Kersfees

Ek kan met jou praat in raaisels en my argumente inkleur met versiersuiker, maar weet jy wat, is ek dan nie besig om die naakte waarheid te verdoesel nie. Sneeuwytjie sou nooit die gif ge-eet het as dit nie in n appel was nie. Ek sal beslis nie n bottel arseen down nie. So, ek gaan reguit praat, op die man/vrou af, sodat jy self kan besluit uit watter beker jy wil drink.



Wat is die inhoud:

Ek wil in kort met julle gesels oor die volgende punte

Die Geskiedenis van Kersdag
Wat s die Bybel?
Ek moet kies


Geskiedenis

In die Begin
Die geskiedenis wat ek hier uitbeeld is redelik verkort met slegs die nodige hoogtepunte uitgelig.

Lank gelede was die laaste dag van die winter in die Noordelike halfrond herdenk as die nag waarop die Groot Moeder Godin geboorte gee aan die baba Son God. Op die dag is n groot hout stomp op n vuur gegooi waar rondom almal sou dans en sing om die son van sy winterslaap wakker te maak.

In die Romeinse tyd het dit n geleentheid geword om Saturnus te vereer (die god van die oes) en Mithras (die antieke god van die lig), n vorm van son aanbidding wat na Rome gekom het vanaf n Siriese kultus Sol Invictus wat aangekondig het dat die winter nie vir ewig is nie, dat lewe voortgaan, en n uitnodiging om opgeruimd van gees te bly.

Die laaste dag van die winter in die Noordelike halfrond is tussen 20 en 22 Desember. Die Romeine het Saturnalia herdenk tussen 17 en 24 Desember.

Die Vroe Christene
Om vervolging tydens die Romeinse feesvieringe te ontduik, het Christene hulle huise versier met groen takke soos die gebruik was. Na mate die christene vermeerder het en hulle praktyk voortbestaan het, het dit begin om n christelike karakter aan te neem. Maar, die christene het nie Jesus Christus se geboorte in Desember herdenk tot en met Telesphorus nie. Hy was die 2de biskop van Rome vanaf 125 136 nC. Hy het die gebruik ingestel dat die feeste wat deur die christene gehou word in hierdie tyd die Geboorte van ons Here en Verlosser moet herdenk. Omdat niemand seker was wanneer Jesus gebore was nie is die geboorte dikwels ook in September herdenk tydens die Joodse fees van die trompette (Ros Hashanah). Vir meer as 300 jaar is die geboorte van Jesus Christus op verskillende dae herdenk. In teen deel, die Kerk van Armeni hou dit nog op 6 Januarie.

In 274nC het die winter son stilstand op 25 Desember geval. Die Romeinse Keiser Aurelian het die dag uitgeroep as Natalis Solis Invicti, die fees van die geboorte van die onvernietigbare son. In 320nC het biskop Julius I, 25 Desember as die offisile dag van Jesus Christus se geboorte aangekondig.



n Offisile Christmas, maar nie herdenk nie
In 325nC het Konstantyn die grote, die eerste Romeinse Keiser, Kersfees vasgemaak op die datum 25 Desember. Hy het ook sondag ingestel as n heilige dag in n 7 dae week, asook Paasfees. In 354nC het biskop Liberius van Rome sy lede amptelik opdrag gegee om die geboorte van Jesus Christus op 25 Desember te vier.

Ten spyte van Konstantyn se pogings om die dag as Christelike dag te verklaar het die christene dit steeds as heidens beskou en nie in die Keiser se goeie bedoelings gedeel nie. Kersdag (Christmas) het misluk om byval te vind by christene tot onlangs. In Engeland het Oliver Cromwell Kersdag Feesvieringe geban tussen 1649 en 1660.

Eers toe baie protestante uit vervolging ontsnap het na kolonies oral oor die wreld het die behoefte aan feesvieringe weer begin posvat. Kersdag was tot en met die 1800s nie n wetig erkende dag nie. Daar was ook nog nie n kersvader (Santa Claus) figuur nie.

Populariteit van Kersfees
Eers in 1820 het Washington Irving se boek The Keeping of Christmas at Bracebridge Hall populariteit laat begin toeneem. In 1834 het die Britse Koningin Victoria haar man, en so Brittanje, bekend gestel aan die tradisie van n Kersboom en liedere wat in Europa gehou was. In 1907 het Oklahoma die laaste US staat geword om Kersdag as vakansiedag te erken. Jaar na jaar het al meer lande begin om Kersdag te erken.

Kers Vader, Saint Nicolaus, Santa Claus


Die Bybel

Ek het nog nie eers iets ges oor Vader Kersfees nie. Kom ons volstaan eers by die bostaande geskiedenis en kyk na die Bybel.

Indien ek nou sou s, kom ons verban Kersfees, wat sou jou reaksie wees, sou jy in opstand kom?

As jou hart dit doen moet jy jouself onder die eerste gebod plaas, Daar is net een God. Is Kersdag so evangelie dat jy dit nie kan verwyder nie? Is jy nie dalk besig om Kersdag te aanbid in plaas van God nie?
Het jy geweet dat Kersdag nrens in die Bybel voorkom nie?

Sou dit reg wees van my om n heksepoot/onderstebo kruis om my nek te hang en dit die kruis van Jesus te noem? Nee, dit sal Godslasterlik wees, want ek misbruik die Naam van God om n heidense simbool te probeer verchristelik.
Nog n toets, moenie jou kind vra waaroor Kersfees gaan nie, luister wat hulle speel. Hoeveel keer word daar oor Jesus gepraat, hoeveel keer oor Kersvader en hoeveel keer oor geskenke? Kan jy die verwronge prentjie sien. Ons haal Kersfees Rande uit en lei selfs honger om kinders se begeertes te bevredig. Jy mag nie begeer nie.
Ek wonder maar net hardop en eerlik oor alles.

Wat het die Christendom nou eintlik gedoen. Hulle het heidense praktyke geneem en dit verchristelik. Dit klink baie edel, mense wat n plan maak om die evangelie in die wreld in te smokkel.



Daar is n groot woord in Afrikaans, Sinkretisme. Die vermening van wreldse godsdienste met die Christelike waarheid.



Deut 12:4 s: Julle mag nie die Here julle God dien op die manier waarop ander nasies hulle gode dien nie



Jer 10:1-4 verduidelik ons dat daar n gebruik by heidense volke was om hulle gode mee te soek:

Luister wat die Here vir julle s, Israeliete! 2So s die Here: Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie. Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie, want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is. 3Hulle voorskrif om n god te kry, is sinloos: hulle kap n boom in die bos af, n ambagsman kerf dit uit met n beitel, 4hy versier dit met silwer en goud, met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie.

Dit is verbasend hoe naby hierdie gebruik aan die Kersboom is?



2 Kor 4:3As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met n sluier bedek is, is dit bedek net vir di wat verlore gaan. 4Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.


Ons moet nie toelaat dat ons gebluf word deur die gode van hierdie wreld nie. Die gode van hierdie wreld wil ons verblind sodat ons nie die evangelie van die heerlikheid van Christus kan sien nie.



Ek moet kies

Hierdie is sekerlik die moeilikste vir die meeste van ons. Kersfees voel so godsdienstig en reg. Ja, dit kan wees as ons harte gesuiwer kan word van al die heidense invloede, maar ek wonder of dit moontlik is. Kersfees is nie al godsdienstige oorlewering wat nie Bybels is nie.

Watter vrug dink jy het Eva geet in die tuin van Eden, n Appel dink jy so saggies. Gaan lees weer. Hoeveel wyse manne was by Jesus om Hom te vereer, drie dink jy saggies, gaan lees weer. Waar was Jesus toe die wyse manne kom besoek afle het, in n stal dink jy saggies, gaan lees weer.

Jy sien, soveel menslike dinge word verkondig en voorgehou as die Bybelse waarheid, wat dit eintlik nooit is nie.