Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 31 to 45 of 45

Thread: Dispensasies

  1. #31
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Phillip,
    Paulus sÍ
    Eph 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
    Hy praat van een Nuwe mens. Uit Israel en die Heidene is een nuwe entiteit geskep. Nuut nie dieselfde nie maar iets anders.

  2. #32
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Eben. Dit is inderdaad so dat die Nuwe Testamentiese Israel se identiteit verskil van die OT Israel. In die NT val die komponent van vlees weg, en raak mens alleen deel van die volk van God, en een van die kinders van Abraham deur geloof alleen.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  3. #33
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Dat die NT Israel 'n ander entiteit is as die OT Israel lees ek nÍrens in die Bybel nie. Die nuwe entiteit wat geskep is deur God staan bekend as die Liggaam van Christus en staan apart van die OT en NT Israel. Die ou en NT Israel is een en dieselfde regdeur tot in Openbaringe. Hulle sal staan en ween oor die een wat hulle gekruisig het. Nie die Liggaam van Christus nie maar wel Israel.

  4. #34
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Quote Originally Posted by Eben View Post

    In die NT is die ongelowige takke afgekap, die vlees afgelÍ in Christus, en die nuwe takke is deur geloof ingeŽnt - steeds die volk van God maar nou met 'n nuwe identiteit. Hierdie volk noem Paulus die Israel van God.

    groete
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  5. #35
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Phillip dit is jou opinie nie 'n onbetwiste feit nie. Wie gaan staan en ween oor die Een wie hulle gekruisig het? Die geestelike Israel of die fisiese Israel en wat gaan hulle dan doen?
    Groete

  6. #36
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Quote Originally Posted by Eben View Post
    Phillip dit is jou opinie nie 'n onbetwiste feit nie. Wie gaan staan en ween oor die Een wie hulle gekruisig het? Die geestelike Israel of die fisiese Israel en wat gaan hulle dan doen?
    Groete
    Ek verstaan nie heeltemal jou vraag nie. Kan jy meer detail gee.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  7. #37
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Ek lees in Zagaria 11 dat Israel sal ween oor die een wie hulle gekruisig het. Nou dit dui verseker op die tyd aan die einde van die verdrukking wanneer hulle sal sien wat hulle aangevang het dan sal elke stam ween. Dit is nie die geestelike Israel nie of hoe?

  8. #38
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Ek sien nie iets in Sag 11 van 'n geween nie, jy dink waarskynlik aan:

    Sag 12:9-10 "Ook sal Ek in diť dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. (10) Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos Ďn mens rouklaag oor Ďn enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos Ďn mens bitterlik ween oor Ďn eersgebore kind."

    Dit praat van die dag van die Here, wat plaasvind as die Here weer kom. Dit is aan die einde van die verdrukking. Dit dui klaarblyklik op die fisiese Israel ja, diegene wat Hom verwerp het.

    Sien:

    Op 1:7 "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!"
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  9. #39
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Ja jammer dit is korrek Sag 12. Soos ek dit verstaan sal die fisiese Israel, die twaalf stamme rou bedryf oor Hom wie "hulle" gekruisig het. Dus nie die Liggaam nie maar wel fisiese Israel wat sal bestaan aan die einde van die tyd!

  10. #40
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Quote Originally Posted by Eben View Post
    Ja jammer dit is korrek Sag 12. Soos ek dit verstaan sal die fisiese Israel, die twaalf stamme rou bedryf oor Hom wie "hulle" gekruisig het. Dus nie die Liggaam nie maar wel fisiese Israel wat sal bestaan aan die einde van die tyd!
    Wat is daar in die teks van Sag wat jou laat dink dit dui op die eindtyd?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  11. #41
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Jerusalem sal beskut word teen die nasies wat teen haar optrek. Israel sal rouklaag oor Hom wie hulle gekruisig het. Die Here sal die nasies verdelg wat teen haar optrek. Dan die beklemtoning van "die' " dag. Dit dui op die dag van afrekening die dag van van die Here. Alles dui op die tyd wat Israel gered word deur die Here na die verdrukking. Maar jy sal seker wil sÍ dat dit dan geestelike Israel is.

  12. #42
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Quote Originally Posted by Eben View Post
    Jerusalem sal beskut word teen die nasies wat teen haar optrek. Israel sal rouklaag oor Hom wie hulle gekruisig het. Die Here sal die nasies verdelg wat teen haar optrek. Dan die beklemtoning van "die' " dag. Dit dui op die dag van afrekening die dag van van die Here. Alles dui op die tyd wat Israel gered word deur die Here na die verdrukking. Maar jy sal seker wil sÍ dat dit dan geestelike Israel is.
    Ek dink gewoon dat diegene wat Christus gekruisig het, rou sal bedryf wanneer Christus weer kom, want almal gaan dan uit die dode opgewek word.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  13. #43
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    130
    Phillip, ek het oortuig geraak dat net die gelowiges met Christus se koms gaan opstaan, die "eerste opstanding". As ek verkeerd is moet ek my vinnig bekeer. Sal jy omgee om my reg te help?
    ...weer kom, want almal gaan dan uit die dode opgewek word.
    Weet dis nie hierdie draad se trant nie maar ek soek net vinnig raad.

  14. #44
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    JPR, goeie vraag. Dit is korrek dat al die gelowiges gaan opstaan as Chistus weer kom. Die opstanding van die onregverdiges hang saam met die tweede dood waarvan Openbaring praat.

    Hoe verstaan jy hierdie gedeelte in Sag 12:10?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  15. #45
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Goeie punt JPR as net die gereddes opstaan waar kom die ouens wat Christus gekruisig hat vandaan. Hulle is ongelowiges.
    Die feit bly dat as ons nie die verskil tussen die Liggaam en die koninkryk op aarde verstaan nie dan sal ons nooit hierdie verstaan nie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •