Results 1 to 11 of 11

Thread: Hoe weet ons wat is die Wil van God in ons lewe?

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7

    Hoe weet ons wat is die Wil van God in ons lewe?

    Op die bogenoemde vraag word daar soms talle sleutels gegee, hoe 'n mens kan uitvind wat die Wil van God is vir ons lewe. Die drie sleutels is naamlik; Gebed, Die Woord, en die opinie van mede Christene.

    Maar wat gebeur nou as 'n mens bid, maar daar is nie 'n antwoord nie. Jy soek skrif aangaande 'n sekere situasie, eers vind jy skrif wat bevestig dat die besluit wat jy moet neem wel God se wil is, en daarna 'n volgende skrif wat bevestig dat die besluit buite God se wil is. So ook vind ek dat die opinie van mede Christene ook telkens verander, en op die einde van die dag is daar soms meer verwarring wat God se wil is aangaande 'n besluit wat 'n mens moet maak.

    Hoe is dit dan dat die drie sleutels om God se wil te bepaal, nogsteeds nie antwoorde verskaf nie. Hoe weet mens werklik wat is God se wil dus in jou lewe???
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  2. #2
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Mercychild

    Die vraag wat jy vra, is gewis nie so maklike vraag om te antwoord nie. Om bloot Skrif te soek om seker te wees dat jy God se wil hoor, is gevaarlik, want mens kan byna enigiets uit die Skrif regverdig met die regte tekste en interpretasies daarvan. Om op mede-christene staat te maak, kan eweneens gevaarlik wees, want kyk maar hoe verskil christene oor alles - ons is uiteindelik ook maar net mense..... Gebed is beslis 'n sleutel, maar selfs gebed het tekortkominge, veral as dit nie met die regte gesindheid gebid word nie, en dis ook nie altyd maklik om God se stem te hoor en te herken nie. Wat is dan die antwoord?

    Weereens, hier is nie klinkklare antwoorde nie. Elkeen van ons se verhouding met God versklil en ons ervaar die Here op 'n verskillende maniere. Wat vir my werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie. Maar wat belangrik is, is om persoonlik seker te maak dat jy God se stem reg hoor. In die proses is gebed (volgehoue, intense en opregte gebed) die belangrikste sleutel. Die Here belowe dat Hy sulke gebede nie onbeantwoord sal laat nie. Maar dis belangrik dat die bidder 'n persoonlike verhouding met die Here sal h. Om God net te gebruik om hulp of rigting te kry, sonder 'n lewende verhouding met Hom, is fataal. Hou aan om te bid en wees sensitief vir die stem van die Heilige Gees. Die Here SAL antwoord, op een of ander wyse....

    Iemand het eenmaal iets ges wat ek nogal as 'n norm probeer gebruik, maar weereens, dit is slegs 'n riglyn wat vir my werk. En dit is dat daar drie dinge in plek moet wees om seker te wees dat jy God se stem hoor. Die eerste is Skrif - dit mag nooit onskriftuurlik wees nie, die Skrif is immers God se Woord. (Jy kan bv nie steel en s dat die Here vir jou ges het om te steel nie, want dit is teen die Skrif) die tweede is omstandighede - die omstandighede is gewoonlik gunstig want die Here maak die pad gelyk voor 'n mens. Die derde is natuurlik innerlike vrede. Die Heilige Gees oortuig 'n mens, en as 'n mens nie daardie innerlike vrede ervaar nie, is dit waarskynlik nie die Here se wil nie.

    Hoop dit help so bietjie.

  3. #3
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    2,045
    Hallo MeryChild. Ek stem saam met alles wat julle s. Ek dink 'n belangrike aspek hiervan is die verhoudings-aspek.

    Net soos wat ek my vrou leer ken oor die jare omdat ek naby haar lewe, groei mens in jou verhouding met God en leer sy hart beter ken.

    Eerder as wat daar 'n aantal dinge is wat mens as't ware "reg moet doen" om die Here se leiding vir 'n spesifieke situasie te ken, dink ek mens leer die wil van die Here beter ken soos wat mens Hom beter leer ken.

    Dikwels soek ons slegs antwoorde by die Here vir spesifieke besluite of situasies in ons lewens, terwyl God meer genteresseerd is daarin dat ons Hom ken in al ons we en Hom betrek by alles wat ons doen, nie net die dinge waarin ons 'n daadwerklike antwoord van Hom nodig het nie.

    Ek sou s dit is die sleutel tot 'n lewe waarin ons Sy leiding en Sy wil ken in alles.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  4. #4
    Ek het in Rom 8:26-28 gelees en Gene en Philip se antwoorde sluit in by wat Paulus se. Luister na die Heilige Gees en wees lief vir God en alles sal ten goede meewerk.

  5. #5
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,317
    Blog Entries
    7
    Dankie vir julle insettinge. Ek hoop, dink en glo dat ek beter verstaan. Ek stem volkome dat gebed en God se Woord n sleutel moet wees, want soos julle genoem het weet n mens net God se Wil as ons in verhouding met Hom staan, en n goeie en gesonde verhouding kom tog deur kommunikasie. Kommunikasie met God in my opinie is deur SY Woord en deur gebed. So ja, dit maak perfekte sin.

    Daar is soms baie grys areas in die lewe waar die Woord nie altyd duidelik gee wat ek moet besluit of teen besluit nie. Wat ek besef het deur julle antwoorde wat ek gelees het, is dat dit saak maak hoe ek God nader. Dit het beslis my gebed verander. Om God se Wil dus te ken was dat ek moes bely en in gebed myself weereens volkome aan Hom moes toewy. Ek moes bid dat ek Sy wil sal aanvaar, selfs al sluit Sy wil nie my beplanning in nie. Verder het ek tot besef gekom dat ons eers God se plan ken, wanneer ek binne God se Wil beweeg. Die Woord gee ons tog genoeg duidelikheid om te doen wat God wil he ek moet doen, en as ek dit in my lewe implimenteer, beweeg ek in God se Wil en sodoende sal SY planne dan vir my duideliker word????

    Ek is nogsteed nie seker watter besluite ek moet maak aangaande sekere sittuasies nie, maar ek het gebid dat as God wil he ek moet dan sal ek, maar as God wil he dat ek nie moet nie, sal ek ook nie. Ek het ook al my opsies neergeskryf en besef dat ek soms nie wil optree nie omdat daar by my n tekortkoming is, en nie by God nie. Ek dink die probleem le by my opsies, want as ek nie met die probleem deel nie dan sal ek sekerlik nie doen of wel doen wat God van my verlang as ek te bang is om n besluit te maak aangaande my opsies nie.

    Ek besef wat ek skryf klink dalk dubbelsinnig. Miskien raak ek net te haastig wat sekere besluite behels, maar een ding weet ek wel as ek nie gemaklik in my hart oor iets voel nie, gaan ek nog nie optree nie, en dat dit beter is vir my om te wag totdat ek die versekering het in watter rigting ek moet beweeg.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  6. #6
    Join Date
    May 2009
    Location
    Boksburg
    Posts
    105
    Ek vra maar elke dag vir die Here om my te help om in die besondere dag Sy wil vir my lewe te help ontdek, en dan om Sy wil te kan doen. Mens moet seker maar oppas dat jy dit nie uit gewoonte bid nie, maar dat jy dit elke keer bedoel as jy dit bid.

    Ook dat Hy dinge uit my lewe sal verwyder wat verwydering tussen my en Hom veroorsaak, en dat Hy sal ingryp as ek iets doen wat heeltemal buite Sy wil is.

  7. #7
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Om bloot Skrif te soek om seker te wees dat jy God se wil hoor, is gevaarlik, want mens kan byna enigiets uit die Skrif regverdig met die regte tekste en interpretasies daarvan.
    Gene nou is ek nuuskierig. Vertel my nog.

  8. #8
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    Gene nou is ek nuuskierig. Vertel my nog.
    Hitler het alles wat hy gedoen het, uit die Bybel geregverdig en ges dat dit God se wil is, so ook verskeie reeksmoordenaars in die verlede. Die Israelvisie baseer hulle geloof op die Bybel. Honderde sektes het al verskriklike dinge gedoen, soos massaselfmoord, verkragting ens, telkens oortuig dat dit God se wil was, gebasseer op die Bybel. Daarom s ek dat dit gevaarlik kan wees om die Skrif te gebruik om vas te stel wat God se wil is.... tensy die Bybel reg gebruik en reg geinterpreteer word.

  9. #9
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Hitler het alles wat hy gedoen het, uit die Bybel geregverdig en ges dat dit God se wil is, so ook verskeie reeksmoordenaars in die verlede. Die Israelvisie baseer hulle geloof op die Bybel. Honderde sektes het al verskriklike dinge gedoen, soos massaselfmoord, verkragting ens, telkens oortuig dat dit God se wil was, gebasseer op die Bybel. Daarom s ek dat dit gevaarlik kan wees om die Skrif te gebruik om vas te stel wat God se wil is.... tensy die Bybel reg gebruik en reg geinterpreteer word.
    Dit gebeur net as mens konteks vergeet of buite rekening laat. Dan word selfs die suigeling doop uit die Bybel regverdig. Dis maar een voorbeeld. Jy moet kyk na die versie in konteks van die hoofstuk, die boek en die hele raad van God anders het jy moeilikheid.

  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,916
    Konsentreer op "die wil van God" eerder as op "die wil van God in my lewe". Daardeur s ek nie dat God nie 'n wil in my lewe het nie, ek glo Hy het. Maar sy wil in my lewe is nie die een waarop ek konsentreer nie. Hy is vir my belangriker, en dit wat Hy in die wreld wil doen. Konsentreer op Hom en sy groot wil in die wreld, dan sal sy wil in my lewe eintlik vir homself sorg. As jy nie weet wat om in 'n sekere situasie te doen nie, moet nie panic nie. Dien net vir God en sy belange eerste en neem dan jou besluit volgens die beste van jou insig en na 'n tyd sal jy besef dat dit die regte besluit was.

  11. #11
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Joh 6:29 Jesus antwoord en s vir hulle: Dt is die werk van God, dat julle inHomglo wat Hy gestuur het.


    die gelees op ander site en dit my net so opgeval..pas so in by soeke na Sy wil?
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Gedig: As jy net weet
    By Trudie Myburgh in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 11
    Last Post: Jun 9th 2009, 04:08 PM
  2. Wie nie vr nie, kan nie wt nie
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 2
    Last Post: Aug 15th 2007, 05:26 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •