Page 3 of 9 FirstFirst 123456789 LastLast
Results 31 to 45 of 130

Thread: Die moets en moenies van trauma berading.

  1. #31
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies trauma berading

    Ek het so jaloers gevoel toe ek lees van jou kaggelvuur en die moontlikheid van 'n matras voor die vuur. Ai dit is hemels lekker. Ons het ook in ons ou huisietjie so 'n kaggel gehad en die geringste koue was 'n goeie verskoning vir 'n vuurtjie.

    Protea, jy is so reg as jy se dat daar is sekere tye dat 'n mens nie gepreek wil word nie. Nee, jy soek net drukkies en koppies en koppies vol warm soet tee en 'n vriendin wat nie haastig is om van jou af weg te kom nie. Haai weet jy, eintlik besef ek noueers hoe min is dit wat 'n mens vir iemand moet doen in tye van swaarkry en hartseer. Is dit nie maar net om daar te wees, te luister en net jouself tot hulle beskikking te stel en ingestel te wees op daardie persoon se golflengte.

    Ek wens so meer mense wil deelneem aan hierdie draad. Dalk is daar iets wat ons miskyk en kan ons beter voorberei wees om mense in moeilike tye by testaan.

    Ons Engelse-studente is nog op die plaas en hierdie 6 weke hier by ons is nie deel van hulle opleiding nie. Hulle kom vrywillig en kom doen 'n projek hier op die plaas. Hierdie jaar bou hulle vir ons 'n ordentlike hoenderhok, want die hoenders eet al my groente op wat ek en my man probeer plant. Nou wil ek of almal slag (maar hulle is so mak, en as hulle my stem hoor weet hulle al hulle gaan koskry) of liewers in 'n hok sit waar hulle tenminste nie kan kwaad doen nie en dan kry ons nog 'n paar eiers.

    Kom ek vertel eers vir julle van die nuwe ou wat hier by ons is. Dis hy wat net vir 'n maand hier bly sodat sy ouers bietjie kan vakansie hou. Sy niggie wat 'n O.T. is, kom verlede week hier aan en ongelukkig was ek uit om te gaan kruideniersware koop, en skop 'n groot bohaai op omdat sy regterhand wat hy nie kan gebruik nie, potblou is. Sy neem foto's, raas met die 'carer' en vra wat se huismoeder is ek dat ek nie kan sien die kind gaan sy hele hand verloor nie.

    Ek was nogal ontsteld, ek het mos nie geweet sy hand word blou nie, niemand het my iets vertel nie. Ek stel almal die dood voor oe as hulle nie daagliks sy hand oefening gee nie. Maar die hand bly blou en so ook nou die ander hand. Om 'n lang storie kort te maak....... sy ma het vir hom 'n nuwe duvet-oortreksel gekoop en nodeloos om te se die kleur daarvan was donkerblou. Sy het dit nie gewas voor sy dit op sy bed gesit het nie en toe ek weersien is ook sy nek blou. Dit was eintlik vreeslik snaaks en ons het heerlik gelag. Gelukkig het die niggie my omverskoning gevra.

    Ons is nou 'n jaar hier. Het verlede jaar 7/7 begin. Selfde dag wat my klein dogtertjie se verjaarsdag is (was). Ek wil so graag hierdie jaar met Kersfees iets spesiaal vir hulle reel. Miskien is hierdie nie die regte draad daarvoor nie, maar ek sal graag wil hoor watse idees julle dalk het. Aangesien meeste inwoners weg is gedurende Kersfees, gaan ek dit vroeg in Desember hou. Miskien 'n Kersopvoering? Hulle is tog maar net kinders.

    Ek hoor graag van julle.

    Jesusgroete en liefde
    Mia

  2. #32
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die natuur se hulp in traumaberading.

    Ai Mia ,
    Agterna kan mens miskien lag ,maar op daardie oomblik toe beskuldigings heen en weer gevlieg het oor die redes vir die seun se blou hande en nek dink ek nie dit was vir julle snaaks nie....

    Enige kind is lief om konsert te hou en julle 'kinders' sal dit net so geniet. Ek weet nie wat hulle vermoe is om woorde te leer nie , so wat daarvan as julle die woorde en Kers musiek vooraf opneem en dat die inwoners net die aksies doen. Dit kos minder oefening en daar word minder aan die 'toeval' oorgelaat..... Kindertuinkonserte het mos die mode om sy eie afdraaipaaie te loop....

    Ek het begin ontrekkingssimptome kry van n gebrek aan Karroolug en ons gesin het toe gou vir n week ons 'tenkies' vol Karroolug gaan maak en ons 'batterye' gaan laai... so nou is ons weer gerat. Daar in die diep Noord- Kaap praat die mense die mooiste Afrikaans op n pragtige sing-styl sodat mens nie wil he hulle moet ophou praat nie! Ons gasvrou vertel van haar mammie wat vermoedelik sulke ligte beroerte aanvalle kry en na so 4 of 5 dae van stilswye weer begin praat. Sy beskryf dan die situasie so : Hy is nou al 5 dae van praat af! Is dit nie n pragtige en raak beskrywing nie ? Trek dit nou deur na berading : As die trauma-pasient nie praat oor sy ondervinding nie , kan daar nie heling kom nie. Die 'rivier' raak stagnant want daar is nie n uitloop vir opgekropte emosies nie. Die 'seer' moet in die meeste gevalle eers ontbloot word voordat die helingsproses kan begin.

    Ons gasvrou het haar man so 8 jr gelede verloor in n ongeluk en sy en haar drie kinders (almal nou al uit die skool uit) het na my mening by die ontkenningsfase van die gebeure vasgehak en het nog n laaaang pad na heling te loop. Gelukkig het Hubby en die 7 jong mense gaan skaap werk op hulle ander plaas en kon ek en Erna (skuilnaam) heerlik vrou tot vrou kuier . Ons stap toe so om n kop tot by n droe rivierlopie met sulke heerlike bree klipplate waaroor daar BAIE water kan loop tydens hulle reenseisoen. Die klippe maak sulke natuurlike banke om lekker op te sit (MET rugleunings!) . Die Dorper ooie bler so nou en dan teen die rant. Bokant ons draai n jakkalsvoel . n Dassie loer by sy klipskeur uit om te kyk wie die indringers is. En ver-ver doer onder le die Boesmanland met sy spierwit wintergras . Voorwaar n 'room with a view'! En by gebrek aan water wat oor die klipbank vloei, begin woorde vloei, eers drupsgewys , dan meer en sterker tot die 'stagnante rivier' weer n uitloop kry . Later was dit nie meer eers nodig om vrae te vra nie. Die woorde loop spontaan.... en heling kan begin!

    Het die natuur ook so n helende effek op julle lesers? Ken julle die Engelse spreekwoord: Waiting for your soul to catch up? Die Hel (Gamkaskloof ) en die Baviaanskloof is vir my twee van BAIE sulke plekke in SA waar jy jou 'siel kan gaan soek'. As jy DAAR nie jou 'verlore' siel kan vind nie.... Want daar voel jy SO naby jou Skepper. Jy WEET Hy hoor as jy bid. Jy WEET Hy antwoord - al is die antwoord partykeer nee... Jy WEET Hy is by jou ...IN jou... Sy hulp net n kniebuig ver.

    Is dit een van die redes hoekom jeugkampe en 'retreats' so WEG van die wereld as moontlik gehou word ? Want daar is ALTYD mense wat heling nodig het. Of 'batterye' wat moet herlaai. Of net bloot om AF te skakel... Daar sal mense wat van praat af geraak het, weer begin praat sodat die helingsproses kan begin.

    Ek dink dis ouderdom ,maar ek kan so n dag lank heerlik in my gedagtes op n plek kuier en die volgende dag weer verder 'toer'. So 'sien' ek die land.. Raai waar's ek gebore...?

    Plaas'preasures'
    Protea
    Last edited by protea; Jul 11th 2009 at 01:35 PM. Reason: spelling

  3. #33
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    ...as jy van 'bid af geraak het'.....

    Hallo daar uit n windstil (vir die oomblik!) Suidste Kaap voordat die volgende koue front ons knyp. Wind is so deel van ons bestaan hier en ons kom al so lank met wind aan dat ons dit mis as die wind nie waai nie. Word die wind nie in die Kaap gemaak nie....? Niks is so lekker om jou windwaaijas aan te trek en die 'muisvlerre' te laat wegwaai in n stappie teen die berg nie. Want almal het maar 'muisvlerre' waarvan ons van tyd tot tyd ontslae moet raak... Daar teen die berg dink jy jou dinke , bid jou bidde en sorteer jou lewe sodat jy 'muisvlerloos' tuis kom.

    Die naweek hoor ek op die radio van n vrou wie se seun wat kanker gehad het na n remissie van 3 jaar oorlede is. Sy vertel hoe kwaad sy vir die Here was en Hom blameer het vir haar kind se dood ,want het SO baie mense dan nie vir die seun gebid nie , dae en weke aanmekaar en toe is hy tog dood.... Sy vertel dat sy so kwaad was vir die Here dat sy nie kon bid nie. Waar was die Here toe sy Hom SO nodig gehad het? Hoekom het Hy nie haar kind genees nie? Sy het dan so GEGLO Hy sou. En al haar vriende en mede-bidders saam met haar. Dit het vir haar gevoel of die Here haar verlaat het en of sy net teen n plafon vasbid. ...en toe raak sy van bid af.... Was jy al SO wanhopig in jou lewe? Het jy soos n voeltjie gevoel wie se vlerke geknip is? Erger nog : Het jy God-verlate gevoel?

    Moelike vrae het weereens nie maklike antwoorde nie. En daar is BAAAAIE vrae waarop ons nie in hierdie lewe antwoorde op sal kry nie. Maar ek glo dat ons nie eers ons 'vraelysie' sal hoef in te pak Hemel toe nie, ons sal net daardie kennis ontvang. Hier 'sien ons ten dele' maar daar sal ons ten volle sien en ken.

    Talle mense wat deur trauma gegaan het , het getuig hoe die gebede van mede- gelowiges hulle gedra het. Hoe die vriende letterlik NAMENS hulle gebid het toe hulle 'warm enjins' net uitgesny het en nie vir n tyd lank kon funksioneer nie. So belowe ook ons Beste Vriend in Romeine 8 vs 26 : Die Gees staan ons ook in ons swakheid by : ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gese kan word nie. En is ons Beste Vriend se ander naam nie Trooster nie? Hy troos , versterk, lei en bid NAMENS jou as jy nie kan nie!!! Want Hy ken jou droefheid en vreugde en loop die pad saam met jou as jy Hom toelaat.

    Mooi loop vir eers tot ons weer gesels.
    Lievvde en soeiiiinkies
    Protea

  4. #34
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Verdrinking van kleuters.

    Hallo Melani, dis HIER wat jy kan kom saamgesels. Melani is nuut op die forum en sy het juis by Lighuis uitgekom a.g.v. n behoefte om oor al haar vrae, verwyte en hartseer te kom gesels nadat hul 18 mde oue dogterjie twee maande voor die Mollers se seuntjie verdrink het. Gebruik hierdie draad om met ons te gesels want n.a.v. n vorige pos van Mia wat ook deur geweldige trauma is met die afsterwe van haar man en 3 van haar 4 kinders, WIL en MOET mens daaroor praat omdat dit deel van die rouproses is. Nie ek of Mia is gekwalifiseerde beraders nie.(Van die moderators mag dalk wees). Ek dink bloot hard-op en skryf neer wat (ek glo ) die Heilige Gees , ons Trooster in my gedagtes kom neerle. So , ons taak is nie om maklike antwoorde op moeilike vrae te gee nie, maar ons glo dat jy met die deel van al jou hartseer ook die Here se VREDE sal kry sodat daar weer sin julle lewens kan kom.

    Weereens wil ek n versoek rig aan almal wat hierdie draad lees: Kom gee julle opinie of eerstehandse raad en inligting sodat ons deur die kuier hier op die forum hulp kan verleen aan mense in nood en so Jesus se liefde en ondersteuning kan uitdeel.

    Al my liefde
    Protea

  5. #35
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    ander bid vir en namens jou....

    Dagse vir al die ander ligdraers,
    Ek het gister eers weer vir die eerste keer na 'n lang ruk hier op ons webwerfie kom kuier. Ons is nogal deur 'n moeilike tyd en as gevolg van griep, was my rekenaar nie eers aan vir 'n hele week. Dit was tog te lekker om gister net te sit en weer met almal te kuier.

    Protea ek het vorige possies so geniet! Jou beskrywing van die klippe met rugleunings, die Dorper ooie, die jakkalsvoel. Dankie ek het dit so geniet. Jou woorde val soos musiek op die oor.

    Ek onthou hoedat ek ook na klein Somari se dood besluit het om bietjie weg te gaan want ek kon die huis met al die blomme en die reuk daarvan net nie meer verduur nie. Ek en Arina en Johann is toe na 'n stil vakansieoord waar die natuur pragtig was. Ek het meer as een keer alleen die veld ingestap en waar niemand my kon hoor, my hartseer en vrae hardop aan my Vader kon vertel. Die prag van die natuur, die stilte en bykans voelbare Teenwoordigheid van ons Trooster het my weer kalmte en rustigheid gegee. Ek is seker ons Heer gebuik Sy pragtige natuur om te help met die heling van ons verskeurde harte.

    Ek kon myself so goed vereenselwig met die vrou wie se seun ten spyte van al die gebede, tog oorlede is. Veral as jy weet jou hele gemeente en almal wat jou ken, bid. Na die tyd is dit dan ongelooflik moeilik om dit vir jouself uit te werk, waarom? Was ek nie goed genoeg nie, nie genoeg gebid......... en so kan jy aanhou en jouself martel en probeer om antwoorde te kry. Ek was ook baie kwaad vir die Here. Hoe kon Hy toelaat dat dit weer en weer en weer gebeur. Ek het gedink ek het iets baie baie sondig gedoen, miskien as ek 'n beter christen was sou dit nie gebeur het nie. Nagte is deurgebring in wroeging en selfverwyt.
    Dan is dit wat jy 'van bid af raak'. God-verlate voel!! Protea, hoe goed het jy dit nie gestel nie! Dankie tog dat daar dan mede-gelowiges is wat aanhou bid.

    Dit is dan verseker baie belangrik dat ons sal aanhou om vir hulle wat deur sulke smartlike tye gaan, tydig en ontydig aan ons Hemelse Vader op te dra. My hart huil saam met jou Melani. Weet egter verseker ons Verlosser leef en so ook jou kleinding saam met Hom. Wanneer Hy in die volheid van die tyd sal kom om ons te kom haal, sal ons kinders by Hom wees en ons sal vir altyd en altyd veilig by Hom en in sy Teenwoordigheid leef.

    Mag Jesus sy Goddelike balsem oorvloedig uitstort in hierdie nag oor elke hart wat verskeur is deur smart. Mag Sy liefde en vrede elke moeder- en vaderhart wat hooploos voel, vul met Sy Hoop in die Ewige Lewe.

    Liefde
    Mia

  6. #36
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    ......Nou kan ons niks meer doen as NET bid nie.(Sug , sug..)

    Hallo Almal!
    Dit is vir my die kosbare deel van hierdie draad dat Mia wat 3 kinders aan die dood afgestaan het vir Melani wie se kleinding verdrink het so uit eie ervaring kan bemoedig. Want slegs diegene wat self deur so n ervaring is, weet hoe aan flarde jou binneste is. DANKIE Mia! Mag ons Vader jou nog baie gebruik om Sy liefde en empatie aan ander te bring.

    Vandag het ek n gebedsversoek vir u. Ek skets net die buitelyne van die situasie.

    n Geskeide egpaar.(alle name fiktief)
    Die man, Herman : n professionele man met skitsofreniese neigings wat verslaaf is aan dwelms en n laaste waarskuwing van sy baas gehad het. Hy is n man wat sy vrou aangerand het o.a. en nou by n dame ingetrek het wat erken het dat sy HIV Positiewe status het.
    Die vrou, Annie : n dame met n BAIE lae selfbeeld en wat net te veel slae (fissiek en emosioneel ) in haar huwelik verduur het. Sy het soos die warm enjin uitgesny waarvan ons in n vorige pos gepraat het en nou net nie die krag en hoop en moed het om volle sekuriteit vir haar 2 lieflike kinders te bied nie. Herman betaal die minimum onderhoud en dit gaan baie dae boomskraap om liggaam en siel aanmekaar te hou.
    Gertjie is 6 jr oud MET N OU-OU MAN SE OGIES. Hy het al hopeloos te veel gesien en gehoor vir so n klein seuntjie. Toe hy nog met n bal en albasters moes gespeel het , moes hy al n te groot kykie in die grootmenswereld sien. En om sy mamma so weerloos te sien teen sy pa ..... my woorde raak op.
    Annelie is net 3 jaar oud en eintlik is sy die beste af van die 4, want sy was nog te klein om hierdie trauma te beleef en haar pa was gelukkig nie meer op die horison van kort na haar geboorte nie. So sy is relatief onbeinvloed deur die drama.

    Ek wil vir u vra om hulle asb al 4 aan die Here ons Almagtige Vader op te dra. Vir heling op ALLE terreine, vrede, finansies en alles wat die Here nog op u hart le.

    Hoekom is dit so dat ons so baie keer moedeloos en met hangskouers nadat ons nie n probleem self kon oplos nie dit uitSUG: .....nou kan ons nog NET bid daaroor (sug, sug)? Moet ons nie voor God se troon gaan dans en jubel van dankbaarheid vir die geskenk van gebed nie? Want wat is gebed? Gebed = 1 000 000 arsenale van geestelike ammunisie wat God tot ons beskikking stel. Besef ons wat dit beteken? En DIS in die hand van die mens gesit om kontak met ons Vader te maak en lewenslank te behou , in ons vreugde maar ook in ons nood. Retha Mc Pherson het in n onlangse nuusbrief geskryf van haar seun Aldo ,wat tydens sy hemelse ervaring gesien het hoe ons Vader elke keer as daar n gebed in die hemel opdaag , sy engele stuur as hulp. Wanneer ons in ootmoed na ons Vader gaan, sal ons sug-sug gebed in n jubelgebed verander WANT by Hom is ALLES moontlik. By Hom is daar rus , in Sy arms is daar vrede en koestering en versorging. Want Hy WIL en SAL help as gelowiges in nood tot Sy troon roep.

    Vader, ons kom en le hierdie stukkende gesinnetjie aan U voete. Herstel verhoudinge, heel wonde , voorsien in hulle fissiese behoeftes en bring vrede in hulle gemoed sodat hulle ook sal uitroep: Waarlik, by U is alles moontlik!!! U is liefdevol en genadig en U versorg die 'weduwee en wese', die wat eensaam is en die verstoteling. Ons bid dit in die wonderlike naam van Jesus , ons Verlosser. Amen.

  7. #37
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Gelukkig hoef ons net te bid...

    Vader, U die Pottebakker, ons die klei. As ons stukkend en sonder enige waarde voor U voete le en in ons stofmens onvermoe om ons lewe weer op koers te kry, kan ons maar net na U toe kom.

    Dankie dat U na elke gebed luister en ons hoor en verhoor. Ons kom le nou hierdie gesin wat kosbaar is, voor U neer en pleit vir genade. Raak U hulle aan en versag die pyn met U vrede. Gee tog dat die man van die huis sal dink aan die smart wat hy sy vrou en sy kinders berokken het en ook dat hy aan U verantwoording sal moet doen vir sy dade. Bewaar die kosbare siele van daardie klein kinders en stuur U engele om hulle te vertroos. Gee aan hul moeder die wysheid om ten spyte van hulle omstandighede die wete dat haar hulp net van U sal kom.

    Dankie ook vir my kosbare vriendin Protea. Ek se Amen op alles wat ook sy vir hierdie stukkende gesin bid. Maak ons getroue voorbidders vir almal wat in nood verkeer en wat van 'bid afgeraak' het.

    In Jesus naam.
    Amen

  8. #38

    Ek weet nie eens wat om te s nie...

    Hello Mia en Protea

    Baie dankie vir hierdie draad. Ek lees dit elke dag maar nes vandag weet ek nie werklik wat om te s nie. Ek huil so dat ek nie eers kan dink nie, ek dink dalk is dit nog te vroeg ir my want ou klein Kayla is dan vandag eers 160 dae dood. Dit voel of ek 161 dae te lank lewe, ek weet werklik nie wat om te s nie, my hart is so seer.

    Ek weet Mia is deur die dood van 3 kinders, maar ek het net een gehaad en nou is sy ook dood, ek is net 28 en nou moet ek die res van my lewe met so n vreeslike seer oop gerukte hart sit, ek dink nie ek sal ooit weer kinders wil h nie, ek wil net vir Kayla h. Ek weet nie eers hoe om vir Mia jammer te s oor haar man en kinders nie, want jammer beteken eintlik maar niks nie.

    Ek weet sy is veilig in Jesus se arms en dat ek haar weer sal sien maar ek wil haar by my h.

    Die Here is genadig en dit is met Sy genade dat ek nog hier sit. Ek weet dis my trail wat die Here vir my gegee het en James 1 s ek moet deur hierdie trail kom, maar dit is so baie gevra op die oomblik.

    Ek waardeer regtig al julle gebede en alles wat julle op die draad s. Ek kan nie nou regtig iets s wat gaan sin maak of vir ander sal bystand gee nie, ek moet maar nog eers berading kry want dit is vir my soos hel, ek kan nie dink hel is erger as n kind se dood nie.
    Dankie tog ek het die Here as my verlosser aanvaar en dat Hy my daagliks troos. Kayla was te klein om te kon praat of verstaan van Jesus maar ek weet sy is by Jesus.

    Ek sal weer kom saam praat, soek nou eers n tissue.
    Liefde

  9. #39

    Ek weet hierdie poem is engels, maar wil dit met julle deel. Author Unknown

    Mamma se lelike skoene (Ugly Shoes)
    I am wearing a pair of shoes.
    They are ugly shoes.
    Uncomfortable Shoes.
    I hate my shoes.
    Each day I wear them, and each day I wish I had another pair.
    Some days my shoes hurt so bad that I do not think I can take another step.
    Yet, I continue to wear them.
    I get funny looks wearing these shoes.
    They are looks of sympathy.
    I can tell in others eyes that they are glad they are my shoes and not theirs.
    They never talk about my shoes.
    To learn how awful my shoes are might make them uncomfortable.
    To truly understand these shoes you must walk in them.
    But, once you put them on, you can never take them off.
    I now realize that I am not the other one who wears these shoes.
    There are many pairs in the world.
    Some women are like me and ache daily as they try and walk in them.
    Some have learned how to walk in them so they don't hurt quite as much.
    Some have work the shoes so long that days will go by
    before they think of how much they hurt.
    No woman deserves to wear these shoes.
    Yet, because of the shoes I am a stronger women.
    These shoes have given me the strength to face anything.
    They have made me who I am.
    I will forever walk in the shoes of a woman who has lost a child.

  10. #40
    Melani,
    Daar is gevalle waar mense se woorde net so vr kan gaan om 'n ander te bemoedig en op te beur, en mens besef dat wat daar ookal ges kan word nie veel aan 'n ding gaan verander nie. Sulke tye moet 'n kind van die Here die vrymoedigheid h om by haar Pappa te gaan huil, om net jou o toe te maak en toe te laat dat God jou in Sy arms hou.
    Ek wil graag saam met jou bid dat jy jouself sal toelaat om God se nabyheid so te beleef. Ons het nie altyd al die antwoorde nie, en baie kere klink die antwoorde wat ons wel het so leeg en sinneloos as dit opgeweeg word teenoor ons emosies en probleme. Ja on lewe in 'n gebroke wreld, ja ons word aan ons neuse rondgelei deur ons sondige natuur, maar wat help die wete hiervan om ons te laat beter voel ?

    Die waarheid ? : soms, maar net soms, absoluut niks nie. Sulke tye kan slegs die Here se Teenwoordigheid ons deur 'n situasie, wat tereg soos 'n hel kan voel, dra. Die waarheid is egter dat dit nie die regte egte hel kan wees nie, want die regte egte hel is nie net 'n fisiese plek nie, maar ook 'n plek waar God nie is nie. Jy weet, in jou hart, dat Kayla reeds by Hom is, jy WEET dit, en as God nie vir jou hierdie bemoediging gegee het nie, wie het ?

    God IS nie net nie, God IS by Kayla, en God IS by jou. Jy weet dit, want God s self : "EK IS ".

  11. #41
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Melani View Post
    Hello Mia en Protea

    Baie dankie vir hierdie draad. Ek lees dit elke dag maar nes vandag weet ek nie werklik wat om te s nie. Ek huil so dat ek nie eers kan dink nie, ek dink dalk is dit nog te vroeg ir my want ou klein Kayla is dan vandag eers 160 dae dood. Dit voel of ek 161 dae te lank lewe, ek weet werklik nie wat om te s nie, my hart is so seer.

    Ek weet Mia is deur die dood van 3 kinders, maar ek het net een gehaad en nou is sy ook dood, ek is net 28 en nou moet ek die res van my lewe met so n vreeslike seer oop gerukte hart sit, ek dink nie ek sal ooit weer kinders wil h nie, ek wil net vir Kayla h. Ek weet nie eers hoe om vir Mia jammer te s oor haar man en kinders nie, want jammer beteken eintlik maar niks nie.

    Ek weet sy is veilig in Jesus se arms en dat ek haar weer sal sien maar ek wil haar by my h.

    Die Here is genadig en dit is met Sy genade dat ek nog hier sit. Ek weet dis my trail wat die Here vir my gegee het en James 1 s ek moet deur hierdie trail kom, maar dit is so baie gevra op die oomblik.

    Ek waardeer regtig al julle gebede en alles wat julle op die draad s. Ek kan nie nou regtig iets s wat gaan sin maak of vir ander sal bystand gee nie, ek moet maar nog eers berading kry want dit is vir my soos hel, ek kan nie dink hel is erger as n kind se dood nie.
    Dankie tog ek het die Here as my verlosser aanvaar en dat Hy my daagliks troos. Kayla was te klein om te kon praat of verstaan van Jesus maar ek weet sy is by Jesus.

    Ek sal weer kom saam praat, soek nou eers n tissue.
    Liefde
    Ai Melani, so jammer oor jou kleinding... Niks wat ek of enigiemand vir jou se, gaan dit makliker maak nie, ek weet. Maar die Filadelfieer is reg - hou vas aan ons hemelse Vader - Hy is die Groot Geneesheer, en Hy is die enigste Een wat die seer kan ligter maak. Ek bid ook vir jou, en my hart gaan regtig uit na jou toe. Ek weet nie wat jou omstandighede is nie, maar dis belangrik dat jy nie alleen hierdeur moet probeer werk nie. As jy dit nog nie gedoen het nie, kom assblief by 'n christelike berader uit - iemand wat die Here ken en teenoor wie jy jou hart kan uitpraat, wat jou kan help om deur hierdie swaar tyd te kom...

    Ek weet nie of jy daarvan bewus is nie, maar ons het 'n fasiliteit op die forum waar 'n mens gesprekke van hierdie aard kan voer. Ek wil regtig geen druk op jou plaas nie (soos ek se, ek weet nie wat jou omstandighede is nie) maar ek wou dit net aan jou noem. As jy ooit met iemand aanlyn wil gesels oor enigiets persoonliks, is jy welkom om vir my 'n draad oop te maak in die chat to moderators forum op die hoofbord. Gebruik hierdie skakel Dit is 'n privaat forum waar niemand anders as die moderators toegang het nie, en waar 'n mens rustig 'n gesprek kan voer. Asseblief, geen druk nie, maar jy is welkom....

    Weet intussen dat ek (en ander deelnemers op hierdie forum) aan jou dink en vir jou intree by die Vader. Sterkte!

  12. #42
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die beginpunt van die rouproses.

    Hallo Melani,
    Gene het vir jou baie goeie raad gegee. Gaan gerus na die draad 'chat to the moderators' as jy die behoefte aan n bietjie objektiewe gesels het met mense wat nie direk by jou situasie betrokke is nie.

    Ek wil Fila se raad be-aam en net in ander woorde se: As jy ' van praat en van bid af geraak het' , is daar net een plek vir jou en dit is op ons Vader se skoot waar jy jou hart kan uitsnik. Daar is geen tydsduur verbonde aan jou kuiertyd by ons Vader nie. Die uitnodiging lui: Kuiertyd onbeperk. Weke, maande en selfs jare..... Jou Gasheer is ook so n gentleman , jy hoef nie te praat en te bid as jy nie kan nie, WANT HY WEET HOEKOM JY DAAR IS! Hy is jou Maker en Hy ken jou hartseer en Hy kan identifiseer daarmee , want Hy het ook n Kind aan die dood afgestaan. Jy gaan kuier maar nie noodwendig gesels nie.... Jou gees gaan met die Gees van God kommunikeer en wat is dit anders as GEBED?! Die hoogste vorm van gebed! DAAR begin jou en jou man se heling, digby ons Vader se hart. Niemand jaag jou daar weg nie. Jy bly daar solank jy wil en vir solank julle die behoefte het. Gaan klim sommer NOU op Sy skoot. Hy wag vir julle!!! Ons bly bid vir julle, die Mollers , die Van der Sandt's en ook die Van der Merwes wat kinders aan die dood afgestaan het.

    Al ons liefde
    Plaas'preasures'
    Protea

  13. #43
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die oorslaan van stappe in die rouproses.

    Hallo julle!
    .....en toe raak ek al weer uit voorraad van Karoolug.... Watter heerlike verskoning om vir ons vriende wat in die Noord Kaap n plaas gekoop het, te kon help plaas aanry en sommer tegelykertyd ons 'lug' tenke weer te vul. Van kaalarm loop in Uppington tot kapok n skamele 400 km suid.

    Baie gelowige vriende van ons het n paar maande gelede hulle geliefde skoonseun (middel 30's) aan die dood afgestaan. Hulle het vir my egter besonder gou (te gou?) by die Aanvaarding fase van die rouproses uitgekom. Hulle siening is: Die Here het dit oor hulle dogter en ook hulle pad gebring en daarom aanvaar hulle dit so as komende van n almagtige en genadige God. Nou wonder ek of dit menslik moontlik is om al die stappe in die rouproses te omseil en om so tot die Aanvaardings -fase te kom.

    Geen 2 mense rou op presies dieselfde manier nie. Gaan hierdie ouers die nodige ondersteuning vir hulle dogter en hulle kleinkinders kan bied in hulle eie rouproses? Die jong weduwee is miskien nog in die ontkennings- of 'bargaining' fase. Wanneer sy sien hoe haar ouers so vinnig by die 'eindpunt' van aanvaarding uitgekom het, gaan dit nie haar eie rouproses ontspoor nie? Ek weet regtig nie. Maar ek sien hierdie situasie as n buitestaander en wens so ek kan vir hulle help. GELUKKIG kan ons vir hulle bid dat die Here hulle net sal vashou. Dis my gebed as ek nie weet wat om vir mense te bid nie. EN die grootste geskenk en hulp!

    Mooibly vir eers.
    Protea




  14. #44
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Aanvaarding

    Hi almal,
    Dit is tog so noodsaaklik in die gejaagdheid van mens se lewe om somtyds tot stilstand te kan kom. Protea, ek en my man was verlede naweek ook vir die eerste keer in 'n baie lang tyd weg van die plaas. Vriende het hulle tyddeel vir ons beskikbaar gestel vir 'n naweek en hoe wonderlik was dit nie. Die weer was koud en winderig, maar ons het gelees, geslaap en net ontspan. Gees en liggaam het weer kans gekry om bymekaar uit te kom.
    Dit was egter moeilik om weer terug te kom.

    Jy weet Protea, ek kan maar net weer in nederigheid uit eie ondervinding vertel dat ek ook probeer het om sekere stappe van rou te ignoreer en aan te gaan. Dit het by my later 'n baie diep depressie en onsekerheid oor my gevoel met my Heer veroorsaak.

    Daar was min tyd tussen die kinders se dood om seker te maak dat ek berading kry en familie (ek neem hulle nie kwalik nie) wou nie eintlik praat oor die kinders nie. Hulle het gevoel ek moet aanvaar en aangaan met my lewe. Veral my ouers kon nie verstaan hoe kwaad ek vir die Here was nie. Ek kan regtig verstaan hoe Melanie voel oor haar dogtertjie. Jy wil daardie kosbare kind by jou he. Nie in die Hemel nie. Hoe kan ons Heer haar (hulle) meer nodig he as ek. Ek soek my kind en klaar........

    Kort na my seun se dood (ek en my man is geskei kort na ons tweede kind se dood) het ek 'n vriend gehad wat my gevra het om te trou. My hele wese het gese nee, maar ek het dit gesien as iets wat my kon wegneem van my smart. Enigiets, net solank ek nie hoef te dink aan die groot leemte en seer. Ek het nie gedink aan na die troue nie, maar net aan al die lekker voorbereidings en probeer vergeet van rou.

    Nodeloos om te se dat kort na ons wittebrood het die werklikheid my ingehaal. Hierdie man was ongelooflik jaloers. So jaloers dat toe ek eendag met blomme vir al die grafte van die dorp af kom, hy my beskuldig het van ontrou. Hy het gedink my vorige man het die blomme vir my gegee.

    Ek het toe gesit met skuldgevoelens. Teenoor my eerste man, met wie ek tog in my hart gewens het om versoen te raak en met die feit dat ek so vinnig kon 'vergeet' van my pragtige seun. Toe het dit vir my gevoel asof ek hom verraai het. Die feit is dat dit my op die ou end byna 15 jaar geneem het om werklik terug te staan en te besef: Nou het ek genoeg gerou. Hartseer en weemoed was vir my soos 'n baie bekende en geliefde jas. Dit het jaar na jaar op my skouers gele en ek het dit styf om my gevou, totdat ek besef het genoeg is genoeg.

    Maar soos ek graag wil beklemtoon, hierdie was my ervaring. Dit kan tog wees dat ander gou 'daaroor' kan kom. Ek deel egter jou gevoel dat dit die rouproses van die dogter en die kinders kan bemoeilik. Dankie dat jy dit met ons gedeel het, want nou kan ek ook vir hulle bid. Ek voel ook dat hoe meer jy daaroor kan praat en saammet iemand sit en huil, iemand wat nie bang is vir jou smart of skaam is dat jy huil asof jou liggaam uitmekaar ruk nie, bietjie tee maak en jou vashou, tog baie werd is. Dit is goed om berading te kry, maar 'n goeie vriendin se 'beradingswaarde' is onbeskryflik groot.

    Liefde
    Mia

  15. #45
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Mia,
    Dankie dat jy jou hart so oopmaak sodat ander wat daarmee stoei ook helderheid kan kry. Dis tog die groot doel van hierdie draad. Die harde lewe het van jou n ervare traumaberader gemaak omdat jy uit eie ervaring kan praat en bemoedig. Sodat, al is dit eers 15 jaar later, jy die bekende 'hartseer-en-pyn-jas' kan uittrek en met geloof vorentoe kan tree met jou hand in Jesus s'n. By Hom alleen is vrede, helderheid, lig en aanvaarding. Maar daardie aanvaarding kom eers na baie dae se kuier op ons Vader se skoot. Die meeste van daardie kuiers kan seker gekenmerk word as redelike ontstuimige kuiers, maar ons Vader verstaan , hoor en vertroos soos net Hy kan. Slegs by ons Groot Geneesheer kan daar heling begin!

    Ek is SO dankbaar dat julle n bietjie kon wegbreek. Dit doen n mens so goed. Al skakel n mens net AF! En hoe sukkel die mensdom nie daarmee deesdae nie...

    Dankie ook vir jou en die lesers se gebede. Mag ek nog n gebedsversoek rig? Erna (skuilnaam ) van die plaas met die plat klipbanke (met ruglenings!) het gister n senuwee ineenstorting gehad. Dit is sy wat haar man in n ongeluk 8 jr gelede verloor het. Ek bid net dat die Here haar 'vas, vaster, vasste' sal hou omdat haar situasie baie kompleks is. Sy laat my so dink aan die warm-enjin-scenario waaroor ons al gepraat het...... By Jesus alleen is daar HOOP! Hy stel NOOIT teleur nie! Hy antwoord ALTYD ons gebede! By Hom alleen is daar vrede en rus!

    Plaas'preasures', lievvvvde en soeiiiinkies.
    Protea

    PS. Ek het n kansellasie gekry na n kamp van Retha McPherson hier naby ons die komende naweek en ek gesels weer Maandag verder.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Kort Kursus in Bybelse Berading
    By Antonvs in forum Aanlyn Bybelskool
    Replies: 24
    Last Post: Oct 7th 2009, 12:45 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •