Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 40

Thread: Die Boodskap van Kolossense

Hybrid View

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Die Boodskap van Kolossense

    Hi Julle
    Ek wil in die draad stelselmatig 'n paar gedagtes uit Kolossense aanhaal. Julle is welkom om kommentaar te lewer en by te voeg.

    Sommer reg aan die begin in hoofstuk een kry ons die drie onmisbare werklikhede waaruit egte Christenskap en geestelikheid bestaan: Geloof, hoop en liefde. Daarna word geestelike wysheid en insig in die Bybel beklemtoon (9). In vers 12 en 13 kry ons die groot waarheid dat dit God is wat ons in Christus bekwaam gemaak het vir ons erfdeel in die lig. Vervolgens word die groot evangeliese waarhede van Verlossing, Vergifnis Versoening en Vrede met God behandel (14-20). Daarna kom daardie kragtige tekening van Jesus Christus, die Beeld van God, die Hoof van die liggaam wat sy gemeente is, Hy is voor alle dinge, Hy is die Eersgeborene uit die dode en in Hom is die ganse volheid van God (15-19). Hoeveel Christene verstaan werklik wat Kol. 1:22 s: In Christus se offer aan die kruis is ons heilig, sonder gebrek en onberispelik in Hom. Daarna kom die onmisbare sleutel tot die Bybel: God se Woord vir vandag is die verborgenheid, dit is 'n nuwe waarheid wat nooit voorheen geken is nie (25-27). Paulus se hooftaak is om hierdie verborgenheid te verkondig en om sodoende elke mens volmaak in Christus voor te stel (28,29).

    In hoofstuk 1:1 stel Paulus homself voor as 'n Apostel van Jesus Christus deur die wil van God. Mense, as daar nou een ding is waarvan Paulus in sy vro lewe baie seker was, dan was dit dat hy nooit 'n apostel van Jesus Christus sou word nie. Maar die wil van God het sy lewe omgebuig en in 'n totaal anderse rigting gestuur. Hierdie inleidende vers van Kolossense is voorwaar 'n mond vol. Wat 'n voorreg om te kan getuig dat jy iets is wat nie uit jouself of uit jou opvoeding gekom het nie, maar wat tot stand gebring is kragrens die wil van God!

    Deur die eeue, van die begin af en tot vandag toe was daar altyd mense wat Paulus se gesag as apostel van Jesus Chrustus bevraagteken het. Die Jode het dit gedoen in die eerste eeu want hulle was jaloers en nydig teen die heidene wat Christene geword het en die Jode eintlik agter gelaat het. Ook vandag gaan mense uit hulle pad om Paulus te degradeer. Paulus is nie belangrik nie, s hulle, ons moet eerder gaan luister was s Jesus. Maar hierdie is 'n teenstelling wat glad nie kan bestaan nie. Paulus het nog nooit probeer om self belangriker as Jesus te wees nie. In teendeel, dit staan hier in ver 1 bo alle twyfel dat hy 'n apostel van Jesus Christus is. Hy verkondig nie homself nie, maar Jesus. Hy behoort aan Jesus. Sy lewe is totaal opgeneem en beheers deur Jesus Christus.

    En dan weet ons natuurlik ook, dat Paulus meer dinge oor Jesus te s het as wat Jesus van Homself te s gehad het. Jesus het in sy aardse bediening die volk Israel bedien en hulle eksklusief bedien en begelei op pad na die koninkryk wat aan daardie volk beloof is. Maar nadat Israel Hom verwerp het, het die boodskap van Jesus na die heidene uitgegaan by monde van Paulus. Hierdie apostel is in die hemel opgeroep waar die wonderbare evangelie van God se genade aan alle mense, nie net Jode nie, aan hom uitgel en verduidelik is (2Kor. 12). Daarom was Paulus instaat om met groot reg en baie groot betekenis te s dat hy 'n apostel van Jesus Christus was.

    Groete tot ons kyk na die volgende verse.
    David

  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:2 - Genade en vrede

    Al die sendbriewe is gerig aan wedergebore mense, "heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is". Wat maak hierdie mense heilig en gelowig? Die feit dat hulle in Christus is. Geen mens kan op sy eie heilig en gelowig wees nie. Daar bestaan nie so iets as menslike geregtigheid nie. Bekering van sonde maak 'n mens nie heilig of gelowig nie, net Jesus Christus. Jesus Christus maak die verskil in 'n mens se lewe! ( 2 Kor. 5:17,21).

    As Paulus genade en vrede aan die gemeente toebid in sy groetwoord, moet dit bestudeer word vir wat dit werklik beteken. Waarom gebruik Paulus die woord van God se genade as groetwoord aan die begin en die einde van sy briewe? Wat beteken dit om iemand te groet in God se genade? Waarom het ons as Christene nooit hierdie gewoonte by Pualus aangeleer en oorgeneem nie? Dit was ook die manier waarop hy die ouderlinge van die gemeente van Efese vir die laaste keer in Hand. 20:32 gegroet het. Dit is net in formele kerke waar die leraar aan die begin van 'n erediens by die "votum" 'n Bybelse groetwoord uitspreek waar ons Paulus se groetwoord van genade nog hoor.

    As die woord van God se genade vir Paulus 'n groetwoord geword het, spreek dit vanself hoe belangrik genade vir hom was en hoe dringend dit op sy hart gel is om God se genade aan mense bekend te stel en vir hulle aan te bied. Dit is hoe die evangelie vandag werk. Daar is nie plek vir prestasies van die mens nie. Daar is nie plek vir trots, roem en selfversekerdheid nie. Daar is nie plek vir selfvertroue, eie geregtigheid en geestelike meerderwaardigheid nie. Ons is almal begenadig en as sulks totaal verdiensteloos. As dit nie so was nie, sou ons Christus uit die prentjie kon weglaat. Nee, ons kan nie. Hy verpersoonlik alles wat die saligheid vir ons inhou. En daaruit volg dit dat die saligheid sonder Christus vir 'n mens onmoontlik en buite bereik is. Daarom moet ons leer om onsself en ons eie lewe telkens te kruisig en uit die pad uit te kry sodat ons ons vertroue totaal op God en sy genade in Christus Jesus kan plaas.

    Genade kweek vrede. 'n Mens wat gedryf word deur prestasies, verdienstes en punte vir goeie gedrag, sal nooit vrede ervaar nie. Wanneer breek die dag tog aan dat ons in sorgelose vrede kan aftree en sonder enige bekommernisse of sorge met 'n visstok langs die waters kan gaan sit en slegs die vrede en rus inadem? Breek so 'n dag ooit hier op aarde aan? Maar vrinde, as jou geloof op die woord van God se genade gebou is, bring dit vrede. Onuitspreeklike vrede en dankbaarheid.

    Verbly jou in God se genade en vrede tot volgende keer
    David
    Last edited by David2; Feb 1st 2008 at 03:41 PM.

  3. #3
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:3 - Danksegging en gebed

    Danksegging en gebed. Dit is waarmee die brief aan die Kolossense begin. Dit is so wonderlik om maar net weer en weer te sien dat die Bybel waarlik God se Woord is. Die skrywer van hierdie brief het sekerlik iets op die hart om aan sy geadresseerdes te s, maar hy begin nooit sommer daarmee nie. Hy begin op die plek waar elke Christen moet wees: In kontak en kommunikasie met die die Lewende God en sy Seun Jesus Christus.

    Hoeveel beproewinge en swaarkry moes Paulus nie alles deurstaan nie! Ook op die oomblik toe hy hierdie brief geskryf het, was hy in die tronk. Tog kom die dank en erkenning teenoor God altyd eerste. Hierdie is nie net 'n vroomheideienskap van Paulus nie, dit is 'n vaste Christen-beginsel. Die lewe bestaan tog vir ons uit Jesus Christus. Dit is Hy wat sin gee aan die lewe en vir ons 'n rede gee om met blydskap te bestaan en vooruit te kyk.

    As hy s hy dank God, dan is die woord: "eugaristoemen" Dit is 'n samestelling van die woorde "goed" en "genade". Lees ook net hierbo wat ons van die woord "genade" ges het by Paulus. Hier maak hy nou weer seker dat die woord wat hy vir "dank" gebruik, een sal wees waarin die woord "genade" weer voorkom. Ek het nogal 'n idee dat die werklike bedoeling hier is om te s: "Ons reageer op God se goeie genade". En hoe kan ons anders op God se goeie genade reageer as om oorvloedig te wees in dankbetuiging?

    Verstaan ons die genade wat ons ontvang? Het dit al in ons hart en verstand ingesink? Indien wel, sal dit nie net in stilte daar kan bly l nie, dit sal uitborrel en oorloop in in dankbetuiging en ander praktiese betooning van genade.

    Dit is God die Vader en Jesus Christus. Want deur Christus het ons vrye toegang tot God! Kom ons volg hierdie model nougeset na! As dit God behaag het om ons vrye toegang tot Hom te gee deur Christus, laat ons Hom dan daarvoor eer en erkenning gee deur ten volle daarvan gebruik te maak!

    Paulus se dankbetuiging gaan onmiddelik oor in voorbidding. Hy bid vir die Christene wat die lering van Jesus Christus vir die bedeling van genade uit sy mond aanvaar het. Hoe dikwels bid Paulus nie vir die gelowiges nie! Om seker te maak dat die sin reg lees en die spesifieke objek van sy gebed duidelik moet wees, voeg hy die woord "pros" daarin: "vir", "tot voordeel van", ter wille van".

    Wat kan ons anders van hierdie vers s as dat gebed en dankbetuiging geweldig belangrik was vir die apostel. Hy het werklik geglo dat gebed 'n verskil kan en sal maak. Hy leef ook in konstante kontak en vrye toegang tot God. Hy probeer nie om "deur te bid" tot God nie. Daar is niks wat hy deur hoef te bid nie. Jesus is die deur en hy het elke oomblik vrye, blye en sekere toegang tot God. Mag my en jou gebedslewe hierdie week niks minder as dit wees nie.

    Gegroet in God se goeie genade
    David

  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    Dankie vir die goeie plasings David, ek lees graag soos jy vrder skryf en as ek so gelei word sal ek graag kommentaar ook lewer.

    Groete...
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere



  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:4 - Geloof en liefde

    Hier by vers 4 kom ons nou by twee van die drie basiese eienskappe van n Christen: Geloof, liefde en dan hoop in die volgende vers. Baie interessant dat geloof en liede hier eerste genoem word en hoop dan daarna, terwyl dit elders geloof, hoop en liefde is. In hierdie geval word dit duidelik gestel dat die geloof en liefde gedra en genspireer word deur die hoop. Dit verstaan ons natuurlik nie so dat die hoop die eerste oorsaak of die oorsprong van die geloof en liefde was nie, maar wel die energie en die stukrag daaragter. Miskien ook die aroma en die werklike lewe wat in ons geloof en liefde te vinde is, kom van die hoop.

    Anders gestel. Ek het nie n Christen geword in die eerste plek omdat ek bang is om hel toe te gaan en n mooi toekoms in die hemel wil h nie. Nee, daar is ander redes daarvoor. Ek is Christen omdat ek mens wil wees soos wat God oorspronklik bedoel het dat ek moet wees. Maar die ingebore menslike natuur maak dit vir my onmoontlik om dit te wees. Toe tree Jesus tussenbeide en hy bied vergifnis, versoening en volkome herstel tot volmaakte eenheid en kommunikasie met Homself en die Vader. Dit het, toe ek dit glo en myself daarvoor beskikbaar stel, aan my n ganse nuwe deur van hoop op die toekoms geopen. Die lewe is nou nie net n sinlose sikliese kringloop nie, maar oneindig baie meer as dit. Hierdie hoop het my nie n Christen gemaak nie, maar gee sin aan my Christenskap en stuur my in n bepaalde rigting. Ja inderdaad. Ek kan nie praat oor die geloof en die liefde sonder om die hoop daarby te bring nie!

    Paulus dank die Here wanner hy dink aan die Kolossense. Dit is elke keer vir hom n wonder van God as hy hoor van die geloof en die liefde in die lewe van die gelowiges soos dit aangevuur is deur die Christelike hoop. Paulus het ook n paar goedjies waaroor hy met die Kolossense wil raas, verkeerde idees wat by hulle ingesluip het. Maar hy begin nie daarmee nie. Hy begin by die geloof, liefde en hoop. Wat n belangrike les is dit nie wat ons ook hierin leer nie! Dit is een van ons opdragte as Christene om altyd teenoor alle mense vriendelik te wees. Nogal n bietjie moeilik somtyds, maar nogtans n besliste opdrag. Moet nie toelaat dat jou verskille met ander mense altyd voorop staan nie! Begin om dankie te s en waardering uit te spreek vir God se genade en die werke van sy barmhartigheid wat ek in ander mense sien!

    Paulus s dankie vir die geloof wat hy in ander mense sien geloof in Jesus Christus. Interssant om daarop te let dat die voorsetsel wat in die beroemde Johannes 3:16 gebruik word, eintlik tot is. Geloof tot Jesus Christus (eis in Grieks), terwyl dit by hierdie vers wel in is (en in Grieks). Nouja, ons moet maar versigtig wees om nie te veel afleidings te maak van klein woordjies soos voorsetsels nie, maar ek dink tog dat hier wel iets beklemtoon word. In hierdie geval rus ons geloof in Jesus Chrustus. Dit is die posisie van n verloste mens. Hy het sy tuiste en sy permanente posisie in Jesus Christus gevind om dit nooit weer prys te gee nie. In die geval van Joh. 3:16 is dit miskien die aksie van n mens wat besig is om sy geloof op Christus te vestig. Hy reik uit na Jesus as die enigste hoop op verlossing.

    En wat kan ons s van die liefde? Miskien is dit hoe Epafras kon sien dat die mense van die geloof was en dat hy toe aan Paulus in Rome berig kon bring van die mense se geloof. Geloof op sigself kan nie eintlik gesien word nie, maar geloof verander lewens. In Gal. 5: 22 is liefde die eerste vrug van die Heilige Gees se inwoning in ons. Die liefde wat van God af kom bring n nuwe uitkyk op die lewe. Lewensprioriteite word heeltemal herrangskik. Dinge wat eers eerste was, is nou laaste en andersom. Dinge wat die mens lelik maak is gewoonlik al daardie goed wat met self te doen het wat vir die mens belangrik is en voorop staan. Maar wanneer die liefde ingekom het, skuif die self af tot by die laaste plek. Miskien het daar in jou dorp ook iemand soos Epafras by jou kom kuier wat toe weer weggegaan het en aan die die ander Christene berig gebring het oor hoe dit met jou gaan. Wat sou hy vir hulle s? Sou die mense ook die Here gedank het as hulle hoor hoe jy vasstaan in die geloof, liefde en hoop?

    Liefde vir die Christene. Ondersteuning staan vir Liefde. Wedersydse ondersteuning. Dit is die heel eerste eienskap waarna gekyk word om jou geloof te kan sien. Mense gee om vir mekaar en nie eerstens vir hulleself nie. Mense, kom ons wys ons geloof en liefde ook hier in hierdie forum. Paulus het geweldig verlang om berig van Epafras af te ontvang oor die stand van die geloof in Kolossense. Hierdie forum verteenwoordig n geloofsgemeenskap van mense wat versprei is in verskillende dele van die land en ook in ander lande. Ons verlang ook om van julle almal gereeld berig te ontvang hier op die forum en om daardeur ter selfder tyd ondersteuning te verskaf en ons liefde so sigbaar te maak.

    Liefdegroete
    David

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:5 - Leer die waarheid van die Christelike hoop

    Ek groet julle almal in die blydskap van die boodskap van genade

    Ons gaan voort om te praat oor geloof, hoop en liefde.

    Gaan kyk ook hoe Petrus in 1 Petrus 1:3, 5 en 22 praat oor hoop, geloof en liefde. Hier is dit weer in n ander volgorde. In Kolossense word hoop laaste genoem en hier by Petrus is dit eerste. Tog sien ons in albei gevalle dat dit so gedoen word om spesiale aandag aan die woord hoop te kan gee. Petrus se lesers was Jode wat die Christelike geloof aangeneem het, maar nog steeds die koninkryk baie gou in hulle leeftyd verwag het. Die lyding en verwerping wat hulle toe in plaas daarvan ervaar het, was vir hulle n groot probleem en dit vorm uiteindelik die belangrikste tema van Petrus se briewe. Ek glo nie Petrus het self op daardie stadium die werklike rede en al die implikasies van die koninkryk wat uitgebly het, verstaan nie. Daarom verwys hy ook in sy tweede brief na Paulus (3:15,16). Sy lesers moes verder by Paulus gaan lees om die Christelike hoop werklik te kan verstaan. Hy s dan ook dat hierdie goed swaar is om te verstaan.

    Ons moet begrip h vir Petrus en sy lesers. In n sekere opsig is die Paulus-evangelie baie eenvoudig, veral as n mens eintlik n skoon bladsy het waarop die waarheid ingevul kan word soos wat die heidene gehad het. Maar die Jode se bladsy was nie skoon nie. Hulle het eers na Jesus gekyk as die aardse Messias wat die koninkryk in Jerusalem kom oprig. Eers na die Jode Hom verwerp het, het God uit sy groot genade sy heel grootste plan van die eeue in werking gestel. Hy het Paulus geroep en die wysheid van God vir hierdie bedeling aan hom openbaar (soos wat Petrus dit ook erken).

    En hoewel hierdie goed vir Petrus en sy lesers swaar was om te verstaan, dink ek tog Petrus plaas die klem in 1 Petrus 1 op die regte plek. Hy begin met die woord hoop. Vir beide Joodse en heidense gelowiges was dit reg aan die begin n baie groot uitdaging om die begrip van Christelike hoop onder die knie te kry. Dit was nie iets wat vanself gekom het as jy n Christen geword het nie. Jy moes dit aanleer.

    Dit is ook hoe dit hier by ons vers in Kolossense gestel word. Die hoop was iets waarvan die Kolossense voorheen deur die woord van die waarheid van die evangelie gehoor het. Ek is nog steeds bevrees dat die Christelike hoop die een aspek van Christenskap is waaroor daar nie genoeg gepreek word nie. Mense dink te veel dat ek Jesus maar net as Verlosser moet aanneem en dat al die ander goed dan vanself sal kom. Dit werk nie so nie. Veral die Christelike hoop is iets wat beslis geleer en geglo moet word. Die hoop is een van die belangrikste leringe wat n Christen onder die knie moet kry. Dit is so belangrik dat hier ges word dat die geloof en die liefde in stand gehou en aangevuur word vanwe (of deur) die hoop.

    Hierdie hoop is weggel in die hemele. Die Jood (en ook die aardsgesinde gelowige) se hoop is op die aarde. Die Jode verwag n koninkryk vanuit Jerusalem. En tog kyk net wat s Petrus in 1 Petrus 1:4: Sodat ons n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons. Petrus mag miskien gesukkel het om die goed te verstaan, maar dit lyk nie vir my of hy gesukkel het om dit te glo nie! Hier is dit, net so goed as wat Paulus ooit kon droom om dit te beskryf. Ons hoop is op die hemel gerig en dit is totaal onverganklik en onverwelklik.

    Goed, ek erken, miskien was dit dalk so dat Petrus op daardie stadium nog nie heeltemal die oorgang gemaak het van sy aardse vooruitsig na die hemelse nie. Dalk het Petrus, soos sommige beweer, hier net gedink dat dit die aardse Jerusalem-koninkryk was wat onverwelklik in die hemel vir hulle bewaar is. En as hy dit gedink het, was hy natuurlik ook nie verkeerd nie! Inderdaad word die Jerusalem-koninkryk nou nog in die hemel bewaar om op die regte tyd vir Israel openbaar te word.

    Tog word die hemel en die onverganklikheid en die onverderflikheid hier so geweldig sterk op die voorgrond geplaas soos dit nooit in die verlede in die Ou Testament gedoen is as daar van die koms van die koninkryk gepraat is nie. Ek kan nie anders as om te s dat die hemelse waarheid en die onverganklike hoop al op hierdie stadium ook n hele lang ent pad met Petrus begin loop het nie! Kom ons vergelyk nou net hierdie woorde van onverganklikheid wat Petrus hier gebruik met een of twee verse by Paulus. Vir ons is (vir my ten minste) die onverganklikheid op die wegraping gerig. Die onverganklikheid bestaan reeds in die gees hier by ons en dit is gerig op die grootse manifestasie by die wegraping. Lees 1Kor. 15:50-53:

    Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan berwe nie; ook berwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

    Kyk, ek deel julle n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    in n oomblik, in n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.


    Lees ook II Tim. 1:9,10:

    ... wat ons gered en geroep het met n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,

    Maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie ...


    Groete tot volgende keer
    David

  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916
    In vers 6 staan daar dat die evangelie die hele wreld bereik het. Ons weet dat dit nie waar is nie. Selfs die bekende wreld van destyds is nie oral bereik nie. Die vers sou ook vertaal kon word met: “Wat julle bereik het, net soos dit ook in die hele wreld vrug dra ...” Waar die evangelie ookal in die wreld ‘n vastrap plek gekry het, daar dra dit vrug. Hier kry ons ‘n geweldig belangrike kenmerk van die evangelie, nl. Vrugdra. Vergelyk dit met Joh. 15: 5,8:

    "Wie in My bly en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” “Hierin is My Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra en julle sal my dissipels wees.”

    Ook vers 16 van Joh. 15 s dat God ons uitverkies het met hierdie spesifieke doel om vrug te dra “en vrug te bly”. Let op: uitverkiesing gaan nie daaroor dat God vooraf besluit het wie sal hemel toe gaan nie. Uitverkiesing gaan oor vrugdra. God het ‘n groep mense, die liggaam van Christus aangestel om vrug te dra tot sy verheerliking. Uitverkiesing gee nie aan een-een mens in sy verlore toestand die voorsegging dat hy eendag hemel toe sal gaan nie. Alles behalwe. Die stel ‘n groep mense aan, ‘n groep waarby enige iemand nog kan aansluit, om tot verheerliking van God vrug te dra. Die evangelie, die woord van die waarheid waardeur ek en jy gered is toe ons dit geglo het, het binne in homself ‘n reproduktiewe krag wat sal verseker dat dit nooit sal uitsterf en in die niet sal verdwyn nie. In Hebr. 7:16 s Paulus dat Jesus ons Hopriester geword het as gevolg van die krag van die onvernietigbare lewe.

    Daarom s Kol. 1:6, sal hierdie evangelie aanhou groei en vrug dra deur die wonderbare krag van God wat daarin opgesluit is. Dit is sekerlik ook die rede waarom Paulus die evangelie in Rom. 1:16 die krag van God noem.

    Baie belangrik om daarop te let dat die apostel hier nie net praat van die vrug van die evangelie soos mens dit op ander plekke in die wreld sien nie, maar veral: “onder julle ook”. En so het die vers ook begin: “Wat julle bereik het”. Die evangelie het by hulle ook tuis gekom, en dit is hierdie selfde evangelie wat gelaai is met God se onvernietigbare lewe en krag tot vrugdra.

    My vriend, aan watter evangelie glo jy? Glo jy in die vormgodsdiens-evangelie wat s jy is uitverkies, jy is gedoop toe jy klein was, en nou het jy ‘n bespreekte plek in die hemel? Ek hoop nie dit is dit nie. As jy gered is deur die krag van God, dan kan jy alleen gered wees deur die lewenskragtige en vrugdraende evangelie. Die een wat jou nie toelaat om stil te bly en dit weg te steek nie, wat jou elke dag nog meer laat smag om nog meer gevoed te word en en te groei in kennis en vertroue sodat die vrug nog groter kan wees.

    Mens word deel van hiedie evangelie, s ons vers, “van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het.” Waar leer ‘n mens die evangelie van die genade van God ken? Nie sommer in enige deel van die Bybel nie. Die grootste deel van die Bybel, ten minste die hele Ou Testament, gaan oor God se bewys-eksperiment met die volk Israel waar hulle binne in ‘n stelsel van voorwaardes was waar God vir hulle ges het “As julle dit doen, dan sal ek iets anders vir julle doen.” Die mens se onvermo is deur hierdie proef duidelik bewys. Israel het die profete vermoor, Jesus laat kruisig en uiteindelik die laaste uitnodiging van die Heilige Gees verwerp deur Stefanus te stenig.

    Toe kom Paulus en hy s: “Maar nou word die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet” (Rom. 3:21). Hierdie evangelie wat die lewenskrag van God is, is ‘n nuwe evangelie. Dit word aangeleer, so s ons vers, soos ons die genade van God in waarheid leer ken. Gaan na daardie dele van die Bybel toe waar die evangelie van God in waarheid geleer word. “In waarheid” wil s in alle opregtheid en eerlikheid. En ek dink nogal dat die heel grootste stuk opregtheid en eerlikheid wat nodig is om die evangelie te verstaan en te kan glo, is om te s: Ek is niks. Ek kan niks bydra nie. Ek verdien niks. Hoeveel mense is bereid om dit in alle opregtheid te s? En nie net een keer te s nie, maar dan vir die res van hulle lewe onder die leuese te lewe van ek is niks nie en Christus is alles (Gal 2:20).

    Mag jy in die week die vrugdraende krag van God se evangelie ervaar.
    David
    Last edited by David2; Feb 15th 2008 at 04:44 AM.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol.1:7,8 - Getroue diensknegte

    'n Hartlike goeie dag aan almal

    Om God se genade in waarheid aan mense bekend te maak was die essensie van Paulus se bediening. Dit was in kort waarmee hy hom elke dag besig gehou het. Dit was ook wat hy die mense in sy evangelisasiespan geleer het om te doen. En dan dank hy die Here elke keer as hy hoor dat daar mense was wat die genade van die Here in waarheid van een van die lede van sy eveangelisasiespan gehoor het. Daar is soveel verkeerde en verdwaalde maniere om die evangelie oor te dra. Dit was reeds so in Paulus se tyd en is nou nog meer die geval. As ons hier sien hoe geweldig belangrik dit vir Paulus is dat die genade van God in waarheid geken moet word, dan kan ons maar net dink met die groot verwarring vandag, hoeveel meer belangrik dit geword het om na die vaste grondslag van die Bybel terug te keer en dubbel seker te maak dat die plek waarvandaan jy die evangelie leer, respek het vir die Bybel en dit nougetet en getrou interpreteer en leer.

    Dit is wat Epafras was. Hy was ‘n getroue dienskneg van Jesus Christus. Hy was deel van Paulus se span, maar hy was nie ‘n getroue dienaar van Paulus nie. Sy getrouheid word nie verbind aan die naam Paulus nie, maar aan die Naam Jesus Christus. Hoe getrou is jy aan Jesus Christus? Die genade van die Here wat jy in waarheid leer ken het, is ‘n ongelooflike groot skat – van uitnemende waarde. Geld kan dit nie koop nie. Ongelowiges weet daar niks van nie, maar selfs Christene het meestal ‘n gebrekkige begrip van van die beginsels van die evangelie van God se genade. Deel jy hierdie kennis met ander mense? Nie met die gesindheid om hulle te oor-tuig nie, maar om in dankbaarheid ‘n skat van groot waarde met ander te deel.

    Epafras was getrou en betroubaar. Mens kon ‘n hoogs waardevolle pakket aan hom toevertrou. Hy het geweet hoe om dit te hanteer. Kyk nou net in die ou vertaling en ook in die King James aan die einde van vers 7. Epafras was ‘n getroue dienaar van Jesus Christus vir julle. Dit is dalk nie heeltemal reg nie. Paulus wou nie hier s dat Epafras ‘n dienaar was vir die Kollosense nie. Goed, in die werklike lewe is dit nie verkeerd nie. Epafras het tog seker opgetree tot voordeel van die Kolossense. Maar wat Paulus eintlik s is dat Epafras ‘n dienaar is namens ons. Hier kry ons weer die ons wat Paulus dikwels gebruik om na homself te verwys. Paulus sit in die tronk en Epafras tree op namens Paulus.

    Die meeste van ons was al in kerke waar daar gepreek is oor die eise van die evangelie dat ons die woord aan ander moet uitdra. Aan watter verskonings het jy toe gedink waarom dit nie soveel op jou van toepassing is nie? Sou Paulus nie dalk ook ‘n goeie verskoning gehad het om te s: “Ek sit in die tronk, ek kan dit nie nou doen nie.” Maar in die tronk het Paulus die evangelie aan bewaarders en medegevangenis oorgedra (bv. Onesimus), en wat meer is. Hy het hom nie laat keer om steeds voort te gaan om die evangelie wyd en syd uit te dra nie. Epafras (en ook Tichikus – 4:7) was Paulus se mond, hande en voete. Hulle was dienaars van Christus namens Paulus.

    Ek kan ook nie nalaat nie om weer iets te s oor die woord geliefde. Ek dink dit is duidelik dat die woord geliefde vandag in kerke dikwels taamlik oppervlakkig gebruik word. Wanneer ons in die kerk saamkom noem die prediker ons almal “geliefdes” Maar is dit waar? Of word die word daar maar net gebruik uit gewoonte? Ek dink ons kan seker wees dat Paulus opreg lief was vir Epafras en dat hy die woord nie uit gewoonte gebruik het nie. In die kerk noem ons mekaar geliefdes, maar doen ons hoegenaamd moeite om mekaar op te soek, om van mekaar se laste en vreugdes kennis te neem, en saam die evangelie met mekaar te deel en te geniet en om saam te bid? Mense dink dikwels dat ander Christene my nie werd is nie en daarom sit ek hier alleen met my Bybel. Ek kry nie hierdie houding by Paulus nie. Ons is op mekaar aangewese. Ons is kragtens ons roeping bestem om mekaar lief te h en te ondersteun.

    Daardeur s ek nie dat jy moet deel bly van ‘n Christengemeenskap as die Bybel daar grootliks verdraai word nie, maar tog, alleen kan jy nie bly nie. Christenskap werk eenvoudig nie so nie. As die liefde van Christus die hoofkenmerk van jou lewe is, sal jy nie alleen kan bly nie. Gaan soek mense op – weereens nie net om hulle te oortuig nie, maar eerder om die genade en liefde van Christus met hulle te deel.

    Onthou, vers 8 praat van die Kolossense se liefde in die Gees. Die goddelike agap liefde kom van die Gees. As jy nie hierdie liefde vertoon en uitstraal wat ons hier van lees nie, dan kan daar met reg gevra word: “Watter Gees is dit met wie jy vervul is?”

    Tot ons volgende keer weer met mekaar gesels, het ons almal soos gewoonlik weer ‘n bietjie huiswerk om te gaan doen. Kom ons gaan onderwerp ons opnuut aan die Heilige Gees van Liefde.

    Met opregte groete
    David
    Last edited by David2; Feb 18th 2008 at 05:57 PM.

  9. #9
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:9 - Geestelike insig

    Goeie dag almal
    Kom ons kyk nou na vers 9

    Paulus het gehoor van die Kolossense se geloof, liefde en hoop soos ons in die vorige verse bespreek het. Dit het die gevolg gehad dat hy nou, soos nog nooit tevore nie, vir die Kolossense sou bid. Waarom doen Paulus dit? Moes hy nie maar liewer vir die ongelowiges gebid het nie? Ek glo hy het sekerlik vir hulle ook gebid, maar die gewig van sy gebed gaan oor die behoeftes van die gelowiges. Wanneer jy hoor dat iemand glo dan moet jy vir hom of haar bid soos nog nooit tevore nie. Onthou, die duiwel weet ook wie glo en die duiwel gaan hulle nie alleen los nie. En moet asseblief nie vergeet nie, die geheim is: moet nie ophou nie! Ons hou nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid nie.

    Twee woorde vir bid kom hier voor: Die een word vertaal met bid en die ander een met vra. In die gebed is daar n baie besondere versoek wat Paulus voor God kom l. Hy bid vir die Kolossense se verryking in geestelike kennis.

    Daar l n baie swaar verpligting op die Christene wat die genadeboodskap verstaan, om vir mekaar te bid en aan te hou bid. Geestelike wysheid is iets wat nie by elke mens gevind word nie, helaas, ook nie by elke gelowige nie. Hier by die Kolossense is dit ook duidelik. Die mense het geloof en liefde uitgeleef maar het nog kort gekom aan die volle geestelike kennis. Die Here se ideaal vir elke Christen is die mate van die volle groote van Christus. En dit is vir jou en my om mekaar in die leerskool te ondersteun en voortduurend en sonder ophou vir mekaar daartoe te bid.

    As jy voortduurend vir andere bid vir geestelike wysheid en kennis, sal jy self ook opgeskerp bly om aktief in daardie mense belang te stel en na hulle geestelike welstand te verneem. Jy sal ook n Epafras na hulle toe stuur indien nodig en vir hulle n brief stuur om vir hulle te s dat jy vir hulle bid om hulle behulpsaam te wees en te verneem na hulle omstandighede. Jy sal self dan ook baie meer aktief met jou eie geestelike groei besig bly. Kortom, die liggaam van Christus sal opgebou word volgens die wil van God. Is daar genoeg gereelde voorbidders in die geestelike gemeenskap? Is daar werklik?

    Die volheid is n baie geliefde term vir Paulus, veral in die gevangenisbriewe. Die woorde vir volheid of om te vervul kom nie minder nie as agt keer in Efesirs voor, vier keer in Filippense en sewe keer in Kolossense. Paulus, en ook die Here Jesus, is nie tevrede met halfgebakte Christene nie. As dit die moete werd is om God te dien, dan is dit die moeite werd om dit voluit te doen. As dit die moeite werd is om die evangelie te ken, dan beteken dit in wese om dit voluit of ten volle te ken. Om te s vervul was ook nie genoeg vir die skrywer nie. Hy wil h dat jy mooi moet verstaan waaroor dit gaan en daarom s hy ook volle kennis (epignosis).

    Die Gnostisisme was n sekte of dwaling wat in daardie tyd in die omloop was wat ook die woorde kennis of wysheid baie gebruik het. Maar net omdat daardie mense dit verkeerd gebruik het, beteken dit nie dat Paulus nou daarvan weggeskram het nie. Vir hulle was wysheid aards, vleeslik, en eksklusief vir geheime ingewydes. As jy daardie vlak van kennis bereik het wat die Gnostiek aan jou voorhou, het jy werklik iets gehad om oor te spog by ander mense. So, wat is die teengif wat Paulus teen hierdie vleeslike kennis aanbied? Die ware egte kennis van die evangelie van vandag. Hoe meer kennis jy van die waarheid het, hoe meer sal jy besef dat die nie uit jouself kom nie. Jy word vol van Jesus Christus en sy waarheid en dit kan alleen gebeur as jy self uit die pad uit kom en ver in die agtergrond gaan staan.

    Let asseblief daarop dat die kennis en wysheid waarna ons streef, geestelik is, en n baie duidelik omleinde lering is. As die wet van Moses die basis sou wees vir Christene se leer en lewe vandag, dan sou Paulus ons tog herhaaldelik aangespoor het om die wet in die Ou Testament te bestudeer. Nee, daar kom nrens sulke opdragte in die briewe aan die gemeentes voor nie. In plaas daarvan word dit herhaaldelik en duidelik gestel dat die wysheid en kennis waarna Paulus hier verwys, nie in die Ou Testament openbaar is nie. Dit is nuwe waarheid wat deur die Heilige Gees, meestal deur bemiddeling van Paulus, aan die gemeentes openbaar is (Rom. 16:25-26; 1 Kor.2 :6-10; Ef. 3:2-10; Kol. 1:25-29).

    Paulus se gebruik van die woord wysheid in die oorgrote meerderheid gevalle as verwysende na die besondere stuk waarheid en lering wat deur die Heilige Gees geopenbaar is vir die bedeling van die kerk (1 Kor. 2:10). Ons s dus dat in Paulus se verstaan van die woord wysheid (wanneer hy dit gebruik vir Goddelike wysheid), dit byna eksklusief verwys na die leringe vir die liggaam van Christus vir die bedeling van vandag. En dit is n wysheid wat ons nie in die Ou Testament vind nie. Dit is die wydheid waarvoor hy ernstig bid dat die Kolossense daarin ten volle ingelig sal wees. Om die volle kennis van die bediening van die genade van God te h, is ook die teengif teen alle soorte gevaarlike dwalings in enige tyd.

    Kies dan nou vandag. Jy wil net die Here ken om n kaartjie te h om hemel toe te gaan, of jy wil vervul wees met Jesus Christus se wil en sy wysheid. As jy die tweede opsie kies dan wil jy ook ten volle deelneem om vir ander te bid en hulle te ondersteun. Ek ken julle nie almal nie, maar die name wat gereeld hier gesien word, word in gebed aan die Here opgedra.

    Hartlike Groete
    David

  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:10 - Geestelike groei

    'n Hartlike woord van wekom by ons saampraat oor Kol. 1:10

    Die vorige vers beklemtoon die noodsaaklikheid om reg te dink oor die evangelie. Jy het die volle kennis van God se plan vir ons bedeling baie nodig. Daaruit voortvloeiend kom die regte optrede en lewenswandel wat nou in hierdie vers beklemtoon word. Die sleutelwoord is wandel waardig. Vergelyk dit met Ef. 4:1. Mens leer eers die doktrine van die Christelike geloof en dan bou jy jou lewenswandel daarop. Om ‘n mooi lewe te lei sonder om die evangelie grondig te ken is nie veel werd nie. Dit is moralisme, wettisisme en humanisme. Nee, ons lewenswandel beteken om die waarheid van die evangelie uit te leef. As jy maar net ‘n mooi lewe lei dan s die mense vir jou “mooi so!” Maar as jy die evangelie van God se genade uitleef dan sien mense dadelik dat jy jouself as dood ag en lewe tot eer van jou Verlosser, Jesus Christus.

    Die Griekse woord vir waardig is axios. Plaas die groot waarhede van die evangelie waarvan mens in Rom. 3-8 of Ef. 1-3 leer op die een kant van jou skaal en plaas dan jou lewenswandel op die ander kant. Jou ywer, jou entosiasme vir die evangelie, jou begeerte om dit met andere te deel, jou bereidheid om op te offer vir andere se geestelike voordeel, jou paraatheid vir die evangelie, d.w.s. jou onmiddellik beskikbare kennis om met andere te deel, jou begeerte om genade uit te leef en nie beloon te word vir jou diens vir die Here en jou medemens nie en nog vele meer. Hoe weeg hierdie dinge in jou lewe op teen die gewig van God se groot genade wat Hy aan ons betoon het? Dit is wat Kol. 1:10 en Ef. 4:1 vir jou en my vra met die woord axios.

    Vir elke egte Bybelse leerstelling wat jy onder die knie kry is daar 'n gelyke en ooreenstemmende Christelike praktyk wat jou diensbaarheid aan die Here in waarde laat toeneem. Dit werk amper soos Newton se wette. Vir elke aksie is daar 'n gelyke maar teenoorgestelde reaksie!

    Die vers gaan ook verder om ons nog beter te laat verstaan wat ‘n lewenswandel is wat die evangelie waardig is. Dit is eenvoudig om die Here Jesus in alles te behaag. Elke klein onderafdeling van jou lewe, maar veral natuurlik die groot waarhede van die evangelie wat uitgeleef moet word. Glo in Bybelse sin bly nie net by die verstand nie, dit werk deur na die hart en die hande. As jy iets glo wat Jesus vir jou gedoen het, dan aanvaar jy dit nie net met die verstand nie, jy sluit self daarby aan en maak seker dat andere dit ook weet. Jy kweek so ‘n lewenshouding aan wat dit vir ander mense maklik maak om te sien dat Jesus die waarheid is. Leef Jesus uit sodat mense kan glo dat Jesus waarlik leef.

    Dit is nie net in Ef. 4:1 waar dit herhaal word nie. Kyk ook na Fil. 1:27. Wat beteken dit om die evangelie van Christus waardig te wees? Dit beteken dat die evangelie nie net in jou kop en jou hart is nie, maar ook in jou hande en voete.

    Die volgende aanduiding in die vers wat aan ons verduidelik wat dit beteken om vir Christus waardig te wandel, is dat ons in elke goeie werk vrug mag dra. Het julle opgemerk? Hier word so ‘n bietjie van ‘n dubbele stelling gemaak. Hy s nie net dat ons goeie werke moet doen nie, ons moet daarin vrugdra. Dit is nogal iets. Vat nou maar die woord geduld of lankmoedigheid (een van die vrugte van die Gees in Gal. 5:22,23). Om ‘n goeie werk te doen sal wees om self geduldig te wees waar iemand jou omkrap. Maar om in geduld vrug te dra beteken om konsekwent lankmoedigheid uit te leef teenoor ander totdat hulle in hulle gemoed geraak is deur jou lankmoedigheid en daardeur’n ope hart vir die evangelie ontwikkel. Dan het jy waarlik begin vrugdra in jou goeie werke!

    En dan kom ons by die laaste aspek in die vers wat ons waardige lewenswandel voor die Here verduidelik: Groei in kennis! Maar het vers 9 dan nou nie al genoeg van die volkome kennis van die Here Jesus gepraat nie? Wel, ek dink hier kom nog iets by. In vers 9 gaan dit oor die volkome kennis van die evangelie en van Christus self. Hier in vers 10 is dit nou mos die praktiese gehoorsaamheid aan Jesus elke dag. Groei is tog iets sigbaar. Wat is geestelike groei? Is dit nie ‘n proses van grootword nie? En grootword kan tog gesien word. Mense, die kennis van Jesus Christus moet ons laat grootword! Ons moet volwasse Christengelowiges word. Ons kennis van Jesus Christus moet ons lewenshouding voortduurend omvorm om te groei en gelykvormig te word aan Hom en sy evangelie. En waar kom die motivering en groeikrag vandaan? Dit is die kennis wat ons sal laat groei. Sien jou geestelike kennis en Bybelstudie as ‘n onmisbare stroom van lewende water wat jou laat opgroei tot eer van jou Verlosser.

    Here, gee dat die krag van die evangelie my steeds sal laat groei in waarheid en liefde. Nou groet ek weer met hierdie dinamiese gedagtes oor geestelike groei van die apostel van genade!

    David

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:11 - Geestelike krag.

    Goeie dag aan almal in die wonderlike genade van Jesus Christus!

    Ons was by geestelike insig, toe kom ons by praktiese kennis wat laat groei en nou kom ons by geestelike krag. Ek dink nie dit is moeilik om die logiese voortgang van v. 9 tot v. 11 te sien nie. Die Christen word eerstens opgeroep tot geestelike insig en kennis van God se woord, sy evangelie en sy plan vir hierdie bedeling. Dit moet vervolgens lei tot ‘n nuwe lewenswandel wat vrug dra en groei tot eer van die Here. En as daar groei was, wat is die eindproduk daarvan? Geestelike krag!

    Dit is nie snaaks dat die begrip geestelike krag so ver misverstaan word deur die meeste Christene nie. Dit is ‘n krag wat totaal van ‘n ander orde en werking is as enige aardse krag. Wat is dit wat eerste in jou gedagte opkom as jy hoor van ‘n geestelike sterk Christen? Is dit miskien iemand wat welsprekend is sodat skares aan sy lippe hang en mense in trane tot bekering kom as hy net begin praat? Is dit iemand wat duiwels kan uitdryf en siekes gesond kan maak? Is dit iemand wat die Bybel op die punte van sy vingers ken? Wel, ons hoef nie verder te wonder nie. Hierdie vers gee vir ons die twee hoofeienskappe van ‘n sterk Christen. Hy is lydsaam en lankmoedig!

    Wat ‘n antiklimaks! Is dit al wat Kolossense van ‘n sterk Christen te s het? Is dit nie dalk een van die grootste kontraste wat ons nog ooit in die Bybel gelees het nie? Word lydsaamheid en lankmoedigheid in hierdie wreld geassosieer met krag? As iemand vir jou ‘n pen en ‘n stuk papier gee en hy skryf bo-aan vir jou: “Om met krag en mag bekragtig te word” en hy vra jou dan om al die woorde neer te skryf wat in jou gedagte opkom as jy die sinnetjie gelees het. Sou jy by die woorde lydsaamheid en lankmoedigheid uitgekom het? Of twee ander woorde wat as sinonieme gesien kan word soos: deursettingvermo en geduld? Sou hiedie woorde deel van jou lysie gewees het? Indien nie, dan is jy waarskynlik vandag in die posisie om iets nuuts te leer oor geestelike krag en wat dit is om ‘n sterk Christen te wees!

    Lydsaamheid (deursettingsvermo) is letterlik in Grieks “bly onder”. Met ander woorde jy kom nooit bo uit nie! En nou wil Paulus vir my s dit is ‘n toonbeeld van geestelike krag om altyd onder te bly! Hoe is dit moontlik? En dieselfde met geduld. In Grieks beteken dit nogal presies net soos in Afrikaans: “lank-moedig” Lang humeur. Jy vat lank om terug te kap. In sport, poitiek, besigheid ens. Is daar wel reels en hulle sal ook in vroomheid s dat hulle geduld as ‘n deug beskou, maar die waarheid is dat jy in die sekulre wreld geleer word om so gou as moontlik terug te kap as daar iets na jou kant toe gegooi word.

    Geestelike krag gaan oor die vermo om nie te veg om bo uit te kom nie, maar om ook nie te gaan l as gevolg van die druk wat daar op jou geplaas is nie. Teenstand en terugslae sal altyd daar wees. Moenie daarteen baklei om dit uit die pad te probeer kry nie. Sien dit as ‘n geleentheid om jou geestelike krag ten toon te stel. Bly vasberade in wat jy geroep is om te doen asof die teenstand nie eers daar is nie. Jesaja is geroep om vir Isarel te preek en daar is sommer van die begin af vir hom ges niemand gaan luister nie! (Jes. 6). Wie van ons sou kans gesien het om dit te doen? En wat van Noag wat moes ark bou terwyl almal met hom gespot het? Dit is geloof, lydsaamheid en geduld.

    Maar moet nou nie die fout maak om hierdie geestelike krag van vers 11 in isolasie te sien en net daarop te konsentreer nie. Behalwe lydsaamheid en lankmoedigheid is daar nog baie ander mooi deugde in die lewe. Ons het alreeds tevore gewaarsku dat die Bybel nie net van ons “mooi mense” wil maak nie. Jou lysaamheid en lankmoedigheid moet nie vir jou die ideaal opsigself wees nie. As dit is, word jy maar net ‘n humanistiese filantroop soos moeder Theresa of wie ookal. Nee, die geestelike krag van vers 11 is baie ver van aangeleerde humanistiese deugde. Dit begin by vers 9. Jy leer eers die wysheid van God soos geopenbaar in die geskrifte vir die bedeling van genade. Jy leer dit alles. Dan gaan jy na vers 10 en jy oefen jouself daarin om ‘n lewende en handelende bewys te word van die waarheid van dit wat jy leer. Eers dan kom jy by vers 11 en vra vir Jesus Christus om jou met sy eie teenwoordigheid in jou lewe te bekragtig met die krag van sy sterkte. Ons leer dus die evangelie en namate ons dit bemeester en meer volledig uitleef, begin die goddelike deugde vir 'n Christen van vandag in jou oorneem.

    Let op: Paulus is nog steeds besig om te bid. Van vers 9 af. Laat vers 11 by uitstek nie iets wees vat jy “nastreef” of “aankweek” op jou eie nie, maar ‘n persoonlike gebedsaak. In hierdie gebed moet ons lydsaamheid en geduld ook reeds na vore kom. Moet nooit ophou om hiervoor te bid nie!

    Nou groet ek weer tot volgende keer. Mag die krag van God se genade julle werklik dra en op koers hou, wat ookal gebeur!

    David
    Last edited by David2; Feb 28th 2008 at 02:46 AM.

  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    David,

    Dankie vir hierdie aangename lekker-lees plasings. Ek is die enigste een wat nog gereageer het, maar dit lyk of hier heelwat mense is wat kom lees.
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere



  13. #13
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916
    Ferdi
    Dit is lekker om die goed te skryf. Mens bou jou kennis uit en bou ook aan jou eie arsenaal geskrifte wat jy weer vir watter doel ookal kan gebruik. As dit dan nog vir een of twee ouens die moeite werd was om dit te lees, dan is dit net 'n bonus.

  14. #14
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916

    Kol. 1:12 - Om God met blydskap te dank

    Ek groet weer alle Lighuisers

    Hier by vers 12 sal ek aansluit by die 83 vertaling wat die woord blydskap koppel aan vers 12 eerder as vers 11: Julle moet die Vader met blydskap dank wat julle geskik gemaak het om deel te h aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Of kom ons bly liewer by die bewoording van die ou vertaling en ons sit net die blydskap daarby in: En die Vader met blydskap mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te h aan die erfdeel van die heiliges in die lig. Nie n groot verskil nie, maar ek hou nie daarvan dat die nuwe vertaling wil h dat ons moet wag vir die erfdeel in die lig nie. Ons het dit nou alreeds. Ja ek wag ook vir die dag wanneer ek dit in volle heerlikheid sal aanskou en beter verstaan, maar in die gees is ek nou reeds daarin. Waarom anders word die verlede tyd so pertinent hier gebruik: bekwaam gemaak het. Dit is n feit en n totaal afgehandelde saak. God het jou bekwaam gemaak vir daardie groot erfdeel in die lig. Die lig begin nie eers by die hiernamaals nie. Ons het nou reeds oorgegaan uit die duisternis in die lig.

    Paulus se gebed begin eers met dank in vers 3 en gaan daarna oor in die voorbidding of gebedsversoeke wat hy voor die Here bring. Dit begin by vers 9. Die dank hier in vers 12 is nie sy dank nie, dit is deel van sy bede. Hy bid dat die Christene van Kolosse die Vader voortduurend met blydskap sal dank. Miskien is dit nogal iets om aan te dink: Onthou, daar is iemand wat bid dat jy altyd in jou gebede die Here met blydskap sal dank!

    Wie is dit wat ons bekwaam gemaak het om die ewigheid saam met God in die lig deur te bring? Waar is daardie teologie wat s dat dit halfpad die werk van Christus aan die kruis is en halfpad my werk van bekering wat my gered het? So n teologie pas eenvoudig nie hier by vers 12 in nie. Ook nie by vers 13 en 14 wat volg nie. Verlossing is van die Here, alles net van Hom en Hy moet daarvoor volkome al die dank ontvang. Onbekwame en onwaardige mense wat in sonde en selfsug gebore is, is deur God waardig gemaak om die domein van volkomenheid vir ewig te bewoon!

    Hierdie vers maak geen apl of stel geen voorwaarde op iets wat ons moet doen om daardie erfenis deelagtig te word nie. Al wat hier gevra word is dat ons sal dankie s oorvloedig, voortduurend en met blydskap dankie sal s vir dit wat ons gekry het. Tog weet ek en jy diep in ons hart as ons hierdie vers lees, wat die praktiese implikasies daarvan vir ons is. Hoe lyk so n mens wat nie homself op die skouer klop vir sy geestelike prestasie nie, maar wat baie goed weet, dit is genade, suiwer onverdiende genade. Traakmynieagtigheid is meer n eienskap van selfgesentreerde mense. Begenadigde mense is dankbare mense s hierdie vers, en dankbare mense vertrap nie die gawe wat aan hulle toebedeel is nie.

    n Groot deel van hierdie dankbaarheid gaan oor die voorreg om in die lig te kan wees saam met Jesus Christus. Hoe kan mens God aan die een kant loof dat Hy jou in die lig geplaas het en aan die ander kant willens en wetens voortgaan met werke van die duisternis? Leer ook van Spreuke 4:18: Die pad van die regverdiges is soos die lig van die mreglans wat al helderder word tot die volle dag toe.

    Nou groet ek weer in blydskap en dankbaarheid.
    David

  15. #15
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Wie is dit wat ons bekwaam gemaak het om die ewigheid saam met God in die lig deur te bring? Waar is daardie teologie wat s dat dit halfpad die werk van Christus aan die kruis is en halfpad my werk van bekering wat my gered het? So n teologie pas eenvoudig nie hier by vers 12 in nie. Ook nie by vers 13 en 14 wat volg nie. Verlossing is van die Here, alles net van Hom en Hy moet daarvoor volkome al die dank ontvang. Onbekwame en onwaardige mense wat in sonde en selfsug gebore is, is deur God waardig gemaak om die domein van volkomenheid vir ewig te bewoon!
    David,

    Hierdie stuk laat my dink aan wat genade sonder verdienste werklik beteken. Wat kan die mens doen, om gered te word? En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.
    (Rom 11:6)


    Ek glo die meeste wat die mens kan doen, is om homself te onderwerp in nietigheid aan God se almag. Redding vind plaas in 'n staat van hulpeloosheid en net hulpelose mense, m.a.w. net die wat werklik 'n Redder nodig het, word aangeraak. As die mens homself kan red, al is dit net in geringe maat, sou 'n Redder oorbodig wees.
    The Rapture

    My dearest friends, Im so sorry so sorry
    but I must confess, dont worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    its before Gods wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    its for all the people in the zoo
    think about it and refresh
    you will see theres no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere



Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Aktiveer jou privaat boodskap funksie so
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Oct 18th 2007, 05:49 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •