Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 31 to 35 of 35

Thread: NGK kan weer gesond word

  1. #31
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    6,024

    NGK moet gesond word

    Hi almal

    Net iets om aan te dink. Ek is al lank besig om oor die onderwerp te dink en te stoei. Tot nou toe is ek oortuig dat ek 'n bydrae het om te maak binne in die NGK omrede dit ook die bruid van Christus is en die Here nie vir my anders geopenbaar het nie.

    Ons moet onthou dat die NGK 'n "ou" kerk is. Daar het sekere praktyke ontstaan in 'n tyd wat baie anders is as die waarin ons nou leef. So was die oorgrote meerderheid lidmate op 'n tyd nie geskoold nie en kon hul die Woord nie self lees nie. Ek vermoed dat die Kerk klem op sekere dinge soos die werking van die Gees "afgewater" het om lidmate te probeer beskerm teen dwaalleraars ens. Dit was belangrik om die Woord en die verkondiging van die saligheid van Christus te verkondig as om mense te bemagtig met die kragte van die Gees.

    Ek hoop dit maak vir julle sin. Die werking van die Gees en die Gees dimensie is baie kragtig asook gevaarlik. Indien mens nie wedergebore is en die beskerming van die Heilige Gees het nie, is jy 'n maklike prooi vir die Duiwel en sy dwaalleraars.

    Dit is waarom ek dink dat sekere goeie eienskappe van die ware Kerk op die agtergrond is in die NGK. Die NGK het 'n struktuur probeer skep om die gelowiges te beskerm teen die gevare.

    Tye het egter verander en die Duiwel se aanslae ook. Ons almal is vandag bekommerd dat die struktuur van die NGK vandag die probleem is en self dwaal sowel as die opleidingsentrums van die Kerk. Ek voel ook dat ons baie moet bid vir die Kerk en vra dat die Here die Kerk weer sal herstel tot haar vorige glorie as bruid van Christus. Daarvoor het ons die krag van gebed nodig van alle gelowiges, maak nie saak van watter denominasie nie. Ons as Christene kan nie s dit maak nie saak of die NGK tot niet gaan of nie. Dit is 'n medebroer van ons in die geloof en dit is ons plig om 'n broer te help wat afvallig geword het.

    Dit is belangrik dat ons as wedergebore Christene eensgesind sal wees in ons optrede en sal optree. Die Here gee ons die opdrag om nie skaam te wees vir Hom nie. As ons in 'n Christelike gesindheid die Kerk wys op sy foute sal die Here getrou wees en sy Gees sal die veranderinge bewerkstellig. Dit kan 'n toets vir ons almal wees om te sien of ons Christus bo alles stel, selfs die Kerk.

    Dit maak my baie hartseer as party medebroers en susters die NGK verlaat en dan baie neerhalend is teen die "ou Kerk". Soos ek reeds ges het dit bly die bruid van Christus. Ek bestudeer gedurig die Woord sowel as die belydenisskrifte van die Kerk. Ek wonder of baie gelowiges vandag dit nog bestudeer. (Ek dink die probleem begin met Sondagskool). Volgens my is die Kerk op vaste fondamente gebou d.i. Christus. Die probleem is nie dit waarvoor die Kerk staan volgens sy belydenis nie, maar die uitvoering daarvan deur sy amptenare. Ja, ek het ook 'n probleem met die Kerk se onvermo om vandag standpunt in te neem. Miskien is ons te bang om die opdrag van tugtiging toe te pas.(Mat 18)

    Om die situasie op te som volgens maatskappybeginsels. Die grondwet van die Kerk is gesond en hoef nie verander te word nie, maar die Kerk se direksie is op die verkeerde pad en behoort verander te word.

    Jesus groete

    Kalahari

  2. #32
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Jeffreysbaai Suid Afrika
    Posts
    29
    Dankie vir jou antwoord Willem . Ek dink mens kan vir jouself baie baklei en onnodige frustrasie spaar deur die volgende te besef .

    Ons is gestuur om vissers van mense te wees . Ons is gestuur om die vis te vang ,nie om dit skoon te maak nie . Dit kan God Alleen deur Jesus Christus doen omdat dit in mense se HARTE gedoen moet word . Ons kan nie eers daarin sien nie ,wat nog te se daarin werk !

    1 Korinthians 2:11 AOV
    (11) Want wie van die mense weet wat in n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

    Soek mense wat bereid is om jou wandel in die Gees en die Woord te respekteer . As hulle dit nie doen nie ,gaan weg van hulle af . Skoon gaan jy hulle verseker nie maak nie . Jy is nie vir hulle geroep nie . God kan miskien iemand anders gebruik ,maar terwyl hulle jou nie respekteer nie ,is dit nie jy wat kan help nie .
    Groetnis

  3. #33
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Baie welkom Kalahari!
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  4. #34
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Kalahari, Welkom! (dankie Lanie my maniere is nie aldag op dreef nie )

    Dankie vir die insig, sien weer vandag die Here werk op sy manier en maak deure oop waar nodig? in ons gemeente. Ek wil nie oordeel nie , want dan sal ek ook so geoordeel word!

    Maar waarsku oor goed wat Woord se?; miskien meer Woord deel met gemeente /vriende / kollegas ens. dit sal ek meer en meer moet doen dink ek. Weet nie of dit in Woord ook staan nie, maar eenkeer iemand gehoor wat se ;

    "evil succeeds when good men say/do nothing"

    Intussen gered/ teruggekom as verlore kind en weet nou dat good men niks daarmee te make het nie! Soos Angus se" Good people don't go to heaven , believers do!" ( met verwysing na geloof en vertrou en hoop op Jesus as seun van God en jou redder en Here en koning van jou lewe )

    So vir seker moet ons meer bid soos jy se, maar miskien kan ons ook meer goed deel wat woord se en so mense laat hoor wat God te se het...... ek weet ek het baie goed nie geweet nie en baie hier geleer (dankie almal)
    al was ek al 20 jaar konstant in kerk en betrokke ens.

    Grace for Life,

    ek weet ek kan nie skoonmaak nie.. ... .... dis net asof iets vir my se ek moet nog bly... en as Hy my kon vang in die kerk ( vis ) dan dink ek mag daar nog visse daar wees wat ons vir Hom kan vang en een van die hartseerste goed in die Woord vir my is die mense wat eendag gaan dink hulle het Hom gevolg en wat weggejaag gaan word omdat hulle Hom nie geken het nie.... juis lidmate wat net suiker klontjies gevoer word en bv nie gese word dat self mense wat net jok , en dis so algemeen vandag , gaan hel toe gaan nie! Jy moet jouself ondersoek en kyk of jy vrug van Gees dra. Moenie slaap nie word wakker! Miskien moet ek net vir een mens daai wekker wees wat die Here gebruik om hom/haar wakker te maak

    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  5. #35
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Grace Life View Post
    Denominasies bou wild en wakker net soos hulle wil op hulle eie fondamente wat nie deur die gawes wat aan die volle Liggaam van Christus gegee is , getoets en bevestig is nie .Wat maak die gawes so spesiaal dat hulle oordeel belangrik is ? .Hulle praat nie net nie . Hulle teologiseer nie net nie ,hulle DOEN ook . Hulle dra die gesag en Krag van Christus en ELKE gelowige sal geen twyfel daaroor h nie . Hulle het ook uitstekende ervaring . Hulle word eers deur Christus Self beproef VOORDAT hulle deur God aanbeveel word . Hulle swot nie daarvoor nie . God maak hulle bekwaam . Hulle beweeg in groot gebiede binne die Liggaam van Christus rond en kan dus gou -gou onderskei as 'n gemeente op 'n dwaalspoor is . Wanneer Paulus in 'n gemeente ingestap het , kon hy dadelik onderskei wat verkeerd was . Hy het gesag afgedwing en die wat opreg was het hom gerespekteer op grond van die vrugte wat hy gedra het .
    Grace Life

    Jy maak in die aanhaling hierbo aanhalings wat nie gegrond is nie. Hoe kan jy se dat ALLE denominasies nie op die regte fondament bou nie? Op grond waarvan kan jy alle verskillende denominasies oor dieselfde kam skeer? Glo jy werklik dat geen enkele denominasie op die regte fondament (Christus) bou nie?

    Ek stem volmondig saam met jou wat die gawes betref. Maar daardie gawes kan ook binne 'n denominasie aangewend word tot voordeel van die Liggaam?

    Dan maak jy ook 'n opmerking oor gelowiges wat nie "swot" nie maar deur die Here toegerus word. Weet jy, ek het 'n probleem daarmee. As iemand ander wil leer, is dit myns insiens noodsaaklik dat hy kennis opdoen. Sektes ontstaan wanneer mense sonder enige opleiding die Woord begin interpreteer....Noem vir my een enkele voorbeeld uit die Bybel waar iemand begin preek het sonder dat hy eers opleiding ontvang het. (Behalwe natuurlik Jesus self) Nou se ek nie hiermee dat 'n persoon noodwendig sewe jaar moet swot en sekere grade moet he om te kan preek nie, maar daar moet 'n mate van opleiding wees. 'n Mens moet 'n basiese kennis he van die agtergrond waarteen die Bybel geskryf is, asook die skrywers, kultuur van die tyd ensovoorts om die Bybel in konteks te kan verstaan. Ek voel persoonlik nogal sterk daaroor dat iemand wat deur die Here geroep is om ander te leer, 'n mate van kennis moet opdoen.

    En ja, ek dink verskillende denkpatrone en denominasies is ongelukkig 'n gegewe wat ons moet aanvaar - dit sal nie in hierdie dimensie waarin ons leef verander nie. Dit is beslis nie ideaal nie, maar hoe anders stel jy voor ons hanteer die probleem van verskillende Skrif interpretasies? Een ou glo die Bybel leer van 'n wegraping, die ander lees dieselfde Bybel en se, nee, daar is nie so iets nie. Een ou glo jy kan maar as baba gedoop word, die ander ou se die Bybel se jy moet eers glo. Een ou glo jy mag nie hande klap in die kerk nie, en 'n ander weer glo daar is niks mee verkeerd nie. Een ou glo jy mag nie dromme in die kerk speel nie, 'n ander het geen probleem daarmee nie. Een ou glo denominasies is verkeerd, 'n ander glo dat dit 'n praktiese manier is om verskille tussen mense te hanteer, ens ens ens... Tog kan al hierdie mense wedergebore wees en dus deel vorm van die Liggaam van Christus, al verkil hulle van mening. Hulle lees dieselfde Bybel, hulle bou op dieselfde fondament, hulle gebruik dieselfde gawes, maar hulle verskil onderling oor minder belangrike goed. Hoe hanteer ons hierdie verskille?

    Ek glo die oplossing is om te aanbid op die manier en plek waar jy persoonlik mee gemaklik is. Om daar tussen ander gelowiges wat ook soos jy glo, te aanbid en jou gawes tot voordeel van die gemeente aan te wend. MAAR jy mag nooit jou groep eksklusief maak nie. Jy moet besef dat ander mense, wat nie noodwendig met jou saamstem oor alles nie, ook dalk reg kan wees, en meer nog, dat ander wat nie altyd met jou saamstem nie, ook gered kan wees. Met ander woorde hulle is deel van dieselfde Liggaam waaraan jy deel is, hulle is broers en susters. Daar kan nie van "ons" en "hulle" gepraat word nie. Al verskil ons, kan daar by christene net sprake van "ons" wees.

    Natuurlik praat die Bybel nie van denominasies nie, want daar het nog nie denominasies bestaan nie. Die verskille het eers later gekom. (Ek glo persoonlik dat dit die werk van die satan was) En name beteken op die ou end niks, dis maar net 'n woord waarmee die bepaalde groep van ander onderskei kan word. Almal kan tog nie net bekend staan as "kerk" nie, dink net watter verwarring dit sal veroorsaak. Ons moenie te veel waarde heg aan die name van denominasies nie.

    Weet jy, dit is eerlikwaar hoe ek die saak sien. Ek verstaan wat jy se, en ek stem saam dit sou wonderlik wees as dit so eenvoudig kon wees. Maar dit is nou maar eenmaal nie. Ek hoop jy verstaan wat ek probeer se.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •