Page 1 of 6 123456 LastLast
Results 1 to 15 of 81

Thread: Kersfees

  1. #1
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369

    Kersfees

    Iets wat my pla is die viering van Kersfees. Baba Jesus was nie op 25 Des gebore nie, ons het in die klas behandel dat dit eintlik 'n afgods fees was, wat aangepas is om die Christendom te pas. Baie van die versierings wat ons aan ons kers bome hang, is ook afgods simbole!! Wat my pla, sal jy nie 'n duiwel agter elke bos kan uitskop as jy hom soek nie? Israel is tog toegelaat om hulle eie feeste tesame met God's feeste te gedenk? Wat maak ons nou met kersfees?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Kersfees is inderdaad gebaseer op 'n heidense fees, wat te doen het met die aanbidding van die songod. Maar dit is deur christene oorgeneem om die geboorte van Jesus se te herdenk, en ek se, prys die Here daarvoor! Op 'n plek waar ons 'n gemeente geplant het in Botswana, was daar 'n kantien waar die mense gedrink (moet dalk liewer se, "gesuip" het) en waar geweld aan die orde van die dag was. Ons het gebid dat die Here daar moet ingryp, en Hy het wonderbaarlik. Om 'n lang storie kort te maak, die gemeente hou vandag kerk in daardie selfde lokaal wat vroeer die kantien was. Wat ek probeer se, is dat ek nie iets verkeerd sien in die beginsel om 'n wereldse plek (of dag) vir God te "skaak" nie. Ons weet ne presies wanneer Jesus gebore was nie (moontlik erens in April rond?) maar die belangrikste is dat ons 'n dag gebruik om Sy geboorte te herdenk, want dit is en bly een van die heel belangrikste dae vir enige christen. So waarom nie die 25ste Desember nie?

    Maar dit gese, wil ek byvoeg dat baie van die gebruike wat met Kersfees gepaard gaan, soos kersbome met liggies, nie christelike gebruike is nie. Elke ou moet dit seker vir homself uitmaak, maar persoonlik voel ek dat christene Kersfees beslis op 'n ander manier moet vier as die wereld. Buitendien het Kersfees so gekomersialseerd geraak, dat daar eintlik vandag 'n bespotting van Kersfees gemaak word in die wereld. Ek sou geen probleem daarmee he as christene besluit om weg te doen met die 25ste Desember en 'n ander dag kies om Jesus se geboorte te vier nie. Stil en weg van die wereldse bohaai oor die dag. Maar dis net 'n gedagte.....

  3. #3
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap, South Africa
    Posts
    1,286
    Blog Entries
    1
    'n Paar idees om Kerfees vir Jesus terug te vat, is om betekenisse van kersversierings so aan kinders te verduidelik :

    Kersboom :
    Jesus is die Boom van die Lewe wat die gevolge van die sondeval ( eet van die boom van die kennis van God en kwaad ) kom vervang het....
    ( Iewers in Jesaja staan daar ook dat in plek van die dissel, 'n denneboom gekom het - Nuwe skepping in Christus ) ....

    Tinsel :
    Groen : nuwe lewe in Christus
    Rooi : Bloed van Jesus wat die sonde wegwas
    Silver : Jesus is die lig van die wereld
    Goud : Jesus is ons Koning

    Liggies / Kerse :
    Jesus bring 'n nuwe lig na die wereld wat ons die vermoee gee om dinge in geloof te sien

    Veelkleurige balletjies, dennebolle, ens :
    Die vrug van die Gees wat in Christus moontlik is
    ( Dit is nogal pret om jou eie balle te maak met die name van die vrugte van die gees daarop geskryf en versier - nog 'n pragtigge les vir die kleingoed )

    Sneeuman e.a. sneeuversierings :
    Al was ons vuil van sonde, Jesus was ons wit soos sneeu

    Herderstaf lekkergoed / versierings - gewoonlik wit met rooi strepie :
    Jesus is die goeie Herder wat sy Lewe vir sy skape kom afle het

    Klokkies :
    Vreugde in Christus

    Kersvader :
    Vertel die verhaal van die man wat begin geskenke gee het en vandag nog op Kersvees onthou word vir sy geloof, pleks van die h0-h0 boebpens mannetjie. ( Dat die RK hom gaan staan en "saint " noem het is nie belangrik nie, nog minder dat Coca Cola hom 'n rooi en wit winterspakkie loop antrek het ! )

    Die engele, Betlehem ster ens. is darem reeds Christelikke tekens...




    Dit is perdalks meer dienlik om eerder dit waarmee ons in die winkels bombardeer word in 'n Christelikke lig te sien, pleks van verwarring te veroorsaak met 'n " ons hou nie kersfees nie, want dis Babels " houding......


    Om kinders van kleins af te leer om geskenkies te maak vir gesinslede, pleks van duur winkelgoed, is klaar ook 'n les op sy eie......

    groete
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Ek is nie werklik een wat te vinde is vir die "ver-Christeliking" van heidense dinge nie. Dit is 'n ou trick van die Rooms Katolieke Kerk en ek glo ons het so ver gekom dat dit nie reg is dat ons dieselfde weer moet begin doen nie.

    Vir my gaan dit nie oor die onderhouding van dae of feeste of watookal nie, dit gaan vir my oor 'n daaglikse lewende verhouding met God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Daar is vir my absoluut niks in kersfees wat dui op God nie, dit is 'n fees vir die wereld en vir die mark, nie in my opinie iets wat ons onsself moet mee besig hou nie. Natuurlik my eie oortuiging en nie iets wat ek op iemand wil afdwing nie.

    Ek kom maar net altyd terug na die Skrif en dadelik kom dievolgende teksgedeelte weer by my op.

    En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
    Romeine 12:2


    Hoe ver het ons nie al gelykvormig geword aan die wereld nie?

    Ek persoonlik vier nie kersfees nie, ek sal wel die dag as 'n geleentheid gebruik om die waarheid te verkondig, om mense te wys op die werklike evangelie, op die kruis en op die Verlosser, nie die goedkoop namaaksel van die wereld en dus die satan nie. Ek sal ook die geleentheid gebruik van die vakansiedag om met my familie rustig te bestee en hulle te geniet. Ek kan egter nie die dag "ver-Christelik" nie, want daar is bitter min van Christus in hierdie fees, maak nie saak hoe ons dit probeer versier nie.

    Ek se weer, vir my is die belangrike 'n daaglikse, lewende verhouding met God, nie 'n Sodag en vakansiedag geloof nie. Dit werk nie vir my nie, dit het bloot net veroorsaak dat ons volk en hulle kerke gelykvormig word aan die wereld.

    Groete
    Phil

  5. #5
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap, South Africa
    Posts
    1,286
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ek persoonlik vier nie kersfees nie, ek sal wel die dag as 'n geleentheid gebruik om die waarheid te verkondig, om mense te wys op die werklike evangelie, op die kruis en op die Verlosser, nie die goedkoop namaaksel van die wereld en dus die satan nie. Ek sal ook die geleentheid gebruik van die vakansiedag om met my familie rustig te bestee en hulle te geniet. Ek kan egter nie die dag "ver-Christelik" nie, want daar is bitter min van Christus in hierdie fees, maak nie saak hoe ons dit probeer versier nie.
    Phil, ek respekteer jou insig 100%..... daar was 'n tyd wat ek ook geen kersversierings ens geduld het nie en veroordelend was teenoor Christenne wat hierdie "heidendse" gebruike navolg, nimrod vereer ens........

    maar wanneer jy met kindes werk, veral in vandag se "setup" waar alles eerder verwerelds word, kan mens iets terugvat wat eintlik uniek aan die Christelikke geloof was, maar deur die wereld verfomfaai is in 'n kommersiele foefie......

    Dit is net Kersfees wat so gesien kan word ter wille van die Verlossingsboodskap daarin vervat...... veral met kinders wat nie die werklike kersverhaal by die huis hoor of al die "glamor" met Christus kan saambring nie.......

    om hierdie idees van wat kerversierings uitbeeld met vriende te deel is ook 'n geleentheid vir die verlossingsboodskap - dis maar net soos ek die sien...

    groete...
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

  6. #6
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369

    Red face

    Ek wil darem eers verskoning maak, ek sien nou dat dieselfde bespreking onder Vrae en menings oor die Bybel ook is. Ek self het groot geword met kerse en bome en geskenke. Dit was vir my nogal 'n skok om uit te vind dat die oorsprong eintlik in afgods diens was.
    Maar soos Mari nou sê, kan mens nou skielik ophou om kersfees te hou, en die kinders se stralende gesiggies te mis? Sou dit dan nie beter wees as ons die afgods versierings dan vervang met iets wat nie konneksie met afgode het nie?
    Daar was Joodse feeste, en God se feeste. Solank die Joodse feeste nog steeds in lyn met God se Woord gebly het, was hierdie feeste toelaatbaar. Daarom dink ek, ons kan terwille van die kinders nog steeds 'n fees hê, maar bring dit net in lyn, en doen weg met die afgod simbole.

  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    5,628
    Marline,

    Gaan loer gerus op hierdie skakel, dit is die heel beste en bondigste skrywe wat ek ooit oor die werklikheid van kersvader en kersfees gelees het. Veral kersvader kom nogal onder die soeklig.
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  8. #8
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Hi julle almal

    Ek wonder maar net, ek sien die kinders en hoe hulle dit ervaar word nogals baie sterk daar gestel en die teleurstelling waardeur hulle sal gaan as daar nie kersfees gevier word nie.

    Eerlikwaar wil ek vra, wat is die fokus van kersfees vir die kinders, verstaan hulle waaroor dit gaan, of is dit net nog 'n geleentheid waar geskenke gekry kan word, dan is jy ongelukkig as jy nie kry wat jy gesoek het nie. Is die enigsins Christelilk, ek vra maar net, ek was self nie te lank terug 'n kind nie en ek weet dat ek nie altyd gelukkig was met my presentjies nie en die seding van "dis die idee wat tel" was maar vir my 'n flou een jong. Ek is net eerlik.

    Is dit reg dat ons ietsie vir ons kinders laat hou sodat hulle gevoelens nie geskaad kan word nie, maar ons laat die duiwel toe om hulle weg te lok van die waarheid? Of jy dit nou wil weet of nie, jou kinders is baie meer vatbaar vir die wereldse konsep van kersfees as enigiets wat jy in jou huis probeer daar stel. Ek glo stel vir jou kinders 'n voorbeeld, word nie aan die wereld gelykvormig nie, gee vir jou kinders die waarheid, kom ons vergeet van die opbou van ons kinders se egos en humanistiese selfbeelde, kom ons maak hulle groot in die Woord, kom ons leer ons kinders om weer op te staan vir God en nie toe te laat dat hulle deel word van 'n goedkoop wereldse skouspel nie.

    Dit is tyd om heilig te wees julle, heilig beteken afgesonder vir God, anders as die wereld, heilig beteken ek gaan nie die dinge van die wereld doen nie, ek gaan dit ook nie met mooi versierings toedraai en dit "Christelik" noem nie, want onder die die strikkies en mooi versieringtjies, is steeds die wereldse, onder al die mooi gedagtetjies is steeds die verkeerde model Play Station wat nie vir jou kind aanvaarbaar is nie, want sy maatjie het die nuutste model, maar hy word nooit geleer mamma en pappa kan dit nie bekostig nie, maar nee, mamma en pappa weet dat die maatjies die nuutste model Play Station het en weier dat hulle kinders sal minderwaardig lyk by die maatjies, so die kredietkaarte word maar uitgeruk en begroting 24 maande ingespan, sodat ons volgende jaar weer die beste ipod kan koop terwyl laas jaar se trofee presente nog nie eers klaar betaal is nie.

    Mense, ons het so gelykvormig geword reeds aan die wereld, ons sien nie eers meer die verskille raak nie, ons moet waak dat die Satan ons nie verder intrek in sy bedrieglike spel nie.

    Jammer ek praat hard mense, maar ek stel my hart vir julle hier bloot, ons as Afrikaner sit met 'n droewige probleem.

    Groete
    Phil

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,415
    Blog Entries
    10
    Fier Kers-fees..... en vir 9 dae kan jy elke dag 'n geskenk aan jou kinders gee
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  10. #10
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Is dit reg dat ons ietsie vir ons kinders laat hou sodat hulle gevoelens nie geskaad kan word nie, maar ons laat die duiwel toe om hulle weg te lok van die waarheid?


    Sjoe Phil, jy draai nie doekies om nie ne? Maar ja, jy is reg. Ons kan nie die Woord aanpas soos ons wil en dit ons pas nie. "do not provoke GOD"

    m

  11. #11
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Dankie vir daardie link Ferdi, ek het dit sommer ook vir ons hele "Yeshiva B'rit Hadassah" klas gestuur. Ons het 'n groot debat oor hierdie onderwerp aan die gang.

  12. #12
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,110
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Hi julle almal

    ...Eerlikwaar wil ek vra, wat is die fokus van kersfees vir die kinders, verstaan hulle waaroor dit gaan, of is dit net nog 'n geleentheid waar geskenke gekry kan word, dan is jy ongelukkig as jy nie kry wat jy gesoek het nie. Is die enigsins Christelilk, ek vra maar net, ek was self nie te lank terug 'n kind nie en ek weet dat ek nie altyd gelukkig was met my presentjies nie en die seding van "dis die idee wat tel" was maar vir my 'n flou een jong. Ek is net eerlik.

    Is dit reg dat ons ietsie vir ons kinders laat hou sodat hulle gevoelens nie geskaad kan word nie, maar ons laat die duiwel toe om hulle weg te lok van die waarheid? Of jy dit nou wil weet of nie, jou kinders is baie meer vatbaar vir die wereldse konsep van kersfees as enigiets wat jy in jou huis probeer daar stel. Ek glo stel vir jou kinders 'n voorbeeld, word nie aan die wereld gelykvormig nie, gee vir jou kinders die waarheid, kom ons vergeet van die opbou van ons kinders se egos en humanistiese selfbeelde, kom ons maak hulle groot in die Woord, kom ons leer ons kinders om weer op te staan vir God en nie toe te laat dat hulle deel word van 'n goedkoop wereldse skouspel nie.

    Dit is tyd om heilig te wees julle, heilig beteken afgesonder vir God, anders as die wereld, heilig beteken ek gaan nie die dinge van die wereld doen nie, ek gaan dit ook nie met mooi versierings toedraai en dit "Christelik" noem nie, want onder die die strikkies en mooi versieringtjies, is steeds die wereldse, onder al die mooi gedagtetjies is steeds die verkeerde model Play Station wat nie vir jou kind aanvaarbaar is nie, want sy maatjie het die nuutste model, maar hy word nooit geleer mamma en pappa kan dit nie bekostig nie, maar nee, mamma en pappa weet dat die maatjies die nuutste model Play Station het en weier dat hulle kinders sal minderwaardig lyk by die maatjies, so die kredietkaarte word maar uitgeruk en begroting 24 maande ingespan, sodat ons volgende jaar weer die beste ipod kan koop terwyl laas jaar se trofee presente nog nie eers klaar betaal is nie.

    Mense, ons het so gelykvormig geword reeds aan die wereld, ons sien nie eers meer die verskille raak nie, ons moet waak dat die Satan ons nie verder intrek in sy bedrieglike spel nie...
    Hoor, hoor Phil!

    Al dra 'n aap 'n goue ring, dit bly nog steeds 'n lelike ding.

    Ek vind dat mense wat in die wereld is en veral kinders reg deur 'n valse deklagie kan sien. Hulle soek opregtheid sonder 'gimmicks'. Die wereld het die verlossingskrag van die suiwer onverdunde evangelie so broodnodig. Kom ons gee dit vir hulle sonder die fieterjasies.

  13. #13
    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Al dra 'n aap 'n goue ring, dit bly nog steeds 'n lelike ding.

    Kyk, ek is die eerste ou wat sal erken Phil is nie prentjiemooi nie, maar gaan jy nie nou bietjie ver nie ? Ek sal hoogstens van 'n bobbejaantjie praat, maar veral let op die verkleiningsvorm dat dit nie so kras klink nie.

  14. #14
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    16,415
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Kyk, ek is die eerste ou wat sal erken Phil is nie prentjiemooi nie, maar gaan jy nie nou bietjie ver nie ? Ek sal hoogstens van 'n bobbejaantjie praat, maar veral let op die verkleiningsvorm dat dit nie so kras klink nie.
    gelukkig is Phil baie lief vir jou
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  15. #15
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,998
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    gelukkig is Phil baie lief vir jou
    Ek weet nie meer so mooi daaroor nie Ta-An

    Dit is nie my skuld ek het nie so goed ge-evolusioneer soos die res van julle nie

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die fokus op Christus gedurende Kersfees
    By Phil Fourie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Jul 10th 2009, 02:07 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •