gewillig te maak om te vergewe. En Hy sal. Laat gaan die aanstoot. Laat God die regter wees. Sit op jou hande en moet nie vingers wys nie, dan kan God jou saak behartig. Maar solank jy nog in die regterstoel sit en wil oordeel en verdoem, staan God terug.

    WAnneer ons onvergifnis in ons harte koester bou ons twee tronke in ons hart. Een vir onsself en een vir die ander. Ons pooitjie onsself, ons koester die wrok, en ons probeer self God se rol speel. Maar wanneer ons dit oorgee vir Jesus, kan Hy genesing en heelmaking bring. Hy is getrou. Geen seer, geen teleurstelling is groter as Sy mag en Sy getrouheid nie, as ons Hom net sal vertrou, as ons Hom net 'n kans sal gee Hy is die Regverdige Regter. Hy is die goeie Herder!

  5. #5
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Yolande

    Dis mooi en waar woorde.

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Yolande~ View Post
    Dit is waar Roelof.

    Mense besef nie aldag hoe baie hulle vergewe is nie, hoe baie genade hulle ontvang het nie...as hulle net daarop sal mediteer sal hulle besef hoe on van pas dit is vir hulle om nie ook genade met ander te he en hulle ook te vergewe nie.

    Vir diegene wat sukkel om te vergewe : Neem die eerste tree, bid vir God om jou ten minste gewillig te maak om te vergewe. En Hy sal. Laat gaan die aanstoot. Laat God die regter wees. Sit op jou hande en moet nie vingers wys nie, dan kan God jou saak behartig. Maar solank jy nog in die regterstoel sit en wil oordeel en verdoem, staan God terug.

    WAnneer ons onvergifnis in ons harte koester bou ons twee tronke in ons hart. Een vir onsself en een vir die ander. Ons pooitjie onsself, ons koester die wrok, en ons probeer self God se rol speel. Maar wanneer ons dit oorgee vir Jesus, kan Hy genesing en heelmaking bring. Hy is getrou. Geen seer, geen teleurstelling is groter as Sy mag en Sy getrouheid nie, as ons Hom net sal vertrou, as ons Hom net 'n kans sal gee Hy is die Regverdige Regter. Hy is die goeie Herder!
    Hallo Yolande,
    Dis my 'line' in die lewe: Vergifnis is n voorvereiste vir heling en genesing. En ek stem saam met jou . Ek wonder net hoeveel beradingsgevalle het onvergifnis as wortel? En dan bevestig Jesus dit deur te se dat as ons nie ons naaste hulle oortredings wil vergewe nie, Jesus ons ook nie sal vergewe nie.

  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    South Africa
    Posts
    94
    Inderdaad, mense maak eintlik net hulleself seer as hulle nie vergewe nie.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Heeltemal waar! 'n kort persoonlike getuienis. Na my egkeiding het ek regtig baie swaar gekry. Eers nadat ek my X en die derde party in die verhaal vergewe het, dit was seker so twee drie jaar na die egskeiding, het ek ook vrede vir myself gekry en kon ek daadwerklik 'n verskil voel. My lewe het eensklaps verander, ek het 'n wonderlike "Goddelike" vrou ontmoet en is nou alreeds weer 'n jaar gelukkig getroud!

    Prys die Here!

  9. #9
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    MrT

    Ek is bly vir julle part.

    Loof die Here !!

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Neem jou kruis op, elke dag!
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Nov 1st 2007, 05:53 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •