Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 35

Thread: NGK kan weer gesond word

  1. #1
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614

    NGK kan weer gesond word

    Ek open hierdie draad doelbewus nie op die kontroverse forum nie want ek wil graag he dat almal dit moet lees. Maar as die moderators voel om dit soontoe te skuif, is julle welkom. Ek besef at die NGK al male sonder tal op hierdie forum bespreek is en dat die onderwerp al deurgetrap is. Ek dink die meeste van ons stem min of meer saam oor hierdie onderwerp. Maar na die soveelste snedige opmerking oor die NGK op ander drade, het ek gevoel dat ek die saak hier bietjie in perspektief wil stel.

    Laat ek dit eerstens duidelik stel dat ek saamstem dat die NGK op hierdie stadium “siek” is. Dinge is beslis nie in orde binne die NGK nie. Oor die detail hoef ek nie hier verder uit te brei nie, julle weet waarvan ek praat. Op hierdie oomblik is ek self in die proses om die NGK na 52 jaar te verlaat, wat vir my redelik traumaties is, maar daar is goeie redes daarvoor. Die feit is egter dat ek glo daar wel hoop vir die NGK is, al weet ek almal hier gaan nie met my saamstem nie. Sien, ek het die afgelope tyd so bietjie eerstehandse inligting bekom, wat my opgewonde maak. Oor die detail kan ek uiteraard nie uitwei nie, maar daar is beslis hoop…..

    Dis belangrik om te weet dat die dinge wat in die pers verskyn, en die persone wat in die openaar uitlatings maak en dwaalleer verkondig, nie noodwendig die NGK verteenwoordig nie. Dis meesal individue (wat welliswaar in sleutelposisies staan) wat op hul eie optree. Ook die besluite wat deur die sinode geneem word, verteenwoordig nie altyd die deursnee gevoel van lidmate en leraars in die NGK nie. Wat my die meeste pla van alles rondom die NGK, is die kerk se oenskynlike onvermoe om stndpunt in te neem. Wanneer dinge in die openbaar gebeur, of uitlatings gemaak word, bly die NGK stil. Ook die afgewaterde en niksseggende besluit van die sinode rondom homoseksualiteit is ‘n goeie voorbeeld van hierdie “neutraliteit” wat tans in die NGK heers. Maar die feit is dat gemeentes op grondvlak beslis nie gelukkig is met die situasie nie, en dinge is besig om af te stuur op ‘n grootskaalse konfrontasie. Dat dit gaan lei tot die skeuring van die kerk, is redelik seker. Maar die groot vraag is, wie gaan loop en wie gaan bly?

    Die gevoel van baie lidmate en leraars op grondvlak in die NGK is op hierdie stadium dat die dwaalleraars en “probleempersone” in die minderheid is. Daarom word daar gepraat van “om ons kerk terug te vat” eerder as “om die kerk verlaat” Die gevoel is dat die sondebokke die pad moet vat en dat die NGK weer waarlik “kerk van Christus” moet word. Maar indien dit nie gebeur nie, is dit onvermydelik dat lidmate en leraars op groot skaal die kerk gaan verlaat en ‘n nuwe kerk gaan vorm. Daaroor het ek min twyfel.

    Die punt wat ek wil maak, is dat ons moet begin om ernstig vir die NGK en sy lidmate te bid, eerder as om snedige aanmerkings oor die kerk te maak. By God is enigiets moontlik, en die kerk KAN weer gesond word! En om op die kantlyn te staan en te kritiseer, is maklik, maar dit is nie God se wil nie. Ons wat wedergebore is (waarvan daar duisende in die NGK is) is immers almal deel van dieselfde familie. Laat ons dus ophou om vinger te wys en te veroordeel, en laat ons mekaar se hande vat, en saam iets begin doen aan die probleem.

    Ek hoop julle hoor my hart!

  2. #2
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Ook die besluite wat deur die sinode geneem word, verteenwoordig nie altyd die deursnee gevoel van lidmate en leraars in die NGK nie.

    Baie dankie vir jou skrywe Gene. Natuurlik wil niemand sien hoe 'n kerk "vou" nie, alhoewel ons almal hier geredelik kan saamstem dat daar ernstige veranderinge nodig is. Wat my egter pla is die gedeelte wat ek bo aangehaal het. Hoe gesentraliseer is die kerk ? Kan 'n gemeente haarself losmaak van 'n sinodebesluit waarmee daar nie saamgestem word nie ?

    Behalwe vir die huidiglike gesprekke oor gays en die bestaan van die duiwel, sit die kerk natuurlik nou nog met die tammeletjie van kerkvereninging, en ek dink eerlikwaar dat dit hierdie punt, en nie 'n teologiese debat gaan wees wat die kerk gaan seermaak soos nog nooit tevore nie. Politiek en Godsdiens meng soos olie en water, en hierdie kerkvereniging storie is niks anders as 'n politieke speelballetjie, met ondere andere die kerk se bates wat op die spel is nie.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Hoe gesentraliseer is die kerk ? Kan 'n gemeente haarself losmaak van 'n sinodebesluit waarmee daar nie saamgestem word nie ?
    Fila

    Ek is nie seker wat jy bedoel met jou vraag nie. Die gemeente waar ek tans nog aanbid, is een van baie NG gemeentes wat op hierdie oomblik besig is met stappe om hulle amptelik te distansieer van sekere besluite en gebeure. Maar ek dink nie dis my reg om op hierdie stadium hier verder oor die detail daarvan uit te brei nie. Al wat ek kan se, is dat die gemeente, (en baie ander gemeentes) 'n punt bereik het waar hulle se, tot hiertoe en nie verder nie - dinge moet nou na 'n punt beweeg...

    Wat betref die eenwording, dis natuurlik vir my persoonlik 'n baie teer punt. En dit is iets wat beslis aangespreek sal moet word. Maar op hierdie stadium dink ek die probleme binne die NGK self is eers besig om op die spits gedryf te word. Die tyd sal leer.....

  4. #4
    Dit is inderdaad baie interesante nuus Gene. Ek respekteer jou besluit om nie meer inligting weer te gee nie, en ek hoop regtig dat wendinge soos hierdie net goeie dinge vir die NGK gaan inhou, alhoewel my eerste indrukke van jou skrywes vir my klink asof die kerk perdalks op die rand van 'n skeuring staan. Ek het as voorbeeld gedink dat 'n gesaghebbende gemeente soos Moreletta haar al lankal sou afsny van die sentrale sinode, en duidelik was ek tot dusver verkeerd gewees. Ek hoop dus dat die "behoudenis" eerder die kerk in 'n bepaalde rigting sal lei , eerder as om te waai. (Indien so iets enigsins kerkregtelik moontlik is)

  5. #5
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Strand, Western Cape
    Posts
    65

    Hallo Gene

    Ek hoor jou hart en ek sien ook jou seer, want ja, dit is sleg om nou iets te moet vaarwel roep waar jy solank in veilig gevoel het, gevoed was en goeie tye beleef het. 'n Mens het asteware jou "plek" voor God in die NGK gevind . . .

    Vergun my om hier 'n ander kant van die saak ook aan te roer.
    (verskoon asb as ek nou heeltmal uitlyn is en as ek die "punt" eerder op 'n ander lyntjie/draadjie moet plaas)
    Maar vir my, is daar 'n groot gevaar in die opset van die kerk en sy struktuur... en dit is: Ek leer nooit om werklik self op te staan vir dit wat ek glo nie. Ek kan maklik agter die kerk "wegkruip". Die NGK het nog altyd die vermoeë gehad om vir sy lidmate in die bres te tree, want die Kerk moes sy kant van die ooreenkoms hou wat hy met die lidmate met hul aanneming\voorstelling gemaak het.

    Gaan lees gerus weer die bewoording van jou belydenis aflegging... Jy sal sien dat jy eintlik Ja sê vir die Kerk en nie vir God nie . . .

    Ek dink dit is miskien 'n goeie ding dat die "ware" gelowiges nou so bietjie gedwing word uit hul "comfort zone" en moet leer om op hul eie twee beentjies te staan.

    Uit my eie lewe kan ek maar net die volgende getuig:
    As ek sê dat ek is 'n tee sakkie en ek lyk en ruik soos 'n tee sakkie, is dit nog nie te sê dat ek IS 'n tee sakkie nie . . .Die Waarheid rondom wie ek is word eers duidelik as ek in WARM water gedompel word.

    Glo my God is getrou en toe ek die bogenoemde beginsel gesnap het en toe gevra het om getoets te word . . . is my gebed gehoor en dit is beantwoord... O ja, ek het omtrent ge-"moan" en ge-"groan" toe dit wel gebeur, maar vinnig was die reaksie..."Jy het dan gevra hiervoor en dis vir My, God, die beste...!
    Deel van God se antwoord op my gebed was dat ek moes die NGK afsê en net vir God aanbid, want God is 'n jaloerse Elohim en hy wil my self leer.

  6. #6
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Smuggler

    Ja, die Here loop met elkeen van ons 'n pad en 'n mens moet gehoorsaam wees wanneer Hy jou stuur, al maak dit seer. Persoonlik loop ek al lank met hierdie worsteling, maar tot dusver was ek gelei om te bly en 'n verskil te probeer maak. Interressant dat ek in 'n lewende gemeente beland het en dat die wending wat die saak nou geneem het, begin het nadat ek finaal die "opdrag" van die Here gekry het om die pad te vat....

    Ja daar is baie dinge in die NGK wat aangespreek moet word, en ons sal moet wag en sien of die kerk heel anderkant gaan uitkom. (Een van die eerste dinge sal myns insiens wees om weg te doen met die teologiese fakulteite by universiteite, en terug te keer na 'n Teologiese Seminarium, waarheen dosente deur die kerk beroep word en nie deur die universiteit aangestel word nie) Maar die feit is dat daar lig in die tonnel blyk te wees. En juis daarom dink ek ons moet almal vir die NGK en sy lidmate bid soos nooit tevore nie.

    Fila, ek is nie seker of die inligting waaroor ek beskik, vertroulik is nie. Dit is beslis sensitiewe inligting en daarom wil ek nie op hierdie stadium meer uitbrei nie. Net 'n ander gedagte, die stigting van die EI (Evangeliese Inisiatief) dink ek was die begin hiervan. Baie mense (veral miskien 'n gemeente soos Moreletapark) het gehoop dat dit groter vrugte sou afwerp, wat tot nou toe nie regtig gebeur het nie. Nou voel mense die tyd is ryp om die bul by die horings te pak.

    Die ander probleem is natuurlik dat duisende lidmate eenvoudig vas aan die slaap is in hul gemaksone, maar soos dinge op die spits gedryf word, word mense (soos Smuggler ook opgemerk het) gedwing om op te staan en 'n besluit na een of ander kant toe te neem. Voorwaar interressante tye......

  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,634
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Ek open hierdie draad doelbewus nie op die kontroverse forum nie want ek wil graag he dat almal dit moet lees. Maar as die moderators voel om dit soontoe te skuif, is julle welkom.
    Eugene,

    Dit sal jammer wees as mens hierdie saak nie in lig van die oop forums kan bespreek nie. Mens is 100% oortuig dat hierdie draad nie in die kontroverse forum hoef te eindig nie. Elkeen sal egter net seker moet maak dat emosies en gesindhede te alle tye stigtend en realisties bly.

    Daar is verseker positiewe dinge in die NGK, maar verseker ook dinge wat ernstige kommer wek. Enige regverdige mens teenoor die waarheid, sal beide pole in die NGK moet erken. Mens hoop werklik hierdie draad kan 'n seën wees vir diegene wat dit lees...
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  8. #8
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Alhoewel ek ook oppad uit die NGK is, behoort ek ook aan 'n nasionale forum wat staan teen die dwaallleringe en liberale teologie in die kerk, en bid dus ook gereeld vir die kerk en haar dwaalleringe. My seun wat finale jaar katkisasie is, is my laaste draadjie met die NGK

    Om die kerk "terug te vat" is nie maklik nie, daar is te veel gevestigde belange soos pensioene en eiendomme wat miljoene werd is.

    Wat die kameel se rug gebreuk het, is toe ek agterkom die NGK het 'n sleutelrol gespeel in die Wet op Burgerlike Huwelike (tussen gays).

    Ek voorsien wel 'n tipe van "kanton" stelsel waar gemeentes baie los van die Sinode gaan voortbestaan

    Dan is daar natuurlik ook die probleem met dalende lidmaatgetalle, wat ook een van die redes is vir al die foefies wat ingebring word.

    Ek is ook baie hartseer, maar in hierdie Laaste Dae wil ek aanbid in 'n kerk waar die Heilige Woord suiwer verkondig word.

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  9. #9
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Roelof se besware en bekommernisse was ook my besware en bekommernisse toe ek die NGK verlaat het. Uit my ondervinding was dit 'n stryd teen 'n sisteem wat nie gewens sou kon word nie en die enigste manier wat ons hierdie stryd kon stry was om diegene binne die kerk te waarsku oor dit waarvoor hulle hul ore uitleen, want ek was met my bakleiery tot by sinodale vlak en daar is dit uiteindelik toegesmeer. Die probleem tans is dat die manne wat die "shots call" bo die manne is wat die dwalilnge die gemeentes instuur.

    Ek stem saam met Eugene, die enigste manier hoe dinge kan verander is deur terug te beweeg na die seminarium/onafhanklike kweekskool sisteem om buite die invloed van die sekulere wereld te kom.

    In my opinie het die groot probleem gekom met die NGK se betrokkenheid by politiek wat die kerk 'n magsposisie gegee het. Nou het die kerk daardie magsposisie verloor en het geen meer vaste fondament om op te staan nie en dus val die struktuur uitmekaar. Die fokus het lank terug verskuif vanaf God na die wereld en die resultate is nou duideliker as ooit. Die NGK sal homself totaal moet suiwer van bo af en weer heilig word, afgesonder vir God, uit die wereld, want op hierdie stadium funksioneer die NGK in my opinie net soos 'n groot sekulere klub. Daarmee se ek nie alle gemeentes binne die kerk is so nie, maar dit is die struktuur wat tans daar is en dit gaan baie moeilik wees vir enkele gemeentes om appart die struktuur aan te vat en staande te bly en nogsteeds erken word as NG Kerke. Ek kan tans nie sien hoe dit moontlik is nie, want daar word allerhande planne gemaak, maar die kerk in geheel wil homself nie voor God verootmoedig nie.

    En die virus van liberale teologie is baie verder versprei as wat ons bewus is, ons het inligting bekom van mense in die topstrukture van die sinode, mense wie ek nie hier gaan noem nie, wat vir ons skokkende inligting meegedeel het oor die geestelike toestand van die kerk se "leiers" en dit waarvoor hulle staan. Daarom glo ek dat verandering van bo af sal moet kom, maar soos Roelof ook se, daar is miljoene se bates hier betrokke wat hierdie belanghebbendes nie sommer net gaan opgee nie.

    Voorwaar, dit maak my baie hartseer.

  10. #10
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Strand, Western Cape
    Posts
    65
    Goeie môre Roelf

    Is jy bewus van die Sarel van der Merwe DVD's (Nuwe Strominge in die teologie) wat die dwaalinge in die NKG en ook hulle toekoms visie van die kerk ondersoek en bloot lê?
    Daar is nou ook 'n opvolg wat so pas bekend gestel is , waarin daar oa. gekyk word na hoe moet ek en jy dit hanteer. Ek het vir my so 'n stelletjie bestel en wag nou geduldig daarvoor . . .

    CFJ Mag ek die inligting rondom die DVD's hier plaas ?

    WaarheidTeenoorLeuenmultimedia produksies

    DVD’s en CD’s oor DWAALLEER in die KERK en TEOLOGIE

    1. “Nuwe” Strominge in die Teologie: Word die Hart van die
    Evangelie Uitgeruk?

    1-UUR DOKUMENTÊRE DVD oor die dwaalleer van die sg Jesus
    Seminaar en die Nuwe Hervorming en hoedat dit die Teologiese
    Opleiding van die die NG Kerk infiltreer. Hier kan u aan die hand van
    eksklusiewe video-materiaal, die standpunte van verskeie teoloë uit hulle
    eie mond hoor.
    ’n MOET SIEN vir elke Christen wat dit nog nie gesien het nie.
    Koste: R 100 + R 20 versending = R120. Spoedpos: R 30 ekstra
    Vir meer inligting oor die DVD sien aanhegsel è

    2. Dwaalleer in die Kerk en Teologie.

    STEL VAN 3 LERING DVD’s (± 6 ure in totaal) opgeneem voor ’n gehoor
    tydens ’n dagseminaar aangebied deur Sarel van der Merwe.

    DVD 1 ˜Persoonlike getuienis Sarel vd Merwe: Bekering vanuit die New
    Age Beweging.
    ˜ Wat is Dwaalleer ? – ’n Bybelse Perspektief (aanbieder saam
    geredigeer met Power Point aanbieding van Skrifgedeeltes).

    DVD 2 ˜ In diepte Kritiese Evaluering van die verskillende aspekte van
    die dwaalleer waarna kortliks in die Nuwe Strominge DVD
    verwys word soos die sg “Nuwe” Wêreldbeeld, Godsbeeld,
    Christologie, ens (saam geredigeer met aanhalings van teoloë).
    ˜Weerlegging van die teëwerpinge van die teoloë teen die Nuwe
    Strominge DVD.

    DVD 3 ˜ Hoe moet ons Dwaalleer in die Kerk hanteer ? – Bybelse en
    praktiese riglyne (saam geredigeer met Skrifgedeeltes).
    ˜ 8 Bybelgelowige Christene vertel hulle persoonlike verhale van
    hoe hulle deur dwaalleer uit hulle eie gemeentes verdryf is.
    Koste: R 180 vir die stel van 3 DVD’s + R 20 versending = R200.
    Nuwe Strominge DVD + Dwaalleer reeks van 3 DVD’s beloop
    R100 + R180 + R20 versending = R 300. Spoedpos: R30 ekstra

    3. Teologiese Opleiding van die NG Kerk Onder Skoot .

    1-UUR CD van ’n debat oor die Nuwe Strominge DVD tussen Sarel van
    der Merwe (vervaardiger van die DVD) en prof Cas Vos en dr Flip du Toit
    (van die Fakulteit Teologie van Tukkies) – uitgesaai tydens twee
    agtereenvolgende RSG Oopgesprek radioprogramme. Hierdie CD werp
    heelwat meer lig op die verskillende sake wat in bg DVD’s ter sprake kom.
    Koste: Hierdie CD word GRATIS saamgestuur wanneer enige van bg
    DVD’s bestel word.

    4. The Emerging Church.

    45 MIN CD van ’n radio-onderhoud met Roger Oakland oor sy boek
    Faith Undone: The Emerging Church – A New Reformation or an End-Time
    Deception ? Die sg Emerging Church is die mees resente “Stroming” in die
    Teologie waardeur allerhande vorme van misleiding die Christelike Kerk
    binne gedra word. Dit is uiters belangrik dat elke Christen kennis neem van
    die tydige waarskuwing op hierdie CD.
    Koste: Hierdie CD word GRATIS saamgestuur wanneer enige van bg
    DVD’s bestel word.

    HOE U DIE BG DVD’s MET MEEGAANDE CD’s KAN BESTEL:

    TELEFONIES is die maklikste. Skakel ons by : Tel (011) 472- 6964
    Sel 082 689- 7603

    OF per E-POS by sarelwtl@telkomsa.net

    OF per LANDPOS by Posbus 88, Florida Hills, 1716.



  11. #11
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Smuggler

    Jy kan gerus dit is doodreg, ek weet oom Sarel sal nie omgee as dit hier beskikbaar is nie. Oppas net dat jy nie dalk my bakkies sien op daardie nuwe DVD nie, jy mag dalk skrik, ek het toestemming gegee dat hy my daar mag opsit, maar ek weet nie (en hoop eintlik nie) hy het nie

  12. #12
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Ek dink ek mag dalk op DVD 3 wees, o gits, ek het gedink die oom grap

    Ek gaan wegkruip

  13. #13
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Strand, Western Cape
    Posts
    65
    Ah ha! Phil is beroemd ! (sien my raak, sien my raak) . . .
    Of is dit berug ??? (ek hoop nie iemand sien my HIER nie)

  14. #14
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Nee ek weet nie, ek sal maar eers self moet gaan seker maak of ek op die DVD is

  15. #15
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699

    NGK lidmate inligting e-pos

    Hi Julle,

    hoekom stel ons nie 'n e-pos saam met basiese bybelverse wat verduidelik hoekom die Gay kwessie nie volgens God is nie, hoekom teologiese kweekskole Jesus se opstanding bevraagteken en dan laat ons dit in die gemeentes in nie. Die deursnee lidmaat on ons kerk wil God eer, wil Hom eerste stel en Hom dien en dis al drie jaar lank terwyl ons ds soek dat dit die vereistes is. So ek het hoop.Maar ek het ook al geleer dat ons baie foute en goed het wat verkeerd is wat reg moet kom.Miskien is dit tyd om die regte vrae te vra en die antwoorde in die Bybel te wys en mense wakker te maak!

    Ek is kapabel en doen so ding, maar sal seriously leiding en bevestiging moet kry dat God dit wil he en dat dit volgens Sy plan is voor ek dit sal doen. Ek glo en vertrou dat hy wel die gebede van ons sal verhoor en ons sal lei of dit nou uit die kerk uit is of om in die kerk te werk en op te staan en te praat teen dit wat teen God se woord is, maar ek weet dat dit geen kans het as dit nie van Hom af kom en volgens Sy wil is nie.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •