Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 30 of 30

Thread: Kersfees

  1. #16
    Join Date
    Sep 2008
    Location
    Pretoria
    Posts
    230
    Blog Entries
    3
    Dis so baie interessant om almal se menings oor Kersfees te lees.

    Wat ons almal moet onthou is dat Satan op verskillende maniere idees kry dat ons tog ietsie van hom in ons huise of lewens het. Satan dryf mense tot groot skuld oor kerstyd en kom January, verloor mense hulle besittings weens die groot skuld of hulle moet goed teruggee omdat hulle dit nie kan bekostig nie. Satan dryf mense om aan te trek as kers vader (santa claus) met die wete dat daar nie so persoon bestaan nie. Satan plaas 'n leuen in kinders se harte en gedagtes dat kersfees net oor geskenke en familie gaan. Kyk na die verskillende rolprente wat gemaak word oor kersfees. Dis kleurvol en baie familie "targeted", maar dis nie die waarheid nie.

    So ook gebruik Satan Paasfees om leuens te versprei. 'n Paashaas wat sjokolade eiers aflaai of wegsteek en kinders moet daarna soek. Nog nooit in my lewe 'n haas gesien wat dit kan doen nie.

    Ek ken iemand wat glad nie daarin glo om enige spesiale dag te vier nie, omdat daar soveel negatiwiteit daaraan geheg word, maar dis bietjie extreme dink ek.

    Almal hou daarvan om op spesiale dae spesiaal te voel. Ons verjaardae voel spesiaal want ons het die geleentheid om dit te celebrate en ons weet dat God ons vir nog 'n jaar gespaar het op die aarde. Wanneer 'n baba gebore word voel die mamma spesiaal as sy 'n ooievaar party kry want sy weet die baba wat sy lewe aan skenk is 'n geskenk van God af. Wanneer dit kersfees is voel ons spesiaal want ons weet Jesus was vir ons gebore en Hy het vir ons gesterf. Ons ken die waarheid en ons kyk na kersfees met ander o as wat die wreld daarna kyk net vir die blote feit dat ons wedergebore kinders van God is.

  2. #17
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Smuggler View Post

    Die woord heilig beteken "afgesonderd"......................
    Nou is daar natuurlik ook nog my getuienis in die wreld.
    Die hele wreld hou "Xmast" en ek wat ook daaraan deelneem s ek is anders ...??

    Dit sukkel maar . . .
    Hi Smuggler

    Ek verstaan nie. Jy wil nie Kersfees vier nie omdat die wereld dit ook vier? Dan wil jy seker ook nie met vakansie gaan of gaan uiteet nie, want die wereld doen dit ook en 'n christen moet mos "anders" wees....... Skies, ek weet ek is moedswillig, maar verstaan jy die punt wat ek probeer maak?

    Om die geboorte van ons Verlosser te herdenk en fees te vier, kan tog nie verkeerd wees net omdat die wereld ook hou van "Krismis" nie? Die "heiligheid" of "andersheid" waarvan jy praat, kom in by die WYSE WAAROP jy en ek Kersfees vier, nie in die feit dat ons dit vier nie. Natuurlik moet ons anders wees, en dit laat blyk deur die manier hoe ons Kersfees vier. Vir ons gaan dit om die vreugde van 'n geboorte wat ons lewens radikaal verander het, en ons is bly en vier fees op daardie dag, en ons praat met mekaar en met die Here oor daardie heugelike gebeurtenis. Vir die wereld gaan dit oor kersbome, liggies en geskenke, en hulle eet en drink en drink en drink.... "So what"? Ons moet anders wees, maar om die hele gedagte agter die viering van Jesus se geboortedag oorboord te gooi omdat die wereld 'n bespotting daarvan maak, is om die baba saam met die badwater uit te gooi. (Kyk weer na my plasing hierbo oor 1 Korintiers 8:4-6)

    Groetnis!

  3. #18
    Lanie,
    Verskoning dat ek jou so op die "spot" sit, dit is glad nie persoonlik bedoel nie. Ek stem 100% saam met Ferdi se skrywe in die sin dat hierdie onderwerp nie iets is waaroor on mekaar hoef te oordeel nie. (Dit kom ons in elk geval nie toe nie ) . Wat ek wel probeer s is dat ons, indien ons realiteit in die o kyk, dalk met 'n skok gaan agter kom hoe ver ons die pot mis sit met sekere gebruike wat in ons lewens ingesluip het. Dit is inderdaad moontlik om hierdie gebruike te sugarcoat en ander betekenisse daaraan te koppel, maar dan moet ons nie in dieselfde asem teen hierdie suikerlagie vas staar nie. Die boom, die balle aan die boom, die micletoe waaronder tieners mekaar soen, het nie dalk 'n heidense oorsprong nie. Dit het verseker 'n heidense oorsprong.
    Die feit dat hierdie gebruike 'n integreerde deel van ons lewens geraak het, maak bogenoemde feit nie anders nie.

    Vraag :
    Indien ek 'n boedha beeldjie as 'n versiering in my studeerkamer gebruik, is dit reg of verkeerd ?

  4. #19
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    Fila,

    Jy hoef nie om verskoning te vra nie, jou manier van debat voer was nog nooit "in your face", soos party ander mense nie. . Nee, ek sal nie 'n boedha beeldjie as versiering gebruik nie, want vir my is 'n boedha beeldjie 'n oosterse afgod, en ek sal nie afgodsbeelde in my huis wil h nie. Ek sal egter nie groot o maak as iemand anders dit as versiering gebruik nie want soos jy self s, ons is nie geregtig daarop om ander te oordeel nie.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  5. #20
    Quote Originally Posted by Lanie View Post

    Dankie vir die pluimpie Lanie !
    Ek het so twee jaar terug besef dat ek nie meer 'n kersboom in ons huis wil h nie, maar het nogals gedink ek gaan sukkel om by die hele familie verby te kom. (Die argument van die kinders wat dit gaan mis het by my ook opgekom ) Gaan toe CUM toe en koop 'n pragtige gedetaileerde " nativity scene" . Groot was my verbasing toe almal dink hoe goeie idee dit is om die boom met so iets te vervang ! 'n Jaar later het geen van my familie 'n kersboom in hulle huis nie. Ek het dus deur bloot 'n voorbeeld te stel, en vir mense presies te vertel hoekom ek nie meer 'n kersboom het nie, iets reg gekry wat ek nie sou kon doen deur mense in 'n sekere denkwyse in te boelie nie. Ek gaan verseker ook nie vir jou probeer boelie om soos ek te dink nie.

    Ek is net so gekant soos jy teen die maak-jou-huis-skoon-beweging (beter bekend as die gooi-die interesantste-goed-in-jou-huis-op-die-ashoop-skuif) , maar voel uit persoonlike oortuiging dat hierdie item nie onder dieselfde onderwerp val nie.

    Gaan 'n mens hel toe as jy 'n boom met liggies in jou huis aanhou ? Die antwoord is natuurlik nee, en is dalk die eerste vraag wat op onderwerpe soos hierdie gevra kan word, amper iets soos : beinvloed die besit van hierdie dinge 'n mens se saligheid ?

    Natuurlik glo ons nie dat dit die geval is nie, maar kan ons onself 'n tweede vraag vra : Wat dink Jesus hiervan?

    Dit is natuurlik dieselfde Jesus wat 'n "stand" in die tempel geneem het en 'n klomp mense met 'n sweep bygedam het omdat hulle so duidelik teen Sy Wil gehandel het.

  6. #21
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Fila,

    Jy's welkom.

    Ek moet s ek begin vatplek kry aan die kriptoneel-idee. Sal bietjie gaan rondkyk, maar het nie veel hoop om so iets te kry hier in donker Afrika nie.

    (Maar 'n kersboom is nogsteeds vir my baie mooi...)
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  7. #22
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Ek moet s ek begin vatplek kry aan die kriptoneel-idee.

    Een van ons oud-deelnemers, ook daar uit jou geweste, het eendag ges hy het self so 'n toneel gemaak uit karton en poppies ens. uit. Dit kan dalk 'n lekker vakansieprojek wees vir die dogters ?

    As jy hulle natuurlik, vir eens en vir altyd van 'n kersboom wil laat vergeet, kry 'n regte egte (verkieslik springlewendige) lammetjie om die rol van die ,...uuhhmmm..., lammetjie te speel. Nooit ooit weer sal jou kiddies vra waar die vervelige kersboom is nie.

    Ns : Die volgende raad mag miskien van hulp wees :

    Brandewyn. Een halwe glasie vir pappa wat die lammertjie kort kort moet gaan vang, en 'n kwart glasie vir die lammertjie sodat die nie so vinnig kan hol nie.

    Geen oop vure naby die krip met die baie dro strooi nie.. Dit sluit parafienlampies in. (Ja, dit lyk mooi, jy is heeltemal reg, maar nee, die versekering val net een keer vir die dronk lammertjie storie. )

    Julle sal vir 'n ruk na hierdie avontuur nie lamsvleis kan eet nie, behalwe as jy vir die kinders s dit is bees. (Want 'n bees is nie so oulik soos 'n lammertjie nie ....BEHALWE as jy ooit dat hulle 'n hanskalf melkbottel gee...maar dit is 'n storie vir 'n ander tyd)

  8. #23
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ns : Die volgende raad mag miskien van hulp wees :

    Brandewyn. Een halwe glasie vir pappa wat die lammertjie kort kort moet gaan vang, en 'n kwart glasie vir die lammertjie sodat die nie so vinnig kan hol nie.

    Geen oop vure naby die krip met die baie dro strooi nie.. Dit sluit parafienlampies in. (Ja, dit lyk mooi, jy is heeltemal reg, maar nee, die versekering val net een keer vir die dronk lammertjie storie. )

    Julle sal vir 'n ruk na hierdie avontuur nie lamsvleis kan eet nie, behalwe as jy vir die kinders s dit is bees. (Want 'n bees is nie so oulik soos 'n lammertjie nie ....BEHALWE as jy ooit dat hulle 'n hanskalf melkbottel gee...maar dit is 'n storie vir 'n ander tyd)
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  9. #24
    Quote Originally Posted by Willem View Post
    Hi Lanie,

    msikien is dit tyd dat ons anders as die wereld moet word en die boom en die vader kersfees ( en die gejok vir die kinders soos met tandemuis , paashaas ens ) vervang met iets beters?

    Ek dink sterk daaroor om die nativity ? te doen met die baba wat gebore word en ons wat present bring ens. Ek wil my kinners eerder leer dat Jesus die grootste present ooit gegee het as dat Vader kersfees excitement bring en die babas bang maak ( snaaks dat babas huil vir hom ne? )
    Hi - net 'n opmerking oor die 'nativity scene' - dis 'n tipiese rooms katolieke Kersfees tradiesie regoor die wereld. Hier in Suid-Amerika is al wat 'n winkel en straathoek is vol 'nativity' ornamente, regtig mooi en als, maar ek sal dit nie durf waag om dit in my huis te sit nie, juis omdat ons in 'n hoofsaaklike katolieke land woon en dit sterk daarmee geassosieer word.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  10. #25
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Quote Originally Posted by paidforinfull View Post
    Hi - net 'n opmerking oor die 'nativity scene' - dis 'n tipiese rooms katolieke Kersfees tradiesie regoor die wereld. Hier in Suid-Amerika is al wat 'n winkel en straathoek is vol 'nativity' ornamente, regtig mooi en als, maar ek sal dit nie durf waag om dit in my huis te sit nie, juis omdat ons in 'n hoofsaaklike katolieke land woon en dit sterk daarmee geassosieer word.

    Nou ja, al wat ek kan s is -
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  11. #26
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Nou ja, al wat ek kan s is -
    (Ja-nee Lanie, ek stem nogal saam met jou )

    Kyk, ek weet Kersfees het sy oorsprong in die heidense gelowe, en ek weet kersbome is nie skriftuurlik nie. Ek weet ook dis mens-gemaakte tradisies, en al daardie dinge.

    Aan die ander kant is ek ook net so bewus van die feit dat ongelowiges en Christene almal ewe hard probeer om Jesus en kersfees van mekaar te dis-assosieer, maar raai wat? Ek is nie oortuig in my gees dat dit die Here se wil is dat ons nie Kersfees vier nie. Dis een van die enigste twee Christelike feesdae wat Christene nog kan gebruik om die wereld mee te bereik, al is dit net om 'n kerskaartjie met 'n skrif vir iemand te gee.

    Ek het geen tyd vir kersvader, Rudolf en sy takbokke en al daardie nonsens nie, maar ag, ek hou darem so van 'n mooi ou kersboompie vol 'bling-bling' en liggies. As ek kon sou ek dit sommer dwarsdeur die jaar in my sitkamer gesit het (noem dit nou maar persoonlike smaak). Ek hou daarvan as famielie en vriende bymekaar kom en lekker samesyn geniet en geskenkies (nie duur nie, maar tog 'n ou ietsie) met mekaar deel. Ja, dis tradisie, en het niks met Jesus te doen nie, maar dit is tog darem baie lekker, en 'n goeie verskoning om tyd saam met mekaar en met ons Heer te spandeer.

    Ek WENS ek het 'n famielie hier in die vreemde gehad om op so 'n wyse mee bymekaar te kom. Miskien waardeer mens slegs sulke geleentheide as mens dit eers nie meer het nie? Gelukkig het ons darem boeties en sussies in die Here wat nou maar ons famielie is, en op Kersfees gaan ons almal bymekaar kom vir 'n diens en samesyn (boom en al - sonder 'n kersvader, natuurlik )

    (As iemand anders hieroor voel, is dit ook goed so. Hou asb. net in gedagte dat ons nie altyd oor alles saamstem nie. - seker die dat daar so baie denominasies is.)

    Dis maar my
    Last edited by paidforinfull; Nov 17th 2008 at 11:22 PM.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  12. #27
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Fila!
    my pa onterf my as ek voorstel die hanslammer kom in die huis in vir 'n krip toneel jy praat net te veel uit ondervinding uit dink ek hierso.....

    Maar ek dink ons is dalk gelukkig hier in ons hoekie van die blou albaster om nie soveel RKK te he nie en die nativity miskien te kan rolspeel vir die kinders om die wonder van God se gawe te onthou en nie daai boom met goud en silver versier nie ( jammer dis ma net my gevoel, sny vir my te na aan ons kersbome en hoe die presente voorrang geniet )

    Skoonsus weet al klaar nie dat die tjoppies vir kersfees van hansie af gaan kom nie ek wonder nou net of daar resep is vir brannewyn saam met die braai (beslis nie die drink tipes nie !)

    Lanie, soos 'n wyse kapelaan my eendag gese het" as dit nie jou saligheid gaan affekteer nie, maak dit werklik saak?" Al wat ek nou sou byvoeg is dat ek nie iemand anders wil aanstoot gee en wegdruk nie , maar juis nader trek na Jesus toe.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  13. #28
    Join Date
    May 2008
    Location
    Fairlands, Johannesburg
    Posts
    11

    Die Viering van Kersfees

    Quote Originally Posted by LienQ View Post

    Watter vrug dink jy het Eva geet in die tuin van Eden, n Appel dink jy so saggies. Gaan lees weer. Hoeveel wyse manne was by Jesus om Hom te vereer, drie dink jy saggies, gaan lees weer. Waar was Jesus toe die wyse manne kom besoek afle het, in n stal dink jy saggies, gaan lees weer.

    Jy sien, soveel menslike dinge word verkondig en voorgehou as die Bybelse waarheid, wat dit eintlik nooit is nie.
    Hi LienQ,
    Ek het veral van hierdie deel van jou plasing gehou. Ek het maar 1 uit 3 vir jou vrae hierbo gehad, wat my laat besef het hoe my siening al verwrelds het. Dis tyd dat ek God meer toelaat om met my te praat - dis alleen iets wat kan gebeur as ek meer gereeld Sy lewenshandleiding gaan lees.

  14. #29
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Een van ons oud-deelnemers, ook daar uit jou geweste, het eendag ges hy het self so 'n toneel gemaak uit karton en poppies ens. uit. Dit kan dalk 'n lekker vakansieprojek wees vir die dogters ?

    As jy hulle natuurlik, vir eens en vir altyd van 'n kersboom wil laat vergeet, kry 'n regte egte (verkieslik springlewendige) lammetjie om die rol van die ,...uuhhmmm..., lammetjie te speel. Nooit ooit weer sal jou kiddies vra waar die vervelige kersboom is nie.

    Ns : Die volgende raad mag miskien van hulp wees :

    Brandewyn. Een halwe glasie vir pappa wat die lammertjie kort kort moet gaan vang, en 'n kwart glasie vir die lammertjie sodat die nie so vinnig kan hol nie.

    Geen oop vure naby die krip met die baie dro strooi nie.. Dit sluit parafienlampies in. (Ja, dit lyk mooi, jy is heeltemal reg, maar nee, die versekering val net een keer vir die dronk lammertjie storie. )

    Julle sal vir 'n ruk na hierdie avontuur nie lamsvleis kan eet nie, behalwe as jy vir die kinders s dit is bees. (Want 'n bees is nie so oulik soos 'n lammertjie nie ....BEHALWE as jy ooit dat hulle 'n hanskalf melkbottel gee...maar dit is 'n storie vir 'n ander tyd)
    Hoeveel NUGTER lammetjies moet wanneer, waar afgelewer word...?

  15. #30
    Quote Originally Posted by Willem View Post
    Maar ek dink ons is dalk gelukkig hier in ons hoekie van die blou albaster om nie soveel RKK te he nie en die nativity miskien te kan rolspeel vir die kinders om die wonder van God se gawe te onthou en nie daai boom met goud en silver versier nie ( jammer dis ma net my gevoel, sny vir my te na aan ons kersbome en hoe die presente voorrang geniet )
    Ja, weet jy Willem, jy is reg. Christene kan ook nie altyd net toelaat dat 'andere' altyd die goeie dinge van ons af steel nie. Ek dink 'n nativity scene sal baie goed werk in die Suid-Afrikaanse gemeenskap (maar nie hier by ons nie ).

    Lekker dag.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die fokus op Christus gedurende Kersfees
    By Phil Fourie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Jul 10th 2009, 02:07 PM
  2. Bespreking Kersfees
    By marline in forum Alles en nog wat
    Replies: 80
    Last Post: Dec 18th 2008, 09:14 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •